|
Vuur!
Foto:
U.S. National Institute of Standards and Technology (NIST) |
|||
AT
OP AARDE is vuur regtig? Dis nie vas of vloeibaar nie, en dit is ook nie
’n gas nie. Dit het geen massa nie en jy kan dit onmoontlik op ’n
skaal probeer weeg. Vuur
is nie werklik stoflik nie. En tog is dit iets. Die
mense van die Oudheid het gedink alles tasbaars is uit net vier
dinge opgebou: vuur, lug, aarde en water. In werklikheid is daar sowat honderd
“boustene” (elemente) in die heelal, maar vuur is
nie een van hulle nie. Dit
het eeue geduur voordat die mens vasgestel het wat vuur in der waarheid is: die blitsige verbinding van die suurstof in die lug met die koolstof
in brandbare stowwe. (Of
so is dit in verreweg die meeste van die gevalle. Want koolstof en selfs
suurstof is nie altyd nodig vir ’n vuur nie. Die gas asetileen, ’n verbinding van waterstof en koolstof wat vir sweis gebruik word, stel
byvoorbeeld by sekere temperature lig en hitte vry selfs al is suurstof
nie teenwoordig nie. En ’n paar soorte metale kan selfs in die minder
aktiewe gas stikstof brand.)
Die
vlamme wat jy byvoorbeeld waarneem wanneer jy na die brandende steenkool
in die kaggel kyk, is gloeiende deeltjies koolstof wat van die steenkool
opstyg. ’n Vlam kan ook ’n sameflansing van rooiwarm stofdeeltjies in
die lug wees. Hulle glim wanneer hulle in verbinding kom met die warm
gasse wat in die verbrandingsproses gevorm word. Dis
terloops interessant dat die soute van verskillende metale verskillende
kenmerkende kleure aan ’n vlam gee: natrium genereer geel, koper sorg
vir blou,
stronsium verwek rooi en barium veroorsaak ’n groen kleur, om ’n paar te noem. Van
hierdie verskillende kleureienskappe van elemente word baie nuttig gebruik gemaak in
die vervaardiging van vuurwerk. Vuur
is dus ’n proses van snelle verbranding. Ons kry egter ook verbranding
wat so stadig plaasvind dat die hitte verstrooi word, met die gevolg dat daar glad
geen vlam is nie. Dit
is wat in ons liggame plaasvind. Die kos wat ons eet om aan die liggaam
energie te verskaf, word gedeeltelik “verbrand” deur die
suurstof wat deur die bloed in die longe geabsorbeer word. DIE aandeel van vuur in die
ontwikkeling van die menslike beskawing was enorm, om die minste daarvan
te sę.
Onder die mens se eerste aanwendings van vuur was die gaarmaak van kos en
die wegbrand van bosse vir die jag. Dit is ook in godsdienstige rituele
gebruik, en die
eerste industriële aanwending was vir pottebakkery. Volgens
die Griekse godeleer het die halfgod Prometheus op ’n dag vuur op die
godeberg Olimpus gesteel en dit in ’n hol riet na die aarde gebring.
lemand het al geskryf dat Prometheus geen beter geskenk vir die mens kon
gekies het nie. Ons kan ons immers glad nie die menslike bestaan sonder
vuur voorstel nie. Dis
vandag steeds onontbeerlik in al ons nywerhede en die vervoerwese, en
daarom een van die heel beste dienaars van die mens. Maar as vuur ’n goeie dienaar is, is dit ook ’n baie slegte baas. Dit het die mense van die aarde al baie lank gelede agtergekom. Wat meer sę, die woord “brand!” het een van die ontstellendste uitroepe in enige taal geword. Onder die heel eerste brandwere in die
opgetekende geskiedenis was dié in ou Rome. Seweduisend
van hierdie wagters was nodig om die stad met sy miljoen inwoners te
beskerm. Hulle moes snags deur die strate loop, elkeen met ’n emmer wat
van esparto-gras gemaak was. Daarom
het hulle die bynaam Sparteoli (die emmermanne) gekry. Wanneer ’n
brand uitgebreek het, moes hulle met die emmers water op die vuur gooi. Daar was ook reeds vierduisend jaar gelede brandweerkorpse in ou Egipte. Vandag se brandwere is uit die aard van die saak
egter baie meer gesofistikeerd. Hulle kan spog met uitstekend toegeruste
brandweerwaens en pompmasjiene wat tot duisende liters water per minuut op tierende
vlamme kan spuit. En
in Suid-Afrika met sy wye ruimtes is brandbestryders soms selfs
bedrywiger buite in die natuur as in die stede of dorpe. Veld- en bosbrande kan verskeie oorsake hę: weerlig, die vonke van rotse wat van berge aftuimel, maar in verreweg die meeste gevalle is die oorsaak die nalatigheid van die mens.
DELE
van ons land is blykbaar hoeka uitermate “ontvlambaar”, as
’n mens dit so kan stel. Die Portugese ontdekker van die seeweg
na Indië, Vasco da Gama,
het dit
Later En
die eerste Kaapse goewerneur, Simon van der Stel, het in 1687 ’n dekreet uitgevaardig dat enige stigter
van ’n veldbrand lelik afgeransel moet word as dit sy eerste oortreding
was. As hy ’n tweede keer só sou oortree, moes die roekelose piromaan
met die dood gestraf word. (As hierdie wet vandag nog gegeld het, sou talle van ons
onverskillige vleisbraaiers seker baie meer in hul pasoppens gebly het!)
Ook
in die woongebiede was brande veral vroeër ’n groot gevaar in ons land.
Dit was omdat die meeste huise destyds grasdakke gehad het. In 1710 het ’n
brand die dorp Stellenbosch omtrent heeltemal in puin gelę nadat ’n grasdak
vlam gevat het. Die
brandstigter was glo iemand wat onnadenkend gerook het terwyl ’n sterk
suidooster op die dorp gewaai het. Binne
’n paar uur is die Stellenbosse kerk, die raadsgebou en alle woonhuise
behalwe vier tot as verbrand. Om die brandgevaar te verminder het die
goewerneur van die Ou Kaap die mense verbied om in die strate te rook. Vandag is ons rokers se tuitmonde wel in openbare geboue gesnoer, maar hulle is nog ewe vuur en vlam in die strate! |
|||
|
|||
|
Die “rookpannekoeke”
Foto: Earthweb / NASA
Vlieënde brandweer
Foto: Bob Nichols / USDA / ARS met grafiese alterasie deur Mieliestronk.com |
|||