\\

Mieliestronk-argief
Die artikel hieronder is reeds etlike jare gelede geskryf. Hoewel dit van tyd tog tyd ietwat opgedateer is, moet van die inligting hierin vandag as verouderd beskou word.
Dit word nietemin op die Mieliestronk-werf gelaat omdat dit ook baie interessante insigte bevat wat steeds relevant bly.

 


Wil jy ook 'uitwyk' Londen toe (of iewers oorsee) nadat jy miskien oor 'n klompie jare die skool verlaat het? Hierdie insiggewende vertellings van ons mense reg rondom die aardbol laat 'n mens weer besef dat daar baie beslis twee kante aan hierdie saak is -- en hoe 'n mens jou opsies oor 'bly of gly' baie deeglik moet oorweeg...

Uitgeweke Suid-Afrikaners:
Ons bittersoet lewe in anderland

  

  • Hoe lewe hulle werklik in hul nuwe lande -- daardie baie duisende Suid-Afrikaners wat, f tydelik f permanent, na gesogste bestemmings in die buiteland verhuis het?

  • Vir hierdie artikel is die oorwo menings 'n tyd gelede gevra van sulke uitgewekenes in Engeland sowel as Australi, Nieu-Seeland, Kanada en die Verenigde State. Wat hulle te s gehad het, raak baie van ons -- ook leerders wat vandag wonder of hulle mre, oormre, wanneer hulle "groot" is, die groen gras aan die oorkant moet gaan beproef of in Suid-Afrika moet bly om hier hul eie plekkie in die son te probeer vind...

N GLIMMENDE potvol goud aan die einde van die renboog oorsee  . . . wag dit rrig op al die Suid-Afrikaners wat die land so in strome verlaat?

Dis n ding waaroor steeds baie gewonder word -- veral telkens wanneer die rand so wipplank ry met die groot geldeenhede. Veral ook wanneer sekere uitgewekenes in die media te koop loop met hul vragte nuwe dollars, terwyl almal wat agtergebly het maar net drobek van hul spogterye moet verneem.

Telkens lees n mens ook weer in die pers van die legio werkgeleenthede in die buiteland. Soos dat n kleuterskool-juffrou, n vier jaar se studie, in Engeland in net een dag soveel kan verdien as in 'n maand in Suid-Afrika!

Goed en wel as jy die sterk ponde in Brittanje kan inoes, om dit later in stapels Suid-Afrikaanse rande om te skakel as jy terugkeer -- dn maak jy jou fortuin. S s die deurwinterdes wat weet.

Maar as jy anderkant bly en die pot daar aan die kook moet hou, is dit n ander saak. Jys nie noodwendig in die spreekwoordelike "pond-sitplekke" nie, s hulle. Jy verdien so baie, want jy bestee so baie! Vra maar baie jong Suid-Afrikaners wat reeds vol verwagtinge Londen toe gegaan het net om tot hul ontnugtering te moes leer hoe om net so op (of selfs onder) die broodlyn te lewe!

Mieliestronk het n tyd gelede 'n "elektroniese wreldtoer" onderneem om die menings te vra van verskillende Suid-Afrikaners wat, tydelik of permanent, na die vyf lande verhuis het wat vir ons emigrante die heel gesogste is: Engeland, Australi, Nieu-Seeland, die Verenigde State en Kanada. Ons het hulle gevra hoeveel beter -- of slegter dan -- hulle dit in hul nuwe tuistes het.

Die meeste ondervraagdes het dit benadruk, of ten minste duidelik laat blyk, dat hulle nie ekonome of finansile kenners is nie. Hulle is bloot gewone verbruikers en hulle s maar net hoe hulle die omstandighede vertolk...

 

Louw-gesinREGS: Die Louw-gesin en hul tuiste in die land van die All Blacks. Die foto's is reeds 'n klompie jare gelede geneem. Die kinders is nou reeds tieners. (In die begin van 2005, is verneem dat die Louws nogmaals gemigreer het -- di slag na Australi, waar pa Ken 'n werk aangebied is wat hy nie wou weier nie. Die onderstaande inligting is egter van ma Martina ontvang toe die gesin nog Kiwi's was.)

Martina en Ken Louw in Nieu-Seeland:
Die geld is minder, maar die vrede so salig

SUID-AFRIKANERS gaan nie Nieu-Seeland toe om ryk te word nie, maar vir veiligheid, bewegingsvryheid en lewenskwaliteit, het Martina Louw uit Auckland laat weet.

Sy en haar man, Ken, het Suid-Afrika verlaat, nadat sy in n motorkaping in die bors geskiet is, om n nuwe lewe in die vreemde te begin. En dit het baie goed met hulle gegaan daar tussen die Kiwi's, dankie.

"Die mense hier verdien nie fenomenale salarisse nie, het Martina vertel, "die teendeel is eerder waar. Met die land se minder as vier miljoen mense is die ekonomie betreklik klein. Hier is talle klein maatskappytjies (meer as 100 000 met minder as 10 werkers), en baie min grotes (slegs sowat 700 met meer as 100 werkers). Dit maak die arbeidsmark aansienlik anders as in Suid-Afrika."

Volgens Martina is die salarisstrukture dus ook heel anders. "Onderwysers, verpleegsters en polisiemanne is in vergelyking miskien effens beter daaraan toe as in Suid-Afrika, omdat di beroepe daar so hoog geag word -- Nieu-Seeland is immers histories n welsynstaat.

"Maar ingenieurs en wetenskaplikes soos chemici is minder gesog," het sy ges, "aangesien die land gerieflikheidshalwe baie produkte invoer en dit nie self vervaardig nie.

"Die gemiddelde salaris in Nieu-Seeland (ongeskoolde arbeiders ingesluit) is dan ook slegs sowat 36 000 Nieu-Seelandse dollars per jaar, en net omtrent 5 persent van die bevolking verdien meer as NS$60 000," het Martina vertel.

Wanneer jy opmerk dat dit beslis nie kleingeld is nie, kom jy gou agter dat dit maar net die wisselkoers is wat dit so goed laat lyk. Die koopkrag van die Nieu-Seelandse dollar binnelands is nie naastenby so sterk nie.

"Die lewensduurte is beslis hier hor as in Suid-Afrika," aldus Martina. "En verreweg die meeste wat hier n heenkome vind, doen dit bepaald nie vir geldelike gewin nie. Net om hier te kom, met jou voos rande en al, laat jou met 80 persent minder as wat  jy in Suid-Afrika besit het.

"Daar is darem 'n paar faktore wat in ons guns tel: die Kiwis is baie vriendelike mense en Suid-Afrikaners word gewoonlik met ope arms ontvang. Met ons mense se reeds beroemde werkywer en dissipline styg hulle ook vinnig uit, selfs di wat weer heel onder moes begin. Room styg mos altyd boontoe!

"Maar bowenal sorg die rykdom aan rustigheid en veilige beweging dat die 'wonderlike luukshede' van die huidige Suid-Afrika hier net vae herinneringe is...

 

Egpaar Plotz LINKS: Die egpaar Plotz.

Elza en Johan Plotz in Australi:
Nuwe Aussies en trots daarop

"UITGEWEKENES. Weglopers. Drosters. Bangbroeke. Dis maar 'n paar van die name wat mense soos ons genoem word, het Elza Plotz uit Australi laat weet.  Maar sy en haar man, Johan, en hul vier seuns het Suid-Afrika  n klompie jare gelede verlaat om, soos sy s, in die "vreemde, maar vriendelike, pragtige land Australi te kom woon.

"Ons het geweet hoe dit hier lyk, want ek en Johan was voorheen hier op besoek. Australi het ons laat dink aan die Suid-Afrika van so twintig jaar gelede --- gasvrye,  vriendelike mense, pragtige, ongerepte natuurskoon met minimale besoedeling. Ons is baie vriendelik ontvang en het dadelik gevoel dat ons tuis hoort.

"As n geregistreerde verpleegkundige het ek my dadelik by n verpleegagentskap aangesluit en deeltyds begin werk. Die omstandighede in die groot hospitaal, waar ek n permanente pos gekry het, is net mooi die teenoorgestelde van di in Suid-Afrika se openbare hospitale. Hier is geen tekort aan toerusting of voorrade nie en die toerusting is van die beste en in 'n puik toestand. Dis werklik 'n plesier om jou werk te doen.

"Volgens die bestuur is daar wel 'n personeeltekort, maar in die drie eenhede vir intensiewe sorg met altesaam 22 beddens wat ons tans gebruik, is daar sowat 90 verpleegpersoneellede in diens. Intensief het plek vir ongeveer 120 verpleegpersoneellede en gebruik ook agentskappersoneellede indien nodig.

"In elke beroep is daar 'n basiese skaal of  `award rate wat deur die regering bepaal word. n Baas mag jou wel mr as die `award betaal, maar glad nie minder nie. Ek is bevoorreg deurdat ek nagenoeg 22 Australiese dollars per gewone uur en tweeweekliks sowat A$1 400 verdien -- basies soveel as wat ek in Suid-Afrikaanse rande gekry het. Werk ek my nuwe salararis in rande om, is dit 'n hele paar maal soveel! Vakansiedae word ek vir dubbeltyd betaal.

" n Apteker kan hier ongeveer A$37 per uur verdien (sonder oortyd) en 'n geoktrooieerde rekenmeester om en by A$60  per uur.

"Ja, n mens verlang wel na jou vaderland en sy mense, maar ons glo dat, waar jy die verskriklike moeilike besluit geneem het om te emigreer, jy nie met die eerste terugslag moet gaan l nie. Soos Johan s: `As ons moet swaar kry, doen ons dit hier en nie in Suid-Afrika nie.

"Ons nuwe land is inderdaad iets om op trots te wees. Ons leef baie geriefliker as voorheen en kon binne die eerste jaar al ons meubels, ens. vervang, asook n gebruikte bussie, n nuwe bakkie en n nuwe motortjie vir my aanskaf.

"Ons woon verskriklik lekker, het al baie nuwe (Afrikaanse) vriende ontmoet, het een maal per maand n Afrikaanse kerkdiens en hou gereeld n vleisbraai. Ons maak ons eie boerewors en biltong en kan sekere Suid-Afrikaanse produkte hier koop (ook mieliemeel!).

"Ons sal Suid-Afrika beslis weer sien, maar slegs as besoekers by vriende en familie. Ons is nou `Aussies en trots daarop -- al is dit steeds onmoontlik om nie vir die Springbokke te skree nie! In ons harte sal ons maar altyd Springbokke bly!

 

Barry Olivier in Engeland:
Groot opofferings vir n beter lewe

 "BLY ek is land uit om in Engeland te woon?  Allesbehalwe. Ek is bloot dankbaar vir die geleentheid en vir die veiligheid wat hierdie land my gesin bied, het Barry Olivier, wat met sy vrou in Brittanje kom skoolhou het, vertel.

Die egpaar het in die gesogte Teemsvallei, 35 km wes van Londen, gaan woon. Hulle het vier seuns, wat hulle uiters goed in hul nuwe land aanpas: twee op skool en die oudste as n kunsstudent. Die naasoudste is verstandelik gestrem en ook hy is baie gelukkig in n sentrum waar die geriewe en versorging, volgens Barry, "duisend keer beter as in Suid-Afrika is.

Hy s die Suid-Afrikaners daar verlang maar almal na hul land. "Ek ook -- elke dag. Ek mis die bekendheid van alles. En daar is baie mense vir wie ons lief is en na wie ons oneindig verlang. Maar ek sal nooit teruggaan nie. Ek bly dan maar liewer veilig hier in die vreemde, wat mettertyd hopelik minder vreemd sal word, verduur dit wat my nie aanstaan nie en weet dat my kinders ten minste uiteindelik 'n beter lewe gaan h.

Barry het vertel dat hy en sy vrou in dieselfde private skool skoolhou, waar "ons kop bo water hou met n leefbare salaris, maar nooit werklik welvarend sal word nie.

Huispryse is hul grootste probleem, s hy. "Hier in die Teemsvallei betaal jy 'n paar miljoen rand vir 'n gemiddelde vierslaapkamerhuis met een of, as jy gelukkig is, miskien twee badkamers. Selfs met die lae rentekoerse (gemiddeld 6%) hier en die baie groter salarisse is dit moeilik en vir ons net-net moontlik om teen daardie pryse te koop.

Sowat 130 km noord van Londen, het Barry ges, kan n mens huise teen 50 tot 60 persent minder kry, maar hulle is nog vir 'n paar jaar kontraktueel aan die skool verbonde.

"Die hele koste van ons verhuising, vlugkaartjies en nog wat en verblyf in n vierslaapkamerhuis vir die eerste ses maande is deur ons nuwe werkgewers betaal. Min mense kom hierheen met sulke voordele.

"Ons oorleef maar moes ook baie prysgee. Vir n huis soortgelyk aan ons huis in Suid-Afrika betaal jy hier miljoene rande. Met die patetiese wisselkoers was so n herkopery vir ons dus totaal onmoontlik.

 

Jacques Muller in die Verenigde State:
Wil hard werk en met miljoene rande terugkom

NIE SOSEER weens Suid-Afrika se ho misdaadsyfer of die onseker toestande nie, maar uit eie ambisie en om eendag baie dollars te kan huis toe te bring dis eintlik waaroor Jacques Muller tydelik na Amerika uitgewyk het.

As n Weskus-klong, gewese Pretorianer en oud-Matie wat sy MBA in Edinburg, Skotland, verwerf het, sou Jacques (iets oor die dertig) n konsultant in marknavorsing en mededingende strategie op die gebied van mediese en farmaseutiese tegnologie word.

"Ek het Suid-Afrika verlaat om hierheen te kom omdat my beroepsontwikkeling daar n plafon bereik het, het hy vertel. "Ek is hier om harder as enige Amerikaner te werk, om beheer oor my eie lotsbestemmming te neem, om die geld te spaar wat ek nie in Suid-Afrika sou kon gedoen het nie, sodat ek kan terugkeer om die dinge te geniet wat ons groot land te bied het, maar waarin min mense hulle kan verlustig omdat hulle nie die tyd of geld daarvoor het nie.

"Ek is op my gelukkigste tussen die rotse op Lambertsbaai, besig om kreef uit te haal, daar tussen die klippe en bossies en sand, want vir my is daar net een land.

"Met die pad wat die wisselskoers  loop,  het Jacques bygevoeg, "sal ek n vyf jaar kan terugkeer met n miljoen of drie en doen wat ek altyd wou doen: verder studeer en n boek skryf oor hoe om die beestert net reg te kry in n potjie op n hardekoolvuur ...

Oor die lewe in Amerika het Jacques vertel dat die wisselkoers (deesdae so 6 teen 1) n skewe beeld bied van die werklike waardeverhouding tussen die twee geldeenhede. "Die verhouding is in der waarheid 3,2 teen 1 vir elke R3,2 wat n mens in Suid-Afrika verdien, sal jy $1 in die VSA moet verdien om dieselfde lewenstandaard te handhaaf.

" n Mens moet dus let op verhoudings. So sal jy  in Suid-Afrika 25 persent van jou netto inkomste (n belasting) aan maandelikse paaiemente vir n motor betaal, teenoor slegs 5 tot 7 persent vir dieselfde motor in Amerika. Huispaaiemente is egter weer n bietjie duurder hier, naamlik 28 persent van die salaris teenoor 25 persent in Suid-Afrika.

 "Buiten rooi vleis, haarsnye en n paar ander dingetjies, is alle ander dinge hier goedkoper. Waar ek in Suid-Afrika nie juis geld kon wegsit nie, spaar ek hier van $2 500 tot $3000 ( per maand. n Mens betaal $20 per maand vir n telefoondiens en alle plaaslike oproepe gratis is. Selfone kos $35  per maand en jy kry maandeliks 1 000 gratis minute.

 

Geoff en Colleen Viljoen in Kanada:
Die droom en die nagmerrie

DIE "TOER" na Suid-Afrikaners in verskillende lande is afgesluit met n kuiertjie by Geoff en sy vrou Colleen Viljoen in Vancouver, Kanada. Di egpaar het diep gemymer oor "die Amerikaanse droom" en "die Suid-Afrikaanse nagmerrie".

"Of ons nou in die ooste van Kanada woon en ons motors onder berge sneeu moet uitgrawe," het hulle vertel, "of in die weste onder sambrele teen die ewigdurende ren moet skuil -- hier is ons vry en, nog belangriker, veilig."

Volgens hulle is die meeste van die "oorgeplante" Suid-Afrikaners in Kanada hoogs gekwalifiseerdes wat hul terde hul man in n uiters mededigende arbeidsmark moet staan. "Tog beklee ons gesogte poste en word ons as vriendelike, uitwaartse mense beskou wat (meestal) in ons onderskeie gemeenskappe bemind en gerespekteerd is.

"Natuurlik hunker ons terug na die `goeie ou dae', en dikwels verlang ons verskriklik huis toe. Gelukkig kan die meeste van ons sonder veel moeite ons hande op 'n bekende Suid-Afrikaanse bier l, asook op 'n redelik smaaklike stuk boerewors. Dit lyk of dit nie veel verg of ons gesond van gees te hou nie.

"Ten slotte bid ons vir ons vaderland. Ons bid vir gematigdheid, harmonie en vrede. Ons sien daarna uit dat ons land uit sy huidige `nagmerrie' sal ontwaak en ook elke dag met nuutgevonde verwagtinge sal groet!" 
     

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad