In aansluiting by ons artikel oor die geskiedenis van die dans:  die geskiedenis en aard van een van die bekendste moderne dansvorms...


          

DIE WALS





In watter land het die wals ontstaan?

DIE naam wals kom van die ou Duitse woord "walzen", wat rol, draai of gly beteken. Dit is aanvanklik in die voorstede van die Oostenrykse stad Wenen en in die Alpe-streek van Oostenryk gedans容nigsins 地 verfyning van die sogenaamde L舅dler, 地 volksdans in driekwarttyd (1-2-3, 1-2-3, 1-2-3. . . ).

REGS: Oostenryk en meer spesifiek Wenen妖ie w靡eld van die wals.

Hierdie dansstyl se begin was dus maar baie nederig葉rouens, dit is as 地 uitspattige en sedebederwende gehuppel van die landvolk beskou en nie as iets waaraan 地 ordentlike mens van die hor klasse ooit sou meedoen nie.

Die maniere waarop 地 walsende mansmens sy dansnooientjie om haar lyf vasgehou het, was aanvanklik vir die adellikes en andere in Europa te vulg靡 vir woorde. In Engeland (wat tradisioneel baie behoudend was) het dit selfs langer geduur voordat die wals as respektabel beskou is.

BO: 地 Spotprent oor die wals uit 1810. Die wals was toe nog iets nuuts in Engeland en is as bra skandalig beskou謡eens die manier waarop die man se arm die vrou se middel omsirkel as deel van die dans.


Is die wals deel van 地 bepaalde kultuur en het dit 地 spesifieke betekenis?

DIE wals kan vandag steeds Oostenryk, en meer spesifiek Wenen, as sy heimat beskou, hoewel dit regdeur die Westerse w靡eld gewild geraak het, veral by gesofistikeerde baldansers.

REGS: Walsende baldansers.

Die stylvolle elegansie wat deel van die wals geword het, is ligjare verwyder van die destydse beskouing dat dit sommer 地 banale hoogskop van die uitvaagsels in die samelewing is!

Walskenners maak 地 besliste verskil tussen die wals en die Weense wals, maar vir die doel van hierdie artikel word daardie onderskeid nie gemaak nie.

Maar die wals se betekenis dan? Daaroor sal daar baie menings wees. Die baldanser sal dit bes moontlik bloot as 地 ritmiese sensasie van sensuele romantiek beskou, selfs as 地 kunsvorm van ligvoetse, deinende liggaamlike ekspressie. Volkekundiges, sosiolo, sielkundiges en ander geleerdes sal weer op hul eie maniere net so effens anders daaroor kan dink!


Kan ons s presies wanneer die wals
ontstaan het?

NIE regtig nie. Daar is wel mense wat reken die eerste walsmelodie was Das Lied vom lieben Augustin, wat toeka in 1679 reeds in driekwarttyd gekomponeer is. Maar ons weet darem baie beslis wie die wals tot 地 voortreflike hoogtepunt gevoer het. Die onbetwiste walsmeesters was die geniale Strausse van Wenen.

Die naam Strauss, of daar nou na Johann senior of Johann junior verwys word, laat 地 mens dadelik dink aan parmantige walse wat die Oostenrykse volksmusiek vergestalt. Pa Johann Strauss (1804-1849) was 地 bekwame violis en leier van 地 orkes wat lewendige, vermaaklike musiek regoor Europa gespeel het. Hy het sowat 250 werke gelewer, waarvan ongeveer 150 walse was. Hy het bekend geword as die Vader van die Wals.

Verskeie van sy kinders het ook beroemd geraak vanwe hul walskomposisies, nie die minste nie Johann Strauss jr. (1825-1899). Die jong Strauss het sy eie orkes gestig toe hy negentien was, en dit was spoedig besig om sy pa s地 na die kroon te steek. Bygenaamd die Walskoning, het Strauss jr. vir sowat 400 walse gesorg, asook verskeie polkas en kadriele. In 1863 het hy musiekdirekteur van die hofballe in Wenen geword en in hierdie periode van agt jaar sy onsterflike walse oor die Blou Donou en Verhale van die Weense Woude gekomponeer.

LINKS BO: Johann Strauss die jongere, bygenaamd die "Walskoning".
REGS BO: Johann Strauss die ouere, die "Vader van die Wals".


Is daar enige beroemde dansers in hierdie spesifieke dansstyl?

BALDANSERS neem gewoonlik aan meer as een dansvorm deel, waaronder die wals, die jakkalsdraf en die baldans-tango, en dit is dus nie so maklik om spesifieke beroemde walsers uit te sonder nie. Baie mense sal weer s die wals is in elk geval te veel van 地 volksdans om befaamde beoefenaars uit te sonder, hoewel daar al heuglike walstonele in hoeveel verskilende rolprente was.

Of dink maar net aan Superman se vlug doer bo oor die liggies van Manhattan met Lois Lane in sy arms op die wysie van 地 wiegelied-wals.

En die wentelende ruimtestasie in 2001, A Space Odyssey, met die Blou Donou as agtergrondmusiek.

En wie was een van die beroemdste walsers in die geskiedenis? Niemand minder nie as die destydse Engelse koningin Victoria, wat 地 ywerige baldanseres was met 地 spesiale voorliefde vir die wals.

BO: Nie die "superwals" uit die rolprent Superman I nie, maar darem 地 tekening van 地 soortgelyke toneel.

REGS: Koningin Victoria. 


Hoe sal jy aantrek as jy na die een of ander deftige bal genooi word waar die klem op Weense walse sal wees?

DIT kan 地 witdas- of swartdas-geleentheid wees. Die jong vroue wat die bal gaan open, sal lang wit rokke dra en die jong mans swaelstertbaadjies. 地 "Wit das" vir mans beteken wit das, wit onderbaadjie, wit handskoene, swaelstert en skitterblink swart skoene. Vroue wat nie in die openingsdans is nie, kan lang rokke van enige kleur dra. Wanneer 地 bal as "swart das" beskryf word, sal die mans 地 swart aanpak, swart das en swart kamarband dra. Die vroue trek aan soos vir 地 witdas-geleentheid.
    


BO: Nadat dit respektabelheid verwerf het, was die wals deur al die jare baie gewild. Hier is 地 plaatomslag van The St. Nicholas Waltz uit 1953.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad