Mieliestronk-vasvra |
||
|
Toets jou kennis deur die klompie vrae hieronder in ’n paar ledige minute te beantwoord. Klik telkens op die knoppie van jou keuse. Klik dan verder ondertoe op die balkie Kry punte om te sien hoe jy in die toetsie gevaar het. As jy ’n taamlike algemene kennis het—of ’n ywerige Mieliestronk-besoeker is—behoort jy sommer speel-speel honderd persent te kry! |
|
|
|
Die menslike denke... AL gewonder hoekom krap ’n mens jou kop as jy besig om hard te dink? Een verklaring sou seker wees dat jy onbewustelik jou kopvel masseer om meer bloed na jou brein te laat stroom sodat jy helderder kan dink. Maar daar is ander vrae oor die menslike denke wat straks nie so maklik beantwoord kan word nie. Byvoorbeeld:
•
Hoe sal dit wees as ’n mens ’n gedagte kry, maar die gedagte wat jy
kry, is nie die gedagte wat jy dink jy kry nie? • As jy aan iets dink, is jy besig om te dink of om te onthou? • As groot geeste eenders dink, hoe kan hulle dan sulke groot geeste wees? • Sal ’n dokter twee keer moet dink om vir jou ’n tweede opinie te gee? • Hoe diep moet ’n gedagte wees voordat dit ’n diep gedagte is?
• As
’n gedagte jou te binne skiet, waar was dit voordat dit jou te binne
geskiet het? En waarheen gaan dit daarna? |
||
Kopkrap-stertjie OM mee af te sluit, ’n interessante vraag: Wat is ongewoon aan die paragraaf hieronder? Die antwoord verskyn onderstebo onderaan die paragraaf—of, as jy nie onderstebo kan lees nie, plaas eenvoudig jou muis se pyltjie bo-op die onderstebo skrif en jy het die antwoord. “Daar is min van ons wat op Titan (maan van Saturnus) sal wil woon. Sonlig is yl. Dit is so koud dat jou liggaam daar so stokstyf sal word soos Pinocchio voordat sy ‘pa’ hom uit sy houtstomp kon laat ontdooi! Boonop sal ’n groot wolk gifgas wat oor Titan hang, noodlottig blyk vir almal wat op ons ou aardbol ronddool. Waar Titan só ’n tamaai klomp gas in sy dampkring vandaan kry, kon ons in ons tyd nog nouliks uitpluis, ondanks al ons navorsing. Maar straks is sy buik vol taai koolstof (of wat ook al) wat tot ’n damp oorgaan—dan stroom dit uitwaarts in ’n groot vulkaanpyp of só ’n soort ding.” ____________
|
||