
BO: ’n Koraalvis, flambojant en bloedrooi, maar kennelik’n
vis soos ons dit ken... nie ’n rare “plantaardige” dierasie soos die vis op
die foto hieronder nie.
Foto van koraalvis: NOAA

BO: Die
geblaarde seedraak (Phycodurus eques) is so
deur die blare dat ’n mens hom nie maklik vir ’n vis sou
aansien nie! Tog is hy ’n neef van die seeperdjie en pure
vis. Die aanhangsels wat soos blare lyk, word nie gebruik om hom in die water voort te stu nie, maar is slegs daar om
hom te kamoefleer. Hierdie koddige geblaarde seedrake kom in
die see by Suid- en Wes-Australië voor.
Foto van geblaarde seedraak deur
Wendy Rathey,
wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op
die węreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die
Creative Commons
Attribution 2.5-lisensie.
Kortom, verspreiding en modifikasie word vergun mits die
eienaar of lisensieerder ten volle erken word.

BO: In die
donker diepsee
woon visse wat as monsters beskryf sou kon word—as dit nie
was dat hulle maar kleinerig is nie. Hulle lyk nietemin
skrikwekkend in hul sonderlinge węreld diep onder die
wateroppervlak, waar die sonlig wegkwyn tot ’n flou
skemering of selfs ’n ewigdurende nag. Op die foto is ’n
sogenaamde hengelvis van die diepsee, só genoem vanweë sy
vermoë om te “hengel” deur ’n vlesige uitgroeisel aan sy kop
as aas te gebruik. Sodra prooidiertjies aan die aas kom
knabbel, is dit klaar met kees, want die hengelvis sluk
hulle sonder seremonie in.
Foto van
hengelvis:
Kopiereg © Edie Widder / NOAA
Hoofteks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Węreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com
IS ’n bietjie uit: wat
is ’n vis nou eintlik? Ons vang hulle, ons braai
hulle of ons stoof hulle vir koningskos. Maar
baie mense weet nie veel meer van hulle af nie
as dat ons moet pasop vir die grate as ons hul
lekker wit vleis eet.
En tog is die vis ’n alte fassinerende dier. Was
jy nie self ook maar ’n amperse vissie in die
fetus-stadium voor jou geboorte nie? Op twaalf
weke was jy reeds ’n regte visserige akrobaatjie
wat in die vrugwater bolmakiesie geslaan het. En
jy het jou ledemaatjies soos vinne gewuif asof
jy jou omgewing wou verken.
Boonop het geure van Mamma se kos en drank tot
in die vrugwater deurgedring. Hulle is
vermoedelik deur jou neus en vel geabsorbeer.
Dit het meegebring dat jy kon kon “ruik”—baie op
dieselfde manier as ’n vis.
Wat jy en die vis vandag nog gemeen het, is
werwels. Trouens, meer as die helfte van die
totale hoeveelheid tans lewende werweldiere is
visse. Met die afgelope eeuwisseling was daar ’n
geraamde 24 000 ontdekte visspesies. Maar daar
word gereken dat daar tot 28 000 kan wees,
aangesien nuwe spesies gereeld ontdek word.
Alle visse is natuurlik waterlewend. Hulle besit
gewoonlik kieue in die volwasse stadium, asook
ledemate in die vorm van vinne.
Maar visse wissel aansienlik sover dit vorm,
kleur en grootte aanbetref. Só is daar ’n tyd
gelede ’n vissie in die Indiese Oseaan gevind
wat slegs een sentimenter lank word. Vergelyk
hierdie piepklein dwergie nou met die reusagtige
walvishaai, wat tot 15 m lank kan word en ’n
geraamde 68 000 kg kan weeg.
REGS:
’n Walvishaai en mens—kyk hoeveel groter as die
duiker is hierdie bielie van ’n vis!
Skets deur gewese
FishBase-kunstenaar
Robbie Cada en aangedui as openbare besit (“in
the public domain”)
Die meeste visse is bedek met skubbe (behalwe
sekere soorte, soos die babers, waarvan die vel
met ’n dik slymlaag bedek word). Die enkele
skubbe lę byna soos die teëls op ’n huis se dak
oormekaar. Elke skub het ’n reeks piepklein
ringvormige riwwe—groeilae wat kan toon hoe oud
die vis is.

BO: ’n Paar
soorte visskubbe. In die middel is die tandjiesagtige soort
skubbe wat ’n mens by
haaie aantref.
Skubbe is sowel ’n beskerming as ’n buigbare
bedekking. Omdat hulle deurskynend is, skyn die
pigmentasie van die vis van onder af deur.
Moderne beenvisse het twee hoofsoorte skubbe:
ktenoďed en sikloďdaal. Ktenoďede skubbe het
klein uitsteekseltjies op die oppervlak en voel
grof as ’n mens daaraan raak. Sikloďdale skubbe
is glad. Salms het sikloďdale skubbe.
Plasoďede skubbe kom voor by kraakbenige visse
soos haaie en rôe. Hulle lyk soos klein
tandjies.
Ganoďede skubbe word aan sekere primitiewe
visse, soos geepvisse, gevind. Hierdie
diamantvormige skubbe laat die vis silweragtig
lyk, soos ’n spieël.
SOOS
mense en landdiere, moet visse ook suurstof
inkry om te lewe. Die verskil is dat hulle hul
suurstof nie in uit die lug onttrek nie, maar
uit die water, waarin dit in ’n opgeloste
toestand voorkom. Visse haal asem deur middel
van hul kieue, wat in staat is om die opgeloste
suurstof uit die water te haal.
Water gaan die mond binne, vloei deur die
kieuholte oor die kieue en verlaat die vis se
liggaam deur die opening van die kieudeksel.
Kieue is rye benerige stafies, waaraan vlesige
filamente geheg is, ryk aan bloedhaarvatte om
suurstof te absorbeer. Elke filament het fyn
sekondęre flappe, ten einde die oppervlak te
vergroot waaroor die wisseling van gasse kan
plaasvind. (Gaswisseling is die uitruil van die
gasse suurstof en koolsuurgas tussen ’n
organisme en sy omgewing.)
Water vloei oor die kieue teen die kapillęre
bloedvloeiing in. Hierdie “teenstroom” verseker
dat water altyd oor gedeoksigeneerde bloed
beweeg, wat die absorpsie van suurstof vergroot.
Bloedvate sirkuleer die bloed.
Visse se oë is so saamgestel dat hulle onder die
water kan sien. Anders as die menslike lens is
’n vislens ’n volmaakte sfeer, wat
beeldverwringing kan verminder. Die oë peul
ietwat uit om ’n redelike sig aan alle kante te
bied, maar daar is weinig oorvleueling tussen
die twee oë se gesigsvelde, met die gevolg dat
die driedimensionale sig maar swak is.
Visse het geen ooglede nie—omdat die vis in
water leef, is dit mos nie nodig om te keer dat
die oog uitdroog nie—en daar is ook nie pupille
wat van grootte kan verander nie. Die meeste
visse, word gereken, kan in ’n sekere mate kleure
sien.

BO: Die
lamprei of prikvis (of kortweg prik) is nog ’n kalant wat ’n
mens nie by die eerste kyk sommer vir ’n vis sou aansien
nie—eerder as ’n slangagtige ding met ’n eienaardige bek
sonder kakebene. Met hierdie bek (op die groot foto) suig hy
hom aan ’n ander vis vas, terwyl hy met sy getande tong diep
in die slagoffer inboor en sy bloed suig. Die inlasfoto toon
’n lamprei in sy volle lengte. Lampreie kom in vars water
voor, maar ook in kuswaters in die see.
Foto
van die bek van ’n seelamprei uit The Great Lakes Image
Collection / U.S. Environmental Protection Agency (EPA)
Inlasfoto van seelamprei: Ulrike Klenke & Zeev Pancer,
Center of Marine Biotechnology, UMBI, Baltimore, Md. / US
NSF
LINKS:
Varswater-lampreie wat ’n volwasse forel in een van die groot
Amerikaanse mere met hul tonge deurboor het.
Foto: U.S. Geological
Survey
VISSE plant voort deur
viskuit (eiers) te lę. Die meeste soorte
viswyfies lę hul eiers in die water, waar dit
deur die mannetjie bevrug word. Uit die bevrugte
eiers ontstaan dan nuwe vissies. Maar by ’n paar
vissoorte kom daar wel paring voor. Die bevrugte
eiers word daarna óf in die water gelę om verder
te ontwikkel óf hulle ontwikkel binne-in die
wyfie totdat die vissies gereed is om uit te
broei.
Maar dis verstommend om te hoor op watter
maniere sommige ander visse nog in hul
waterwęreld voortplant.
Sekere vissoorte—die engelvis is ’n goeie
voorbeeld—verander selfs van geslag wanneer
hulle ouer word. Hulle is dikwels wyfies as
hulle jonk is en verander in mannetjies nadat
hulle ’n paar keer gepaar het. Soms gebeur dit
outomaties, ander kere hang dit van
omstandighede af.
’n Harem see-engelvisse bestaan gewoonlik uit
een mannetjie en verskeie wyfies. As die
mannetjie doodgaan, verander die oudste wyfie in
die harem in ’n mannetjie en neem sy rol oor. ’n
Paar visse, soos sekere soorte stokvis, haring
en makriel, het manlike sowel as vroulike
geslagsorgane. Hulle word hermafrodiete genoem.
LINKS:
Die koningin-engelvis, moontlik die mooiste van
die see-engelvisse. Dit het neonblou en
geel skubbe en word tot 45 cm lank.
(See-engelvisse
behoort tot die familie Pomacanthidae.
Hulle moet nie verwar word met die
varswater-engelvisse van die Amasone-rivierkom
in Suid-Amerika nie.)
Foto: NOAA
Seeperdjies doen dit alles weer op ’n heel
“moderne” manier: die verantwoordelikheid vir
ouerskap rus vierkant op die skouers van die
mannetjie. Hy het ’n spesiale sakkie aan sy maag
waarin die wyfie die eiers lę. Die mannetjie
bevrug dan die eiers, wat aan die wande van die
sakkie vassit en gevoed word deur ’n spesiale
vloeistof uit sy lyf. Vier tot vyf weke later lę
hy tot honderd eiers, terwyl hy sy lyf wild heen
en weer ruk—asof hy geboortepyne kry.
REGS:
’n Seeperdjie van die Rooi See skuins regs bokant
Afrika.
Krediet: Mnr. Mohammed Al Momany, Akaba, Jordanië /
NOAA (foto ietwat gewysig)
Maar vir ’n mannelike
chauvinis soos die sogenaamde vegtersvis sal só
’n rol nooit deug nie. Die mannetjie se
omgekrapte geaardheid is al wat nodig is om
voortplanting te verseker. Die manlike
vegtersvis gebruik naamlik sy slegte buie om ’n
wyfie se hart te steel én sy teenstanders af te
skrik.
Hy bou eers ’n drywende nes van borrels wat deur
slym aanmekaar gehou word. Dan maak hy die wyfie
van sy keuse die hof deur haar wild rond te
jaag. Hy knabbel aan haar skubbe, pluk aan haar
kieue en pronk met sy vinne. Só lok hy haar
geleidelik na die nes.
Hier lę sy haar eiers in die water, waar die
mannetjie hulle in sy bek opvang en in die slym
onderaan die nes bęre. Hierna jaag hy die wyfie
weg en hou jaloers by die nes wag totdat die
klein vissies uitgebroei het en sowat ’n week
oud is.
Min visse sal hul klein vissies só beskerm. Nog
’n uitsondering is die manlike stekelbaars, ’n
varswatervissie met stekels of dorings op die
rug, wat in die Noordelike Halfrond aangetref
word. Die ywerige pa bou ’n tonnelvormige nes
van wortels en stingels wat deur ’n klewerige
afskeiding van sy niere aanmekaar gehou word.
DIE grootste gedeelte van
die jaar is die stekelbaarsmannetjie ’n bra
ordinęre kęrel, met ’n dowwe, gevlekte bruin
kleur soos dié van die wyfie. Maar met die koms
van die lente, die begin van die paartyd,
verander sy uiterlike heeltemal.
Dis asof hy ’n glinsterende blou oogskadu en
rooi lipstiffie op sy gesig aanwend, rooisel op
sy pens en silwer beklemtonings op sy rug.
LINKS:
’n Stekelbaarsmannetjie (Engels “minnow”) in sy vryersmondering.
Foto:
Arizona Game & Fish
Nadat hy hom so versier het, kies die kleurryke
vis vir hom ’n geskikte plek op die bodem van
die rivier, poel of see waar hy vir hom ’n nes
bou. Ander mannetjies word uit die omgewing van
sy veilige vesting verjaag.
Eers maak hy ’n holte in die bedding deur sy
vinne uit te waaier en die water rond te skommel
om die sand los te maak. Dan versamel hy stringe
waterplante waarmee hy die holte bedek. Hy gom
die stukke aanmekaar vas met klewerige drade wat
deur sy liggaam voortgebring word. Hierna stoot
hy sy pad in die middel daarvan deur om ’n
tonnel te vorm.
Nou gaan soek die stekelbaarsmannetjie na ’n
wyfie om sy nes te vul. Sodra hy ’n wyfie sien
wat uitbult van die eiertjies binne-in haar,
swem hy na haar toe en voer ’n
sigsag-paringsdans uit. Op die laaste oomblik
swenk hy van haar af weg.
Indien die wyfie reg is om haar eiers te lę, dui
sy dit aan deur met haar liggaam teen ’n effense
hoek met die oppervlak van die water te wag.
Eindelik volg sy dan die mannetjie na die nes.
Deur op sy sy te draai en sy helderrooi pens te
ontbloot wys die mannetjie in der waarheid in
die rigting van die ingang. As die wyfie aarsel
om die nes te aanvaar, raak die mannetjie
gefrustreer en byt hy haar aan die sye.
Oplaas wikkel sy haar pad binnetoe en, as sy dit
as ’n geskikte tuiste vir haar kleintjies
beskou, lę sy haar eiers. Die mannetjie raak
haar naby die stert aan om haar aan te moedig.
Sodra die eiers gelę is, verlaat die wyfie die
nes en gaan die mannetjie binne om hulle te
bevrug . Hy kan selfs die wyfie wegjaag sodat hy
’n ander wyfie kan aanmoedig om nog eiers in die
nes te lę.
Namate die eiers begin ontwikkel, verander die
“persoonlikheid” van die stekelbaars van ’n
“sjarmante hofmaker” na ’n “beskermende vader”.
Sy eerste taak is om die eiers goed geventileer
te hou, waarvoor hy sy vinne heen en weer beweeg
om die water te skommel en suurstofryke water
oor hulle te laat spoel.
Om die ontwikkelende vissies teen roofvyande te
beskerm bedek hy die nes met sand en stukkies
afval wat hy in sy bek dra. As ’n vyand te naby
kom, hou hy sy stekels regop om boosaardig te
lyk.
Ná sowat tien dae, wanneer die kleintjies
uitgebroei het, hou hy op om die nes te
ventileer, maar bly hy waak. Hy volg alle
kleintjies wat te ver van die nes af wegdwaal en
bring hulle in sy bek terug.
Mettertyd begin hy egter belangstelling in sy
kleingoed verloor en volg hy ook nie meer dié
wat uit die nes uit padgee nie. Teen die lente
van die volgende jaar is die kleintjies net so
groot soos hul ouers. Die wyfies bly dofbruin.
Maar die mannetjies sal die spoggerige kleure en
sorgsaamheid van hul pappa erf.
Al agt van die stekelbaarsspesies is van die
Noordelike Halfrond. Hulle hou in sowel riviere
en poele as in die see, en sekere spesies kom
inderdaad sowel in die varswater as in die see
voor.
BAIE visse migreer oor
lang afstande om hul kleintjies op ’n veilige
plek te laat uitbroei. Van die bekendste
voorbeelde is die salm (wat in vars water uitbroei en
dan see toe trek, waar hy grootword) en die palings (wat in die see
uitbroei en na riviere migreer, van waar hulle later weer na die see
sal terugkeer om nuwe klein palinkies daar te verwek).
•
Lees in ander Mieliestronk-artikels meer oor die sonderlinge
lewe van die Atlantiese
salm en
Suid-Afrika se eie palings.
En les bes,
die vis wat met batterye werk!

BO: En hierdie vis dan? Het hy die flitsselle ingesluk
of wat? Darem nie, want hy is ’n soort robot!
Wetenskaplikes van die Amerikaanse
Pacific Northwest National
Laboratory (PNNL) het
hom ontwerp om sekere van die omgewingstoestande te
ondersoek wat visse kan ondervind wanneer hulle by
hidroëlektriese kragsentrales deur die turbines beweeg.
Foto: PNNL /
U.S. Department of Energy
|