Die wonder van daardie kolkende, krullende
klosse watte bokant jou kop...

My wreld, kyk
die
wolke!


   
Foto: FREESTOCK.COM

Ons is so gewoond aan wolke dat ons hulle byna nie meer raaksien nie. Maar as hulle nie daar was nie, sou die Aarde so dood en steriel gewees het as wat die planeet Mars vandag klaarblyklik is...

J

Y het jou bes moontlik al op n warm somerdag rens op n grasperk neergevlei en plat op jou rug na die vorms van die wolke in die hemelruim bokant jou gekyk. Hir sien jy een wat soos uitgepluisde watte in die vorm van n bergskilpad lyk. Dr is n wonderlike varing of n volveer wat wyd oor die blou lug uitkrul. Skuins eenkanttoe maak n lelieblanke ballerina haar buiging.

Wolkevorms het mense reeds van die vroegste tye af gefassineer. Hulle het nie altyd verstaan wat wolke nou eintlik is nie, maar hulle het sonder uitsondering geweet dat die wit wollerighede in die uitspansel vir hulle ren kon beteken.

As die sluise van die wolkehemel oopgegaan het, het welkome water op die aarde neergegiet wat lewe in die natuur beteken het. Die mense kon hul dors les en kon sien hoe plante uit die barre aarde opskiet n n enkele renbui.

Soorte wolke

N MENS kan n wolk beskryf as n versameling waterdruppeltjies of yskristalletjies wat so lig is dat lugstrome keer dat hulle summier op die aarde neerplons. Daar is al vasgestel dat wolkdeeltjies in grootte wissel tussen n minuskule 0,0005 en 0,008 cmso piepklein dat vertikale lugstrome hulle maklik gevange hou in die lug.

Wolke lyk voorts wit omdat hulle die sonlig weerkaats. Die grysheid en donkerte wat ons partymaal sien, is die onderkante van wolke.

Kenners onderskei vandag meer as honderd soorte wolke, maar verklein dit darem tot twaalf soorte vir meer praktiese studies. Drie belangrike tipes is cumulus-, cirrus- en stratuswolke. Hierdie naamgewing word op drie faktore gegrond, naamlik:

  Die hoogte waarop die wolk voorkom;
  Die vorm van die wolk; en
  Of die wolk besig is om neerslag (ren, sneeu, hael, ysren) te produseer.

Wolke op verskillende hoogtes word op hul beurt in die volgende drie vlakke ingedeel (die basis van n wolk bepaal wat sy vlak is):

  Laevlakwolke: Wolke met n basis laer as 2.000 meter.
  Middelvlakwolke: Wolke met n basis tussen 2.000 en 6.000 meter.
  Hovlakwolke: Wolke met n basis bokant 6.000 meter.

Om tussen die verskillende soorte wolke te onderskei, is n interessante studieveld, maar dit kan soms n skerp oog verg om korrek waar te neem wat daar bo in die lugruim aan die gang is. Party wetenskaplikes reken byvoorbeeld dat daar so goed as die helfte van die tyd meer as een vlak wolke in die lug kan wees. Die leek kan dus maklik verward raak.

Dit was die Britse weerkundige Luke Howard wat in 1803 met n indeling vir wolktipes vorendag gekom en Latynse name daaraan toegeken het.

Cumulus beteken hoop en beskryf opgehoopte, uitgepofte wolke, wat n mens aan springmielies kan laat dink.

Cirrus beteken haarlok of veertjie en hierdie soort wolke lyk dan ook werklik soos krulle of veertjies.

Aan wolke wat soos massiewe komberse oor die hemelruim uitgesprei l, het Howard die naam stratus gegee, wat laag (let wel, op Engels layer, nie low nie) beteken.

Howard het ook die term nimbus gebruik, wat wolk beteken, om laaggele, grys renwolke te beskryf. Wolke wat neerslag vorm, word daarom met die Latynse voorvoegsel nimbo- aangedui.

Vir wolke op die middelvlak word die voorvoegsel alto- gebruik en vir hovlakwolke die voorvoegsel cirro-.

Dit spreek nou vanself dat baie wolke kombinasies van die basiese tipes sal weesen dan word hulle byvoorbeeld as cirrostratus, cirrocumulus, nimbostratus of stratocumulus aangedui.

BO: Cirruswolke, die hoogste wolke, vorm hier n treffende agtergrond vir n mistigheid wat oor die landskap inrol. Cirruswolke is ligte, deurskynende veerwolke en dit lyk dikwels of hulle oor die hemelruim gespan is. Hulle bestaan uit yskristalletjies en hulle bring nooit ren nie.

Foto BO: ALBERT E. THEBERGE, JR. / NOAA C ENTRAL LIBRARY / NWS
Foto ONDER: US DEPARTMENT OF THE INTERIOR / US GEOLOGICAL SURVEY

BO: Cumuluswolke, ook stapelwolke genoem. Cumuluswolke het in die rel n kenmerkende basisdie atmosferiese vlak waar water kondenseer waarvandaan hulle boontoe uitgolf.  Die cumuluswolke wat in die somer bokant ons Hoveld versamel, ontwikkel in die loop van die dag dikwels tot donderwolke (cumulonimbuswolke). Namate die vogtige lug saampak, bereik die wolke n atmosferiese vlak waar hulle uitsprei en n kenmerkende aambeeld-vorm aanneem, soos op die foto HIERONDER. Dan bars hulle in ren uit. Cumulonimbuswolke bring ren, donderweer, weerlig en selfs hael.

Foto BO: HERBERT CAMPBELL / NOAA CENTRAL LIBRARY / NWS

BO: StratuswoIke... die onrelmatig gevormde wolke wat in die winter dae lank oor byvoorbeeld die Wes-Kaap hang en die lug baiemaal soos n grys kombers bedek. StratuswoIke kom laer as 2 000 meter bokant seespiel voor. Namate die mikro-druppels in stratuswolke verdig en n motren dalk uitsak, raak die wolke donkerderdan word hulle nimbostratuswolke genoem.
  
Foto BO: RALPH F. KRESGE
/ NOAA CENTRAL LIBRARY / NWS

Hoe wolke gevorm word

WOLKE verskil basies nie veel van misbanke nie, wat sekere tye van die jaar gereeld soggens op verskillende plekke in ons land voorkom. Mis, of newels, is eintlik maar net wolke wat plat op die aarde is, pleks van om hulle hoog te hou, om dit so grafies te beskryf!

Goed, ons weet reeds wolke is verdigte waterdamp. Maar hoe ontstaan hulle eintlik?

Die vorming van wolke is n intrinsieke deel van die sogenaamde waterkringloop op aarde. Die hoeveelheid water op ons planeet kan nie vermeerder of verminder nie, maar beweeg slegs in n onophoudelike siklus tussen die aardbodem en die atmosfeer.

Geleerdes beskryf die watersiklus of waterkringloop as die voortdurende sirkulasie van water tussen die se, atmosfeer, biosfeer en die grond en gesteentes van die geosfeer. Dis die aanwesigheid van enorme hoeveelhede water wat die aarde van alle ander bekende planete onderskei en dit is die aktiewe sirkulasie van water in die siklus wat die lewe hier moontlik maak.

Dr. Douglas Hey beskryf die watersiklus heel eenvoudig in sy boek Water is Lewe (Tafelberg-Uitgewers): Die warm strale van die son veroorsaak verdamping vanaf die oppervlak van die aardedamme, riviere en die see. Plante gee ook water af deur n proses van transpirasie. Die waterdamp styg in die lug op waar dit afkoel en verdig om wolke te vorm. Sodra die wolke versadig is, keer die vogtigheid weer in die vorm van ren na die aarde terug. Dit is kortliks die waterkringloop.

Eintlik is dit nie verbasend dat die heel onderste laag van die aarde se atmosfeer gedurig druip van die vog nie. Water bedek immers meer as 70 persent van die oppervlak van die aardbol en verdamp so geredelik dat die lae dampkring gedurig swanger daarvan is. Om die waarheid te s, selfs al is daar nie n enkele wolkie in sig nie, hang daar oral waar jy gaan of staan tonne water bo jou kop.

Hierdie water is onsigbaar as waterdamp. Maar eers as die omstandighede reg is, kan die waterdamp genoegsaam kondenseer en dan kry ons dou, ryp, mis of wolke (met of sonder ren, sneeu, hael), afhangende van verskillende faktore. Kondensasie in vogversadigde lug vind plaas op die ontelbare stofdeeltjies wat in die atmosfeer voorkom, maar daar moet eers genoeg verdigting plaasvind voordat dit op die aarde kan neergiet.

Waterdamp wat deur konveksiestrome van die aarde af opgesuig is, kan trouens duisende kilometers ver gedra word voordat dit eers kondenseer en na die aarde toe terugval. Soms sal sterk lugstrome die gekondenseerde rendruppels daar bo vashou en s keer dat dit ren totdat dit, om dit so te stel, in een groot geplons neerval wanneer die lugstrome verswak. Dan kry ons n wolkbreuk en die vernietigende oorstromings wat daarmee saamgaan.

Die waterdamp van die aardbodem kan op n aantal maniere in die bo-lug beland, anders as om bloot op te styg as gevolg van die verhitting deur die son. Dit kan ook gebeur waar massas lug teen berge opwaarts gedwing word of wanneer n warm en n koue lugmassa mekaar ontmoet waardeur die warm lug dikwels na bo geforseer word.

Die massiewe malende wolkemassa
in n tropiese sikloon

OP n veel groter skaal as die enkelvoudige donderstorms wat met cumulonimbuswolke vereenselwig word, is die tropiese siklone wat voorkom waar baie donderstorms soos n hele bende omgesukkelde nukkebolle begin saamheulom dan vanwe die draaiing van die aarde saam te begin tol en n massiewe draaikolk van donderstorms word.

RUIMTEFOTO REGS: n Tropiese sikloon met sy kenmerkende oog.

Met vergunning: LPI/NASA. Foto #27-35-077)

Tropiese siklone kan aanvanklik minder as 100 km breed wees, maar kan selfs tot n deursnee van 800 km aangroei. Dit gaan gepaard met hewige winde van omtrent 120 km/h en selfs tot byna 300 km/h. Verbasend genoeg heers daar n rare kalmte in die sentrum van die sikloonn betreklik stil en wolklose gebied van tussen 10 en 30 km wat die oog genoem word. Met die wind se besonder vinnige draaibewing word daar naamlik n middelpuntvliedende krag in werking gestel wat die lug en wolke na buitentoe uitdruk.

Dampstrepehipermoderne soort wolke

OM mee af te sluit is daar die interessante verskynsel van n soort wolk wat maar eers sy verskyning gemaak het nadat die mens die lugruim met die vols begin deel het. Dampstrepe of kondensasiespore is naamlik wolke wat deur straalvliegtuie veroorsaak word. 

KondensasiespoorREGS: Lank nadat n straalvliegtuig verdwyn het, hang sy wasige spoor nog in die lug.

Foto: NASA / Glenn Research Center

Baie mense dink foutiewelik dat sulke dampstrepe rook en uitlaatgasse is wat deur n vliegtuig afgee word, maar hulle is inderdaad wolke wat gevorm word deurdat die klein deeltjies (aerosols) en warm waterdamp in die vliegtuig se uitlaat met die omringende waterdamp kombineer om yskristalletjies te vorm.

As die lug baie droog is en daar nie genoeg waterdamp is wat kan kondenseer nie, word geen wolk gevorm nie. Party dampstrepe kan egter selfs ure lank in die lug bly hang en oor n groot gebied uitsprei.

Praat van n kanniedood-kunswolk aan die hemeltrans!


RUIMTEFOTO REGS: n Mens sou hierdie stringe wolke maklik vir die dampstrepe van n hele groep vliegtuie kon aangesien het, maar eintlik is hulle verteenwoordigend van 'n natuurlike wolkeverskynsel wat gereeld in die Midde-Ooste by Oman aan die suidooskus van die Arabiese Skiereiland voorkom. Die unieke verskynsel word aan bepaalde meteorologiese faktore in daardie wrelddeel toegeskryf.

Met vergunning: LPI / NASA. Foto #2-10-649.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad