____________________________________________________

                      Nkosi en Die Stem
          
     
Ons edel volkslied van versoening 

C.J. LangenhovenEnoch SontongaDie godsdienstige gesang van n swart onderwyser van Johannesburg en die gedig van n vurige wit stryder vir die Afrikaanse taal is saamgevoeg om die Suid-Afrikaanse volkslied te vormen uit te styg tot n loflike crescendo oor saambestaan en vrede

  

____________________________________

   

   
Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Wreld

 

HUL wrelde was so verskillend as n swart buurt in Johannesburg en die landelikheid van Oudtshoorn in die Klein-Karoo. Die een was n nederige swart onderwyser en lekeprediker, die ander n gevierde Afrikaanse skrywer, denker, regsgeleerde en politikus.

 

Min het hulle kon weet hoe hul wrelde nog sou saamkom aan die einde van die eeu waarin hulle altwee oorlede isen hoe hul onderskeie bekendste skeppinge n reuse-aandeel in die grootse vereniging sou h.

 

Wanneer jy vandag die volkslied van Suid-Afrika sing, is daar duidelik twee afbakende dele en twee melodie. Op n punt vloei hulle dramaties ineen. Uit n gebed waarin die Here se sen en Sy verwydering van tweedrag afgesmeek word, vloei n oproep tot eenheid in n vrye Suid-Afrika.

 

Enoch Mankayi Sontonga, die komponis van die eerste deel (Nkosi Sikelel' iAfrika), is in 1873 gebore. Aan die einde van die negentiende eeu het Sontonga, wat in Pimville, Soweto, gewoon het, begin onderwys gee aan die Nancefield-Metodistesendingskool. Hy het baie gesange en liedere gekomponeer.

 

Sontonga is op n jeugdige 32 jaar oorlede en in die "nie-blanke afdeling" van die Braamfonteinse begraafplaas begrawe. Sy graf het met die jare in verwaarlosing verval, soseer dat dit nogal n taamlike speurtog gekos het om dit op te spoor. Maar op 24 September 1996, Erfenisdag in die Nuwe Suid-Afrika, kon n treffende swart granietblok op die graf onthul word. Die perseel is ook tot n nasionale monument verklaar.

 

Enoch Sontonga se bekendste gesang, Nkosi Sikelel' iAfrika, is deur sy koor in die omgewing van Johannesburg en in KwaZulu-Natal uitgevoer, en ander kore het dit oorgeneem. Dit is op konserte in Johannesburg gewild gemaak deur eerwaarde J.L. Dube se Ohlange Zulu Choir. Sontonga het net die woorde van die eerste vers geskryf. n Bekende Xhosa-digter, Samuel Mqhayi, het vir die sewe bykomende verse van die lied gesorg.

 

Sontonga is in 1905 oorlede, maar sy lied het bly voortleef. Dit is op 8 Januarie 1912 as slotgebed gesing op die eerste vergadering van die South African Native National Congress, die voorloper van die African National Congress. In 1925 het die ANC dit as slotgesang vir hul vergaderings aanvaar. n Sesotho-weergawe deur Moses Mphahlele is in 1942 gepubliseer.

 

Nkosi Sikelel' iAfrika is vandag nie net n deel van die Suid-Afrikaanse volkslied nie, maar ook die volkslied van Tanzani en Zambi. Dit word ook in Zimbabwe en Namibi gesing.

 

Langenhoven en Vroutjie in 1926 saam by die kerk op Oudsthoorn toe hul dogter, Engela, getrou het

BO: Langenhoven en Vroutjie in 1926 saam by die kerk op Oudtshoorn toe hul dogter, Engela, getrou het.

 

DIE STEM, wat die tweede deel van ons volkslied uitmaak, met een Afrikaanse en een Engelse vers, is n gedig wat die vermaarde C.J. Langenhoven in 1918 geskryf het.

 

LangenhovenCornelis Jacob Langenhoven (REGS) se rol in die Afrikaanse literatuur- en kultuurgeskiedenis was formidadel, om die minste te s. Oudtshoorn se bekendste burger is in 1873 op Hoeko, Ladismith, geboreinteressant genoeg in dieselfde jaar as Enoch Sontonga.

 

Langenhoven aan die skryfHy het aan die Victoriakollege (Stellenbosch) gestudeer en hom as advokaat bekwaam. Hy het egter oorgegaan tot die joernalistiek en later tot die politiek, sodat hy agtereenvolgens lid van die Kaapse Provinsiale Raad, die Volksraad en die Senaat geword het.

 

Langenhoven (HIER aan die skryf) het aanvanklik skepties gestaan teenoor die moontlikhede van Afrikaans, wat toe nog in sy kinderskoene as skryftaal gestaan het. Hy het egter later n vurige voorstander geword van alles wat Afrikaans is en het as skrywer so n omvangryke oeuvre opgebou (sy Versamelde Werke beslaan sestien dele) dat hy selfs beskou word as die man wat die Afrikaners leer lees het. Langenhoven is in 1932 oorlede.

 

Langenhoven en sy dogter, EngelaDie Stem van Suid Afrika is sy bekendste enkele werk. Die musiek daarvoor is in 1921 deur M.L. de Villiers gekomponeer. Later het die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie sowel God Save The King as Die Stem aan die einde van hul daaglikse uitsendings gespeel. Dit is die eerste keer in die openbaar gesing met die amptelike hysing van die landsvlag op 31 Mei 1928, maar dit was eers op 2 Mei 1957 dat die regering Die Stem as die amptelike volkslied aanvaar het. As The Call of South Africa is dit mettertyd ook in Engels gesing.

 

Met die einde van apartheid in die jare negentig het die argitekte van die oorgang na n nuwe bedeling besef dat daar n nuwe volkslied sou moes kom wat vir almal aanvaarbaar is. By Die Stem sou die voorheen benadeeldes nie aanklank vind nie; vir die blankes, wat die woorde van Nkosi Sikelel' iAfrika nie verstaan het nie, was di weer niks minder as n strydkreet van verset nie.

 

Maar deur die twee saam te voegen alle Suid-Afrikaners te laat begryp dat dit n lied van senbede en glorie onder die helderblou hemel van Suid-Afrika isis n kompromis bereik in die edelste tradisie van versoening.

 

Kom sing nou saam:

 

Nkosi sikelel' iAfrika

Maluphakanyisw' uphondo lwayo,

Yizwa imithandazo yethu,

Nkosi sikelela, thina lusapho lwayo.

 

Morena boloka setjhaba sa heso,

O fedise dintwa la matshwenyeho,

O se boloke, O se boloke setjhaba sa heso,

Setjhaba sa South AfricaSuid-Afrika.

 

Uit die blou van onse hemel,

Uit die diepte van ons see,

Oor ons ewige gebergtes,

Waar die kranse antwoord gee,

 

Sounds the call to come together,

And united we shall stand,

Let us live and strive for freedom,

In South Africa our land.

 

Die isiXhosa/ isiZulu van die eerste vers en die Sesotho van die tweede vers kan as volg vertaal word:

 

Here, sen Afrika

Mag haar gees opstyg

Hoor ons gebede aan

Here, sen ons.

 

Here, sen Afrika

Verban oorlo en twis

Here, sen ons nasie

Van Suid-Afrika.

____________________________________________________________

   

Die Stem van Suid-Afrika... s het die woorde geklink

Gedig deur C.J. Langenhoven, later getoonset deur M.L. de Villiers

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons wige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vr verlate vlaktes met die kreun van ossewa
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe ons vir jou, Suid-Afrika.

In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou, as Afrikaners kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huw'liksklokkies, by die kluitklap op die kis
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

Op jou roep seg ons nooit nee nie, seg ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe ja ons kom, Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons vaad're vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

____________________________________________________________

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad

____________________________________________________________