Geskiedenis van landvoertuie in Suid-Afrika

OssewaOns land
op wiele

Vandag het baie mense so gemaksugtig geword dat hulle met hul motors na die naaste kafee sal ry pleks van soontoe loop. Lank verby vir hulle is die dae toe voetslaan die norm was. Om nie eens te praat van 地 stamperige rit met die nederige ou ossewa nie...

ILLUSTRASIE BO: Die ossewa was vir die trekboere sowel as die Voortrekkers van weleer 地 tuiste in die wildernis. Die wa met sy seiltent, wat deur kweperhouthoepels gesteun is, was tegelyk 地 verblyfplek, 地 wieg, 地 siekekamer en 地 huisaltaar.

Die kopiereg op die foto痴 en illustrasie by hierdie artikel het, tensy anders vermeld, na ons beste wete weens hul ouderdom verval en hulle is dus regtens openbare besit (妬n the public domain鋳). Indien enige persoon of instansie egter sou reken dat dit nie vir sekere van die illustrasiemateriaal geld nie, word di gevra om asseblief onverwyld met Mieliestronk.com in verbinding te tree sodat die saak in die reine gebring kan word.


Eerste motor in Suid-Afrika
 
Eerste motor in Suid-Afrika

BO: 地 Foto van die geskiedkundige bekendstelling op 4 Januarie 1897 in Pretoria van die eerste motor wat in Suid-Afrika aangekom het. Van links is A.E. Reno, stigter en toe redakteur van die Pretoria News en ook die man wat die demonstrasierit gerel het, dr. W.J. Leyds, staatsekretaris van die ou Transvaalse Republiek, en John Hess, die eienaar van die motor. Die vierwielige stoftrapper is aan pres. Paul Kruger gedemonstreer謡at egter die aanbod van die hand gewys het om 地 draaitjie daarin mee te maak. 哲ee, dankie, het die geamuseerde Transvaalse president glo ges, 渡etnou blaf 地 hond en dan skrik die ding en gooi my af! Hulle moet hom eers verbeter voordat ek daarin ry."
  

K

AN 地 mens jou dit voorstel: ons land sonder enige voertuie, vaartuie en vliegtuie? Vandag kan jy jou kwalik so 地 toestand indink. Tog, 地 skrale drie en 地 halwe eeue gelede het mense hier geen ander vervoermiddels as die slee, die pak-os en hul eie twee voete gehad nie.

Selfs toe die eerste wielvoertuie in die middel van die sewentiende eeu deur die Nederlandse setlaars hierheen gebring is, was dit slegs in die vorm van die voorlopers van ons eie ossewa. Dit verskil darem dramaties van ons tyd met sy supersoniese stralers, vinnige motors en die komende Gautrein!

Die ossewa het nietemin so 地 kardinale rol in ons land se geskiedenis gespeel dat hy verdien om eerste genoem te word as 地 mens na die ontwikkeling van vervoer in Suid-Afrika kyk. Deur die jare is hy dan ook op verskeie maniere aangepas vir die destydse ruwe terrein waarop daar geen paaie was nie.

Sonder die ossewa sou die Groot Trek nie kon plaasgevind het nie. Die wa met sy seiltent, wat deur kweperhouthoepels gesteun is, was tegelyk 地 tuiste, 地 wieg, 地 siekekamer en 地 huisaltaar.

Die bokwa is weer 地 groter soort ossewa, wat in die 1870痴 ontwikkel is om myntoerusting na die diamantvelde te bring. Die ho kante van die ossewa is weggelaat en die brer en platter romp is met kantrelings toegerus.

Party bokwaens het 地 tent gehad wat die agterste deel van die wa bedek het. 地 Seil is oor die vrag gegooi en die afhangende dele het 地 nagkwartier onder die wa gevorm. Bokwaens is s ontwerp dat die kantrelings in 地 japtrap deur ho kante vervang en die waens in gewone ossewaens omskep kon word.

Die skotskar het weer soos 地 halwe ossewa gelyk en is op plase gebruik om allerlei soorte vragte te vervoer. Daar was 地 wipbak of verwyderbare bak.

Die kapkar is nog een van ons belangrikste historiese voertuie. Eers was die kap vas, maar by latere kapkarre kon dit afgeslaan word. Voor die koms van die motor was die kapkar die vinnige vervoermiddel van die boer.

地 Kapkar
  
BO: 地 Kapkar.

En dan was daar die koets. Volgens argiefstukke het die ou Kaapse goewerneur Simon van der Stel reeds per koets na Namakwaland gereis om koper te soek. Ons weet dus dat daar al in 1685 koetse in Suid-Afrika was.

Die eerste koetse was bra logge vierwielvoertuie, wat deur tot ses perde getrek is, met 地 koetsier voor op die koets. Latere koetse was egter lig en meer elegant. Die meeste was Nederlandse of Franse ontwerpe, en teen die einde van die agttiende eeu het Engels-vervaardigde koetse in gebruik gekom.

Poskoetse, wat deur 地 span van agt tot twaalf perde of muile getrek is, het pos, goud, mense en hul bagasie vervoer.

地 Poskoets voor die hoofpospantoor in Pretoria
BO: 地 Poskoets voor die hoofposkantoor in Pretoria. Daar was destyds nog nie treine nie en die poskoetse het dus ook passasiers vervoer. Sulke koetse is deur 地 hele span perde of muile getrek.

Die eerste brandweerwa in die Kaap het in 1737 uit Nederland aangekom. Brandweerwaens is eers deur perde getrek en baie mense was nodig om die handpomp te hanteer. In die middel van die 1800痴 het stoompompe die handpompe vervang. In die 1900痴 het petrolaangedrewe brandweerwaens hul verskyning gemaak..

Worcester se koddige brandweerwa in 1877
  
BO: Die dorp Worcester se koddige brandweerwa in 1877.
  

Eerste lokomotief wat in
Suid-Afrika geloop het
 
Die eerste lokomotief wat in 1860 in Durban geloop het op die eerste spoorlyn in Suid-Afrika

BO: Die eerste lokomotief wat in 1860 in Durban geloop het op die eerste spoorlyn in Suid-Afrika.

Die eerste trein wat die Oranjerivier by Norvalspont oorgesteek het
 
BO: Die eerste trein wat die Oranjerivier by Norvalspont
oorgesteek het, was葉e oordeel na hierdie foto溶ie veel
van 地 trein nie!

SUID-AFRIKA het die spoorweg-era in 1860 betree, toe die eerste stoomtrein op die drie kilometer lange spoor tussen Durban en die Punt voortgestoom het. Spoorlyne het tussen 1862 en 1864 hul verskyning in die Wes-Kaap gemaak, maar daar was weinig vordering totdat die ontdekking van diamante die l van spoorlyne in die binneland met rasse skrede laat ontwikkel het.

Die eerste treine is deur stoomlokomotiewe getrek, maar sedert 1925 is die stoomtreine geleidelik deur elektriese treine vervang.

Die eerste spoorwe in die ou Transvaal is in die 1890痴 aangel. 地 Tandratspoor moes in die 1890痴 oor die steil helling tussen Waterval-Boven en Waterval-Onder gel word vir treine op die oostelike lyn tussen Mosambiek en Pretoria.

In 1863 het Kaapstad sy eerste trems gekry, gevolg deur Port Elizabeth en Durban (1881), Johannesburg (1891), Oos-Londen (1900) en Pretoria (1906).

Trem in 1899 in Dutoitspanweg, KimberleyREGS: Ook Kimberley kon in 1899 spog met hierdie trem (deur perde getrek) op sy tremspoor in Dutoitspanweg.

Die vroegste trems was stewige enkel- ュof dubbelverdieping-voertuie wat op ysterspore geloop het en deur perde getrek is. Elektriese trems was van 1896 af in gebruik en spoorlose trems van 1935 af.

Elektriese trems was gebonde aan vaste kraglyne en is geleidelik deur beweegliker motorbusse vervang. Die spoorlose tremdiens is in die Tweede W靡eldoorlog onderbreek omdat onderdele nie gevind kon word nie.

Toe 地 elektriese trem onttrek is wat tussen 1906 en 1961 in Johannesburg gebruik is, het dit die einde van die trem-era in Suid-Afrika beteken.

EN die eerste motor in Suid-Afrika dan? Di was 地 Benz van 1,5 pk (1896) wat op 4 Januarie 1897 in Bereapark, Pretoria, ten toon gestel is, soos ook te sien is op die foto bolangs by hierdie artikel. Die geleentheid is as so belangrik beskou dat pres. Paul Kruger 地 gedenkpenning laat munt het.

Oral het mense nou motors gekoop, en die eerste motorklub is in 1901 in Kaapstad gestig. Spoedig was motorsaamtrekke en -wedrenne aan die orde van die dag. Reeds in 1905 is die eerste rit van Johannesburg na Kaapstad onderneem熔ndanks slegte, ongeteerde paaie.

Spoedig was die motorryers kwaai aan die wedywer om te bepaal wie die rekord vir die vinnigste tye tussen die vernaamste stede kon hou.

Boetes weens te ho snelhede is selfs in daardie vroe dae opgel. Ene Charles Rrich is byvoorbeeld in 1905 beboet omdat hy die snelheidsperk van 8 myl per uur (byna 13 km/h) oorskry het.

Donkiekar
BO: Die donkiekar is miskien nog nie oral uitgedien nie, maar sy dae van glorie is lankal verby.
 
Foto: Hein Von Hrsten (detail). Kopiereg ゥ Suid-Afrikaanse Toerisme / South African Tourism

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad