REEKS IN DRIE HOOFSTUKKE
 
 Ons Wonderlike Weekdiere (2):

Buikpotiges van die oseane
n See van slakke

Versameling seeskulpe
 

Gestreepte tulpslak
BO en HEEL BO: n Versameling seeskulpe, wat elk vroer die een of ander seeslak gehuisves het.

REGS: n Gestreepte tulpslak... bes moontlik s genoem omdat sy flambojante kleure n mens aan di van n blom kan laat dink.

Die groot foto bo van die dwarssnee van n seilslak kom uit die Wikipedia and Wikimedia Commons op die wreldwye web is deur die gebruiker Chris 73. Dit is vrylik op die web beskikbaar op hierdie bladsy ingevolge die Creative Commons cc-by-sa 2.5-lisensie.

Die foto van die gepunte seeskulp (familie Turritellidae) regs heel bo is deur Haplochromis, wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web tot openbare besit verklaar het (released to the public domain)

Ander fotos bo en heel bo kom van Public Domain Pictures.net.

Die foto van gestreepte tulpslak kom van Ocean Explorer / NOAA.
 

Skulpe soos tulpe, skulpe soos stulpe, skulpe die siersels wat kom uit die see... In n verbysterende hoeveelheid vorms en kleure spoel hulle uit op ons strande: die le praghuisies van die diertjies wat hulle tydsaam gemaak het. Maar te dikwels word die dop opgehemel terwyl die bouer gegnoreer word. Hieronder kyk ons na die buitengewone buikpotiges wat ons oseane bewoon...

Kyk ook wonderlike fotos van naakslakke van die see in
hoofstuk 3 van reeks oor die aarde se oseane
 

    IN HIERDIE REEKS:     
Klik op die skakel vir die
 hoofstuk van jou keuse >>>

1. Buikpotiges van die land en vars water
2. Buikpotiges van die oseane
3. Ander weekdiere

I

N die verste, gryse verlede het hulle al die mens gefassineer: die weekdiere van die tussengety- en vlakwater-sones van die see.
 
 Die voorkoms van uitheemse skulpe in die grotte van die Cro-Magnons, n interessante ras van lang mense wat volgens wetenskaplikes sowat 30
.000 jaar gelede gelewe het, toon dat daar reeds vr die antieke beskawing die een of ander vorm van handel tussen Europa en die Verre Ooste moet bestaan het.

Talle argeologiese opgrawings het baie skulpe in die vullishope van prehistoriese kombuise opgelewer, wat toon dat weekdiere as kos en die skulpe as ornamente, gereedskap en werktuie gebruik is.

Die grootste skulpe het as drinkhouers, lampe of trompette gedien en die kleinstes was versierings of gereedskap soos vishoeke is daarvan gemaak.

N die geboorte van die beskawing het mense soos die beroemde Griekse geleerde Aristoteles, wat ook n uitmuntende seebioloog was, n indrukwekkende skulpversameling besit. Dit is bekend dat Plinius die Ouere, die Romeinse natuurkenner, die weekdiere van Itali bestudeer het.

Selfs Jan van Riebeeck het glo weekdierskulpe versamel en hulle na Nederland gestuur.

Die slakke wat in die verlede waarskynlik die meeste om hul skulpe geroem is, is die sogenaamde kauris. Die Italiaanse woord vir die glansende skulp van die kauri is porcellana, waarvan ons woord porselein afgelei is.

Die kauri se skulp word dan ook n porseleinskulp genoem. n Ander naam daarvoor is muntskulp. In sekere dele van die wereld is die skulpe by die tonne van hawens aan die Indiese Oseaan na Afrika verskeep, waar hulle in die binneland verhandel is.

Skulpe van verskillende kauri-spesies van regoor die wreld

BO: Skulpe van verskillende kauri-spesies van regoor die wreld.

Foto deur Bricktop, wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web gelisensieer het ingevolge die  Creative Commons Attribution 2.5-lisensie. Kortom, vrye gebruik word mits die lisensieerder erken word.

n Lewende kauriREGS: n Lewende kauri. Hierdie spesifieke spesie (Cypraea caputserpentis) is baie algemeen in die tussentyse rotsagtige gebiede van Indo-Pasifiese Oseaan.

Foto: NOAA (Photo Collection of Dr. James P. McVey, NOAA Sea Grant Program)
 


Die rykdom van sekere swart Afrika-heersers is eerder volgens die kauriskulpe as die edelmetale in hul besit gemeet, en slawe is ook met die muntskulpe gekoop.

Seeslakke se skulpe is ook as kenteken van dapperheid gebruik. Oorlogshelde in Korea is toegelaat om die skulpe van die eierslak, n familielid van die kauri, as ornament in hul hare of om hul nekke te dra.

Maar die beroemdste seeslakke van die ou tyd is nie om hul skulpe of vleis versamel nie, dog vanwe n klein kliertjie naby hul kieue. In die antieke kulture is die mees gesogte pigment hieruit verkry: die kosbare keiserlike purper. Die Latynse woord vir die slak wat hierdie pigment lewer, is purpura, waar die woord purper vandaan kom.

Skulpe van die seeslak wat die eenmaal so kosbare kleursel bevatKeiserlike purperREGS: Twee skulpe van die seeslak Murex brandaris, tans bekend as Haustellum brandaris, waaruit die kosbare kleurstof in die antieke tyd verkry is. Die blokkie LINKS toon hoe die keiserlike purper lyk.

Foto van skulpe deur Luis Fernndez Garca, wat dit by Wikimedia Commons op die wreldwye web gelisensieer het ingevolge die Creative Commons "Attribution-ShareAlike 2.1 Spain"-lisensie.


Vandag word die buikpotiges van die see hoofsaaklik om hul pragtige skulpe geroem. Maar mense vergeet alte dikwels dat die diertjie wat die skulp gebou het, ewe interessant is en dat baie van die pragtigste buikpotiges glad nie skulpe vorm nie.

Struktuur van n skulp

AS n mens aan die enorme en boeiende verskeidenheid van seeskulpe dink, is dit moeilik om te glo dat daar n enkele basiese argitektoniese bloudruk vir die verskillende vorms is. En tog is daar.

Van die plat, vulkaanvormige skulpe van byvoorbeeld klipmossels tot die spits vorms van kegelskulpe, van die puntige silhoette van purperslakskulpe tot die gladde buitelyne van kaurisalmal is gegrond op dieselfde basiese spiraalstruktuur.

n Skulp is n spiraal wat om n sentrale as draai, waaraan die spiere van die diertjie geheg is. Groei geskied van die spits van die spiraal.

Elke winding raak progressief brer namate die diertjie groei. Die laaste winding word die liggaamswinding genoem. Die spiraallyn, waar een winding aan die ander raak, staan bekend as n naat.

Die opening waardeur die liggaam beweeg, word die apertuur genoem. Die meeste seeslakke het n dekselvormige struktuur, die kieudeksel of operkulum, wat vyande buite hou.

By die meeste slakke spiraal die windings in die rigting waarin die horlosiewysers loop, as dit van bo af beskou word.

Daar is egter die paar uitsonderings waar die windings teen die wysers in, of links om, loop.
 

Hoe die buikpotiges van die see
van di op land verskil

SOUTWATER- of seeslakke is die grootste groep slakke. Daar is sowat tienduisende spesies, wat klipmossels, oesters en wulke insluit.

Hul hougebiede wissel van getypoele langs die strand tot die diepsee.

Party, soos bobbelvlot-slakke, lewe in die oop see, waar hulle op vlotte van slymerige lugbelle ronddryf. Ander, soos klipmossels, klou alte hardnekkig en min of meer bewegingloos aan rotse en ander oppervlakke vas. Baie buikpotiges van die see grawe hulle onder die sand in.

Die belangrikste verskil tussen land- en seebuikpotiges is dat feitlik alle seeslakke en seenaakslakke kieue het. Sogenaamde sifons steek soos buise van die liggaam af uit en laat die water binnevloei wat vir respirasie gebruik word.

Soos die buikpotiges van die land is seeslakke en seenaakslakke vegetaries sowel as vleisvretend. Hul kos wissel van seegras en dooie organiese materiaal tot ander seediere.

Die buikpotiges van die see het baie meer vyande as di op land. Party skei gif af of hul afskeidings smaak so sleg dat dit hulle nie net help beskerm nie, maar hulle ook help om hul prooi te vang.

Sekere kegelslakke het n gifpyl waarmee hulle vissies en ander prooi doodmaak. Dit kan ook noodlottig vir mense wees.

Benewens kamoeflering en gifstowwe moet die buikpotiges van die see in die rel op hul groot hoeveelhede eiers staatmaak om te oorleef.

Vanwe die groot verskeidenheid van seebuikpotiges is hulle n versamelaar se droom. Maar onthou tog maar altyd dat net le skulpe versamel moet word. n Skulp lyk pragtig op n skulpkundige se tafel, maar selfs beter aan die diertjie wat hom gemaak het.

 

SA perlemoenskulpieLINKS: n Perlemoenskulpie van net omtrent 7 cm lank en 4 cm breed wat op n Suid-Afrikaanse strand opgetel is. Die woord perlemoen het ook n wisselvorm, naamlik perlemoer, wat eintlik nader aan korrek is, want dit verwys na die moer (moeder) van die prel, soos ook die Engelse mother-of-pearl. Perlemoer is in der waarheid die glinsterende binnekant van skulpe, n stof waaruit regte prels ook saamgestel is en wat dus die moeder of genereerder van prels sou wees.

 

 Krediet: MSKARG
 

    IN HIERDIE REEKS:     
Klik op die skakel vir die
 hoofstuk van jou keuse >>>

1. Buikpotiges van die land en vars water
2. Buikpotiges van die oseane
3. Ander weekdiere

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad