|

|
|
Węreld-
statistiek
Die hoogste, die
grootste, die langste |
 |
|
Die węreld se hoogste
berge
|

BO: Detail
van ’n foto van die Himalaja-gebergte soos geneem vanuit die ruimte. Twee
van die hoogste berge op aarde kan hier gesien word: Everest en Lhotse. (Let
wel, Lhotse lę suid van Everest en nie noord soos ’n mens hier geneig sou
wees om te dink nie.)
Foto:
EARTHOBSERVATORY / NASA
|
|
Everest
1. Everest, Nepal/Tibet (8850 m,
volgens ’n berekening in 1999)
2. K2, Kasjmir/China (8611 m)
3. Kantsjendjanga, Nepal/Sikkim
(8598 m)
4. Lhotse, Nepal/Tibet (8501 m)
5. Makaloe I, Nepal/Tibet (8470 m)
6. Dhaoelagiri I, Nepal (8172 m)
7. Manasloe I, Nepal (8156 m)
8. Tsjo Ojoe, Nepal (8153 m)
9. Nanga Parbat, Indië (8126 m)
10. Annapoerna I, Nepal (8078 m)
• Afrika se hoogste berg: Kilimandjaro (5895 m)
• Europa se hoogste berg: Mont Blanc (4810 m)
|
|
Groenland
Die węreld se grootste
eilande
|
1. Groenland, Noordelike Yssee (2 175 597 vk. km) 2. Nieu-Guinee, W. Stille Oseaan (789 900 vk. km) 3. Borneo, Indiese Oseaan (751 000 vk. km) 4. Madagaskar, Indiese Oseaan ((587 042 vk. km) 5. Baffin-eiland, Kanada (507 451 vk. km) 6. Sumatra, Indonesië (422 200 vk. km) 7. Honsjoe, Japan (230 092 vk. km) 8. Brittanje (218 041 vk. km) 9. Victoria-eiland, Kanada (217 290 vk. km) 10. Ellesmere-eiland, Kanada (196 236 vk. km)
|

Amasone—nie die langste nie, maar die grootste
Die węreld se groot riviere
|
Bronne verskil oor die presiese lengtes, maar die volgende is waarskynlik naby genoeg:
• Nyl, Oos-Afrika (6700 km) • Amasone, Peru / Brasilië (6300 km) • Mississippi-Missouri-Red, VSA (5970 km) • Chang Jiang (voorheen Jangtse), China (5800 km) • Jenisei-Angara-Selenga, Mongolië / Rusland (5540 km) • Ons eie Oranjerivier is slegs sowat 2250 km lank. • Die Amasone is verreweg die "magtigste" rivier, met ’n gemiddelde afloop by die monding van 80 duisend kubieke meter per sekonde. Vergelyk dit met die Oranje se 0,3!
|
Oppervlakte van die land en
see• Totaal 510 072 000 vk km—land 148 940 000 vk km, water 361 132 000 vk km (29,2% van die węreldoppervlakte is land, 70,8% is water).
|
|
 |
Getal lidlande van die Verenigde
Nasies |
• In September 2002 het die ledetal tot 191 lidlande opgeskuif met die toetrede van Timor-Leste (Oos-Timor), in Suidoos-Asië, en Switserland. Oos-Timor, die węreld se jongste demokrasie, was 'n provinsie van Indonesië, maar die inwoners het in 'n referendum onder VN-toesig tot onafhanklikheid besluit. Switserland is natuurlik tradisioneel neutraal (hy het nie aan een van die Węreldoorloë deelgeneem nie) en sy uiteindelike amptelike toetrede tot die VN is 'n interessante stap. Suid-Afrika is 'n stigterslid van die VN (een van die oorspronklike 51).
|
|
• Vir Julie 2006 het die Amerikaanse CIA die węreldbevolking op
6.525.170.264 geraam. Ons planeet se bevolking neem al hoe vinniger toe—van een miljard (duisend miljoen) in 1820 tot twee miljard in 1930, drie miljard in 1960, vier miljard in 1974, vyf miljard in 1988 en ses miljard in 2000.
|
 |
Gelowe
(persentasies volgens 'n
CIA-raming vir 2004) |
•
Christene 33,03% (van wie
Rooms-Katolieke 17,33%, Protestante 5,8%, Ortodoks 3,42%, Anglikane
1,23%), Moslems 20,12%, Hindoes 13,34%, Boeddhiste 5,89%, Sikhs 0,39%,
Jode 0,23, ander gelowe 12,61%, nie-gelowig 12,03%, ateďste 2,36%.
|
Tale (persentasies eerstetaal-sprekers)
volgens 'n CIA-raming vir
2004 |
•
Mandaryn-Chinees 13,69%,
Spaans 5,05%,
Engels 4,84%, Hindi
2,82%, Portugees
2,77%, Bengali
2,68%,
Russies
2,27%, Japannees
1,99%,
Duits 1,49%,
Wu-Chinees 1,21%. |

Getal
motors |
• Daar was
teen die jongste eeuwisseling meer as 450 miljoen motors op aarde.
Foto (ietwat
gewysig) met vergunning van www.freeimages.co.uk |
|
|