|
Ons wêreld en sy wonders |
|
Vliegtuig breek deur klankgrens
LINKS: Dis ’n
alledaagse gebeurtenis, maar dit was sensasionele nuus toe dit ’n tyd
gelede op film vasgelê is. Vir die eerste keer sedert die mens met sy vliegtuie deur die
klankgrens gebreek het, kon ons naamlik ’n foto sien wat só ’n oomblik verewig.
’n F-18
Hornet van die Amerikaanse vliegdekskip USS Constellation bereik êrens oor die Atlantiese
Oseaan die bepaalde snelheid waar hy vir klank begin wegvlieg (1123 km/h by standaard-
atmosferiese toestande). Só ’n deurbraak veroorsaak ’n blitsvinnige kondensasie van
waterdamp, wat in die reël tog nog onsigbaar bly. In hierdie geval was die weerstoestande
egter ideaal vir die vorming van ’n sigbare wolk—’n skouspel wat op net die regte oomblik
gefotografeer is. |
|
’n Lens in die hemelruim REGS: Die wentelende ruimteteleskoop Hubble het
in sy dienstyd van sowat anderhalwe dekade wonderlike foto's van die ruimte
na die aarde teruggesein—en ons kennis van die stoflike heelal ontsaglik verbreed. Hier is een van die foto's wat groot
—NASA / Hubble Heritage Team |
|
|
Grootste skeur in die
sonnestelselREGS: Gedink die Grand Canyon in Arizona, Amerika, is yslik groot? Wel, die grootste canyon in die sonnestelsel laat hom behoorlik na ’n vulletjie lyk. Die sogenaamde Valles Marineris van die planeet Mars is ’n ontsaglike 3000 kilometer lank, tot 600 kilometer breed en soveel as 8 kilometer diep. Vergelyk dit met die Grand Canyon wat "net" 800 kilometer lank, 30 kilometer breed en 1,8 kilometer diep is. En hierdie reusagtige skeur in die kors van Mars is maar een van die Rooi Planeet se baie geheime wat nog ontrafel moet word. Dit lyk of hy in sy verlede warm en waterryk was, teenoor die ysige koue en dorheid wat vandag daar heers. Maar waar is al die water dan heen? Was daar eenmaal lewe? Mars is inderdaad die volgende kosmiese uitdaging vir die ondersoekende mens met sy onversadigbare sug na kennis. ONDER is ’n nabyfoto van die ontsettende verlatenheid van ’n deel van die Valles Marineris.
Foto’s bo: NASA, USGS ’n Vergelyking met die Grand Canyon in Arizona (HIERONDER) is interessant.
Foto bo: US National Park Service |