Eerste Węreldoorlog
Slagskepe
vs. duikbote
|
|||||
![]() |
BO: Die Britse "Grand Fleet" in die slag by Jutland, die enigste groot seeslag in die Eerste Węreldoorlog. Dit was ook die laaste groot seegeveg waar kanon teen kanon ingespan is. Die koms van die vegvliegtuig — en vliegdekskepe later — sou die hele aard van die seeoorlog ingrypend verander. |
|
|
| Foto’s
openbare besit vanweë verjaring van kopiereg • Hierdie artikel moet in samehang gelees word met veral hierdie ander artikels oor die Eerste Węreldoorlog: •
Die
oorsake, die verloop, die bitter duur prys |
|
|
A |
Aan
die ander kant was daar die Sentrale Magte. Gelei deur Duitsland,
Oostenryk-Hongarye en die Ottomaanse Ryk, het hulle op hul beurt deur
die blokkade probeer breek of gepoog om self Brittanje en Frankryk met
hul duikbote en roofskepe doeltreffend te blokkeer.
Die
uiteinde was ’n afgedankste nederlaag ter see vir Duitsland en sy
bondgenote, net soos dit op die land gebeur het. Die Eerste Węreldoorlog
se stryd op die oseane by Europa sou nie die dodelike sofistikasie van
dié van die Tweede Węreldoorlog hę nie, maar as ’n oefening vir die
andersoortige seeslagte van die latere jare bly dit steeds van groot
historiese belang.
Dit
is interessant dat van die oorlogskepe wat in die Eerste Węreldoorlog
gebruik is, selfs sekere basiese ooreenkomste toon met oorlogskepe wat
vandag nog bestaan. Maar daar is natuurlik ook enorme verskille.
Die
skepe van die destydse oorlogsvlote het byvoorbeeld aanvanklik hul
seegevegte met kanonne en
torpedo’s besleg—en die beste skip met die beste kanonne het altyd
die beste kans gehad om te wen.
Maar
daardie era was nie bestem om veel langer as die negentiende eeu te duur
nie. Trouens, die seeslag by Jutland in die Eerste Węreldoorlog tussen
die vlote van Brittanje en Duitsland was die laaste groot seegeveg waar
kanon teen kanon
ingespan is.
Teen
daardie tyd was ’n nuwe wapen aan die ontwikkel—die vliegtuig. Dié
sou nie net die aard van die seeoorlog ingrypend verander nie, maar ook
aan alle toekomstige oorloë ’n nuwe, aakliger wending gee.
Reeds
voordat die Eerste Węreldoorlog in 1918 geëindig het, is die vliegtuig
nuttig aangewend, maar feitlik nog slegs as ’n verkenningswapen.
Vandag kan geen vloot egter doeltreffend funksioneer sonder sy honderde
vliegtuie wat hom moet beskerm en wat ook moet aanval nie. Dit het ’n
nuwe soort oorlogskip laat ontstaan: die vliegdekskip.
Die
Eerste Węreldoorlog was ook ’n belangrike impetus vir die neiging om
al hoe groter slagskepe te bou. Aan die enigste groot seeslag in daardie
oorlog—juis dié van Jutland—het skepe deelgeneem wat reeds 30 000
ton geweeg het. Party van
die skepe van die Eerste Węreldoorlog is selfs nog in die Tweede Węreldoorlog
gebruik, wat meer as twee dekades later uitgebreek het.
Maar
hoe het die seestryd eintlik verloop in daardie "Great
War"—soos dit genoem is— die oorlog van 1914 tot 1918?
VAN
1916 af het albei kante nuwe planne beraam om die oorlog in hul voordeel
te beëindig, en in dieselfde jaar het die Duitse vloot, wat nog altyd
by die hoofbasis in die Oossee-hawe Kiel gelę het, die oop see probeer
bereik.
Die
slag by Jutland het die vloot egter na Kiel teruggedwing, waar dit vir
die res van die oorlog gebly en die heerskappy ter see in Geallieerde
hande gelaat het.
Die groot Duitse
vloot—die naasgrootste vloot ter węreld, waarmee
keiser Wilhelm II van Duitsland so behep was en wat soveel gedoen het om
betrekkinge tussen Brittanje en Duitsland te versuur—het geblyk ’n
tandelose bulhond te wees.
Die
oppergesag van die Geallieerdes op die oop see was dan ook die
vernaamste faktor vir Brittanje se behoud, want daardeur kon die
onontbeerlike kosvoorrade aangebring word, terwyl die kuste geblokkeer
is waardeur die Sentrale Moondhede belangrike oorlogsvoorrade en voedsel
moes kry. Voorts is die Britse vloot gebruik om vyandelike kolonies te
verower, die seeweë oop te hou en troepe en voorrade na die
gevegsterreine te vervoer.
DIE
Duitsers het egter nie die Geallieerde oppermag op die oop see so gelate
aanvaar nie. Hulle het hulle tot duikbote gewend wat in die donker
dieptes onder die see kon opereer en uit die bloute kon toeslaan waar en
wanneer hulle die minste verwag is.
Wat
meer sę, die Duitsers het duikbote as hul vernaamste seewapen aangewend
en ’n hele vloot daarvan gebou. In 1917 het Duitsland soveel
Geallieerde skepe met torpedo’s uit duikbote gekelder dat selfs
gevrees is dat die duikboot dalk die oorlog kon beslis.
Met
behulp van hul duikbote het die Duitsers die toevoer van kos en
krygstuig na Brittanje probeer afsny. Hulle het alle skepe getorpedeer
waar hulle hulle ook al kon bykom, of die skepe nou aan onverbonde of
aan oorlogvoerende lande behoort het.
Die
VSA, wat eers nie by die oorlog betrokke was nie, het heftig hierteen
beswaar gemaak en aangevoer dat hy as onverbonde land ongehinderd met
enige vegtende land moes kon handel dryf.
Toe
die Duitsers egter volhard en aanhou om die Amerikaanse skepe tot sink
te bring, het Amerika hom in 1917 by die Geallieerdes aangesluit en
oorlog teen Duitsland verklaar. Die toetrede van vars troepe uit
Amerika, met sy haas onuitputlike bronne van geld en voorrade, het die
gety ten gunste van die Geallieerdes laat keer—en dit het grootliks
tot die Duitse neerlaag in 1918 bygedra.
Die
ontwikkeling van dieptebomme om duikbote te vernietig het ook ’n rol
gespeel om die Duitse ondersese skrikbewind te knielhalter. Van buite
gesien was die dieptebom weinig meer as ’n klomp plofstof in ’n blik
of trommel, wat in die water gegooi is op die plek waar ’n duikboot
min of meer sou wees.
Die
dieptebom het dan in die diepte afgesak, en wanneer die drukking van die
water groot genoeg was, het dit ontplof. Só ’n ontploffing onder die
water was hewig genoeg om elke duikboot in die omgewing summier inmekaar
te pers.
DIE
duikbote wat in die Eerste Węreldoorlog (en ook in
die Tweede Węreldoorlog) gebruik is, het almal dieselmasjiene
gehad.
Wanneer
só 'n duikboot op die oppervlak vaar, is daar ’n regstreekse
koppeling tussen die masjien en die skroef wat die boot aandryf. Maar
omdat hierdie masjiene so baie lug vir die verbranding van die
dieselolie nodig het, kan hulle glad nie gebruik word wanneer die
duikboot onder die water is nie. Dan word elektriese motore in werking
gestel wat deur ’n groot stel batterye van krag voorsien word.
Die
duikboot moet egter telkens weer na die oppervlak kom, sodat die
dieselmasjiene die batterye kan herlaai voordat hulle kragteloos word. Só
'n herlaaiing kan verskeie ure duur, en in dié tyd kan die duikboot
deur vyandelike vliegtuie opgespoor en vernietig word. Menige duikboot
is gekelder terwyl dit op die oppervlak gelę het om batterye te laai.
Hierdie
probleem is eers in 1955 (ná altwee die Węreldoorloë) opgelos toe die
Amerikaners die eerste duikboot voltooi het wat deur kernkrag aangedryf
is. Omdat geen lug of suurstof vir die opwekking van kernkrag nodig is
nie, kan dieselfde motore ewe goed onder as bo-op die water gebruik
word. ’n Kernduikboot kan dus dae en selfs weke en maande lank
ononderbroke onder die water rondvaar. Daar moet net gesorg word dat
die bemanning genoeg vars lug het.
DIE
ontwikkeling van radiokommunikasie aan die einde van die negentiende en
die begin van die twintigste eeu, het aan al die strydende magte in die
Eerste Węreldoorlog ’n tydige hulpbron besorg—nie die minste nie
aan die soldate en matrose ter see.
Op
die Italiaanse ingenieur Guglielmo Marconi se prestasie in 1901 om die
eerste radiosein oor die Atlantiese Oseaan te stuur, het allerhande
innovasies gevolg. Een van die eerste gebruike van die radio was juis om
senders en ontvangstoestelle op skepe aan te bring. Die belangrikheid
daarvan is in 1909 prakties gedemonstreer toe al die passasiers deur
middel van die radio gered is toe die twee skepe Republic en Florida
ter see gebots het.
Die
militęre beperkinge van die Eerste Węreldoorlog het wel ’n
onderbreking in die ontwikkeling van kommersiële radio-uitsendings
beteken, maar daar was groot vooruitgang in radiokommunikasie op militęre
gebied. Aan die einde van die oorlog in 1918 was al die tegniese
toerusting beskikbaar wat nodig was om van die radiowese ’n groot
bedryf in diens van die mensdom te maak.
Dis
ironies dat daar dikwels ook baie nuttige dinge uit verwoestende oorloë
te voorskyn kom.
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad