|
|
|
ERVOER
het stadig ontwikkel in die prehistoriese tyd, wat tot omstreeks 3000 vC
geduur het. Met verloop van tyd het sleë in gebruik gekom,
waarmee vragte op die grond langs gesleep is. Die sleë is gemaak van
boomstompe, pale, ongebreide velle of enigiets wat ’n vrag kon vervoer
en deur een of meer mense getrek kon word.
Foto: U.S. Library of Congress In
die laat prehistoriese tyd het mense sleë met lopers begin bou.
Hierdie sleë het
makliker
oor die grond gegly, veral wanneer die lopers met ’n smeermiddel
"vetgesmeer" is. In die verre noordelike streke is ligte sleë
met lopers gebou om op sneeu en ys gebruik te word.
BO: ’n Moderne slee met honde op die sneeu in die Verre Noorde. Foto: Rear Admiral Harley D. Nygren, NOAA Corps (ret.) / NOAA (gewysig) Teen
om en by 8 000 vC het handel begin ontwikkel, wat ’n vraag na beter
vervoermiddels laat ontstaan het. Die esel en die os, wat vir plaaswerk
getem is, het hierdie leemte help vul. Tussen omstreeks 5000 en 3500 vC
is begin om esels en osse as pakdiere te gebruik. Hierna is tuie
uitgevind sodat die diere sleë kon trek. Watervervoer
het ook in prehistoriese tye ontstaan. Mense het eers vlotte van
houtstompe of riete gebou. Later het hulle geleer hoe om boomskuite
en kano’s te maak. Al hierdie vaartuie is met spane of pale
voortgestu en op riviere en mere gebruik.
Foto: U.S. National Park Service / Foto slegs vir opvoedkundige gebruik, kommersiële gebruik verbode (gewysig) Die
eerste wielvoertuie en seilbote het naby die einde van die prehistoriese
tyd hul verskyning gemaak. Die wiel is rondom 3000 vC uitgevind,
waarskynlik in Mesopotamië. Seilbote is omstreeks 3200 vC deur
die Egiptenare uitgevind. In die eeue daarna het wielvoertuie en
seilvaartuie ’n omwenteling in vervoer teweeggebring. |
|
Die vroeë ontwikkeling van seilboteKyk ook omvattende
artikel oor die ontwikkeling
van skeepvaart
SEEREISE
het regdeur die antieke tyd stadig en moeilik gebly. Die matrose het
geen navigasie-instrumente gehad nie en gewoonlik naby die kus gevaar om
die land gedurig binne sig te kon hou. Dit was ook moeilik om die
vaartuie te stuur, want daar was geen roer nie. Een of twee roeispane by
die agterstewe moes die vaartuig rig. Die vroegste skepe het ’n enkele
seil gehad, wat goed gewerk het as die wind van agter was, maar beroerd
met die wind van voor en nutteloos wanneer daar geen wind was nie. Baie
skepe het spanne roeiers gehad, wat moes oorneem wanneer die wind gaan lê
het. Die
vroeë ontwikkeling van wielvoertuie
DIE
Mesopotamiërs het, sover bekend, omstreeks 3500 vC die eerste
wielvoertuie gebou. Maar sulke voertuie is eers ná 3000 vC op groot
skaal gebruik. Die tegniek van wiele maak en wielvoertuie bou het stadig
van Mesopotamië af versprei en Indië omstreeks 2500 vC bereik, Europa
omstreeks 1400 vC en China teen om en by 1300 vC. Die
eerste wielvoertuie was vierwielkarre. Hulle is deur osse getrek of, ná
omstreeks 3000 vC, deur eselagtige diere wat onagers of wilde-esels
genoem word. Elke wiel aan ’n kar was ’n houtskyf wat van drie
reghoekige planke gemaak was. Om
’n wiel te maak, het ’n wielmaker die planke sy aan sy geplaas en
met houtverbindings gelas om ’n vierkant te vorm. Die vierkant se
hoeke is daarna rond gemaak om die skyf te vorm. Weens die
driestuk-konstruksie kon die wiele nie volmaak rond wees nie. Die vroeë
karre het met ’n slakkegang voortgestamp en moes waarskynlik kort-kort
stilhou vir herstelwerk. Eers
het die Mesopotamiërs karre veral as begrafnisvoertuie gebruik. Ná
3000 vC het wilde-esels Mesopotamiese soldate in karre na die slagveld
getrek. Mettertyd is ook passasiers af en toe met karre vervoer, asook
graan, sand en ander dinge. Tussen
2000 en 1500 vC het die eerste speekwiele hul verskyning gemaak. Só ’n
wiel het bestaan uit ’n velling, ’n naaf en speke. Met hulle het dit
nie so stamperig gegaan as met die soliede wiele nie en hulle was ook
ligter en vinniger. Strydwaens
met speekwiele was lig genoeg om deur twee of meer perde getrek te word.
Perdestrydwaens het die vinnigste voertuie van die antieke tyd geword. Ou
Griekeland
IN
die jare 400 vC het Griekeland die hoofmoondheid in die gebied by die
Middellandse See geword. Die Grieke het die seehandel uitgebrei wat deur
die Feniciërs begin is en was baanbrekers met die bou van
tweemasvaartuie. Hulle het ook die getal seile van een tot vier
vermeerder. Namate
die Griekse beskawing versprei het, het die skeepsverkeer toegeneem.
Teen 400 vC was daar omtrent 300 hawens aan die Middellandse See,
terwyl etlike duisende handelskepe van verskillende lande die see
deurkruis het. Ou
Rome
VAN
die jare 100 vC tot die jare 400 nC was Rome die spil van die magtigste
ryk van die antieke tyd. Om die ryk bymekaar te help hou, het die
Romeine
’n hoogs gevorderde stelsel van paaie gehad. Paaie
is wel lank voor die Romeinse tyd gebou. Teen omstreeks 1000 vC het die
Chinese paaie tussen hul vernaamste stede begin maak. Die Perse het in
die jare 500 vC ’n soortgelyke padnetwerk gebou. Maar baie van die
vroeë paaie tussen stede was weinig meer as grondspore. Die
Romeine het vir die eerste uitgebreide stelsel van geplaveide paaie
gesorg. Dié het ’n fondament van verskeie lae gebreekte klip en gruis
gehad en is met klipblokke geplavei. Die
Romeinse paaie is vir die vervoer van troepe en militêre voorrade
gebruik. Maar hulle was ook belangrike kommunikasieskakels tussen Rome
en sy provinsies. Teen
die jare 200 nC het meer as 80 000 km se geplaveide paaie Rome met byna
elke deel van sy ryk verbind. Die
Romeine het ook die
grootste
vloot vragskepe van die antieke tyd gehad. Die
Middeleeue
IN
die Middeleeue was daar groot verbeterings in land- en watervervoer. Dit
was grootliks die gevolg van drie merkwaardige uitvindsels: Die
borsplaat het om en by in die jaar 800 verskyn. Voorheen het
perde ’n tuig gehad wat oor die nek gepas en die dier gewurg het wanneer
hy ’n swaar vrag gedra het. Die borsplaat het die gewig na die perd se
skouers verskuif, waardeur hy vier of vyf keer meer gewig kon trek as
vantevore. Die hoefyster het rondom 900 sy verskyning in Europa gemaak.
Foto: NOAA Perde
wat nie beslaan was nie se hoewe is dikwels beskadig. Hoefysters het
hulle beskerm sodat die dier verder en vinniger kon beweeg. Die
swingel het in die 1000’s sy verskyning gemaak en dit vir waens
moontlik gemaak om deur spanne perde getrek te word. ’n Swingel is ’n
dwarshout vooraan ’n wa wat gebruik word om die trekdiere se tuie aan
vas te maak. Sonder so ’n toestel kan ’n wa se ewewig versteur word
en hy selfs omval. Hierdie
uitvindsels het die perdevoertuie vinniger gemaak en die gebruik van
waens vir die vervoer van passasiers bevorder. ’n
Rit met ’n wa was egter nog vreeslik stamperig. Wamakers het dit
probeer verhelp deur waens met veerstelsels te bou wat die skokke in
sekere mate geabsorbeer het. Maar net die rykes kon dit bekostig. Die
meeste Middeleeuse mense het te voet of te perd gereis.
Anders
as vierkantige seile, het die driehoekseile goed gewerk wanneer skepe
wind op geseil het. Die eerste skepe met ’n roer pleks van stuurspane
by die agterstewe het teen om en by 1300 in Europa verskyn. In die jare
1400 het skepe vier keer groter as
enige
wat voorheen gebou is hul opwagting gemaak, almal met ’n roer en die
meeste met drie maste en drie seile. Verskeie belangrike instrumente is ook in die Middeleeue ontwikkel. Danksy die seekompas kon seevaarders hul skepe selfs op koers hou wanneer dit bewolk was.
Foto: U.S Library of Congress (gewysig) Teen die laat 1400’s was die skeepsbou en navigasiehulpmiddels al so
gevorderd dat dit lang seereise help moontlik maak het. Die
era van oorsese uitbreiding
ONDANKS
die groot verkenningstogte in die laat 1400’s en 1500’s en die
verbeterde skepe het seereise stadig gebly en die oorsese handel slegs
in die 1600’s werklik toegeneem. Skeepsbouers
het ál groter vragskepe gebou om die toenemende handel te hanteer. Die
groter skepe het meer seile gehad wat hulle vinniger help maak het. In
die middel van die 1800’s het die vinnigste handelskepe tot 35 seile
gehad. Die
ontwikkeling van binnelandse vervoer
TEEN
die 1600’s het die meeste mense perdewaens gebruik om goedere plaaslik
te vervoer. Waens is egter selde vir lang trekke gebruik omdat die paaie
so beroerd was. Tot
die middel van die jare 1800 was bote en vragskuite wat deur perde
getrek is die belangrikste binnelandse vervoermiddels. Die diere het op
die rivier- en kanaaloewers voortgestrompel en was met toue aan die
vaartuie gekoppel. Honderde
kanale is sedert die laat Middeleeue tot die vroeë 1800’s in Europa
gegrawe. In
die jare 1700 het Frankryk en Engeland die eerste goeie geplaveide paaie
sedert die Romeinse tyd gebou. Die
basiese ontwerp van waens en koetse het van die laat Middeleeue tot in
die 1800’s min verander. Die
eerste stadkoetsdiens het in die 1660’s in Parys begin. Dit was die
voorloper van vandag se massavervoerstelsels. Die eerste lang,
tussenstedelike koetsdiens het omstreeks 1670 tussen Engeland en
Skotland begin opereer. Die
koetse het plek-plek onderweg stilgehou sodat perde geruil kon word en ’n
vars span verder kon trek. Die
stoomtyd
Kyk
ook omvattende artikel oor
die
geskiedenis van die stoomenjin DIE
ontwikkeling van die stoommasjien deur Britse uitvinders in die
1700’s was die begin van die grootste omwenteling in vervoer sedert
die uitvinding van die wiel en die seilboot. In
1807 het die eerste kommersieel geslaagde stoombootdiens in Amerika
begin, en in 1825 is die eerste geslaagde stoomtreindiens in Engeland
ingestel. Teen
die laat 1800’s het stoomskepe seilskepe reeds grotendeels op die wêreldseë
vervang. Stoomtreine het egter die toonaangewende rol in die
vervoeromwenteling gespeel. Laat
in die jare 1800 het stoomlokomotiewe al met snelhede beweeg wat niemand
gedroom het moontlik sou wees nie—nagenoeg
100
km/h en vinniger. Hulle kon vragte vervoer wat honderde kere swaarder is
as dié wat ’n span perde kan sleep. Teen 1900 was daar reeds
spoorlyne regoor Europa en Noord-Amerika en in baie dele van Afrika, Asië,
Australië en Suid-Amerika. Namate
die stoomskepe en stoomtreine toegeneem het, het reisgeld en
vervoerkoste afgeneem. Die goedkoper tariewe het reise laat toeneem, die
handel bevorder en stede laat groei. Boonop
het baie mense gewoond geraak aan die haastige pas en vinnige
veranderings. Die versnelde lewensritme het ’n vraag na steeds
vinniger vervoer geskep. Die
begin van moderne vervoer
Kyk
ook omvattende artikels oor die ontstaan van die vliegtuig
|
|
|
Soorte treine TREINE kan goedere of passasiers vervoer, en gevolglik kry ons goederetreine (vragtreine) sowel as passasierstreine. Andersins word treine dikwels ingedeel op grond van die soort kragbron waarmee hulle op die spoor voortgestu word.
• ’n Stoomtrein is ’n trein waarvan die lokomotief stoom as energiebron gebruik. Die stoom word meestal verkry deur water met brandende steenkool te verhit. Stoomtreine was oorheersend op treinspore die wêreld oor van die begin van die negentiende eeu tot diep in die twintigste eeu, waarna hulle grootliks deur diesel- en elektriese treine vervang is.
Daar was verskillende uitvindsels op die pad na ’n werkbare stoomlokomotief, maar die man wat die aangesig van die wêreld in hierdie verband sou verander, was die Engelsman George Stephenson. Hy het op 27 September 1825 sy eie lokomotief bestuur op die spoor van sowat 40 km van Stockton na Darlington. Sy lokomotief het omtrent 35 waens met passasiers en steenkool getrek, altesaam 90 ton in gewig, en ’n snelheid van tot nagenoeg 24 km/h bereik. Dit was die eerste keer dat passasiers en goedere vervoer is op ’n openbare spoor en getrek deur ’n lokomotief—’n groot dag in die geskiedenis van die spoorweë.
Elektriese treine • ’n Elektriese trein is ’n trein waarvan die lokomotief elektrisiteit as energiebron gebruik. Die elektrisiteit wat die lokomotief laat beweeg, word meestal verkry uit kragkabels wat bokant die spoorlyn hang. Die eerste elektriese lokomotief is—sover bekend—in 1837 deur ’n Skot, Robert Davidson van Aberdeen in Skotland, gebou. Dit is deur batterye aangedryf.
Dieseltreine • ’n Dieseltrein is ’n trein waarvan die lokomotief diesel as energiebron gebruik. Rudolf Diesel (1858-1913) was die Duitse meganiese ingenieur wat die dieselenjin uitgevind het. Dit is ’n binnebrandmasjien waarin die brandstof ontsteek word deur hitte wat van saamgeperste lug verkry word. Dit is soortgelyk aan die petrolenjin in sy konstruksie en werking, maar het geen vergasser (“carburetor”) of vonkproppe nie. Die diesel wat as brandstof gebruik word. is ’n vloeistof wat hoofsaaklik saamgestel is uit koolwaterstowwe afkomstig van petroleum. Die grootste dieselenjins is so kragtig soos groot stoomenjins en sekere stoomturbines. Ook skepe ter see word deur dieselenjins aangedryf. Interne stedelike sneltreine (moltreine) • Groot wêreldstede soos Londen in Engeland, Parys in Frankryk, Rome in Italië en ander het interne sneltreinstelsels waar treine in ’n netwerk ondergronds en partykeer bogronds tussen verskillende stasies binne-in die stede rondblits. Die treine werk met elektrisiteit—stoom uit steenkool en die dampe uit ander kragbronne soos diesel sou die ondergrondse gange onleefbaar gemaak het. Hierdie soort treine word dikwels moltreine genoem, omdat hulle baiemaal soos “molle” onder die grond opereer! Suid-Afrika se eerste interne stedelike sneltreine is dié op die Gautrein-trajek in Gauteng. Tussenstedelike sneltreine • Tussenstedelike sneltreine is eweneens baie vinnige elektriese treine wat met ’n snelheid van tot omtrent 200 kilometer uur tussen stede of dorpe voortspoed en kom veral voor in die lande van die ontwikkelde wêreld in Europa, Japan en Amerika. Die Franse TGV (Train à Grande Vitesse) is die vinnigste konvensionele trein op aarde, wat met kragmetaalwiele op metaalspore voortbeweeg. Die TGV het in 2007 ’n nuwe snelheidsrekord van 574.8 km/h opgestel. Die Japanse JR-Maglev is die vinnigste nie-konvensionele trein ter wêreld, wat reeds ’n topsnelheid van 581 km/h op ’n magnetiese sweefspoor gehaal het. Magnetiese swewing, magnetiese levitasie, maglev of magnetiese suspensiese beteken dat ’n voorwerp gesuspendeer word (“hangend” is) met geen ander steun as magnetiese velde nie. Die elektromagnetiese krag word gebruik om die uitwerking van swaartekrag teen te werk. In só ’n “sweeftrein” word ’n menige magnete vir die stygkrag en voortdrywing gebruik. Sulke treine is egter stadig as vliegtuie, wat veel hoër in dunner lug kan vlieg en dus minder remkrag ondervind.
BO: ’n Japanse JR-Maglev, die vinnigste nie-konvensionele trein ter wêreld, wat op ’n magnetiese sweefspoor voortblits.
Detail van
’n
foto deur
Yosemite,
|
|
|
Klik
hier om terug te keer na die
inhoudsblad |