Die Verenigde Nasies
Die samestelling en werksaamhede van die massiewe ‘klub’ van 192 węreldlande

VN-logoBy die Verenigde Nasies het al die lidstate—groot en klein, ryk en arm, met verskillende politieke sienswyses en maatskaplike sisteme—by die VN het almal die reg om hul mening te lug en oor verskillende węreldkwessies te stem. Die organisasie het deur die dekades baie gedoen wat goed was… en in sommige belangrike werksaamhede weer klaaglik misluk. Maar sou ’n mens hoegenaamd kan sę dat die węreld vandag beter daaraan toe sou gewees het as die VN nooit bestaan het nie? Stellig nie...

VN-foto's en -grafika: Verenigde Nasies

VN-geboue

BO: Die hoofkwartier van die Verenigde Nasies in New York. Die kantore van die Sekretatriaat is in die wolkekrabber links. Raadsale en konferensiekamers is in die lae gebou aan die rivieroewer. DIe Algemene Vergadering vergader in die gebou met die koepel.
   

“O

NS, die mense van die Verenigde Nasies,” krabbel premier Jan Christiaan Smuts van Suid-Afrika op ’n vel papier. “Ons, die mense van die Verenigde Nasies, vasbeslote om opkomende geslagte te red van die teistering van oorlog...”

Eerder VN as V.V.O.

DIE Verenigde Nasies (VN) is dekades lank in Afrikaans die Verenigde Volke-Organisasie (V.V.O.) genoem. Vandag word egter besef dat dit nie ’n korrekte vertaling was nie.

Soos ras ’n biologiese eenheid is, is volk immers ’n kulturele eenheid en nasie ’n staatkundige eenheid. Die Switserse nasie bevat byvoorbeeld gedeeltes van verskillende volke. En die Suid-Afrikaanse nasie bestaan selfs uit baie meer volke, soos die Afrikaners, Indiërs, Zoeloes, Xhosas, ens.

Die Verenigde Nasies is dus geen groepering van, sę, Skotte, Iere, Engelse, Eskimo’s, Maori’s en hoeveel ander volke nie, maar ’n vereniging van nasies—dit wil sę van state.

Smuts voltooi sy geskrif en gee dit aan. Dit moet die inleiding vorm van die  handves van die nuwe te stigte węreldorganisasie, reken hy. Die geleentheid is ’n samekoms van internasionale leiers wat ná die verwoestende Tweede Węreldoorlog (1939-’45) in Amerika vergader.

Die afgevaardigdes is gedetermineerd om ’n organisasie in die lewe te roep wat hom vir ware węreldvrede en -veiligheid en die beskerming van menseregte sal beywer. Die ou Volkerebond, wat dit ná die Eerste Węreldoorlog (1914-’18) probeer vermag het, het kennelik en klaaglik hierin misluk.

In 1944 lei ’n reeks vergaderings by Dumbarton Oaks in Washington tot die basiese plan vir ’n nuwe vredemakende organisasie. Op 25 April 1945 vergader verteenwoordigers van 44 lande, onder meer Suid-Afrika, vir hierdie doel in San Francisco en nog lande word in die loop van die onderhandelings genooi om afgevaardigdes te stuur.

Die opstel van ’n handves is nie maklik nie. Maar die onderhandelaars byt vas en uiteindelik, op 26 Junie 1945, onderteken 50 nasies die Handves van die Verenigde Nasies in San Francisco. Pole onderteken later die dokument ook as stigterslid, en daar is dus 51 stigterslede.

Die Handves word op 24 Oktober 1945 van krag. In die aanhef van die Handves staan daar vandag nog in genl. Jan Smuts se eie woorde:

“Ons, die mense van die Verenigde Nasies, vasbeslote om opkomende geslagte te red van die teistering van oorlog, wat twee keer in ons leeftyd ongekende leed vir die mensdom gebring het, en om ons geloof te herbevestig in fundamentele menseregte, in die waardigheid en waarde van die menslike persoon, in die gelyke regte van mans en vroue en van nasies groot en klein... ...het besluit om ons kragte saam te snoer om hierdie doelwitte te bereik...”

Die lede van die Verenigde Nasies (VN)en die organisasie in ’n neutedop

BYNA elke land op aarde behoort vandag tot die einste Verenigde Nasies waarvoor Smuts en die ander hulle destyds so verbete beywer het. Die getal lidlande het deur die jare tot 192 aangegroei, met die onafhanklikwording van al hoe meer state en hul toetrede tot die organisasie saam met ander onafhanklike state wat hulle aanvanklik nie tot deelname wou verbind nie. Van die jongste toetredes was in September 2002, toe Switserland, in Europa, en Timor-Leste (Oos-Timor), in Suidoos-Asië, hulle by die węreldliggaam geskaar het. Op 28 Junie 2006 is Montenegro as die 192ste lidland verwelkom.

Switserland, tradisioneel so neutraal dat hy nie eens aan die twee węreldoorloë deelgeneem het nie, is dus uiteindelik met die węreldgemeenskap geďntegreer. Oos-Timor was op sy beurt ’n provinsie van Indonesië, maar die inwoners het in ’n volkstemming onder toesig van die Verenigde Nasies besluit dat hulle onafhanklik wou wees.

Montenegro—in Suidoos-Europa, tussen die Adriatiese See en Serwië—het tot die VN toegetree slegs vyf weke nadat hy sy onafhanklikheid van Serwië in ’n dergelike demokratiese proses verwerf het. Sy mense het eweneens ’n referendum gehou en besluit om af te stig.

VN-vlagLINKS: Die vlag van die Verenigde Nasies.

Die Verenigde Nasies is geen węreldregering nie en hy maak nie wette nie. Tog help hy om die middele te verskaf om internasionale konflikte op te los. Die organisasie formuleer voorts beleide wat ons almal raak—’n losse vennootskap van węreldstate met ’n vaste fondament van koöperatiewe deelname.

By die Verenigde Nasies het al die lidstate—groot en klein, ryk en arm, met verskillende politieke sienswyses en maatskaplike sisteme—die reg om hul mening te lug en oor verskillende węreldkwessies te stem.

Wanneer ’n staat ’n lid van die VN word, verbind hy hom tot die Handves, waarin die basiese beginsels van internasionale betrekkinge uiteengesit word. Volgens die Handves het die organisasie vier doelwitte, naamlik:

  • om węreldvrede en -veiligheid te handhaaf;

  • om vriendskaplike betrekkinge tussen nasies te ontwikkel;

  • om saam te werk vir die oplossing van internasionale vraagstukke en respek vir menseregte te bevorder;

  • en om ’n sentrum vir versoening in internasionale gedinge te wees.

Die Verenigde Nasies het ses hooforgane. Vyf daarvan—die Algemene Vergadering, die Veiligheidsraad, die Ekonomiese en Maatskaplike Raad, die Voogdyraad en die Sekretariaat—is by die VN-hoofkwartier in New York gesetel. Die sesde, die Węreldhof, is in Den Haag in Nederland. Die opset en funksies van elk van die hooforgane word hieronder uiteengesit.

 

Die Algemene Vergadering

 

AL die lidstate van die VN word verteenwoordig in die Algemene Vergadering—’n “parlement van nasies” wat vergader om aandag aan die węreld se dwingendste vraagstukke te skenk. Besluite oor sleutelkwessies soos węreldvrede en -veiligheid, die toelating van nuwe lede en die VN-begroting word met ’n tweederdemeerderheid geneem. Ander sake word deur middel van ’n gewone meerderheid besleg. In die afgelope jare is ’n spesiale poging aangewend om besluite deur konsensus te neem eerder as deur formele stemmings.

 

Algemene VergaderingREGS: Die Algemene Vergadering in sitting

 

Onder die kwessies wat só onder die loep kan kom, is byvoorbeeld globalisering, vigs, konflikte en omgewings-bewaring. Die Algemene Vergadering het nie die reg om enige staat te dwing om enigiets te doen nie, maar sy aanbevelings is ’n belangrike aanduiding van die węreldmening en verteenwoordig die morele gesag van die internasionele gemeenskap.

 

Die Algemene Vergadering se gereelde jaarlikse sitting duur van September tot Desember. Die sitting kan wanneer nodig hervat word of spesiale sittings of noodsittings kan oor besonder kommerwekkende aangeleenthede gehou word. Wanneer die Algemene Vergadering nie in sitting is nie, word sy werk deur sy ses hoofkomitees, ander filiaalliggame en die VN-Sekretariaat gedoen.

 

Die Veiligheidsraad

 

DIE VN se Handves verleen aan die Veiligheidsraad die primęre verantwoordelikheid vir die handhawing van die węreldvrede
en -veiligheid. Die Veiligheidsraad kan te eniger tyd vergader, wanneer die vrede ook al bedreig word. Ingevolge die Handves word alle lidstate verplig om gehoor te gee aan die Veiligheidsraad se besluite.

 

Daar is vyftien raadslede. Vyf van dié—China, Frankryk, die Russiese Federasie, Britanje en Amerika—is permanente lede. Die ander tien word deur die Algemene Vergadering vir termyne van twee jaar verkies. Veranderings in die samestelling van die Veiligheidsraad is deesdae die onderwerp van groot debatvoering omdat in baie kringe gevoel word dat dit nie vandag se staatkundige en ekonomiese werklikhede weerspieël nie (meer hieroor later in hierdie artikel).

 

Nege stemme is in die Veiligheidsraad nodig vir die aanvaarding van ’n besluit. Buiten wat stemmings rakende prosedure aanbetref, kan ’n besluit nie deurgevoer word as dit deur ’n permanente lid geveto word nie.

 

VeiligheidsraadLINKS: Die Veiligheidsraad debatteer.

  

Wanneer die Veiligheidsraad ’n kwessie onder oë neem wat die węreldvrede bedreig, word maniere eers ondersoek om die geskil vreedsaam te besleg. Die raad kan die raamwerk vir ’n skikking voorstel of as bemiddelaar optree. Indien gevegte uitbreek, beywer die raad hom vir ’n skietstilstand. ’n Vredesending kan gestuur word om die partye te help om die wapenstilstand te handhaaf en om die opponerende magte uitmekaar te hou.

 

Die Veiligheidsraad kan maatreëls tref om sy besluite af te dwing. Hy kan ekonomiese sanksies teen ’n land instel of ’n verbod op die verskaffing van wapens aan ’n land gelas. In uitsonderlike gevalle het die raad al selfs lidstate gemagtig om “al die nodige middele” te gebruik, insluitende gesamentlike militęre optrede, om te verseker dat sy besluite uitgevoer word.

 

Die Veiligheidsraad doen ook aanbevelings aan die Algemene Vergadering oor die aanstelling van ’n nuwe sekretaris-generaal en die toelating van nuwe lede tot die VN.

 

Die Ekonomiese en Maatskaplike Raad

 

DIE Ekonomiese en Maatskaplike Raad, onder die oorkoepelende gesag van die Algemene Vergadering, koördineer die ekonomiese en maatskaplike werk van die Verenigde Nasies en die familie van VN-organisasies. As die sentrale forum vir die bespreking van internasionale, ekonomiese en maatskaplike kwessies en vir die formulering van beleidsaanbevelings, speel die raad ’n sleutelrol in die bevordering van internasionale samewerking vir ontwikkeling. Die raad beraadslaag ook met nie-regeringsorganisasies en sorg dus vir ’n onmisbare skakel  tussen die Verenigde Nasies en die burgerlike gemeenskap.

 

Die Ekonomiese en Maatskaplike Raad het 54 lede, wat vir termyne van drie jaar deur die Algemene Vergadering verkies word. Die raad kom regdeur die jaar byeen, maar daar is ’n belangrike sitting in Julie, wanneer ’n spesiale vergadering van ministers groot ekonomiese, maatskaplike en humanitęre kwessies bespreek.

 

Die raad se filiaalliggame kom gereeld byeen en rapporteer aan hom terug. Die Kommissie vir Menseregte, byvoorbeeld, monitor die handhawing van menseregte oor die hele węreld heen. Ander liggame konsentreer op sulke aangeleenthede soos maatskaplike ontwikkeling, die status van vroue, misdaadvoorkoming, dwelms en omgewingsbewaring. Vyf streekkommissies bevorder ekonomiese ontwikkeling en samewerking in hul onderskeie streke.

 

Die Voogdyraad

 

DIE Voogdyraad is destyds in die lewe geroep om voorsiening te maak vir internasionale toesig oor elf “trustgebiede” wat deur sewe lidstate geadministreer is en om seker te maak dat toepaslike stappe gedoen sou word om die gebiede vir selfregering of onafhanklikheid voor te berei.

 

Al elf hierdie gebiede is reeds as trustgebiede ontbind. Party van hulle is by buurlande ingelyf en ander het hulle as onafhanklike lidstate by die VN aangesluit. In 1994 het die laaste van die trustgebiede, die Palau-eilande wat deur die VSA geadministreer is, onafhanklik geword, met die gevolg dat Voogdyraad sy werk afgehandel het.

 

Die Voogdyraad bestaan nou uit die vyf permanente lede van die Veiligheidsraad. Die raad het sy prosedurereëls só gewysig dat die lede byeen kan kom as en wanneer dit nodig mag wees.

 

Die Węreldhof

 

DIE Węreldhof in Den Haag, Nederland, is die hoof- geregtelike orgaan van die VN. Bestaande uit vyftien regters wat saam deur die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad verkies word, beslis die hof in geskille tussen lande. Deelname deur state aan ’n geding is vrywillig, maar as ’n staat instem om deel te neem, word hy verplig om die hof se besluit te eerbiedig. Op versoek sal die hof ook raadgewende menings aan die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad deurgee.

 

WęreldhofLINKS: Die Węreldhof in Den Haag, Nederland.

 

Elk van die Węreldhof se regters word vir ’n termyn van nege jaar gekies en daar mag nie meer as een regter van enige nasionaliteit wees nie. ’n Verkiesing word elke drie jaar vir ’n derde van die setels gehou. Die lede van die hof verteenwoordig nie hul regerings nie, maar tree as onafhanklike regsprekers op.

 

Die regters moet in hul onderskeie lande die nodige kwalifikasies hę om in die hoogste regterlike ampte te kan dien of erkende regsgeleerdes wees wat onderleg is in die volkereg.

 

Die Sekretariaat

 

DIE Sekretariaat gee uitvoering aan die Verenigde Nasies se substantiewe en administrative werk soos voorgeskryf deur die Algemene Vergadering, die Veiligheidsraad en ander organe. Die sekretaris-generaal is die hoofbaas, wat vir die algemene administratiewe leiding verantwoordelik is. Die baie mense in sy diens moet onder meer sorg vir alle briefwisseling, dokumente en toesprake en moet ook dokumente in verskillende tale vertaal.

 

Ban Ki-moonLINKS: Ban Ki-moon van Suid-Korea wat in 2007 tot die agtste sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies aangestel is.

 

Foto: R.D. Ward / U.S. Military (PD) (cropped)

 

Kofi AnnanREGS: Kofi Annan, Ghanese diplomaat en sewende sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies.

  
Die Sekretariaat bestaan uit departmente en kantore met ’n totale personeel van sowat 7
.500 wat uit die gewone begroting besoldig word, en feitlik net so veel uit spesiale fondse. Benewens die werkers in die VN-hoofkantoor in New York, is daar ook VN-werkers in kantore in Genčve, Wenen, Nairobi en ander plekke.

 

Die Sekretariaat is die grootste en een van die belangrikste komponente van die VN. Hier loop al die drade van die enorme organisasie saam.

 

Die VN-familie

 

DIE Internasionale Monetęre Fonds, die Węreldbank en twaalf ander onafhanklike organisasies wat as “gespesialiseerde agentskappe” bekend staan, skakel deur middel van koöperatiewe ooreenkomste met die Verenigde Nasies. Hierdie agentskappe, waaronder die Węreld-Gesondheidsorganisasie, is outonome
       

WGO, GenčveREGS: Die Węreld-Gesondheidsorganisasie se gebou in Genčve, Switserland.

 

liggame wat deur tussenstaatlike reëlings geskep is. Hulle het ’n omvattende reeks verantwoordelikhede op ekonomiese, maatskaplike, kulturele, opvoedkundige, gesondheids- en verwante terreine. Sommige van hulle, soos die Internasionale Arbeidsorganisasie en die Węreldposunie, is ouer as die VN self.

 

Daarbenewens werk ’n aantal VN-buro’s, -programme en fondse—soos die kantoor van die VN se Hoëkommisaris vir Vlugtelinge, die VN se Ontwikkelingsprogram en die VN se Kinderfonds (UNICEF)—om die ekonomiese en maatskaplike toestande van mense regoor die węreld te verbeter. Hulle doen verslag aan die Algemene Vergadering of die Ekonomiese en Maatskaplike Raad.

 

REGS: Hoofgebou van die Internasionale Monetęre Fonds, Washington, D.C., Amerika.
 

Al hierdie organisasies het hul eie bestuursliggame, begrotings en sekretariate. Saam met die Verenigde Nasies staan hulle bekend as die VN-familie of die VN-sisteem. Saam verleen hulle tegniese bystand en ander vorms van praktiese hulp op feitlik alle ekonomiese en maatskaplike terreine.

Hoe die VN werk om die węreld
’n beter plek te maak

BENEWENS die geskiedkundige Węrelddeklarasie oor Menseregte in 1948, het die VN reeds meer as tagtig verdrae geformuleer wat bepaalde soorte menseregte help beskerm en bevorder.

 

Die VN se vredesaksies is van wesenlike belang op plekke waar die vrede bedreig word. Trouens, op ’n gegewe oomblik kan tienduisende militęre en burgerlike personeel van die VN, wat deur tientalle lande verskaf word, by verskillende operasies oor die węreld heen betrokke wees.

 

Natuurlik het die VN in sy bestaan ook al gruwelik gefaal in sy vredemakende rol. Maar op ander gebiede het die VN-familie besliste bydraes gelewer om węreldtoestande te verbeter.

 

Só het omgewingskonvensies van die VN al suurreën in Europa en Noord-Amerika help verminder, die besoedeling van die see węreldwyd laat afneem en gehelp om die produksie van gasse uit te faseer wat die aarde se osoonlaag vernietig.

 

Boonop is die VN en sy agentskappe, waaronder die Węreldbank en VN se Ontwikkelingsprogram, die vernaamste medium wat ontwikkeling in armer lande bevorder en verleen hulle jaarliks bystand ter waarde van baie miljarde rande.

 

Meer volkeregtelike maatreëls is ook in die afgelope halfeeu of wat deur die VN ontwikkel as in al die eeue van die mens se geskiedenis.

 

Elke jaar word tot drie miljoen kinderlewens deur immunisering gered, maar byna drie miljoen meer sterf weens voorkombare siektes. Die Kinderfonds UNICEF, die Węreld-Gesondheidorganisasie, die Węreldbank-groep, private stigtings, die farmaseutiese bedryf en regerings het hande gevat in ’n nuwe inisiatief—die Węreldwye Alliansie vir Entstowwe en Immunisering—wat ten doel het om daardie syfer tot nul te verminder.

 

Die Węreld-Voedselprogram verleen jaarliks sowat ’n derde van die węreld se voedselhulp.

 

Lugverkeer is węreldwyd veiliger, danksy reëls en regulasies waaroor daar deur die Internasionale Vereniging vir Burgerlike Lugvaart ooreengekom is.

 

Pokke is op aarde uitgewis vanweë ’n węreldwye veldtog wat deur die Węreld-Gesondheidsorganisasie gekoördineer is. Daarbenewens is polio in die Amerikas uitgewis en word beplan om dit ook węreldwyd te doen.

 

Hervorming van die VN

 

ONDANKS al die genoemde suksessse van die VN en sy satellietorganisies, voel baie lande vandag dat daar beslis ruimte vir hervorming in die VN is—en by name in die Veiligheidsraad, die VN se magtigste orgaan.

 

Hulle het dit teen die Veiligheidsraad se huidige opset van vyf permanente lede (met hul vetoreg) en tien lede wat vir termyne van twee jaar verkies word. Daarteenoor voel die vyf permanente lede dat die huidige toedrag van sake, wat hulle bevoordeel, behoue moet bly, met slegs kosmetiese veranderings.

 

Lande soos Suid-Afrika, Duitsland, Japan, Brasilië, Indië, Nigerië en ander het al laat blyk dat hulle ook permanente status in die Veiligheidsraad sou wou hę, maar die permanente vyf behou tot dusver nog hul monopolie. Daar is ook kritici wat vrees dat ’n vergroting die raad lomp en ondoeltreffend sal maak. Hulle stel streek-gebaseerde setels voor as ’n toekomsgerigte en meer demokratiese hervorming.

Die VN en SA in die stormagtige
jare van apartheid

SUID-AFRIKA het onder apartheid uiters gespanne betrekkinge met die VN gehandhaaf. Die aanvalle op Suid-Afrika het egter al begin voordat apartheid nog in die wetboeke verskans was. Reeds in 1946 is die land deur die Indië en die Sowjet-unie geroskam oor sy wetgewing oor Indiërs en die administrasie van Suidwes-Afrika, die teenswoordige Namibië.

Suid-Afrika het Suidwes-Afrika ingevolge ’n ou mandaat van die gewese Volkerebond regeer, maar die internasionale druk het hoe langer hoe hewiger geword dat Suid-Afrika sy beheer oor Suidwes moes prysgee.

Met apartheid in hul visier, is die veldtog teen Suid-Afrika ook al hoe meer verskerp deur die Afrika-state wat in die jare vyftig, sestig die een ná die ander onafhanklik geword en VN-lidmaatskap verkry het.

Al hoe meer stemme het opgegaan om Suid-Afrika uit die VN te skors of aan ’n algehele boikot (sanksies) te onderwerp as gevolg van sy binnelandse beleid. Mettertyd het die land—en dit is by nabetragting glad nie te kras gestel nie—in die VN niks minder as die status van “die muishond van die węreld” gehad nie.

’n Verbod op die verskaffing van wapens aan Suid-Afrika het die uitwerking gehad dat die land sy eie wapenbedryf opgebou en naderhand selfs ’n geheime kernwapenprogram gehad het.

Toe die Algemene Vergadering in 1966 stem om Suid-Afrika se mandaat oor Suidwes-Afrika op te sę, is dit tot Namibië hernoem. Suid-Afrika het egter geweier om die besluit te aanvaar, asook die uitspraak in 1971 van die Węreldhof in Den Haag dat Suid-Afrika se teenwoordigheid in Namibië onwettig is.

Verset deur guerrillas in Namibië self het tot in die 1980’s voortgewoed toe internasionale druk Suid-Afrika uiteindelik laat swig het. Vredesamesprekinge onder die VN-vaandel in Desember 1988 het uiteindelik tot onafhanklikheid vir Namibië gelei.

En in die jare negentig het die hele VN-tirade teen Suid-Afrika ’n pryslied geword met die aftakeling van apartheid en die totstandkoming van ons veelrassige demokrasie.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad