Vreet en word gevreet...

Voedselkettings
(en voedselkringe en -webbe)

DIE lewende organismes op aarde is op wonderlike maniere afhanklik van mekaar. Energie word deur sonlig aan plante oorgedra wat dit saam met ín paar ander dinge gebruik om kos te produseer. Hierdie kos word deur diere benut, wat op hul beurt gevreet word deur ander diere. En as diere of plante vrek, ontbind hul karkasse of plantvesels en word die chemikalieŽ daarin ín deel van die grondówaar plante dit weer opneem vir hernieude groei.

Die merkwaardige kringloop van die lewe! Dis nie verniet dat  bewaringsbewuste mense so bekommerd is wanneer spesies uitsterf nie. Want elke keer wanneer ín "skakel" uit ín "ketting" verdwyn, kan dit die brose ewig in die natuur met katastrofale gevolge versteur.

Op die illustrasie REGS word die begin van ín sogenaamde voedselketting aangedui.

Energie is noodsaaklik vir lewe en die son is die kragbron waardeur al die stoflike lewe op ons planeet opgewek en onderhou word (met nietige uitsonderings soos waar organismetjies hul lewensenergie deur vulkaniese aktiwiteit verkry).

Plante vervaardig, volgens ín proses wat fotosintese genoem word, hul eie suiker (glukose) en stysel met behulp van sonlig en die eenvoudige stowwe water en die koolstofdioksied (koolsuurgas) in die lug. Fotosintese is die basiese proses van voedselvervaardiging, want met die toevoeging van elementÍre boustowwe (byvoorbeeld mineraalsoute), meestal vanuit die grond waarin hulle groei, vervaardig die plante later al die ander voedsels soos proteÔene en vette. Die hele proses van kosmakery deur plante staan bekend as die primÍre produksie van lewensenergie.

Maar hier hou die oordrag van die son se energie gelukkig nie op nie. Alles wat daarna kom, heet sekondÍre produksie, ín proses wat by die plantvretende diere begin. Klein diertjies word vervolgens deur groter diere gevreet en hulle, op hul beurt, weer deur nog groter diere. Hierdie reeks van vreet en gevreet word, staan bekend as ín voedselketting. Daar is natuurlik baie verskillende voedselkettings. Een voorbeeld word hieronder afgebeeld.

ín Pyltjie op hierdie illustrasie beteken "word gevreet deur". Elke skakel in die ketting is kos vir die volgende skakel.

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat ín voedselketting altyd met die een of ander plant begin en met ín dier eindig. Diere wat slegs plante vreet, word herbivore genoem en diere wat ander diere verorber, staan bekend as karnivore.

Diere wat plante sowel as ander diere verslind, heet omnivore. Die mens is ook ín omnivoor, want verreweg die meeste van ons eet vleis ťn plante of die produkte daarvan.

Maar het jy al ooit daaraan gedink hoekom daar meer herbivore (plantvreters) as karnivore (vleisvreters) in die natuur is? In ín voedselketting word energie, soos ons gesien het, van een skakel na ín volgende oorgedra, dog by elke nuwe skakel word slegs ín breukdeel van die kos in liggaamsmassa omgeskakel. Die res van die energie word verspil, onder meer omdat die dier dit nodig het om te kan beweeg.

Heelparty wildsbokke is dus nodig om een leeu gevoed te hou! 

Geleerdes praat van voedselpiramides wanneer hulle hierdie verminderde oordrag van energie van spesie tot spesie beskryf. Voedselpiramides word gewoonlik op biomassa gegrond en nie soseer op die aantal spesies of  individuele organismes nie. Plante sorg vir meer as negentig persent van die totale biomassa van die aarde, terwyl alle ander groepe of organismes slegs vir ín paar persent verantwoordelik is. Daarteenoor bestaan daar sowat tien keer meer dierespesies as plantespesies.

Maar wat gebeur dan nou wanneer lewende organismes ophou lewe? Dooie plante en diere (ook uitwerpsels) is kos vir die opruimers in die natuuródinge soos bakterieŽ wat die biomassas weer tot die elementÍre boustowwe afbreek. Daarmee is die voedselkringloop voltooi... net om weer van nuuts af te begin wanneer nuwe sade ontkiem.

Die meeste voedselkettings is onderling met mekaar verbind. Diere vreet immers in die reŽl nie net een ander spesie nie, maar verskillendes en hierdie tussenkonneksies skep sogenaamde voedselwebbe. Hier is ín voorbeeld:


 Voedselkettings in die see

IN die see vorm mikroskopies klein plantjies, die sogenaamde fitoplankton, die basis van die voedselkettings. Fitoplankton sweef in die water, absorbeer elementÍre boustowwe en groei met behulp van sonlig. Die fitoplankton is kos vir die dierlike plankton wat ook vry in die water rondsweef.

Die dierlike plankton is op die spyskaart van klein vissies, wat op hul beurt deur groter roofvisse gevreet word. Aan die toppunt van hierdie voedselketting is die soorte wat groot roofvisse vang: robbe, groot dolfyne en die mens.

Dooie plante en diere word opgevreet deur die aasvreters (seesterre, krappe, garnale) en die opruimers (skimmels en bakterieŽ). Die opruimers skakel die biomassa weer om tot elementÍre voedingstowwe vir die fitoplankton en die alge en wiere.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad