In ín neutedop: al die groot landmassas op ons draaiende bol seewater wat om die son wentel...

Die sewe vastelande (kontinente)

van planeet Aarde

WÍreldkaart met die sewe vastelande


   

Afrika

 

Afrika-vrou met ín vlak mandjie waarin iets lÍ wat soos ertjies lykLINKS: Mense op ons eie vasteland het dit in die reŽl nie breed nie en die stryd om oorlewing is baiemaal hartverskeurend.
 

 

ē  Oppervlakte:
30 200 000 vk. km, wat die naburige eilande insluit.

 

ē  Bewoners:
1 001 320 281 ó meer as ín miljard (raming vir 2009).

 

ē  Soewereine lande: Suid-Afrika, AlgeriŽ, Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Comore, CŰte d'Ivoire, Demokratiese Republiek van die Kongo, Djiboeti, Egipte, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, EthiopiŽ, Gaboen, GambiŽ, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Kaap Verde, Kameroen, Kenia, Lesotho, LiberiŽ, LibiŽ, Madagaskar, Malawi, Mali, MauritaniŽ, Mauritius, Marokko, Mosambiek, NamibiŽ, Niger, NigeriŽ, Republiek van die Kongo, Rwanda, S„o Tomť en PrŪncipe, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Seychelle, Sierra Leone, Soedan, SomaliŽ, Swaziland, TanzaniŽ, Togo, Tsjad, TunisiŽ, Uganda, Wes-Sahara (lank betwiste gebied omdat Marokko dit vir hom opeis terwyl die Polisario Front onafhanklikeid voorstaan), ZambiŽ, Zimbabwe.

 

ē  Afhanklike gebiede: Mayotte (Frankryk), Rťunion (Frankryk), Kanariese Eilande (Spanje), Ceuta (outonome stad van Spanje aan die Noord-Afrikaanse kant van die Straat van Gibraltar), eilande van Madeira (Portugal), Melilla (outonome stad van Spanje aan die noordkus van Afrika), St. Helena, Ascension enTristan da Cunha (Brittanje).

 

ē  Herkoms van die naam Afrika: Daar is verskeie teorieŽ oor waar die naam vandaan kom. Afri was nietemin die naam van verskeie volkere wat in Noord-Afrika naby Kartago gewoon het. ín Interessante (maar stellig minder aanvaarde) mening is in die 1880ís vermoedelik deur die Engelse selfopgeleide Egiptoloog Gerald Massey die wÍreld ingestuur. Daarvolgens sou die naam Afrika afgelei gewees het van die Egiptiese af-rui-ka, wat beteken ďom na die opening van die ka te draaiĒ. Vir die ou Egiptenare was die ka die siel of gees van die mens, elkeen se dubbelganger wat in die vorm van energie bestaan. Met die ďopening van die kaĒ sou na die baarmoeder of geboorteplek verwys wordóen Afrika sou dus vir die Egiptenare ďdie geboorteplekĒ gewees het.

 


 

Antarktika
 

Keiserpikkewyne in hul yswoestyn Antarktika soos gesien vanuit die ruimte
BO: Antarktika soos gesien vanuit die ruimte.

Foto: Visible Earth / NASA

 

LINKS: Keiserpikkewyne op die ongenaakbare, vrieskoue vasteland by die Suidpool.

 

Foto: Michael Van Woert / NOAA

 

 

ē  Oppervlakte: 14 000 000 vk. kilometer, waarvan 13 720 000 vk. kilometer met ys bedek is. Groter as AustraliŽ en Europa.

 

ē  Bewoners: Geen permanente bewoners nie. Wetenskaplike navorsing laat die getal besoekers in die somer (Desember-Februarie) tot nagenoeg 4500 styg.

 

ē  Soewereine lande: Geen.

ē  Afhanklike gebiede: Hoewel daar ín aantal lande is wat op spesifieke grondgebiede aanspraak maak, verbied die Antarktiese Verdrag militÍre bedrywighede en mynbou, terwyl dit wetenskaplike navorsing ondersteun en trag om die omgewing op die vasteland beskerm. Die Antarktiese Verdrag is in 1959 deur twaalf lande, waaronder Suid-Afrika, onderteken en sedertdien het nog tientalle lande bygekom. Navorsing word deurlopend deur wetenskaplikes van baie lande en verskillende belangstellings op Antartika gedoen, en ingevolge die verdrag word inligting vrylik onder die navorsers geruil.

