2

 
  

  
Ons wonderlike voŽls (2): Hoe jong voŽls grootword

 
PA! MA! Ons
is honger!
 

Arend en kuikens

 

Sommige voŽls staan feitlik dadelik op eie pote wanneer hulle in die wÍreld kom. Ander kuikentjies is so weerloos dat hulle nie sonder die voŽlouer kan oorleef nie. Net soos elke voŽltjie sing soos hy gebek is, word elke voŽl groot na sy aard. In hierdie aflewering leer ons van voeding en opvoeding in die voŽlwÍreld...

Samegestelde foto van kaalkop-arend en kuikens van beelde deur U.S. Fish and Wildlife Service en U.S. Army Corps of Engineers


 
 Skakels na hoofstukke in hierdie reeks:

 

ē  Inleiding

ē  Hoofstuk 1: Neste en broeiery

ē  Hoofstuk 2: Hoe jong voŽls grootword

         ē  Hoofstuk 3: Snawels en pote

 ē  Hoofstuk 4: VoŽls en hul vere

 ē  Hoofstuk 5: Hoe voŽls migreer en koers hou
 


 

P

IK, pik, pik! Stilte. Pik, pik, pik! Die eerste gaatjie verskyn. Die ongebore voŽltjie draai effens met sy lyfie en pik dan weer verbete verder. NŠ ín ruk is daar ín tweede krakie. Die dop se doppie het uiteindelik geklap!

Die verskyning van ín kuiken in die wÍreld is werklik een van die skeppingswondere. Sedert die bevrugting is daar al ín sluimerende kiem in die eier, maar eers geen ďlewendigheidĒ nie, om dit so te stel. Dog ín paar dae voordat die kuiken uit sy dop moet kruip, lyk dit of hy skielik lewe kry.

Hy verander van posisie sodat hy sy snaweltjie in die lugblaas aan die stomp kant van die eier kan indruk, en begin asemhaal. Party kuikens kondig selfs hul teenwoordigheid met ín klaende gepiep aan.

Sů ín gepiep is ín teken vir die ouers of ander kuikens in die nes dat ín nuwe klein lewetjie in aantog is. En die natuur sorg vir omstandighede waarin die kuiken so sagkens moontlik deur die gevare van sy heel vroegste lewe gelei word.

Uitbroeiing word deur twee dinge makliker gemaak. Vir eers is heelwat van die kalsium van die dop nou reeds na die groeiende kuiken oorgeplaas, en die dop is verswak.

Ten tweede is die punt van die kuiken se snawel versterk deur ín horingagtige knoets, wat die eiertand genoem word. Dit stel hom in staat om ín klomp gaatjies in die eierdop te maak. ín Spier agter sy nek gee hom die krag om dit te kan doen.

Die kuiken rondomtalie stadig in die eierdop, en pik ín sirkelvormige groef die hele pad om. Uiteindelik breek die eieróen die spartelende jong voŽltjie skop hom vry.

Die uitbroeityd wissel by verskillende spesies van ín paar ure tot ín paar dae.

Ongebore kraanvoŽlkuiken binne-in eier

BO: ín Ongebore kraanvoŽlkuiken in ín normale uitbroei-posisie binne-in ín eier.

 Illustrasie deur Kate Spencer uit die boek Cranes: Their Biology, Husbandry, and Conservation,
redakteurs David H. Ellis, George F. Gee en Claire M. Mirande,
U.S. Department of the Interior, National Biological Service, Washington, DC &  International Crane Foundation, Baraboo, Wisconsin. 1996 / via USGS
 

Kuikens grootmaak

HOEWEL altwee voŽlouers gewoonlik by die grootmaak betrokke is, is party voŽls so onafhanklik dat hulle by geboorte al byna hul eie potjie kan krap. Ons sÍ sulke kuikens is prekosiaal (na die Latyn vir ďvroegrypĒ) of jonk selfstandig.

Hulle word blinkoog en op en wakker gebore, met al hul vere of met ín digte laag dons. Sulke voŽltjies kan die nes binne ín paar ure verlaat om agter hul ouers aan te hardloop op soek na kos. In skaars gevalle sien die kuikens nooit eens hul ouers nie.

Kuikens wat jonk al selfstandig is, word gewoonlik aangetref by voŽls wat op die grond nes maak, soos waadvoŽls, wildvoŽls, eende en duikertjies.

VoŽltjies wat egter heeltemal hulpeloos in die wÍreld kom, kan etlike maande lank van hul ouers afhanklik bly. Altrisiale kuikens (na die Latyn vir ďeen wat voedĒ) word blind gebore en is ůf heeltemal kaal ůf het ín donsbedekking wat met die eiervog teen die lyf vasgeplak is. Hulle kan net-net die koppie omhoog hou en bekkie oopmaak om gevoed te word.

Altrisiale voŽls sluit in diť wat in bome en holtes nes maak, soos lysters, rooiborsies, duiwe, houtkappers, visvangers en roofvoŽls.

ín Ma-duif en haar kuikenREGS: ín Ma-duif en haar opgeskote kuiken.

Foto deur ďAnistaswebĒ by Stock.xchng. Kopiereg geld, maar vrye gebruik op webwerwe word aan lede vergun

Voeding

AS die kuikens genoeg te vrete kry, groei hulle vinnig. Die tempo van die voedings wissel en hang af van die metode wat gebruik word, die hoeveelheid kos wat beskikbaar is en die afstand wat die ouers moet vlieg om dit te gaan haal.

Wanneer een voŽlouer met kos na die nes terugkeer, gaap die kuikens se bekkies wawyd oop. Hierdie reaksie word aangestig deur die geritsel van vere of vibrasies wat die volwasse voŽl op die nes maak. As die kuikens dalk slaap en nie hul bekke oopmaak nie, sal die ouer ín roep gee om hulle wakker te maak.

BO: Gapende bekkies wagtend op kosÖ

Detail van foto deur Qatar&Me van Doha, Qatar, wat dit op hierdie bladsy by Flickr op die web geplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 2.0-lisensie

ín Sorgsame ouer bring kosREGS: Maar gelukkig is die sorgsame voŽlouers nooit baie ver om die kuikens se magies vol te hou nie.

Detail van foto deur ďDDimaĒ, wat dit by die Wikimedia Commons-projek op die wÍreldwye web tot openbare besit verklaar het (ďreleased into the public domainĒ). Foto effens gewysig
 

Soos ander groeiende diere, het voŽls ook proteÔen nodig. Vleisvretende voŽls kry dit van vis, insekte en vleis. Maar omdat sade, vrugte en nektar min proteÔen bevat, maak ook vegetariese voŽls insekte bymekaar vir hul honger spruite.

VoŽls voed hul kuikens op verskeie maniere. Party voŽlouers plaas hul insekbelaaide snawel regstreeks in die kuikens se bekke. Ander weer, veral die groot seevoŽls, sluk die kos wat hulle kry dadelik in om dit deels te verteer. Terug in die nes, bring hulle die sopperige mengsel op, of die kuikens druk hul snawels in die ouer se keel om dit by te kom.

Duiwe voer hul kuikens met ín melkerige stof wat kropmelk genoem word. Dit is besonder voedsaam en soortgelyk aan soogdiermelk.

BO: ín Jangroentjie (Nectarinia famosa) van ons eie wÍrelddeel bring ín insek vir ín honger kleintjie in ín hangnessie tussen die dennetakke. Jangroentjies is klein voŽltjies wat grotendeels van die nektar van blomme lewe, maar hulle vang ook insekte, veral wanneer hulle hul kleintjies voed.

Foto: Lanz Von HŲrsten, © South African Tourism / Suid-Afrikaanse Toerisme

Verdediging

VOňLS is uiters kwesbaar wanneer hulle nog te jonk is om te vlieg. Dit is dus ín belangrike taak van die voŽlouer om sy kuikens teen roofdiere te beskerm.

VoŽls wat in gate of holtes nes maak, is natuurlik beskut teen die meeste roofdiere. Ander, soos diť wat op die grond nes maak, kamoefleer hulself om nie gesien te word nie.

VoŽls soos seeswaels verdedig hul kuikens aktief en dreig hul vyande of val hulle aan. Hulle stuur seine na die kuikens om doodstil te sit totdat die gevaar verby is.

Party ouers bring hul kuikens in veiligheid wanneer gevaar dreig. Duikers dra hul kleintjies op die rug; jakanas onder die vlerk.

Inprenting

OM die ma te kan volg, moet ín kuiken haar kan herken. Hierdie herkenningsproses begin gewoonlik selfs nog voordat die kuikens uitbroei. Die wilde-eend (mallard) kloek byvoorbeeld sowat twee dae lank vir haar piepende broeisel voordat hulle uitbroei. As hulle eers uit is, kan die eendjies haar op sig eien.

Die waarde hiervan vir eende en alle jong voŽls wat die nes moet verlaat en ín ouer kort nŠ geboorte moet volg, is dat die gesin van die begin af saambly.

ín Jong kunstenaar se siening van ín wilde-eendwyfie en haar kuiken

BO: ín Jong kunstenaar se siening van ín wilde-eendwyfie en haar kuiken.

 

Tekening deur die vyftienjarige Bartavious Weaver van Covington, in die Amerikaanse staat Georgia, wat in 2005 as die beste inskrywing op ín kunsuitstalling vir jong kunstenaars bekroon is / U.S. Fish and Wildlife Service

Instandhouding van die nes

WAAR kuikens die nes nie gou verlaat nie, moet die ouervoŽl dit skoonhou. Een van die eerste take van diť voŽl is die verwydering van die eierdop, wat ůf opgevreet ůf uitgegooi word. Soms word taamlik ver daarmee gevlieg voordat dit weggegooi word, om roofdiere te mislei.

Dis ook belangrik dat die neste skoon gehou word van mis, dooie kuikens en ou kos, want dit verminder die gevaar van infeksie en keer dat kuikens se dons nat en gekoek raak en hulle nie warm genoeg hou nie. ín Vuil nes sal ook stink en roof≠diere lok.

Die weg na onafhanklikheid

HOEWEL verskillende spesies op verskillende tye onafhanklik word, moet alle voŽls uiteindelik die gevaarlike wÍreld op eie houtjie aandurf.

VoŽlouers word deur die gapende bekke van die kuikens gestimuleer om vir hulle te sorg. Maar namate die kleintjies selfstandigheid nader, verminder die hormone in die voŽlouers wat gesinsorg aanmoedig, en ouers se belangstelling in die kleintjies word Šl minderóhulle raak selfs geÔrriteerd!

Die jong voŽls begin op hul beurt belang stel in ín sosiale lewe met ander volwasse voŽls en begin hul gedrag naboots. Sommige voŽls verlaat die nes vrywillig, terwyl ander daaruit gelok moet word.

Skielik is die band tussen ouers en kuikens verbreek. Dis tyd vir die jong voŽls om die lewe alleen voort te sit... en uiteindelik self ouers te word.

Meeu voed sproetgesig-kuikens

BO: ín Meeu sorg dat diť se sproetgesig-kuikens gevoed kom. Maar kort voor lank gaan die ouer belangstelling in die jong nakomelinge verloor en sal hulle op eie houtjie die mas moet opkom.

Foto: U.S. National Park Service

Het jy geweet?
 

ē  Die kuikens van koningpikkewyne bondel in ín groot groep saam terwyl hul ouers gaan visvang. Elke terugkerende ouer weet waar sy eie bondeltjie vlees en vere is en sal weier om ander kuikens te voer wat hom lastig val vir kos.

ē  Min bloedjong kuikens is so geborge en beskut soos diť van die neushoringvoŽl van Afrika. Hulle word binne-in ín hol boomstam uitgebroei wat dig verseŽl is met modder, mis en gevomeerde kos, en die wyfie en kleintjies word in hierdie veilige tuiste van buite af deur die mannetjie gevoer. Wanneer die ma uiteindelik die nes verlaat, herseŽl die kuikens die opening en word hulle deur altwee voŽlouers gevoer totdat hulle gereed is om self die buitewÍreld aan te durf.


 

 Skakels na hoofstukke in hierdie reeks:

 

ē  Inleiding

ē  Hoofstuk 1: Neste en broeiery

ē  Hoofstuk 2: Hoe jong voŽls grootword

         ē  Hoofstuk 3: Snawels en pote

 ē  Hoofstuk 4: VoŽls en hul vere

 ē  Hoofstuk 5: Hoe voŽls migreer en koers hou

 


 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf