Rare reptiele
Verkleurmannetjies
Suutjiestrappers van heinde en ver
 
Hulle kom van Suid-Europa en Arabië tot in Suid-Afrika voor, ook in Indië, Madagaskar en die Seychelle... ’n bonte versameling van  trapsuutjiese, wat selfs nog bonter kan word wanneer hulle kleur op kleur kry...

BO: Meer as 160 trapsuutjies-spesies is bekend, wat in nege genera ingedeel word. Hier klou ’n mannetjie van die eienaardige Jackson se kameleon (Chamaeleo jacksonii) aan ’n paar menslike vingers. Jackson se kameleon, wat inheems in Oos-Afrika is, word soms ook die driehoring-kameleon genoem omdat die mannetjies drie duidelike horings aan die kop het—wat hulle soos bisarre oerdiertjies laat lyk. Anders as die meeste trapsuutjiese wat eierlęend is, bring die wyfies van Jackson se kameleon hul kleintjies lewend in die węreld. Soos ander trapsuutjiese het hierdie spesie ook twee oë wat onafhanklik van mekaar kan beweeg om hul węreld tegelyk aan alle kante te bespied.

Foto: Jay Gunn, met spesiale vergunning aan Mieliestronk.com. ’n Besoek aan sy webwerf, Jays Animal Encounters, word aanbeveel.

Teks deels uit Huisgenoot se Ons Wonderlike Węreld
Foto-kompilasie deur Mieliestronk.com

D

IE skurwe kęrel staan roerloos die vlieg en betrag. Selfs sy twee liederlike puil-oë, wat elkeen sy eie koers kan inslaan en onafhanklik van mekaar in hul kaste kan ronddraai, is nou windskeef gevries. Boonop lyk die stil figuur kompleet soos die ruwe boomtak waarop hy hom tuis gemaak het. En die insek daar op die blaar, net ’n handbreedte van hom af, sal nooit weet wat hom getref het nie.
 
Want meteens skiet die beweginglose klein reptiel sy klewerige tong uit. Waps! Die vlieg word gevang. Dan ingekatrol na die roofdiertjie se bek. Dit gebeur alles so blitsig dat die stomme vlieg nie eens sy skok en misnoeë gonsend kan uitbasuin nie.
 
Maar net so vinnig as wat die jagter sy prooi kon looi, net so loodswaar en stadig stryk hy nou weer aan oor die boombas na ’n nuwe uitkykpos tussen die lower... om ’n ander insek te vang en ook daardie happie onseremonieel vir brekfis te verslind...
 
Met sy trae harmansdrup-manier van loop is dit nie verniet dat hulle hom die trapsuutjies noem nie. Sy ander naam is verkleurmannetjie. ’n Derde naam is kameleon, en hy hoort natuurlik tot die akkedisse.

REGS: Is die vlieg net te rats vir hierdie grasgroen kalant? Dit lyk so op hierdie animasie, maar in werklikheid speel trapsuutjiese gou klaar met vlieë.

DIE benaming verkleurmannetjie het die trapsuutjies te danke aan sy vermoë om van kleur te verander. Sy ruwe vel is dikwels ’n dowwe bruingroen, maar die kleur kan verander wanneer hy skrik of in antwoord op honger of veranderings in die lig, temperatuur en ander dinge in sy omgewing. Sulke kleurveranderings wissel van subtiele verskuiwings in skakerings van bruin tot ’n merkwaardige samespel van groen, blou, oranje en selfs ultraviolet kleure wat nie deur die menslike oog waargeneem kan word nie.
 
Die kleurverandering word veroorsaak deur hormone wat spesiale pigment-houdende selle in die trapsuutjies se vel affekteer. Al hierdie pigmentselle kan hul pigmente vinnig verplaas, wat dan die kleur van die verkleurmannetjie beďnvloed. Maar sy kleur verander nie altyd om by sy omgewing aan te pas, soos algemeen geglo word nie.

Nie asvaal nie, maar skoon swart van die skok

LINKS: As jy baie geskrik het, sal iemand miskien sę jy is asvaal of spierwit in die gesig. Hierdie Mediterreense trapsuutjies (Chamaeleo chamaeleon) het hom egter totaal swart geskrik—en van kop tot tone boonop. Of só het hy in elk geval gelyk nadat hy gered was van honde wat hom wou doodbyt.
Foto deur Rick J Pelleg, wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution ShareAlike 3.0 Unported-lisensie. Gebruik word vergun mits die eienaarskap behoorlik erken en dit slegs versprei word ingevolge ’n lisensie wat verenigbaar met hierdie een is.

Party natuurkenners reken selfs dat die kleurveranderings help met die sosiale kommunikasie van trapsuutjiese van dieselfde spesie. Dié reptiele sou naamlik by tye opvallende kleurpatrone vir ander trapsuutjiese flits, terwyl hulle op ander tye weer gekamoefleer lyk.

As boombewoner is die trapsuutjies se tone, en selfs sy stert, spesiaal só gevorm dat hy blare en takkies maklik daarmee kan vasgryp.
 
Die ware kameleons is almal Ou-Węreldse akkedisse wat in Afrika, Madagaskar, Spanje, Suid-Europa, Arabië, Indië, Sri Lanka en die Seychelle aangetref word. Hulle wissel in lengte van slegs ’n paar sentimeters tot by die 70 cm.
 
Verskeie akkedissoorte in Amerika kan ook van kleur verander, maar hoewel hulle in die omgang kameleons genoem word, is hulle nie ware kameleons nie.

Grootste bielie onder die kameleons

LINKS: Die grootste trapsuutjies op aarde: Parson se kameleon (Calumma parsonii) van Madagaskar. Hier is ’n mannetjie van hierdie spesie van reuse onder die węreld se verkleurmannetjies. Daar is twee subspesies en die grootste van die twee kan tot omtrent 70 cm lank word.

Foto: Christopher J. Raxworthy / NASA

REGS: Kliek-kliek, die kriek word gekiek... die oomblik voordat die klewerige tong van ’n ongenoemde soort trapsuutjies hom vang en inkatrol.

Foto (detail): Jay Gunn /  Jays Animal Encounters

ONDER die verkleurmannetjies wat in ons land voorkom, is dié van die genus Bradypodion (met die betekenis “stadig lopend”), wat soms gesamentlik Suid-Afrikaanse dwergtrapsuutjiese genoem word. Een van hierdie groep is die Kaapse dwergtrapsuutjies  wat tot die gebied rondom Kaapstad beperk is. Ander is byvoorbeeld die Drakensberg-, Karoo-, Knysa-, Transvaal-, Transkei-, Robertson- en Zoeloeland-dwergstrapsuutjiese.

     
Dwerg van die Kaap

LINKS: Behoorlik deur die blare! ’n Wyfie van die Kaapse dwerggtrapsuutjies(Bradypodion pumilum).

Foto deur Michael Wood, wat dit in die Wikipedia-ensiklopedie op die węreldwye web geplaas en tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”).

 

Dit is egter ’n jammerlike toedrag van sake dat trapsuutjiese in Afrika nie altyd beskerm word nie, maar selfs deur sekere mense as ongelukbringers beskou en dus uit die weg geruim word. Maar dit is nie al nie. ’n Aantal jaar gelede was daar nog heelparty van hulle in ons tuine, sę van ons voorstedelike mense, maar vandag sien jy selde een.

Huiskatte speel natuurlik ’n belangrike rol in die uitwissingsproses. Ook die ondeurdagte gebruik van insektedoders, wat nie net goggas doodmaak nie, maar ook die nuttige diertjies wat hulle vreet.
 
Aansluitend hierby sę kenners dat die praktyk om trapsuutjiese as troeteldiere aan te hou, beslis ontmoedig moet word. Bloot die manier waarop hulle water drink—deur dou van blare af te lek, pleks van water uit poeletjies op te slurp—toon dat hulle ekstra-spesiale aandag moet kry of in gevangenskap sal vrek.

Onthou, pleit die kenners, dat reptiele is nie goeie troeteldiere uitmaak soos sekere soogdiere en party soorte voëls nie. Los die verkleurmannetjies dus in die vrye natuur waar hulle na hartelus kan suutjies trap agter vlieë en ander goggatjies aan.



Gesluierd in die Midde-Ooste

REGS: Die Midde-Oosterse sogenaamde gesluierde kameleon of Jemen-kameleon (Chamaeleo calyptratus). Hy word in die bergstreke van Saoedi-Arabië en Jemen in die Arabiese Skiereiland aangetref.

Krediet: Pacific Basin Information Node of the U.S. Geological Survey

 

   
   

 
En dan is daar ook die “verkleurmannetjies” wat glad nie trapsuutjiese is nie...
 

LINKS: Etlike akkedisse wat van kleure kan verander, kom in Amerika voor, maar hulle is glad nie verwant aan ons bekende trapsuutjiese nie. Hulle word nogtans dikwels deur die Amerikaners “chameleons” genoem—en die “green anole” of “Carolina anole” (Anolis carolinensis) op hierdie foto staan selfs ook bekend as die “American chameleon”. Nog ’n eienskap wat hierdie akkedis met die verkleurmannetjies deel, is dat sy oë eweneens onafhanklik van mekaar beweeg.

Foto: Savannah River Site, U.S. Department of Energy

 

Klik hier om teug te keer na die inhoudsblad