 

ē  Herkoms van die naam Antarktika: Dit is die geromantiseerde weergawe van die Griekse samestelling antarktikť, die vroulike vorm van antarktikos.  Dit beteken ďteenoorgestelde van die noordeĒ. Daar word gereken dat die Skotse kaarttekenaar John George Bartholomew in die jare negentig van die negentiende eeu die eerste keer die vasteland formeel  ďAntarktikaĒ genoem het.

 


 

AsiŽ

  

Panda met Chinese geboue op die agtergrondREGS: Die panda of bamboesbeer, ín bekende boorling van AsiŽóeintlik Chinaómet tipies Chinese geboue op die agtergrond.

 

Krediet: Samestelling van fotoís in openbare besit (ďcompilation of images in the public domainĒ)

 

 

ē  Oppervlakte: WÍreld se grootste vasteland wat oor 44.579.000 vk. km strek. AsiŽ is in der waarheid die oostelike deel van die landmassa EurasiŽ, waarvan Europa die westelike deel vorm.

 

ē  Bewoners: AsiŽ is ook die vasteland met die meeste mense, te wete 4.162.966.086, volgens ín raming vir Julie 2008. (Van hulle sou ín verbysterende 1.322.044.605 mense in die Volksrepubliek van China woon.)

 

ē  Lande:

ē   Oos-AsiŽ: China [mees dig bevolkte land op aarde met meer as 1,3 miljard inwoners], Hongkong (spesiale gebied van China met sy eie administrasie), Macau (spesiale gebied van China met sy eie administrasie), Japan, Taiwan, Noord-Korea, Suid-Korea, MongoliŽ.

ē   Noord-AsiŽ: Rusland.

ē   Suid-AsiŽ: Afganistan, Bangladesj, Bhoetan, IndiŽ, Maldive, Nepal, Pakistan, Sri Lanka.

ē   Sentraal-AsiŽ: Kasakstan [wÍreld se grootste land wat slegs omring word deur land], Kirgistan, Tadjikistan, Turkmenistan, Oesbekistan.

ē   Suidoos-AsiŽ: Broenei, Birma (Myanmar), Kambodja, Oos-Timor (Timor-Leste), IndonesiŽ, Laos, MaleisiŽ, Filippyne, Singapoer, Thailand, ViŽtnam.

ē   Wes-AsiŽ: ArmeniŽ, Azerbeidjan, Bahrein, Ciprus, GeorgiŽ, Irak, Iran, Israel, Palestina (besette gebiede in of by Israel), JordaniŽ, Katar, Koeweit, Libanon,  Oman, Saoedi-ArabiŽ, SiriŽ, Turkye,  Verenigde Arabiese Emirate, Jemen.

 

ē  Lande wat in AsiŽ sowel as Europa geleŽ is: Azerbeidjan (Wes-AsiŽ en Oos- Europa), GeorgiŽ (Wes-AsiŽ en Oos- Europa), Kasakstan (Sentraal-AsiŽ en Oos- Europa), Rusland (Noord-AsiŽ en Oos- Europa) en Turkye (Wes-AsiŽ en Oos- Europa). ArmeniŽ lÍ fisiografies heeltemal in Wes-AsiŽ, maar het sterk geskiedkundige en sosiopolitiese bande met Europa.

 

ē  Herkoms van die naam AsiŽ: Afgelei van ín Griekse woord, wat op sy beurt afgelei kon gewees het van Assuwa, ín konfederasie van state wat in die veertiende eeu v.C. in Wes-AnatoliŽ bestaan het. (AnatoliŽ het die grootste deel van die gebied beslaan waar Turkye vandag is.)

 


 

AustraliŽ

 

Springende kangaroeREGS: ín Kangaroe... die eienaardige kangaroes is maar sekere van die vreemde diere wat ďDoer OnderĒ op die aardbol voorkom.

Foto: U.S. Department of Health & Human Services

 

ē  Oppervlakte: AustraliŽ is die kleinste kontinent, met ín oppervlakte van
8 468 300 vk. km, waarvan die Gemenebes van AustraliŽ (TasmaniŽ ingesluit) 7 682 300 vk. km beslaan. Ofskoon Nieu-Seeland ín buureiland is, is dit nie op dieselfde vastelandsplat as die hoofland van AustraliŽ en van sy ander buureilande nie. Nieu-Seeland is in der waarheid ín deel van die ondersese vasteland SeelandiŽ. AustraliŽ en SeelandiŽ saam is dele van die breŽr gebied wat OseaniŽ of AustralasiŽ genoem word, maar dit is nie korrek om OseaniŽ of AustralasiŽ een kontinent of vasteland te noem nie.

 

ē  Lande: AustraliŽ, Papoea-Nieu-Guinee en dele van IndonesiŽ. 

 

Bewoners: 31 260 000 (geraamde bevolking vir 2009 van AustraliŽ, Papoea-Nieu-Guinee en die provinsies Papoea en Wes-Papoea van IndonesiŽ).

 

Herkoms van die naam AustraliŽ: Die eerste Europese ontdekkers was op soek na ín onbekende suidelike kontinent wat Terra Australis Incognita (Latyns vir die ďOnbekende SuidlandĒ) genoem is. Sedert antieke tye is gedink dat ín massiewe vasteland in die suide bestaan wat kwansuis die groot landmassas van die Noordelike Halfrond sou ďbalanseerĒ. Die verwagte groot landmassa was nie waar die Europese pioniers gedink het dit sou wees nie, maar die veel kleiner vonds is toe wel AustraliŽ genoem, afgelei van die Latynse woord australis, wat ďsuidelikĒ beteken. Lees ook die afsonderlike Mieliestronk-artikel oor AustraliŽ.

 


 

Europa

 

Die ligte van Europa in die nag soos gesien vanuit die ruimteREGS: Die ligte van Europa in die nag soos gesien vanuit die ruimte.

 

Detail van ín foto van U.S. Defense Meteorological Satellites Program en NASA

 

ē  Oppervlakte: sowat 10 180 000 vk. km. As die mees westerse skierland van EurasiŽ word Europa konvensioneel een van die aarde se sewe vastelande genoem. Die skeiding tussen Europa en AsiŽ word in die reŽl aangedui as die waterskeiding van die Oeralgebergte, die Oeralrivier, die Kaspiese See, die Kaukasusgebergte en die Swart See na die suidooste.

 

ē  Bewoners: 731 000 000 (raming vir 2009).

 

ē  Lande: AlbaniŽ, Andorra, ArmeniŽ (lÍ fisiografies heeltemal in Wes-AsiŽ, maar het sterk geskiedkundige en sosiopolitiese bande met Europa), Azerbeidjan (lÍ deels in AsiŽ),  Belarus, BelgiŽ, BosniŽ & Herzegowina, Brittanje, Bulgarye, Ciprus, Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Frankryk, GeorgiŽ (lÍ deels in AsiŽ), Griekeland, Hongarye, Ierland, ItaliŽ, Kasakstan (lÍ deels in AsiŽ), KroasiŽ, Letland, Liechtenstein, Lituae, Luxemburg, MasedoniŽ, Malta, Moldowa, Monaco, Montenegro, Nederland, NoorweŽ, Oostenryk, Pole, Portugal, RoemeniŽ, Rusland (lÍ deels in AsiŽ), San Marino, SerwiŽ, Slowakye, SloweniŽ, Spanje, Swede, Switserland, Tsjeggiese Republiek, Turkye (lÍ deels in AsiŽ), OekraÔne, Vatikaanstad, Ysland.

 

ē  Gebiede: AbkhasiŽ (beskou homself as onafhanklik, maar word slegs deur Rusland en weinig ander lande erken; GeorgiŽ beskou AbkhasiŽ as ín deel van sy grondgebied), Ňland-eilande (Finland), Faroe-eilande (Denemarke), Gibraltar (Brittanje), Guernsey (Brittanje), die eiland Man (Brittanje), Jersey (Brittanje), Kosovo (betwiste gebied waarvan die afskeiding nie deur SerwiŽ erken word nie), Nagorno-Karabakh (regtens ín deel van Azerbeidjan, maar het ín internasionaal onerkende regering), Noord-Ciprus (in wese ín onafhanklike republiek, maar sy afstigting word nog slegs deur Turkye erken), Suid-OssetiŽ (betwiste gebied wat hom eensydig onafhanklik van GeorgiŽ verklaar het), Svalbard & Jan Mayen-eilande (NoorweŽ), TransnistriŽ (betwiste gebied waarvan die afstigting nie deur die Republiek van Moldowa erken word nie).

 

ē  Lande wat in Europa sowel as AsiŽ geleŽ is: kyk by AsiŽ.

 

Mitologiese Europaódetail van skilderyē  Herkoms van die naam Europa: Europa, en vernaamlik die Griekeland van die Oudheid, is die geboorteplek van die Westerse kultuur. Die gebruik van die naam Europa het in die loop van die geskiedenis geleidelik ontwikkel. Die Griekse geskiedkundige Herodotus het dit in die Oudheid genoem dat die wÍreld deur onbekende mense verdeel is in die drie vastelande wat Europa, AsiŽ en LibiŽ (Afrika) genoem word. Europa was ín Feniciese vrou in die Griekse mitologie, en dit is haar naam wat uiteindelik ook die naam van die vasteland sou word. Presies hoe dit gebeur het, is nie duidelik nie, maar eers is slegs die middenoorde van Griekeland Europa genoem. Toe, teen 500 v.C., is reeds met hierdie naam ook na lande in die noorde verwys. Met die verdere verloop van tyd sou die naam vir ín veel groter gebied gebruik word.

 


 

Noord-Amerika

 

VryheidstandbeeldREGS: Die Verenigde State se Vryheidstandbeeld verteenwoordig die vryheidstrewe van nasies oor die wÍreld heen sodat elk binne sy eie gebied homself demokraties kan regeer.

 

Tersaaklike deel van ín foto deur ďGaMeRuInErĒ, wat dit by Wikimedia Commons op die wÍreldwye web tot openbare besit verklaar het (ďreleased to the public domainĒ)

 

 

 

ē  Oppervlakte: sowat
24 709 000 vk. kilometer.

 

ē  Bewoners: byna 529 miljoen (raming Julie 2008).

 

ē  Soewereine lande: die Verenigde State van Amerika, Kanada, Mexiko, Antigua & Barbuda, Bahama-eilande, Barbados,  Belize, Costa Rica, Kuba, Dominica, Dominikaanse Republiek, El Salvador, Grenada, Guatemala, Haiti,  Honduras,  Jamaika, Nicaragua, St Kitts & Nevis, St Lucia, en St Vincent & die Grenadine, terwyl Panama en Trinidad & Tobago algemeen ook as ín deel van Suid-Amerika beskou word.

 

ē  Afhanklike gebiede en ander gebiede: Onder meer Groenland (ín deel van die Koninkryk van Denemarke en sedert 1979 ín selfregerende oorsese Deense gebied), Bermuda, Montserrat, Puerto Rico en nog ín aantal.

 

ē  Herkoms van die naam Amerika: Daar word algemeen aanvaar dat Noord-Amerika (asook Suid-Amerika) deur die Duitse kaarttekenaars Matthias Ringmann en Martin WaldseemŁller genoem is na die Italiaanse ontdekkingsreisiger Amerigo Vespucci. Laasgenoemde het Suid-Amerika tussen 1497 en 1502 verken en was die eerste EuropeŽr wat te kenne gegee het dat die Amerikas nie Oos-IndiŽ is nie, maar ín afsonderlike landmassa wat die EuropeŽrs nie vantevore geken het nie.

 


 

Suid-Amerika
 

Die kronkelende Amasone en ín deeltjie van die enorme hoeveelheid slik wat jaarliks uit die Andesgebergte in Amasone-stroomgebied ingespoel word

INLASFOTO BO: Die kronkelgang van die magtige Amasonerivier deur die reŽnwoud in Suid-Amerika. Op die groot foto BO staan ín man op die gebarste slik lanks die Mamorťrivier in Boliviaóslegs ín klein deeltjie van die geraamde drie miljard ton moddergrond wat jaarliks vanuit die Andesgebergte in die Amasone-stroomgebied ingespoel word.

 

Inlasfoto: LBL / U.S. Gov. / Groot foto:  Rolf Aalto, University of Washington / OLPA, U.S. National Science Foudation

 

ē  Oppervlakte en aardrykskunde: Suid-Amerika beslaan 17 840 000 vk. km. Die Ńngelwaterval in Venezuela is die hoogste vryvallende waterval ter wÍreld met ín hoogte van 979 meter. In Suid-Amerika is ook die aarde se grootste rivier per volume, die magtige Amasone, en die langste bergreeks, te wete die Andesgebergte (meer as 7000 km lank). Voorts is hierdie vasteland se Atacamawoestyn die droogste plek op ons planeet, en aan die ander uiterste huisves Suid-Amerika ook die grootste reŽnwoud, diť van die Amasone.

 

ē  Bewoners: 385 742 554 (raming vir Julie 2009).

 

ē  Soewereine lande en gebiede: Bolivia, BrasiliŽ, Chili, Colombia, Ecuador, Falkland-eilande (Brittanje), Frans-Guiana (Frankryk), Guyana, Paraguay, Peru, Suid-GeorgiŽ en die Suidelike Sandwicheilande (Brittanje), Suriname, Uruguay, Venezuela.

 

ē  Herkoms van die naam Amerika: kyk by Noord-Amerika.

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad