3

 
        

  
Ons wonderlike voŽls (3): Snawels en pote

 
 

Gebek en potig

 

Arend

BO: Sowel snawel as die kloue van hierdie arend is tipies diť van ín roofvoŽl.

Foto: NASA

 

Wat snap jy van ín snawel? Gedink dis maar net om te kan vreet en pik? Of ín voŽl se poteóhet jy gereken dis bloot om hom in staat te stel om te loop? Lees ín bietjie hier...

 


 
 Skakels na hoofstukke in hierdie reeks:

 

ē  Inleiding

ē  Hoofstuk 1: Neste en broeiery

ē  Hoofstuk 2: Hoe jong voŽls grootword

         ē  Hoofstuk 3: Snawels en pote

 ē  Hoofstuk 4: VoŽls en hul vere

 ē  Hoofstuk 5: Hoe voŽls migreer en koers hou
 


 

Snawels

 

Die rare koejawel
 met die snawel
... 

 

LINKS: Eienaardiger snawels as diť van die pelikaanfamilie kry ín mens nie sommer nie. Aan die onderkant van ou Pellie is daar ín keelsak waarin hierdie soort voŽls die visse opskep wat hulle vang wanneer hulle agter kos in die water aan duik.

 

Gewysigde foto van oorspronklike deur  ďOzkunzuĒ by Stock.xchng. Kopiereg geld, maar vrye gebruik op webwerwe word aan lede vergun

 

 

V

OňLS is nie sulke kieskeurige lekkerbekke nie. Baie van hulle vreet eenvoudig wat voorkomóof dit nou ín blom of ín blaar, ín muggie of ín vruggie is. Selfs visse of die karkasse van groot soogdiere is moontlike maaltye.

 

Om die beste van hierdie groot keuse te maak, is voŽls dan ook gebek soos geen ander diere in die natuur nie. Hulle het snawels, wat uit ligte bo- en onderkake met ín harde, horingagtige bedekking bestaan. Diť horingstof is meestal keratien, ín veselrige proteÔen wat ook in mensehare en -naels gevind word.

 

Hoewel die snawel oral hard lyk, is daar ook sagte dele, gewoonlik naby die punt, wat baie senuwees bevat. Dis sodat die voŽl sy kos kan opspoor, veral by spesies wat in modder of sand na hul maaltye soek.

 

VoŽls se tandelose gebitte het verskillende groottes en vorms, wat elk ín goeie aanduiding is van die soort kos wat die voŽl vreet en sy voedingsgewoontes.

 

Die saad- en graanvreters het gewoonlik kort, kegelvormige snawels wat as neutkrakers dienóhulle druk die sade fyn en dop dit uit. Party saad- en graanvreters sluk egter die sade heel in, en hul snawels neig om meer gepunt en soos knypers te wees.

 

Insekvretende voŽls het gewoonlik delikate, slanke snawels om brose insekte van blare en die grond af te pik. Diť wat ongewerwelde prooi tussen graswortels, onder boombas en in ondergrondse skuilplekke soek, het lang, knyperagtige snawels wat hulle selfs in die grond kan insteek.

 

Sommige insekvretende voŽls spesialiseer daarin om vlieŽnde insekte in die lug te vangóhulle het kort, breŽ snawels wat wyd ooprek en uitstekende inseklokvalle uitmaak.

 

Van die mees verfynde snawels behoort aan die voŽls wat nektar teug. Met hierdie lang, dun en dikwels geboŽ horingbekkies kan hulle tot diep in buisvormige blomme reik.

 

Vrugtevretende voŽls het geen spesifieke snawelvorm nie. Party, soos papegaaie, het sterk haaksnawels om harde vrugte en neute te verorber, terwyl ander, soos neushoringvoŽls, weer enorme, gekromde snawels het. Baie vrugtevretende voŽls vreet ook sade en insekte.

 

Vleisvretende voŽls wat kloue gebruik om hul prooi te vang, het vir die vreetslag gewoonlik snawels wat besonder sterk is sodat hulle stukke vleis en vel van dierkarkasse kan afskeur.

 

WatervoŽls se snawels is uitermate lankósoos hulle stellig moet wees, want hul bene is gewoonlik ook lank om hul lywe uit die water te hou.

 

Baie voŽls gebruik hul snawels as ín filter waar hulle die talle klein plantjies en diertjies opraap wat naby die oppervlak van vars water en soutwater leef. WaadvoŽls het besonder lang, dun snawels wat dikwels krom is, en gebruik word om in sand of modder na klein diertjies te snuffel.

 

Visvretende voŽls se snawels is spiesvormig om die prooi te kan steek, of knyperagtig om dit te kan oppik.

 

Sommige voŽls vreet net sekere soorte kos, maar ander het ín meer gevarieerde dieet. Laasgenoemdes het in die algemeen snawels wat nie net een doel dien nie, want hulle vreet verskillende soorte kos soos dit periodiek beskikbaar raak. Tipiese voorbeelde van sulke voŽls is kraaie, wat enigiets vreet van lewende soogdiere en wurms tot sade, en meeue, wat floreer op enigiets van vis tot huishoudelike vullis.

 

Waarvoor snawels alles deug

HOEWEL die voŽl sy snawel veelal gebruik om kos te kry en te vreet, speel dit ook ín noodsaaklike rol in nesbou en vere skoonmaak. ín Hele paar soorte voŽls het selfs nog meer nut van hul wonderlike snaters.

 

Die kreefpoot-vormige snawel van die Suid-Amerikaanse toekan speel waarskynlik ín rol in die vertoon tydens die hofmakery.

 

En papegaaie en parakiete gebruik ook hul snawels om mee te klim. Houtkappers gebruik weer hul dik, kegelvormige werktuie om hul nesholtes in verrotte bome te beitel.

 

 Benewens die pelikaanódie snawels van ander voŽls wat van vis lewe

LINKS BO: Met sy krom snawel kan hierdie kormoraan selfs onder die water op visse jag maak.

MIDDEL BO: Die puntsnawel van hierdie visvanger word soos ín spies gebruik om visse te deurboor. Die voŽl duik uit die lug neer om sy prooi in die water te harpoeneer.

 REGS BO: Diť waterploe
Žr gebruik weer ín ander metode om die vis en skaaldiere beet te kry waarvan hy leef, en sy groot snawel is eweneens volmaak toegerus vir die taak. Die waterploeŽr vlieg baie laag en oopbek oor die water heen terwyl hy die onderste deel van sy snawel letterlik deur die water laat ploeg. Sodra hy ín vis of ander diertjie teŽkom, klap altwee dele van sy horingbek toe en dis klaar met kees.

Fotoís: U.S. National Park Service
 

 

 Die snawels van roofvoŽls

Die krom, skerpgepunte snawels van ín aasvoel (LINKS BO) en ín arend (REGS BO) beantwoord kennelik aan hul doel: om vleis behoorlik te verskeur sodat hierdie roofvoels dit maklik kan insluk. Ook die sperwer (animasie ONDER) se snawel toon duidelik dat hy ín roofvoŽl is. Die sperwer is juis in ín tuin in die suidelike voorstede van Kaapstad afgeneem terwyl hy besig was om ín duif te verslind wat hy gevang hetómaar om die leser die ietwat grusame toneeltjie te spaar, wys ons nie wat onder by die ďgewetenloseĒ vleisvreter se pote aan die gebeur is nie.

 

 

Animasie bo van sperwer saamgestel uit fotoís deur  © Willie KŁhn

 

Foto van aasvoŽl deur © R Grabe by Stock.xchng. Kopiereg geld, maar vrye gebruik op webwerwe word aan lede vergun
Foto van arend: U.S. Fish and Wildlife Service
 

 Die snawels van die suikerbekkies

ín Jangroentjie van ons wÍrelddeel (LINKS BO) en een van die kolibries of hummingsbirds van die Amerikas (REGS BO) word albei gekenmerk deur hul lang snaweltjies waarmee hulle die stroop of nektar uit blomme suig.

Foto links bo: detail van beeld © South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme.
Foto regs bo: Dean E. Briggins / U.S. Fish and Wildlife Service

 


Die snawels van swem- en waadvo
Žls

SwemvoŽls soos ganse, swane en eende (soos die wilde-eend LINKS HEEL BO) het taamlik eenderse snawels wat min of meer afgeplat is. Dit kom hulle goed te pas in byvoorbeeld troebel water omdat hulle daarmee rondwoel en voel-voel na kos soek eerder as om die kos te sien. By waadvoŽls van die see, waterpanne en moerasse is daar egter ín groter verskeidenheid van snawels, afhangende van die omgewing en hoe die voŽl te werk gaan om sy kos in die hande te kry. Vergelyk die priem-snawels van die twee uiteenlopende watertrappers LINKS BO en REGS BO, met die plat bek van die lepelaar op die foto REGS HEEL BO. Lepelaars se snawels lyk soos die spatels wat dokters gebruikódaardie plat lepels waarmee hulle jou tong afdruk om in jou keel te kyk. Die lepelaar swaai sy snawel heen en weer terwyl hy deur vlak water waad op soek na iets om te vreet. Die snawel is effens oop en sodra byvoorbeeld ín paddatjie daardeur spoel, sluit die leperaar se kake om die gedoemde kwakertjie.

Foto links heel bo: U.S. National Park Service. Foto links bo: FNAL / U.S. Department of Energy. Foto regs bo en regs heel bo:  U.S. Fish and Wildlife Service

 


 Die snawels van die saadpikkertjies

HIERBO: Pik-pik hier, pik-pik daar, oral pikkend aan die saadjies in die gras... Drie soorte mossies se kegelvormige snaweltjies toon dat hulle hoofsaaklik saadvreters is. Maar hulle vreet natuurlik wel ook goggatjies.

Fotoís: U.S. National Park Service
 

ēēēēēēē    ēēēēēēē   ēēēēēēē    ēēēēēēē

 

Pote

 

V

ERSKILLENDE voŽls het verskillende soorte pote waarmee hulle Írens vaste voet kryóof hulle uit die voete maak! Party sín is vir naellope wat amper ons voorste atlete sou beskaam. Baie voŽls, soos hoenders, klou weer daarmee aan stellasies. Pote word egter ook gebruik om in water te waad, te krap, te veg of vas te gryp.

 

Maar wie sou kon dink dat sekere voŽls ewe sjarmant hul pote soos hande gebruik? Of dat daar party is waarvan die pote so onderontwikkel is dat hulle sou sukkel om op te styg as hulle op die grond beland?

 

Net soos hul snawels hou voŽls se pote ook meestal verband met hul eetgewoontes.

 

WatervoŽls se spesiale pote stel hulle byvoorbeeld in staat om flink deur die water te beweeg op soek na kos. Baie van hulle het swempote of flappe van vel aan hul pote wat oop en toe gaan soos hulle swem.

 

Onder die swempotiges is eende, ganse, kormorane, meeue en albatrosse. Daar kan swemvliese tussen al vier die tone wees om hulle nou regtig voortreflik voort te stu, soos by kormorane, of tussen drie tone, soos by eende en meeue.

 

Bene wat agtertoe sit, is eie aan alle swemvoŽls en veroorsaak ín lompe gewaggel op die droŽ aarde.

 

 

WAADVOňLS word aangetref in die meeste wÍrelddele waar daar vlak waters met ín ryke voedselspens is. Dis nie net hul snawels wat besonder geskik vir hul lewenswyse is nie, maar die meeste waadvoŽls, soos kraanvoŽls, ooievaars, reiers en ibisse, het pote wat toegerus is vir hul onderskeie eetgewoontes in die vlak water.

 

VoŽls soos flaminke en lepelaars het sulke lang bene om hoog en droog bo die water uit te toring dat dit lyk of hulle op stelte loop.

 

Die skraal, gespasieerde tone van reiers keer dat hulle te diep in die sagte modder insink.

 

Jakanas is waadvoŽls in die oortreffende trap; die tone is regte langerade en versprei die liggaamsgewig sodat hulle alte gemaklik oor drywende plantegroei kan draf.

 

VOňLS wat die meeste van hul tyd op die grond deurbring, is geneig om sterk bene met klein toontjies te hÍ.

 

Baie aardsgebonde saadvreters, soos die hoender, het sterk pote om in die grond vir kos te skrop. VoŽls soos lewerikies en koesters, wat ook ín deel van hul tyd op die grond deurbring, het buitensporige agtertoonnaels wat as klampe dien om hulle te help om hul ewewig te behou. Gaan sit hy egter op ín tak, word die bene gebuig en dit laat die senings rek en trek die tone in.

 

Die volstruis, wat die spreekwoordelike hond uit ín bos kan hardloop, is die enigste voŽl met net twee tone. Diť het sole met kussings om te keer dat hy in los sand insink.
 


LINKS: Poot van die volstruis, die
enigste voŽl met twee tone.

 

Foto: Jpbarrass, wat dit in die Wikipedia-ensiklopedie op die wÍreldwye web tot openbare besit verklaar het (ďreleased into the public domainĒ)

 



V
OňLS wat in die bome klim en rondkruip, is ook almal spesiaal gepoot vir diť taak. Almal klou vertikaal en gebruik hul lang sterte as ín stut.

 

Die houtkapper word stewig aan die kant van ín boomstam geanker deur sy kragtige dyspiere, asook die tone waarvan twee vorentoe en twee agtertoe wys en wat almal in skerp, geboŽ kloue eindig. Jy moet mos kan klou soos ín neet as jy besig is om in hout te beitel.

 

Die vermoŽ van voŽls om hul tone om slaapstokke of takke te sluit, is baie belangrik. Alle sitvoŽls het een agtertoon waarmee hulle kan vasgryp.

 

As ín voŽl op die grond staan of loop, is die spiere en senings in die bene ontspanne en die tone gevolglik uitgesprei. Waar die voŽl egter op ín tak gaan sit, word die bene gebuig en dit laat die senings rek en trek die tone in.

 

Baie voŽls kan dus houtgerus aan die slaap raak met hul tone vas om die slaapstok sonder dat daar enige gevaar bestaan dat hulle sal afval.

 

DIE voŽls wat in die sneeu moet rondloop, se pote is ook merkwaardig knap daarvoor toegerus. Party van die korhoenders van die Noordpoolstreke kry in die herfs klein veeragtige aanhangseltjies aan die kante van hul tone sodat hulle, wanneer die sneeu begin val, ín baie nuttige paar tuisgekweekte sneeuskoene het.

 

Die sneeuhoender, ín lid van die korhoender-familie, het bene wat met vere bedek is en hom verder teen die koue beskerm.

 

Kragtige, skerp geboŽ kloue is eie aan roofvoŽls wat moet oorleef deur blitsig op hul prooi toe te slaan. In die aanval buig die bene onder die geweld van die botsing en die kloue dring vanself diep in die lewensbelangrike organe van die slagoffer in.

 

Raar maar waar: Daar is ín paar voŽls wat hul pote as hande gebruik. Uile en valke gryp hul prooi vas terwyl hulle die vleis met hul snawels afskeur, en papegaaie, wat dikwels hul kos in hul kloue hou, kan selfs ůf ďregshandigĒ ůf ďlinkshandigĒ wees.

 

Van die voŽls wat hul pote gebruik om hulle te verdedig of aan te val, is voŽlmannetjies soos hoenderhane en fisante met hul spore (skerp, horingagtige uitsteeksels aan die bene) goed bekend. En ín skop van die kragtige tweetonige poot van ín omgesukkelde volstruis is glo sterker as ín perd sín.

 

ín Baie gevaarlike wapen is ook die mes-agtige naels aan die binnetone van kasuarisse, voŽls van die woude van AustralasiŽ. Hoewel hierdie voŽls nie vinnig kan beweeg nie, skeur hulle mekaar met hul spigtige naels oop wanneer hulle baklei.

 

Dis verstommend, maar daar is sekere voŽls wat omtrent geen pote het nie. Die pote van voŽls wat selde neerstryk, soos pylstormvoŽls, is swak en klein omdat hulle dit so min nodig het in hul luggebonde lewe. Wanneer hulle wel aarde toe kom om te kom slaap, gaan sit hulle teen kranswande waarvandaan hulle weer kan opstyg.

 

Nagswaels, swaels en kolibries het miniatuurpote en loop maar swaar. Trouens, die kolibrie vind dit haas onmoontlik.

 

Maar dan kan hulle miskien ook met reg sÍ: Ag wat, pote se voet! Op stuk van sakeówatter nut het ín ledemaat as jy hom feitlik nooit gebruik nie?

 


 

 Skakels na hoofstukke in hierdie reeks:

 

ē  Inleiding

ē  Hoofstuk 1: Neste en broeiery

ē  Hoofstuk 2: Hoe jong voŽls grootword

         ē  Hoofstuk 3: Snawels en pote

 ē  Hoofstuk 4: VoŽls en hul vere

 ē  Hoofstuk 5: Hoe voŽls migreer en koers hou

 


 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf