|
|||||
|
|||||
|
DIE walvis is geen vis nie. Dit sal jy gou agterkom as jy ’n bietjie uitvis! Visse is stomme dommerike wat bloot deur hul primitiewe instinkte gelei word. Die walvis, daarenteen, is ’n hoogs intelligente soogdier—veel nader aan ’n hond as aan ’n vis—met ’n gemoedelikheid en ’n lewenslus wat hom letterlik bo die golwe laat uitblink.
Maar hoe kan ’n mens dan tussen ’n walvis en ’n groot vis onderskei? In sy beroemde klassieke werk Moby Dick gee Herman Melville die antwoord: As hy ’n sproeifontein deur sy spuitgat uitblaas en met ’n horisontale stert die water op en af wiks, dan moet jy weet dis ’n walvis! Daarmee
het die skrywer boonop die twee opvallendste eienskappe van hierdie
soogdier genoem.
Foto: B. Lagerquist / OSU / NOAA Dog
daar is nog baie meer walvis-eskapades waarvan selfs kenners maar eers
in die onlangse jare deegliker bewus geword het. Dis ’n gerol en ’n
rinkinkery wat ’n mens nogal aan aërobiese oefeninge herinner. Die
baljaardery van die walvis bestaan onder meer uit loer-hoppery,
lugspronge, duik, stert-dobbery, sterthoue, luiering en vinpoot-klap HOEWEL
sekere walvisspesies hulle glad nie aan vreemde voorwerpe soos skepe op
die see steur nie, is baie van hulle weer propperse agies. Gevalle is
bekend waar jong kalfies die rompe van skepe besnuffel het. Groter
walvisse het ook al skuitjies ewe speels omgeboender. Daar is selfs
beweer dat party van die diere probeer het om bote die hof te maak. Dis
’n ou laai van die walvis om, wanneer daar ’n skip naby is,
kiertsregop met sy kop bo die water te gaan staan. Hierdie
gedragspatroon kan beskryf word as loer-hoppery (of spioen-spioen
speel of dalk sommer skip-aspaai!).
Foto: Dave Withrow / NMML / NOAA Om
sy oë bokant die watervlak te kan hou (die oë kan twee of meer meter
van die neuspunt af wees) swaai die walvis sy stert vinnig heen en weer.
As die water vlak is, druk hy selfs die stert op die seebodem vas. Die
walvis kan tot dertig sekondes lank in hierdie posisie bly en,
klaarblyklik na gelang van wat hy sien, afsak en verdwyn, of besluit om ’n
lugsprong te doen. Hoewel
lugspronge nie so algemeen by walvisse voorkom as by dolfyne nie, is
seevaarders wat reeds hierdie kordaatstuk gesien het werklik op ’n
skouspel getrakteer. Die lywige soogdier spring driekwart of heeltemal
bokant die water uit en tref dit dan weer met ’n yslike slag op sy rug
of sy sy. Daar
is baie teorieë oor hoekom walvisse hierdie verbasende toertjie doen.
Party wetenskaplikes sê dis moontlik pure windmakery; ander reken dis
dalk maar net hoe hulle die lewe geniet. Dit
kan egter ook wees dat die walvisse só met mekaar kommunikeer (die slag
kan tot omtrent vyf kilometer ver gehoor word). Nog ’n teorie is dat
die walvis met sy aanskoulike spronge eintlik maar slegs die baie
parasiete en luise van sy vel se oppervlak verjaag.
Foto: Vicky Rowntree / Universiteit van Utah Lugspronge
kom die meeste by bultrugwalvisse en noordkappers voor. MAAK
enige boek oor walvisse oop, en dis hoogs waarskynlik dat jy iewers
daarin ’n prent sal vind van ’n walvisstert—die walvis self kop
onderstebo onder die water. In hul soektog na kos, duik sekere
walvisspesies baie diep af. Hierdie duikery lei tot daardie kenmerkende
stert-in-die-lug-houding. Walvisse soos potvisse, bultrûe en blouvinne
is veral lief om só te pronk. Hulle sprei hul stertlobbe uit wanneer
hulle duik en dit lyk dan baie indrukwekkend.
Foto: Allen Wolman / NMML / NOAA Noordkappers
is daarvoor bekend dat hulle hul stert in die lug hou sonder dat hulle só
afduik dat hulle spoedig onder die water verdwyn. Hierdie maneuver kan
ons stert-dobbery noem, en daar is weer eens baie teorieë
hieromtrent. Hulle wei dalk op die seebodem (die stert-dobbery vind net
in vlak water plaas). Dit
is ook moontlik dat hulle só die mossels aan hul neus teen die rotse of
seebodem afskuur. Daar is selfs kenners wat dink dat die walvisse die
wind in hul stert opvang om soos wafferse seilplankryers oor die water
te skeer. Daar is egter min getuienis om enige van hierdie teorieë te
staaf. Partykeer—so
al asof die walvisse weer nie die kans deur hul "vinne" kan
laat glip om ’n bietjie pret te hê nie—maak hulle ’n speletjie
van hul duikery. Die stert word blitsig hoog opgelig en met ’n
pletterslag afgebring. Dit staan bekend as die slaan van sterthoue. AS
’n walvis die slag lus voel om sommer net leeg te Iê, kan hy besluit
om te luier. Hy rol om tot op sy sy om die wêreld beter te kan
betrag. Soms kan gesien word hoe walvisse op die see-oppervlak dryf, met
die kop boontoe gedraai, of waar hulle vredig op hul rug Iê met die
vinpote in die lug. Bultrugwalvisse
is bekend vir vinpoot-klap. Hulle lig een van hul vinpote op en
slaan daarmee op die water. Die rede hiervoor is weer eens onseker, maar
dit is waarskynlik sowel ’n soort speletjie as ’n manier van
kommunikeer. Boeg-ry
is ’n ou streek van die dolfyne, die walvisse se neefs, waar hulle die
stukrag van ’n bewegende skip gebruik om heel plesierig saam te ry.
Reg voor die boeg (voorste gedeelte van die skip) kan hulle met die
minste inspanning vooruitswem omdat die skip die water op daardie punt
voor hom uitdruk. Maar onder die walvisse is dit, sover bekend, net die
moordvisse wat soms ook boeg-ry. As
daar iets meer skouspelagtig is as die kaperjolle wat hierbo beskryf is,
bly dit maar daardie gespuit. Vroeëre seevaarders se uitroep van
"thar she blows" uit die kraaines om aan te kondig dat hulle ’n
walvis gewaar het, het legendaries geword. Die
uitblasery deur die spuitgat wat op mooiweersdae kilometers ver
gesien kan word, is in werklikheid ’n uitaseming vanuit die longe
tesame met water wat in die neusgange vasgekeer was; die walvis trek
direk hierna sy asem in. Die
tydsduur tussen asemhalings wissel van spesie tot spesie (naastenby vyf
tot tien minute), maar daar is al gevind dat walvisse wat baie diep
afduik, eers ná anderhalf uur asem kom skep het. Praat van langsasems en ’n uitbundige bolmakiesie-lewe! |
|||||
|
Nog interessanthede omtrent walvisse Die borrel-nette van die waterjagters
Foto:
NOAA __________________________________ Baleinwalvisse—die reuse wat piepklein plankton vreet DIE
blouwalvis (die een wat so lekker
“sproei-blaas” op een van die foto's hierbo) is een van
die natuur se paradokse. Hy is die grootste dier op aarde, maar hy vreet
piepklein plankton—meestal plankton-krefies, wat as kril bekend staan.
Die walvis verorber darem ook enorme hoeveelhede van hierdie kril... glo
meer as vier ton daarvan op ’n gemiddelde dag. Hierdie
kordaatstuk word vermag met die buitengewone manier waarop hy vreet.
Pleks van tande te hê waarmee hy hompe kos afbyt, het die blouwalvis
honderde dun plaatjies genaamd balein in sy bek, waarmee hy plankton uit
die water sif. As hy wil vreet, dwing die walvis water deur die mat en tussen die baleinplate deur en lek hy die kos af wat daarin vasgevang is. Gryswalvisse suig sand uit die seebodem op en gebruik dan hul balein om plankton en klein vissies daaruit te sif. __________________________________
|
|||||
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |
|||||