Uitvindsels in die huis
Die toestelle wat ons lewe geriefliker maak

Wastoestelle wat met n slinger gedraai is

Wasdag in die ou daeDie huisvroue van vorige eeue het dit nie maklik gehad nie. Eers moes hulle byvoorbeeld self al die gesin se wasgoed met die hand was (illustrasie REGS) , totdat hulle darem wastoestelle gekry het wat met n slinger gedraai kon word (illustrasie BO). En toe die eerste kragaangedrewe wasmasjiene op die mark kom, het hierdie vroe apparate weer sonder aansiens des persoons elektriese skokke uitgedeel. Uiteindelik het die era van die gesofistikeerde wasmasjien egter aangebreekmaar di is maar net n van die veilige en veelsydige hulpmiddels wat die vroue van weleer nie gehad nie...

Historiese illustrasies: U.S. Library of Congress

D

IS n uitvindsel om van te droom. Met n strelende melodie word jy uit jou slaap gewek. n Meganiese hand reik uit en gee vir jou n koppie stomende koffie aan. Sodra jy die teken gee, lig die robotagtige hande jou uit die bed uit en plaas jou in n warm bad of onder die stort. Daarna word jy afgedroog, aangetrek, jou hare gekam en jy na die etenstafel gedra.

Of jy nou mieliepap verkies of graanvlokkies of spek en eiers, jou masjienhulp sit jou ontbyt vir jou voor presies soos jy dit wil h. Dan bring hy jou terug badkamer toe om jou tande vir jou te borsel en, wanneer jy skool toe of werk toe vertrek, begin hy dinge agter jou opruim.

Uitvinders belowe ons nou al dekades lank sulke meganiese diensknegte. n Paar prototipes is reeds ontwerp, maar geen enkele een is al verkoop nie. Maar dan weer: as ons ons moderne huise met di van die 1800s vergelyk, is dit byna asof ons ons tuistes met n rits robotagtige slawe gevul het, wat elk n ander taak vir ons verrig.

Hier is die verhale van ons bekendste huishoudelike hulpmiddels.
 

Wasmasjien

DIE gebruik om klere te was nadat dit net een dag gedra is, is betreklik nuut. Voordat die huishoudelike wasmasjien alles kom verander het, het s n wassery immers baie swoeg en sweet geverg. Eeue lank is vuil klere byvoorbeeld in poele en riviere skoongeskrop. Waar daar geen waterstrome of kuile in die nabyheid was nie, is die wasgoed in balies van hout of koper en later gietyster ingebondel en met n lang houtstamper rondgeskommel.

Meganiese wastoestelle het in die 1800s hul verskyning in huise begin maak. Een van die vroegste soorte, n ontwerp van die Amerikaanse vervaardiger Hamilton Smith (1858), het bestaan uit n vertikale houttrom vir die klere en n houtstamper wat met n handslinger gedraai is. Verskeie verbeterings het mettertyd gevolg, soos gasbranders wat onder die masjien aangebring is om die water te verhit.

Die koms van die elektriese wasmasjien in die vroe 1900s het n totale omwenteling teweeggebring. Die eerste van di masjiene is in 1906 deur Alva Fisher van Amerika gepatenteer.


Die vroe elektriese wasmasjiene se enjins was onbedek onderaan die balie, wat hoogs gevaarlik was, want enige water wat daarop gedrup het, kon die gebruiker n elektriese skok laat kry. Veiliger en doeltreffender wasmasjiene is in die loop van die 1930s en n die Tweede Wreldoorlog vervaardig.

 

Wasmasjien van die 1940sREGS: n Wasmasjien van die 1940s.

 

U.S. Library of Congress

 

 

Lomp werktuie met rollers om wasgoed droog te kry, dateer reeds uit die 1500s, maar doeltreffender toestelle het in die 1850s hul verskyning gemaak. Di het bestaan uit horisontale houtrollers in n ysterstaander. Die rollers is deur middel van n groot ysterwiel met die hand gedraai.

n Goeie aantal jare in die 1900s is hierdie soort toestelle steeds gebruik, waarna rubberrollers die houtrollers vervang het en elektriese motore bygekom het om die rollers aan te dryf. Deesdae slinger wenteldrors die water met middelpuntvliedende krag uit nat klere, terwyl tuimeldrors die werk voltooi deur warm lug deur n roterende trom daarop te blaas.

Strykyster

VROER dae was stryk n warm, uitputtende besigheid. Huishoudelike strykysters was ook bra skaars tot die agttiende eeu toe katoenklere in die mode geraak het.

Een vroe soort ysterdie hol strykysterhet n kompartement gehad met n verhitte stuk metaal, baksteen of houtskool daarin. Party hol strykysters het selfs n skoorsteen gehad sodat die rook daardeur kon ontsnap.

Nog n toesteldie platysteris verhit deur dit regstreeks in n vuur of op die haardplaat te plaas. Mense het dikwels twee platysters saam gebruik, een om klere te pars terwyl die ander een warm geword het.

Elektriese strykysters het in die laat 1800s op die mark verskyn. Die eerste het sowat 6 kg geweeg. Elektriese strykysters wat n die Eerste Wreldoorlog vervaardig is, was heelwat ligter.

 

Plat strykyster

BO: Oumagrootjie se plat strykyster, wat warm gemaak is deur dit regstreeks in n vuur of op die haardplaat te plaas.

Krediet: MSKARG
 

Stofsuier

 

Ou soort stofsuier

 

StofsuierBO: n Ou soort stofsuier en een van sy moderne eweknie (REGS).

Nuwe stofsuier: foto deur Ciwi, tot openbare besit verklaar by Wikimedia Commons (released into the public domain)

 

DIE eerste stofsuier is in die middel van die 1800s in Amerika uitgevind. Dit het uit n kas met wiele en pomphandvatsel bestaan en het met n blaasbalk gewerk. Twee mense was nodig om dit te laat werkeen om die blaasbalk te hanteer en een om die pyp te stuur. Dit is in teaters en hotelle gebruik.

Die huishoudelike stofsuier het eers in die vroe 1900s sy opwagting gemaak, danksy die vindingrykheid van n Engelse siviele ingenieur, Hubert Cecil Booth. In 1901 het Booth in Londen n demonstrasie van n Amerikaanse spoorwa-skoonmaker gesien. Die toestel het stof verwyder deur dit in n houer in te blaas, wat nie so n goeie plan was nie, aangesien die meeste van die stof eenvoudig in die lug beland het.

Toe hy tuis kom, het Booth lug deur n doek probeer suig om stof op te vang pleks van dit weg te blaas. Hy het die beginsel aan n vriend gedemonstreer deur n sakdoek iewers teen n stowwerige stoel in n restaurant te plaas en dit met sy mond te suig. Die stof het aan die sakdoek vasgekleef.

Booth het n masjien gepatenteer wat op hierdie beginsel gegrond is en die British Vacuum Cleaner Company gestig om mense se huise skoon te maak. n Perdewa het op die sypaadjie langs die huis stilgehou en n suigslang is deur die deur of n venster gesteek. Daarna het n span skoonmakers aan die werk gespring. Die pomp, wat met n petrolenjin aangedryf is, het vreeslik gelawaai.

Booth het dikwels n potjie met die polisie geloop omdat sy affre koetsperde laat skrik het. Nogtans het sy revolusionre skoonmaakmetode s n opskudding onder die vroue van die ho lui veroorsaak dat hulle stofsuier- teepartye gerel het sodat hul vriendinne al die aksie kon aanskou.

n Paar jaar later het Booth kleiner huishoudelike toestelle ontwerp. Hulle is met elektrisiteit aangedryf en, hoewel hulle swaar was, kon slegs een mens s n toestel hanteer. Omstreeks dieselfde tyd het ander uitvinders met verskillende ander soorte stofsuiers vorendag gekom.

 

Robot-stofsuierLINKS: Hier wikkel-wikkel... daar wikkel-wikkel... woerts in die hoekie! Hierdie robotjie, wat outomaties oor die vloere kruip om sy stoffies te vreet, lyk nie eens meer naastenby soos die kru stofsuiers van vroer nie.

 

Foto deur Shawnc, tot openbare besit verklaar by die Wikipedia-projek (released into the public domain)
 

Ketel

KetelEEUE lank moes water gekook word in ketels wat oor n oop vuur of, later, op die haardplaat geplaas is. Elektriese ketels het laat in die 1800s hul verskyning gemaak. In die vroe modelle was die elemente in afsonderlike kompartemente in die boom van die ketel. Omdat die element nie met die water in aanraking gekom het nie, het dit lank geduur voordat die water gekook het.

In 1923 het Arthur Large van Engeland n koperelement ontwerp wat met veiligheid in die water gehou kon word. Large se uitvindsel het die kooktyd met sowat n derde verminder.

n Tweede deurbraak was in 1931 toe die Britse ketelvervaardiger Walter Bulpitt n veiligheidsprop ontwerp het wat self uitgeskiet en die krag onderbreek het wanneer die ketel oorverhit geraak het. Outomatiese ketels het in die 1950s op die mark verskyn. Die eerste modelle is deur die Russell Hobbs Company van Brittanje ontwerp.

 

Ketel

BO: In die verlede is ketels dikwels met groot sorg gemaak en kunstig versier. Vandag se elektriese ketels is eerder funksioneel as kunswerke.

Foto (detail): Stephen Ausmus / ARS / U.S. Departent of Argriculture
 

Kosmenger

 

Ou soort kosmengerLINKS: n Ou soort kosmenger.

 

Detail van hierdie foto deur renaissancechambara by flickr op die wreldwye web, gelisensieer ingevolge die Attribution-Non-Commercial-Share Alike 2.0 Generic-lisensie


 

DIE kosmenger wat meng, maal, versnipper, kerf, versap en so baie ander arbeidsbesparende take verrig, het sy ontstaan te danke aan die opkoms van die Amerikaanse bruismelk-bedryf.

In 1904 het George Schmidt en Fred Osius roertoestelle en mengers begin vervaardig wat deur n elektriese motor aangedryf en in bruismelk-salonne gebruik is. In 1910 het hulle saam met die ingenieur Chester Beach die Hamilton Beach Manufacturing Company gestig en, deur n elektriese motor by n eierklitser te voeg, met die wreld se eerste huishoudelike kosmengers vorendag gekom.

In hierdie vroe toestelle was die elektriese motor en menger apart, maar in die 1930s het die Flexible Shaft Company in Chicago kosmengers met ingeboude aandrywers begin vervaardig.

In 1936 het die Sunbeam Corporation (ook Amerikaans) kosmengers verkoop wat nie net kos gemeng het nie, maar ook verskeie ander dinge gedoen het: skil, in skywe sny, versap, vleis fynmaal, koffiebone maal, blikke oopsny en messe skerp maak en poleer.

 

Broodrooster

DIE eerste elektriese broodrooster is in 1909 deur die General Electric Company (VSA) vervaardig. n Netwerk van drade wat deur n elektriese stroom verhit is, het n sny brood aan die een kant gerooster, waarna die sny omgedraai moes word om weer aan die ander kant verbruin te word.

In 1927 het n Amerikaner, Charles Strite, die wreld se eerste wiprooster ontwerp. n Tydtoestel het die elektriese stroom afgeskakel en n gespanne veer laat skiet sodat die roosterbrood boontoe gedruk is. Die tydtoestel is later deur n termostaat vervang. Strite se toestel het ook ekstra elemente gehad sodat die sny brood tegelykertyd aan weerskante gerooster kon word.

Voordat elektriese roosters uitgevind is, moes mense brood rooster deur die snye vooraan n lank vurk teen n vuur te hou.

 

Broodrooster

 

BO: n Broodrooster.

 

Foto: U.S. Consumer Product Safety Commission
 


 
Stoof

 

Houtstoof

 

BO: Vanmelewe se houtstoof.

 

Foto: U.S. Environmental Protection Agency

 

KOOKKOS is so oud soos die ontdekking van vuur. Die eerste stowe was eenvoudig oop vure, met basiese gereedskap soos klipbakke, stampers en vysels en vuursteenmesse daar rondom.

Hoewel die Romeine steenoonde gebou het om brood te bak, is daar in Europa nog lank n die Romeinse tye oor n sentrale oop vuur gekook. Eers is n groot ysterketel of pot aan toue of ysterstawe oor die vuur geplaas, maar in die Middeleeue, n die uitvinding van die spitdraaier, het die vuur van sy sentrale plek in die kamer na die kant verskuif, waar n vuurherd daarom gebou kon word met n skoorsteen om van die rook ontslae te raak.

Stowe het hul verskyning begin maak toe steenkool hout as brandstof vervang het. Eers is die stowe in die vuurherd ingebou. Op n plat oppervlak, die sogenaamde haardplaat aan weerskante van die haard, is kookgerei warm gehou.

In die 1600s het Amerikaanse setlaars op vrystaande stowe begin kook. Maar di was weinig meer as gietyster-kiste met deksels.

In 1780 het die Britse uitvinder Thomas Robinson n kombuisstoof ontwerp wat bestaan het uit n gietyster-oond aan die een kant van n herdrooster en n kooktoestel vir die verhitting van water aan die ander kant. Warm water is uit n kraan getap. Die vuur was oop.

In die 1790s het die Amerikaans-gebore Beierse staatsman Benjamin Thompsonook bekend as graaf Rumford van Beieredie eerste praktiese stoof vir die huis ontwerp. Dit het bestaan uit n klein metaalbraaikissie wat in steenwerk geset is, met n vuur aan die onderkant om hitte te verskaf en n skoorsteenpyp naby die bokant om die rook weg te voer.

In 1802 het n Engelse ystergieter, George Bodley, n koolstoof ontwerp met n pyp wat die hitte regdeur die oond versprei het sodat die kos egalig kon gaar word. Dit was gou baie gewild en byna alle stowe wat daarna vervaardig is tot n die Tweede Wreldoorlog het hierdie ontwerp gevolg.

In dieselfde jaar toe Bodley met sy stoof gekom het, het n Tsjeggo-Slowaakse chemiese vervaardiger, Zuchas Winzler, eetpartytjies gehou waarop die kos op n gasstoof gaargemaak is. In die 1840s is begin om gasstowe in Amerika te verkoop, maar die vroe modelle was so stink, vuil en lawaaierig dat min mense oorreed kon word om hulle te koop.

In 1855 het n Duitse skeikundige, Robert von Bunsen, die eerste praktiese gasbrander uitgevind. Deur dit n paar jaar later in gasstowe te gebruik, het dit hierdie soort stowe baie doeltreffender gemaak. Van omstreeks di tyd af het gasstowe dan ook l gewilder geraak.

Elektriese stowe het hul verskyning in 1890 gemaak. Die vroe modelle was stadig, temperamenteel en duur om te gebruik, en baie mense was bang dat hulle doodgeskok sou word. Dit was maar eers in die 1930s, toe krag vryliker beskikbaar geword het, dat elektriese stowe begin meeding het met di wat met gas werk.

Mikrogolfoonde is n meer onlangse nuwigheid. n Toestel wat mikrogolfenergie opwek, is nie in Engeland ontwikkel om te kos gaar te kry nie, maar om die reikwydte van Brittanje se radar ten tyde van die Tweede Wreldoorlog te vergroot.

 

MikrogolfoondREGS: n Vroe mikrogolfoond.

 

Foto: Bureau of International Information Programs / U.S. Department of State

 


In 1953 het n Amerikaanse firma, die Raytheon Manufacturing Co., die eerste mikrogolfoond gepanteer. Mikrogolwe laat die watermolekules in kos vinniger vibreer en wek hitte deur middel van wrywing op. Eers is die mikrogolfoond slegs in die spyseniersbedryf gebruik. Vandag beklee hierdie toestel n plek in die hart van die kombuis, dikwels langs die konvensionele oond.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad