Weerlig-animasie   Weerlig, hael, vloed­waters, dalk selfs ver­woes­tende tor­nados dit alles ver­oor­saak dat n mens nooit jou ont­sag vir donder­weer durf verloor nie


Dodedans van die
donderstorm

   Elke liewe oom­blik ook terwyl jy nou hier lees woed daar nie minder nie as om­trent 1800 donder­storms op die aarde. Dis n on­ge­hoorde 16 mil­joen per jaar! Maar wat is don­der­storms eintlik?

Weerlig

 

Foto: Public Domain Pictures.net

I

N die klaar blou lug verskyn n wolk wat groei en aanhou groei, totdat dit die lugruim oorspan en die son verduister. Die wind loei oor die aarde en blitse krul in allerhande rigtings. Die knalle en rammelings laat jou sidderen dan trek die verdonkerde hemel sy sluise oop...

Jy is midde-in n donderstorm. Al wat leef en beef is reeds onderdak of binnensbuis, en gelukkig is jy ook betreklik veilig in jou kamer. Kuiermense uit die Kaap reageer egter heelwat anders as julle Hovelders wat aan di soort weer gewoond is. Hulle sit doodstil en druk bevrees hul ore toe, en party van die kinders vlug selfs soos hasies onder die beddens in.

Dit sal jy darem nooit doen nie. Maar dan sal jy ook nooit jou ontsag vir donderweer kan verloor nie...

Donderstorms woed wel oor betreklik klein oppervlakke as n mens hulle met die magtige tropiese siklone (die orkane of tifone) vergelyk, of selfs met die buite-tropiese siklone soos di wat die winterren in die Wes-Kaap veroorsaak. Maar ondanks hul beperkte duur en grootten tipiese donderstorm duur gemiddeld 30 minute en is nagenoeg 25 kilometer in deursneeis alle donderstorms gevaarlik.

Die gevaar skuil in die weerlig, maar ook in moontlike hael, verwoestende vloedwaters of, minder gereeld, die angswekkende tornados wat deur die onstuimige toestand in die lug opgeklits kan word.

Omdat donderstorms so kol-kol in relatief klein gebiede voorkom, word verskillende gebiede op die aardbol, ook Suid-Afrika, elke jaar deur duisende sulke storms getref. Die Amerikaners het al selfs bereken dat sowat 100 000 donderstorms jaarliks in die Verenigde State voorkom. Wat meer s, daar woed elke oomblik nie minder nie as omtrent 1800 donderstorms op die aarde. Dis n ongehoorde 16 miljoen per jaar!
 

 Maar wat is donderstorms eintlik? Wat veroorsaak dit?
 

    Vir enige donderstorm op te gebeur, moet daar vanselfsprekend genoeg vog in die lug weessodat wolke gevorm kan word en dit kan ren.
    Daar sal ook n onstabiliteit in die lug weeswarm lug wat vinnig opstyg.
    Koue of warm fronte, seebriese, berge of die son se hitte kan almal die lug laat opstyg en donderstorms help veroorsaak.

 

 Die lewensiklus van n storm kan in drie fases ingedeel word:

     Die ontwikkelingstadium:  Daar is n ho cumulus-wolk wat op stygende lug dui. In hierdie stadium, wat sowat tien minute duur, is daar min indien enige ren. Daar is wel verspreide blitse.
     Die volwasse stadium:  Dit is die stadium waarin swaar ren, herhaalde blitse en sterk winde verwag kan word. Hael kan ook voorkom
miskien selfs tornados. Die storm kan soms selfs swart of donkergroen lyk. Hierdie stadium duur gemiddeld tien tot twintig minute, maar party storms kan baie langer duur.
     Die opklaringstadium:  Dit ren minder, hoewel daar steeds sterk windvlae kan wees. Weerlig bly n gevaar.

  
Oor cumulus-wolke en donderweer

 
(Kyk artikel oor
wolke vir nog inligting hieroor)
 

Cumulus-wolke

Cumulus-wolke lyk soos stukke watte met plat bodems in n hoop.  Hulle is gewoonlik nader aan die aarde as die sogenaamde cirrus-wolke, wat doer ver bo soos veertjies lyk en vanwe hul hoogte eintlik uit yskristalletjies bestaan. As die cumulus-wolke wit en pofferig is, beteken dit dat die weer mooi gaan bly.  Cumulus-wolke wat opstapel, donkergrys word en groter raak, kan later in die dag in donderstorms verander.
Wanneer die woord NIMBUS by die naam van n wolk gevoeg word, beteken dit dat ren of sneeu besig is om uit daardie wolk te val.

 

Cumulonimbus-wolke

Cumulonimbus-wolke is die donderwolke wat op n somerdag sterk wind, hael en ren meebring. n Cumulonimbus-wolk is n soort cumulus-wolk.

Fotos: U.S. Centennial of Flight / NASA
  

   

 

 Hoe weerlig ontstaan:

DIE ontstaan van weerlig is natuurlik een van die groot wondere van die natuur, enersyds n dodelike verskrikking van ontlaaiende elektriese energie en andersyds n lewegewende katalisator. Dis immers weerlig wat die suurstof en stikstof in die lug laat verbind sodat dit deur die ren in die grond ingespoel kan word waar dit die wortels van plante met stikstof kan voed. En alle diere op aarde, asook die mens is basies van plante afhanklik om te oorleef (selfs die vleisvretende diere vreet ander wat, s maar, van gras lewe).

Weerlig ontstaan weens die opbou en ontlading van elektrisiteit tussen positief en negatief gelaaide areas. Die stygende en dalende lugstrome in n donderstorm skei hierdie positiewe en negatiewe ladings, terwyl water- en ysdeeltjies ook n rol speel.

Weerligstrale kan van die een wolk na n ander, binne-in n wolk of van n wolk na die grond trek.

n Wolk-tot-grond-blits, byvoorbeeld, begin as n onsigbare kanaal van elektries gelaaide lug wat van die wolk na die grond beweeg. Terwyl een kanaal n voorwerp op die grond nader, is daar n kragtige opwaartse stuwing van elektrisiteit na die wolke wat die sigbare weerligstraal voortbring.

Weerlig

     Foto: NOAA

 Meer oor weerlig:

    Weerlig kom in alle donderstorms voor; elke jaar tref dit die aarde nagenoeg twintig miljoen keer.
    Die krag van n enkele blits sou, as dit "vasgevang" sou kon word,  n gloeilamp van honderd watt langer as drie maande kon laat brand.
    Sowat tagtig mense word jaarliks deur weerlig doodgeslaan  en ongeveer driehonderd beseer.
    Die meeste sterftes en beserings kom smiddags en saans in die somermaande voor wanneer mense buitenhuis deur donderweer oorval word. Mense is al in die afgelope jare deur weerlig gedood terwyl hulle op n boot rondgevaar, onder n boom gestaan, gholf gespeel, oor die telefoon gepraat, perd gery en berg geklim het, om maar n paar bedrywighede te noem.
     Baie brande in beboste gebiede word deur weerlig veroorsaak.
    Die lug in die onmiddellike omgewing van n weerligstraal raak warmer as die oppervlak van die son! Die vinnige verhitting en verkoeling van die lug naby die weerligkanaal veroorsaak n skokgolf wat ons as n donderslag hoor.

  
 Hoe ver weg is n donderstorm?

TOE ons ouers (of grootouers) nog met myle pleks van kilometers gewerk het, het hulle s gemaak om dit te bereken:

   Tel die getal sekondes tussen n blits en die volgende donderslag.
   Deel hierdie getal deur 5 om die afstand in myle na die weerlig te bepaal.
   En in kilometers dan? Een myl staan gelyk aan omtrent 1,6 kilometer. Dit lyk of n mens die getal sekondes deur 3 moet deel om naastenby die kilometerlesing te kry, of hoe? Stel met jou sakrekenaar vas of dit korrek is!

  
 Mites en feite oor weerlig:

 MITE:   As dit nie ren nie, is daar geen gevaar van weerlig nie.

 FEIT:   Weerlig slaan dikwels waar dit nie kwaai ren nie en kan tot 15 kilometers of meer van enige ren voorkom.

 MITE:   Die rubbersole van jou skoene of rubberbande aan n motor sal jou teen weerlig beskerm.
 
 FEIT:   Skoene met rubbersole en rubberbande bied GEEN beskerming teen weerlig nie. Die staalraam van n voertuig bied wel groter beskerming mits jy nie aan enige metaal raak nie. Hoewel jy beseer kan word as weerlig jou motor tref, is jy baie veiliger binne-in n voertuig as daarbuite.

 MITE:    Mense wat deur weerlig getref is, dra n elektriese lading en jy moet glad aan hulle raak nie.
 
 FEIT:    Slagoffers van weerlig dra beslis nie n elektriese lading nie en moet dadelik gehelp word. Doen wat jy self kan en ontbied onmiddellik die ambulans of mediese hulp.

  
 Veiligheidsmaatrels teen weerlig:

    Stel buitelugbedrywighede uit wanneer die weer opsteek vir n donderstorm. Dit is die beste manier om te voorkom dat jy in n gevaarlike situasie beland.
Weerlig    Sorg dat jy dadelik in n stewige gebou of n motor kom. Moenie onder afdakke, onder gesoleerde bome of in n voertuig met n verstelbare kap gaan skuil nie. Bly weg van ho voorwerpe soos torings, heinings, telefoonpale en kragdrade.
   As dit blits en daar geen stewige skuiling is nie, klim in n toe-motor met n harde bak en hou die vensters toe. Moenie aan enige metaal raak nie.
    Moet GLAD nie oor die telefoon gesels nietensy daar nood isen vermy enige elektriese apparate. As die modem van rekenaar met jou telefoon gekoppel is, omtkoppel dit betyds.

 As jy buite is en geen skuiling naby is nie:

    Vind n laaggele plek weg van bome, heinings en pale. Maak egter seker dat dit nie n leegte is waar vloedwater jou kan oorval nie.
    Indien jy in die bos tussen baie bome is, gaan skuil onder die korter bome.
    As jy n prikkeling op jou vel voel of jou hare regop staan, hurk laag op die grond op die balle van jou voete. Plaas jou hand oor jou ore en druk jou kop tussen jou bene in. Maak jouself die kleinste teiken moontlik en maak die kontak wat jy met die grond maak so min as moontlik. Moet NIE op die grond gaan l nie.
    As jy rens op n dam of rivier in n boot vaar, sorg dat jy so gou moontlik by dro grond kom en n skuiling vind.
    Onthou, as jy die donderslae kan hoor, is jy naby genoeg om deur weerlig getref te word! En bly binnenshuis vir dertig minute nadat jy die laaste donderknal gehoor het.

  
 Skielike vloedwaters

    Skielike vloede is die vernaamste oorsaak van sterftes wat met donderstorms verbind word. Een van die ergste oorstromings in die Suid-Afrikaanse geskiedenis was op 25 Januarie 1981 toe skielike vloedwaters onverwags n groot deel van die Karoo-dorp Laingsburg getref en mense en huise meedonloos meegesleur het. Altesaam 103 mense is dood en slegs 21 huise het bly staan. Die rede vir die groot lewensverlies was dat mense niksvermoedend die dorp in die meestal drorige loop van die Buffelsrivier gebou het sonder om die gevaar van n skielike vloed te besef.
    Baie skielike vloede gebeur snags en talle slagoffers is mense wat in motors vasgekeer word.
    Dit is belangrik om te weet dat vinnig bewegende water van net 15 cm diep n mens se voete onder jou kan laat meegee; water van omtrent 60 cm diep sal die meeste voertuie laat dryf.

Vloedwaters  Veiligheidsrels  
  by  vloedwater:
.  ..

   Moenie in vloedwaters loop, swem of ry nie.
   Bly weg van stormwatervore en moet veral nie kinders toelaat om daar naby te speel nie.
   As jy vloedwaters tekom, stop, draai om en volg n ander pad. Klim na hor grond.

 
 Tornados
 

ONS hoor af en toe van tornados in Suid-Afrika wanneer sulke verwoestende werwelwinde deur bewoonde gebiede ruk. Eintlik is daar heelwat meer tornados as waarvan ons ooit verneem, omdat ons binneland so yl bevolk is. Dit is miskien n windpomp hir en berghut dr wat dan en wan deurloop, maar meestal warrel die venynige vernietigers haas ongesiens oor die ver verlate vlaktes.

Dis heeltemal anders in, byvoorbeeld, die Verenigde State, soos in n ander Mieliestronk-artikel vertel word.

Voordat donderstorms ontwikkel, word n onsigbare, tollende effek in die laer atmosfeer deur n verandering in die windrigting en n groter windsnelheid veroorsaak. Stygende lug in die storm swaai die roterende lug om van horisontaal na vertikaalen die kolkende lugmassa versprei oor n gebied van 3 tot 10 km. Die meeste tornados vorm binne-in in hierdie gebied van sterk rotasie.

Tornados vorm baiemaal so vinnig dat dit hul slagoffers totaal onverhoeds betrap. Bly waaksaam vir die tekens van n naderende tornado: dinge soos n donker, dikwels groenerige lug, groot haelstene en n harde gerammel wat soos di van n naby trein klink. Lees ook ons artikel oor tornados.


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad