Die misverstane vols van die nag ...

 Foto met opskrif: Ou Uiloog... wat muise die piep gee


En jy, bygelowige mens, is jy self n man of n muis as n uil op jou huis se dak kom sit?

n Uil op die dak? Verskriklik! dink sekere bygelowiges selfs in ons tyd nog. Miskien storm hulle dan erg benoud buitentoe om die boodskapper van die dood te verwilder. Maar sulke onsinnige bygelowe het miskien meer as enigiets anders gedoen om die mens van die doodonskuldige uil te vervreem. En ons is juis so baie verskuldig aan hierdie nagvol, wat help keer dat skadelike muise, molle en slange in hul menigtes in ons omgewing aanteel...

Foto bo van noordelike gevlekte uil van Noord-Amerika (Strix occidentalis caurina): U.S. Fish and Wildlife Service (foto gewysig)



I

Ou UiloogN DIE daglig speel hulle wegkruipertjie danksy hul saai en gepatroonde vere. Maar snags, boeta, snags blits die onheil uit hul o. Om nie te praat van hul groteske vorms en daardie gehoe-hoe-hoe nie. Hulle is immers reeds eeue lank daarvoor berug dat hulle die dapperstes onder die dapperes die kille bewerasie kan laat kry.
 
Onder die paar honderd soorte vols van die nag is die uile bepaald die bekendste. En die toneel van n ouma met n besemstok wat n uil van bo van haar skoorsteen af verwilder, is so tradisioneel onder sekere bevolkingsgroepe in Suid-Afrika soos braaivleis en biltong.
 
Eier van uil (nabootsing)Kyk, die uil is mos n voorbode-vol, die nare boodskapper van n sterfte. S glo party mense blykbaar steeds met n onheilige angs.
 
Stomme uil. Al wat hy is, is n wonderlik toegeruste vol van die donkerte. Uile hoor en sien uitstekend. Hulle kan snags goed met ander uile kommunikeer. As hulle vlieg, doen hulle dit geruisloos. En hulle is alte behendig wanneer hulle n prooi vang en wegdra om op te vreet.
 
Pleks van dus op loop te gaan oor n uil by jou huis, moet jy liewer bly wees as n paar van hulle daar naby boer. Straks vang hulle vir jou allerhande vernielsugtige goggas. Of moontlik selfs die slange, molle en muise in jou tuin!
 

REGS: Dit is veral ons nonnetjiesuil (Tyto alba), wat die hoogs onregverdige reputasie van die doodsvol verwerf het. Eintlik is hy n groot mensevriend, wat ons van skadelike diertjies red.

Foto: Kopiereg Suid-Afrikaanse Toerisme / South African Tourism
  

Nonnetjiesuil
Nonnetjiesuil met muisvangs


BO:
n Anderlandse nonnetjies­uil met sy muisvangs. Daar is baie subspesies van die nonnetjie wreldwyd.
   
Foto: Wild Wing Company / U.S. National Park Service

SkopsuilREGS: Ons skopsuil (Otus senegalensis) kom voor in 'n groot deel van Afrika suid van die Sahara en leef van insekte en spinnekoppe.

Bron & Kopiereg: www.SA-Venues.com. Gebruik vir nie-kommersile en opvoedkundige doeleindes word vergun mits die bron s erken word.


DIE opvallendste ding omtrent uile is daardie groot o wat vorentoe wys, net soos ons mense sn. Dit is nie soos die o van byvoorbeeld n hoender of ander vol wat ver uitmekaar aan weerskante van die kop sit nie. Daardie soort plasing van die o bied n wye visie sodat hoender se kind as t ware tegelyk oral rondom hom kan kyk. Dit is om die omgewing des te beter vir moontlike jakkalse of ander gevare te bespied.

Maar met ou Uiloog is dit anders gesteld. Hy moet mos sy prooi vanuit die hoogte in die mees obskure uithoekies gewaar en sekuur daarop kan inzoem. Gevolglik tuur hy hoopvol vorentoe. Daarby stel die grootte en vorm van sy o hom in staat om die heel beste gebruik te maak van die maan- en sterrelig van die nag.

Uile het ook ooglede, en hul sogenaamde knipvliese (deurskynende velplooie wat oor die oog getrek kan word om n derde ooglid te vorm) is baie belangrik om die o te beskerm.
 
Die uil se goed ontwikkelde rigtingsin en gehoor span saam wanneer hy sy prooi vang. As hy iets hoor wat soos n prooidier klink, draai hy sy kop in daardie rigting. Dan kos dit nog net een geritsel of n gepiep en die prooi is so goed as bokveld toe.
 
Terwyl die uil afdaal, swaai hy sy pote vorentoe, en dan gryp sy kloue die prooi. Soos ander vols het hy drie tone voor en een agter aan elke klou. Dis vir hom belangrik om stewig te kan vasgryp, te meer omdat hy sy o wil beskerm en hy hulle gewoonlik toemaak wanneer n prooidier onder hom spartel.
 
Die kloue is skerp en ferm. Wanneer hy vreet, trap hy op die prooidier en skeur stukke vleis met sy skerp snawel af.
 
Uile (daar is sowat twaalf soorte in Suider-Afrika) vreet slegs lewende diere, van insekte tot soogdiere so groot soos hase. n Paar soorte vreet hoofsaaklik visse. Hulle sluk gewoonlik hul prooi heel in. Onverteerbare dele van hul kos, soos bene, hare en vere, word saamgepers en as klein kompakte bolletjies opgebring. (Dit word uilballe genoem.)

UilballeREGS: Uilballe... deur dit te ontleed, kan navorsers die verstommende aptyt van uile bestudeer. Dit bevat baiemaal die reste van n hele verskeidenheid van insekte, voltjies en soogdiertjies.

Foto: Lang Elliot / Washington Department of FIsh and Wild Life


 Die meeste uile het voorts die gewoonte om altyd op dieselfde plek te gaan sit wanneer hulle hul prooi verslind het en die kos verteer. As n mens weet waar s n plek is, kan jy daar baie van die uilballe bymekaarmaak en saamneem om te ondersoek. Die balle kan ontleed word om te bepaal watter soort prooidiere die uil almal gevang het.
 
DIE vlerke van uile is groot in verhouding tot die res van hul lywe en hul vere is sag. Dis di dat die vols so geruisloos sonder n vlerkgeklap deur die naglug kan beweeg en kan luister waar daar prooidiere is sonder om hul eie teenwoordigheid te verraai.
 
Uile vind dit ook nodig om met mekaar te gesels. Hul geluide wissel van lae gromklanke tot skrille gille, van diep hoes tot ho fluite en van harde sisklanke tot n sagte gespin.
 
Kenners reken dis selfs moontlik dat uile soos vlermuise van weerklanke gebruik maak om te keer dat hulle in voorwerpe vasvlieg.
 
Die skedels van baie uile is boonop asimmetriesdie ooropeninge sit op verskillende vlakke. Dit stel die vol in staat om presies te bepaal waar die geluide vandaan kom wat n prooidier maak. Die nekke van uile is boonop baie beweeglik en kan tot 270 grade draai.
 
Waar hulle goed toegerus is om in die nag te oorleef, moet uile darem ook bedags in staat wees om in vrede n uiltjie te kan knip. Daarom sien n mens hulle nie maklik raak in die dag nie.
 
As hulle gesteur word, word daardie opvallende o op skrefies getrek. Die lyf kom regop, die vere word ingetrek en die veerkuifies (by sekere spesies) staan orent. Met hierdie houding en die natuurlike kamoeflerlng van sy vere is die uil goed weggesteek langs die boombasse, blare, rotse en skaduvlekke.
 
Maar wag as die nag kom, boeta, dan is die uil in sy element. Dan gaan dit hoe-hoe later, hoe-hoe kwater...

Nog uil-feite

ONDER die kleinste uile op aarde is die elfuiltjie (Micrathene whitneyi) van Mexiko en die suidweste van die VSA, wat partykeer niks langer as so 13 cm lank word nie, hoewel daar darem ander onder hulle kan wees wat meer as dubbeld so groot word.

ElfuilREGS: Klein maar steeds pure roofvol, n elfuil.

Foto: Hayford Peirce, wat die vrye gebruik daarvan vir enige doeleindes vergun, mits die gebruiker net nie daarop aanspraak maak dat hy of sy self die foto geneem het nie
  

  Uile kom oral ter wreld voor buiten in die Antarktiese gebied. Hulle behoort tot die orde Strigiformes. Daar is twee families. Tipiese uile (meer as 120 spesies) behoort tot die familie Strigidae en die res (ongeveer n dosyn spesies) tot die familie Tytonidae. Daar is verskille in die anatomie van die twee families, maar in die rel ook baie waarneembare ooreenkomste. Die uile van die familie Tytonidae verskil van die tipiese uile deurdat hulle hartvormige eerder as ronde gesigte het. Hulle het ook langer pote en kleiner o, wat donker is en nooit geel soos di van die meeste tipiese uile nie.

Gevlekte ooruil

BO: Die gevlekte ooruil (Bubo africanus), een van ons bekende Afrika-uile, wat van Kenia en Uganda af suidwaarts tot in die Kaap aangetref word. Dit is die verepluime aan sy kop wat hom die naam ooruil besorg het, maar die pluime het in der waarheid niks met sy ore te doen nie. Die ore self is weggesteek tussen die vere aan sy kop.

Bron & Kopiereg: www.SA-Venues.com. Gebruik vir nie-kommersile en opvoedkundige doeleindes word vergun mits die bron s erken word.

Groot horinguil: kuiken en volwasse vol

BO en REGS BO: In die volksmond praat ons soms van iemand wat dom optree as n uilskuiken. Sekere ware uilskuikens, soos die een hierbo, is egter miskien nie wat n mens n toonbeeld van onnoselheid sou noem nie.  Of hoe lyk die donserige snuiter van die groot horinguil (Bubo virginianus) vir jou? Dalk selfs so n bietjie geleerd met sy wit pruik soos di van n ou sekretaris van weleer? Daarnaas is n volwassene van hierdie uilsoort van die Amerikas.

Foto van uilskuiken: Gary M. Stolz / U.S. U.S. Fish and Wildlife Service
Foto van volwasse uil:U.S. National Park Service
 

Sneeu-uilREGS: Die sneeu-uil (Bubo scandiacus) vreet veral lemmings en ander knaagdiere om in die verre noordelike dele van die aarde te oorleef.

Foto: Mike Rabenberg / U.S. Fish and Wildlife Service (foto gewysig

 

Leer om n uil te teken: klik hier
en druk dan die tekenlessie uit op jou drukker.
Illustrasies uit die boek How to Draw Birds, wat hier bestel kan word van DoverPublications.com

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad