BELANGRIK VIR OPVOERDERS EN LEERDERS: ’n Baie nuttige en omvattende Afrikaanse publikasie van 26 bladsye oor vigsopvoeding is ook deur die Departement van Onderwys uitgereik en was as pdf-item vrylik op die web te kry by:
 http://education.pwv.gov.za/content/documents/71.pdf . Die skakel werk nie meer nie, maar as bykomende leerhulp is dit ook op hierdie CD-Rom geplaas en kan dit in 'n aparte venster oopgemaak word deur eenvoudig hier te klik. Let wel: Adobe Reader (vir die oopmaak van pdf-items) moet in jou rekenaar gelaai wees.

MIV/vigs
— die verskriklike feite

Vigskinders in kliniek in SowetoREGS: ’n Raadgeefster werk met vigskinders in Soweto. Hulle lyk gelukkig omdat die nodige liefdevolle versorging steeds bestaan. Maar, vra talle bekommerde waarnemers, wat sal gebeur as sake in die toekoms sou hand-uit ruk?

Foto met vergunning van USAID (geretoesjeer)

S

UID-AFRIKA kan hom klaarmaak vir ’n ontsettende ramp. Sˇ reken talle bekommerdes. Gruwelik soos dit klink, sŕ hulle, kan dit dalk selfs beteken dat party mense naderhand langs die strate sal doodlŕ omdat die gesondheidsdienste nie naastenby al die siekes sal kan hanteer nie.

Hulle meen ook die ekonomie gaan verkrummel. Dit sou wees omdat ’n belangrike deel van die werkerskorps so verswak sal wees dat hulle nie hul werke behoorlik sal kan doen nie. En dan gaan daar boonop derduisende weeskinders wees wat versorg sal moet word met geld wat nie bestaan nie...

Elektron-mikrograafbeeld van 'n sel wat MIV produseer

Blote onheilsprofesieŰ? Selfs talle kenners dink nie so nie. Suid-Afrika het immers lankal van die meeste MIV/vigslyers ter wŕreld. Nee, dis bepaald nie bangpratery wanneer gesondheidsmense sŕ dat ons ons moet gereed maak vir ’n moontlike verlammende krisis nie.

Daarom is dit noodsaaklik dat elkeen van ons sal kennis dra wat die MI-virus en vigs nou eintlik is. Goed, almal weet teen diÚ tyd die sindroom versprei veral deur seksuele kontak. Dat dit tans nog ongeneeslik is. Dat infektering met die MI-virus nie dadelik tot die dodelike vigs lei nie, maar dat dit ’n slepende proses van ’n aantal jare is. Daar is allerhande veldtogte om mense in te lig.

Maar ewe noodsaaklik is om hierdie vyand deur en deur te ken en presies te weet waarteen ons vorentoe meer verbete sal moet veg as ooit tevore.

 Opdatering, Mei 2013

Een uit elke tien Suid-Afrikaners het MIV/vigs

DIE beskikbaarstelling van artiretrovirale middels sedert 2008 help op ’n ingrypende wyse om vigssterftes in Suid-Afrika te verminder. Nogtans kondig Statistiek Suid-Afrika in Mei 2013 aan dat daar reeds 5,26 miljoen mense met MIV/vigs in die land is—tien persent van die bevolking. Wat meer sŕ, die syfer styg steeds.

Onder kinders het die getal gevalle weliswaar van 13,6 persent tot 8,5 persent gedaal, maar onder vroue staan dit op 17,4 persent.

Die raming was dat 201 000 mense in 2013 aan MIV/vigs sou sterf.

Syfers bly nietemin verwarrend, te meer as 'n mens daarop let dat die Amerikaanse hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geraam het dat 5,7 Suid-Afrikaners MIV/vigs sou hŕ.

Daarby is dit moeilik, indien nie onmoontlik nie, om presiese sterftesyfers te verkry, omdat duisende doodsertifikate nie aandui waaraan die gestorwene dood is nie, of baie vigsterftes nie as sodanig aangedui word nie.

Hulp in die bekamping van vigs deur die Amerikaners kan blykbaar ook nie onbepaald voortduur nie. In Maart 2013 het  die VSA aangekondig dat hul hulppakket aan Suid-Afrika teen 2017 met die helfte verminder sal word. Dit alleen is ’n baie donker vooruitsig.

Ontluiking van MIV
  
BO: Skandeer-elektronmikrograaf van MIV wat in gekweekte limfosiete ontluik. (’n Limfosiet is ’n soort wit bloedliggaampie met ’n digte kern wat in groot getalle in limfweefsel voorkom.) Veelvuldige ronde bolletjies op die seloppervlak dui die versamelplekke en ontluiking van virions aan. ’n Virion is 'n enkele volledige en aansteeklike virusdeeltjie. Hierdie beeld (oorspronklik in swart-wit) is digitaal verkleur om sekere belangrike kenmerke te benadruk.

Krediet: U.S. Centers for Disease Control and Prevention / C. Goldsmith, P. Feorino, E. L. Palmer, W. R. McManus

Die MI-virus en vigs—wat is dit?

’N VIRUS in die biologiese sin hou geen verband met die virusse wat soveel verwoesting in jou rekenaar kan aanrig nie en, as ’n mens na die menslike ellende kyk wat byvoorbeeld deur die gevreesde MI-virus gesaai word, is enige vergelyking tussen sulke virusse eintlik absurd.

Biologiese virusse (uit die Latyn vir “gif”)  is enige aantal organiese entiteite wat doodeenvoudig bestaan uit genetiese materiaal wat deur ’n beskermende omhulsel omring word. Die term “virus” is die eerste keer in die jare tagtig van die negentiende eeu (dus ’n klompie jare voor die Anglo-Boereoorlog) gebruik. Dit was om organismes te beskryf wat siektes veroorsaak maar wat kleiner as bakterieŰ is.

Madela en vigslyerVreemd genoeg is die virus op sigself ’n lewelose ding, maar binne-in lewende selle kan hy herhaaldelik presiese weergawes van homself skep en sy gasheer in die proses benadeel. Die honderde bekende virusse veroorsaak talle siektes by mense, diere, insekte, bakterieŰ en plante.

Nukle´nesure is uiters komplekse molekules wat deur lewende selle en virusse geproduseer word. Hulle het minstens twee funksies, naamlik om erflike eienskappe van geslag tot geslag oor te dra en om die vervaardiging van bepaalde prote´ene aan die gang te sit. Die nukle´nesure is die grondbestanddele van alle lewende dinge.

Die twee klasse nukle´nesure is die deoksiribonukle´nesure (DNS) en die ribonukle´nesure (RNS). Die "ruggrate" van sowel DNS- as RNS-molekules is spriraalvormige stringe. Hieraan is ’n menigte kleiner molekules geheg en die volgorde van hierdie molekules aan die string bepaal die kode van die besondere nukle´nesuur. Die kode laat weet op sy beurt aan die sel hoe hy ˇf ’n presiese weergawe van homself moet skep ˇf hoe hy die prote´ene moet vermenigvuldig wat hy vir oorlewing nodig het.

Alle lewende selle bevat die genetiese materiaal DNS. Die selle van bakterieŰ het miskien slegs een string DNS, maar sˇ ’n string bevat al die inligting wat die sel nodig het om ’n presiese weergawe van homself te maak. Die selle van soogdiere bevat ’n menigte DNS-stringe wat in chromosome saamgegroepeer is. Kortom, die struktuur van ’n DNS-molekule of kombinasie van DNS-molekules bepaal die vorm en funksie van die nakomelinge. Sekere virusse, wat retrovirusse genoem word, bevat slegs RNS pleks van DNS, maar soos gesŕ word virusse op sigself in die reŰl nie as ware lewende organismes beskou nie.

Sekere soorte RNS het ’n ietwat ander funksie as diÚ van DNS. Hulle neem deel aan die wesenlike opbouing van die prote´ene wat ’n sel produseer. Dit is iets wat viruskundiges besonder interesseer, aangesien baie virusse vermenigvuldig deur die gasheer-selle te "dwing" om nog virusse te vervaardig. Die virus injekteer sy eie RNS in die gasheer-sel en die gasheer-sel gehoorsaam die kode van die indringer-RNS pleks van sy eie. Sodoende maak die sel prote´ene wat in der waarheid virusse pleks van prote´ene is wat vir die funksionering van die sel nodig is. Die gasheer-sel word vernietig en die nuut gevormde virusse kan nou hul RNS in ander gasheer-selle injekteer.

Retrovirusse is virusse wat gekenmerk word deur ’n unieke manier van vermenigvuldiging binne die selle van hul gashere. Soos sekere ander virusgroepe bevat retrovirusse ’n kern van die nukle´nsuur RNS pleks van die gewone DNS. Anders as ander RNS-virusse vermenigvuldig retrovirusse as DNS- pleks van RNS-genome binne-in hul gashere deur middel van ’n ensiem wat hulle dra, genaamd omgekeerde transkriptase. Die retrovirusse veroorsaak verskillende besmettings in voŰls en soogdiere, ook die mens. Sekere soorte veroorsaak ook kankers in diere en moontlik ook in mense. Die Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MI-virus), wat vigs veroorsaak, is ook ’n retrovirus.

(Retro beteken terugwaarts—vergelyk die omgekeerde transkriptase, waarna hierbo verwys is. Teenretrovirale middels, waaroor daar deesdae so baie gepraat word, is dus middels vir die behandeling van infekterings met retrovirusse.)

Verworwe Immuniteitsgebreksindroom of vigs is ’n kliniese sindroom (’n groep van verskillende ongesteldhede wat saam ’n siekte kenmerk) wat veroorsaak word deur skade aan die immuniteitstelsel weens infektering met die MI-virus.

In mense wat met die MI-virus ge´nfekteer is, is daar ’n geleidelike verlies aan immuniteitselle en immuniteitsfunksie. As die verlies aan immuniteitsfunksie nie behandel word nie, lei dit uiteindelik tot die ontwikkeling van siektes wat veroorsaak word deur gewone besmettings wat nie ’n bedreiging vir gesonde mense inhou nie. Sonder behandeling duur dit in die reŰl ses tot tien jaar vanaf besmetting tot die ontwikkeling van vigs, maar die verloop van die siekte kan grootliks van individu tot individu wissel.

Allerhande sogenaamde teenretrovirale middels is reeds vir die behandeling van MIV-infektering goedgekeur. Die hoŰ koste van verskillende middels wat in kombinasie gebruik word, plaas ’n groot las op die gesondheidsdienste—selfs in ontwikkelde lande soos Brittanje—wat nog te sŕ in die ontwikkelende wŕreld waar verreweg die meeste MIV-infekterings voorkom. Minder as vier persent van die mense in lae- en middelinkomstelande wat teenretrovirale behandeling nodig gehad het, het teen die einde van 2001 sulke middels ontvang. Die stryd in Suid-Afrika vir die broodnodige vrylike verskaffing van sulke teenretrovirale middels was lank ’n groot twispunt, maar die regering het uiteindelik ingestem om met ’n duur program te begin (kyk onderaan die volgende afdeling).

Waar vigs ontstaan het en hoe dit versprei het


DIE tydlyn hieronder bied ’n oorsig van die ontwikkeling van die MIV/vigsepidemie. Omdat ons hoofbron Amerikaans is, word groot nadruk op Amerikaanse verwikkellinge gelŕ. Hoewel dit dus nie heeltemal ’n weerspieŰling van die wŕreldwye prentjie is nie—oor die geweldige toename in Afrika suid van die Sahara is die statistieke byvoorbeeld nie naastenby so volledig nie—bevat die tydlyn tog die hooftrekke van die geweldige eskalasie, en stappe om dit te probeer bekamp, sedert die uitbreek van vigs.  
 

 1926  Party wetenskaplikes reken dat die MI-virus, wat vigs verooorsaak, tussen 1926 en 1946 van ape na mense versprei het. Onlangse navorsing dui daarop dat die virus heel waarskynlik so vroeg as 1675 reeds van sjimpansees na die mens oorgedra is, maar hom nie voor 1930 as ’n epidemiese virusstam in Afrika gevestig het nie. Die oordrag kon geskied het bloot deurdat mense sjimpanseevleis geŰet het.

1959  ’n Man sterf in die Kongo in wat navorsers nou sŕ die eerste bewese vigssterfte was.

1978  Homoseksuele mans in Amerika en Swede—en heteroseksuele in TanzaniŰ and Haiti—begin tekens toon van wat later vigs genoem sal word.

1980  Altesaam 31 mense is, sover bekend, reeds aan vigs dood.

1981  In Amerika word ’n onrusbarende toename van ’n sekere seldsame kanker in andersins gesonde homoseksuele mans waargeneem. Die siekte word eers "gay-kanker" genoem, maar spoedig hernoem tot GRID ("gay-related immune deficiency"). Altesaam 422 gevalle in Amerika gediagnoseer; 159 is dood.

1982  Niemand weet nog wat die immuniteitsgebreke by vigslyers veroorsaak nie, maar die woord AIDS, die Engelse term vir vigs en afgelei van "acquired immune dificiency syndrome", word vir die eerste keer gebruik. Altesaam 1614 gevalle van vigs in Amerika gediagnoseer; 619 is dood.

1983  Altesaam 4749 gevalle van vigs in Amerika gediagnoseer; 2122 is dood.

1984  Dr. Robert Gallo (Amerika) beweer hy het die virus ontdek wat vigs veroorsaak. Dit is egter sowat ’n jaar nß die Franse ontdekking. Altesaam 11 055 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer;  5620 is dood.

1985  Die eerste internasionale konferensie oor vigs word in Atlanta in Amerika gehou. Altesaam 22,996 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 12,592 is dood, onder wie die rolprentster Rock Hudson.

1986  Altesaam 42 255 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer;  24,669 mense is dood.

1987  Die eerste middel vir die behandeling van MIV-besmetting, AZT (zidovudine, Retrovir«)—Glaxo Wellcome—word in Amerika goedgekeur. Die voorgestelde dosis is een 100mg-kapsule elke vier uur, bedags en snags. Amerika sluit sy deure vir MIV-positiewe immigrante en reisigers. Altesaam 71,176 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer;  41,027 mense is dood, onder wie die vermaaklikheidster Liberace.

1988  Amerika pos 107 miljoen eksemplare van "Understanding AIDS," ’n boekie deur C. Everett Koop. Altesaam 106,994 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 62,101 mense is dood.

1989  Altesaam 149 902 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 89,817 is dood, onder wie die TV-ster Amanda Blake ("Miss Kitty" van Gunsmoke).

1990  Ronald Reagan vra om verskoning omdat hy so min aandag aan die epidemie gegee het terwyl hy die Amerikaanse president was. Altesaam 198,466 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 121,255 is dood.

1991 Tien miljoen mense oor die wŕreld is reeds MIV-positief, meer as ’n miljoen in Amerika. Altesaam 257,750 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 157,637 is dood.

1992  Nuwe behandelingsmiddels word steeds ontwikkel en vir gebruik goedgekeur. Altesaam 335 211 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer;
198 322 is dood.

1993  Vier Franse bloedbank-amptenare word tronk toe gestuur omdat hulle toegelaat het dat bloed wat met die MI-virus besmet was in Franse bloedbanke beland. Altesaam 411,887 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 241,787 is dood, onder wie die tennislegende Arthur Ashe en die balletdanser Rudolf Nureyev.

1994  Altesaam 478 756 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 288,597 mense is dood, onder wie die akteur Dack Rambo.

1995  Duitsland veroordeel drie mense omdat hulle bloed verkoop het wat met die MI-virus besmet was. Amerika erken dat dit die Institut Pasteur in Frankryk en nie die Amerikaner Robert Gallo nie was wat die virus ontdek het wat vigs veroorsaak. Altesaam 534,806 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 332,249 mense is dood. The AIDS Vaccine Advocacy Coalition (AVAC), wat in Amerika gesetel is, word in Desember 1995 gestig om die wŕreldwye lewering van middels vir die behandeling van MIV/vigs te bespoedig.

1996  Nevirapine (Viramune«—Roxane Laboratories) word in Amerika vir gebruik goedgekeur. Altesaam 548,102 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 343,000 is dood.

1997  Die eerste moontlike geval van vigsvirus-oordrag deur soenery word aangekondig. Die jaarlikse vigssterftes wŕreldwyd word op sowat 6,400,000 bereken. Die benaderde getal MIV-positiewe mense wŕreldwyd word op 22,000,000 gestel. Op 18 Mei 1997 daag oud-president Bill Clinton van die VSA wetenskaplikes uit om die ontwikkeling van ’n entstof teen MI-virusbesmetting "die 21ste eeu se groot triomf" te maak. (Vigsentstof-bewuswordingsdag word steeds jaarliks op 18 Mei gevier.)

1998 Altesaam 665 357 vigsgevalle in Amerika gediagnoseer; 401,028 mense is dood.

1999 Die Suid-Afrikaaanse Vigsentstof-inisiatief (South African AIDS Vaccine Initiative of SAAVI) word deur die Suid-Afrikaanse kabinet en Eskom in die lewe geroep as ’n program van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad. SAAVI se opdrag is om ’n bekostigbare en doeltreffende voorkomende MIV-entstof vir Suidelike Afrika te ontwikkel.

2001  Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad publiseer ’n verslag oor die invloed van vigs op die land. Daarbenewens val die soeklig al hoe sterker op die hoogs kommerwekkende toestand in Afrika suid van die Sahara. Dit blyk dat Suid-Afrika van die meeste MI-virus- en vigslyers ter wŕreld het. Die verslag raam dat tussen vyf  en sewe miljoen van ons mense teen 2010 van die siekte kan sterf en sŕ dat dit verantwoordelik is vir veertig persent van die volwasse sterftes. Elders, in AsiŰ, hou China in 2001 op om te ontken dat daar ’n vigsepidemie bestaan.

2003  ’n Opname onthul dat die lewensverwagting in feitlik die hele Suidelike Afrikaanse streek, buiten Mauritius en die Seychelle, minder as 51 jaar is. In ZambiŰ is dit so laag as 33,4 jaar.

2004  Transnet sluit hom ook aan by navorsing oor en ontwikkeling van ’n MIV/vigs-entstof in Suid-Afrika met ’n borgskap aan SAAVI. Die vigsgevaar word nou ook van owerheidsweŰ terdeŰ besef. Waar pres. Thabo Mbeki eenmaal selfs die verband tussen die MI-virus en vigs bevraagteken en behandeling met teenretrovirale middels as "gevaarlik" afgemaak het, kom die regering op dreef met 'n landwye teenretrovirale behandelingsprogram. Gauteng word in April 2004 die eerste Suid-Afrikaanse provinsie wat middels ingevolge die regeringsprogram beskikbaar begin stel. Die Wes-Kaap het vroeŰr in die jaar met sy eie program begin.

2006 UNAIDS, die Verenigde Nasies se program rakende MIV/vigs, reik ’n verslag oor die stand van MIV/vigs wŕreldwyd uit. Die prentjie vir Suid-Afrika lyk somberder as somber. Die getal Suid-Afrikaners wat aan die einde van 2005 ge´nfekteer was, word op 5 500 000 geraam. Reeds 320 000 het as gevolg van vigs gesterf, 240 000 kinders tot 14 jaar lewe met MIV en
1 200 000 kinders tot 17 jaar is weens vigs wees gelaat. (Dit plaas ’n ekstra las op reeds erg verarmde gemeenskappe om hulle te versorg.)

2007-2008 Elke dag eis vigs plaaslik byna duisend lewens. Hoeveel MIV/vigs-lyers daar vandag in Suid-Afrika is?
Aan die einde van 2007 was daar reeds ’n geraamde 5,7 miljoen, hoewel daar in 2008 tekens van ’n moontlike stabilisering en selfs ’n geringe daling in die voorkoms was. Daar is egter opsienbarende verslae van soveel vigs-sterftes in sekere dele van ons land dat die begraafplase skaars meer plek het om die dooies te begrawe. In nog ’n opname word bereken dat Suid-Afrikaners meer tyd aan begrafnisse bestee as met die doen van inkopies, by vleisbraaie of by haarkappers. Genadiglik sorg behandeling met teenretrovirale middels daarvoor dat MIV-positiewe mense betreklik gesond bly en taamlik normale lewens kan lei. Ongelukkig het nog lank nie alle MIV-lyers toegang tot die behandeling nie—hoewel gesondheidswerkers en veral die owerheid meer doelgerig spook om die probleem aan te spreek en die publiek oor voorkoming in te lig.
•  UNAIDS, die Verenigde Nasies se program rakende MIV/vigs, reik in Julie 2008 weer ’n verslag uit en verklaar dat ’n geraamde 33 miljoen mense oor die wŕreld heen nou met MIV lewe en dat ’n twee miljoen in 2007 aan vigs dood is. Volgens die verslag bly vigs steeds die vernaamste doodsoorsaak in Afrika, met 67 persent van die MIV-ge´nfekteerdes wat daaraan sterf. Ses uit tien ge´nfekteerdes in Afrika is vroue.

’n Plakkaat vir vigsbewusmaking in Afrika, uitgereik deur die Amerikaanse Rooi Kruis (vertaling deur Mieliestronk.com)

BO: ’n Plakkaat vir vigsbewusmaking in Afrika, uitgereik deur die Amerikaanse Rooi Kruis (vertaal).

Krediet / Credit: U.S. Red Cross (translated by us into Afrikaans)

Hoe MIV-infektering plaasvind

   Seksuele oordrag: Manlike homoseksuele of biseksuele gedrag het aanvanklik die meeste gevalle veroorsaak, maar seksuele oordrag van man tot vrou of vrou tot man neem hand oor hand toe, veral in streke soos Afrika suid van die Sahara—en natuurlik ook Suid-Afrika.
   Oortappings van besmette bloed of bloedprodukte: Voordat die vigsgevaar besef is, het veral hemofilielyers (die sogenaamde "bloeiers") op hierdie manier besmet geraak. Voorkomende maatreŰls wat daarna getref is en wat steeds geld, het hierdie gevaar so te sŕ uitgeskakel.
   Oordag onder dwelmslawe wat inspuitnaalde deel: Voorligting het veroorsaak dat ßl minder dwelmgebruikers met die MI-virus besmet raak.
   Oordrag van ma’s aan babas: Babas van ma’s wat met die MI-virus ge´nfekteer  is, loop gevaar om tydens geboorte of deur borsvoeding besmet te raak. Die meeste van die kinders wat die virus opdoen, kry dit op hierdie manier (lees heel onderaan meer hieroor).
   Ander/onbekend:  Hierdie groep bestaan uit mense wat vigs opgedoen het deur ander maniere (bv. 'n besering per ongeluk deur 'n besmette naald of borsvoeding by vigs-ma's).

BO: In Afrika suid van die Sahara het vigs reeds soos ’n verwoestende veldbrand versprei... en plek-plek gryp ontwikkelde lande soos Amerika in om hulp te probeer verleen teen ’n blykbaar onstuitbare oormag. Hier is twee vroue en ’n kind in ’n naaldwerksentrum vir slagoffers van die siekte in Burundi.

Foto: Barbara Sunstrum / US Department of State

Geen-risiko-aktiwiteite

   Aanraking: Die Ml-virus kan nie deur aanraking soos handskud oorgedra word nie.
   "DroŰ soen": ’n Soen sonder die uitruil van speeksel hou geen risiko van virusoordrag in nie.
   Omhelsing: Daar is geen risiko om die virus deur omhelsing of vertroeteling oor te dra nie.
   Deel van eetgerei: Die virus kan nie oorgedra word deur ’n glas of eetgerei te deel nie.
   Bloedskenking: Slegs steriele naalde word in Suid-Afrika vir bloedskenking gebruik.
   Ander kontak: Die virus kan nie deur toiletsitplekke of ander voorwerpe opgedoen word nie.

Vigsbaba in ’n Durbanse hospitaal

BO: ’n Foto wat veel meer sê as duisend woorde. Die gesiggie van ’n vigsbaba in ’n Durbanse hospitaal.

Foto met vergunning van USAID


Kinders, MIV en vigs: die slagting van die onskuldiges

MIV-besmetting vind plaas as gevolg van die regstreekse kontak tussen ’n slymvlies of die bloedstroom en ’n liggaamsvloeistof wat die virus bevat, soos bloed, sperma, vaginale vloeistof, preseminale vloeistof en moedersmelk. Die oordrag daarvan na weerlose kinders is een van die skrynendste en hartseerste aspekte van die pandemie.

Honderdduisende kinders regoor die wŕreld word jaarliks met die MI-virus ge´nfekteer en sterf van vigs indien hulle nie behandel word nie. Miljoene ander kinders wat nie besmet is nie, word onregstreeks geraak weens die sterftes en lyding wat vigs in hul gemeenskappe veroorsaak.

Aan die einde van 2007 is reeds bereken dat nie minder nie twee miljoen kinders op aarde MIV-positief was en dat sowat 31 kinders elke uur weens vigs gesterf het. Nege uit tien van diÚ wat met MIV gelewe het, was van Afrika suid van die Sahara.

Nagenoeg negentig persent van alle ge´nfekteerde kinders het die infeksie van hul ma’s ontvang—tydens die swangerskap, geboorte of borsvoeding.

Navorsing toon dat een uit elke drie MIV-positiewe babas in Afrika voor hul eerste verjaardag sterf, meer as die helfte voor hul tweede verjaardag en dat die meeste na hul graffies gedra word voordat hulle vyf is. Dit is ’n ernstige aanklag teen die meer vermoŰnde mense van die wŕreld dat moeder-tot-kind-oordrag betreklik selde in ontwikkelde lande voorkom wat die nodige maatreŰls en geriewe het wat hierdie soort oordrag kan keer.

Seksuele MIV-oordrag kom nie dikwels by baie jong kinders voor nie, maar in sekere lande raak kinders vroeg reeds seksueel aktief. In ’n opname in Afrika suid van die Sahara het sestien persent van die meisies tussen vyftien en negentien jaar en twaalf persent van die seuns wat ondervra is, erken dat hulle seks gehad het voordat hulle vyftien jaar oud was.

Partykeer raak kinders ge´nfekteer as gevolg van seksuele molestering en verkragting. Sˇ het die uiters ontstellende mite ook in sekere dele van Afrika posgevat dat MIV-besmetting genees kan word deur omgang met ’n maagd—wat al tot die verkragting van selfs babatjies gelei het.

Kinders wat hul ouers weens vigs verloor het, het baie liefde, steun en versorging van buitestanders nodig as daar nie familielede is wat dit vir hulle kan gee nie. Daar is verskillende organisasies wat sulke vigs-wesies versorg, maar die behoefte bly groot aan genoeg geldelike en ander materiŰle steun deur die owerhede en ’n meelewende publiek.   
 

 
Stokou geskiedenis…

N BEVINDING deur navorsers dat die voorsaat van die vigsvirus minstens
32 000 tot 75 000 jaar oud is, en bes moontlik baie ouer, is in September 2010 bekend gemaak. Daar is voorheen gedink dat daardie virus slegs ’n paar honderd jaar oud is.

Die virus AIV (aap-immuniteitsgebrek-virus) sou deur ape na die mens oorgedra gewees het (as gevolg van die eet van sjimpanseevleis) en in die mens tot sy huidige vorm as MIV gemuteer het. Ape vrek egter nie as gevolg van AIV-besmetting nie. Die geleerdes reken dat, omdat die ape soveel duisende jare nodig gehad het om ’n immuniteit teen hul virus te ontwikkel, dieselfde dalk vir die mens ten opsigte van MIV kan geld.

Amerikaanse navorsers van die Universiteit van Arizona en die Tulane-universiteit in New Orleans grond hul gevolgtrekking op  die genetiese ontleding van ape op die eiland Bioko, 32 km van die weskus van Afrika in die Golf van Guinee. Wetenskaplikes veronderstel dat die eiland van die vasteland van Afrika geskei het nß die laaste Ystyd meer as 10 000 jaar gelede.

DrilLINKS: Die dril (Mandrillus leucophaeus), ’n bobbejaanagtige aap, is die grootste van die ape wat op die eiland Bioko voorkom (ofskoon hierdie een in ’n Amerikaanse dieretuin afgeneem is). Daar is twee dril-subspesies, diÚ van die vasteland en diÚ van die eiland, maar hulle lyk baie dieselfde. BioloŰ beskou Bioko as ’n lewende laboratorium vir studies van hoe plante en diere in isolasie ontwikkel. Daar is sewe aapspesies op die eiland Bioko, wat die drille insluit. Die binneland van die eiland in ongerep en pragtig—met ’n bos- en grasveld en reŰnwoud wat nog nog baie is soos dit was toe die eerste Portugese ontdekkingsreisigers in die vyftiende eeu hier aangedoen het.

Foto deur Grendelkhan,
wat ’n groter weergawe op hierdie bladsy by flickr op wŕreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution-ShareAlike 2.0 Generic -lisensie. Daarkragtens word hergebruik op sekere voorwaardes vergun.

Let wel: Hierdie inligting het ten doel om die verhouding tussen jou en jou dokter te ondersteun, nie om dit te vervang nie.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad