Kaapse fynboswęreld (Foto: SA Toerisme)Toerisme in Suid-Afrika
— die attraksies,
die rolspelers,
die wonderlike geleenthede vir vernuftige entrepreneurs

’n Menigte kanse in die toerismebedryf lę net en wag om benut te word. Maar presies wat behels toerisme? En hoe het die bedryf begin en wie is die groot rolspelers?

Foto BO: Kaapse fynboswęreld.
(Kopiereg: SOUTH AFRICAN TOURISM/SUID-AFRIKAANSE TOERISME)


K

OBUS besit ’n minibus en speel lankal met die gedagte om dit vir hom te laat werk. Hy wil oorsese toeriste daarmee in sy omgewing rondneem, hulle die besienswaardighede wys en hulle alte lekker bederf.

En saans, by sy vleisbraaie rondom knetterende wingerdhout-vure, wil hy en sy vrou Magda die buitelanders toegooi met ons unieke gasvryheid en hulle iets van die ware Suid-Afrika laat proe. Dan laat hy hulle boonop in sy gesin se spaarkamer(s) slaap... en sien hy week ná week hoe die dollars en euro’s inrol...

Kobus het regtig nie veel om te verloor as hy sy idee op die proef wil stel nie. Hy het glad nie die węreld se geld nodig om met só ’n onderneming te begin nie, wat uitsonderlik is in ’n węreld waarin groot geld meestal gewaag moet word om ’n nuwe besigheid op die been te bring.

Boonop sal Kobus sy kragte inwerp in ’n lewenskragtige industrie wat lankal besig is om een van ons land se belangikste bedrywe te word en wat allerhande nuwe geleenthede vir entrepreneurs skep. Wie ’n behoefte in hierdie nog betreklik nuwe mark raaksien, en planne kan uitvoer om daardie behoefte te bevredig, vir hom of haar wag daar heelwat winste om die draai, meen die kenners.

Die internasionale reis- en toerismebedryf sorg jaarliks vir ’n besteding van letterlik biljoene rande en dis nie verniet dat nagenoeg een uit elke tien werkers op aarde in ondernemings is wat daarmee verband hou nie. Meer Suid-Afrikaners kan mos ook hul deeltjie hiervan opeis.

Soos een Suid-Afrikaanse geleerde dit al gestel het: “Om jou in toerisme te begewe, is harde werk, maar het die mense van ons stoffasie nou al ooit vir harde werk geskrik?

Toerisme in die breë—wat behels dit?

ALLE toeriste is besoekers. Tog word toeriste amptelik van gewone besoekers onderskei as mense wat langer as een nag oorbly in die land waar hulle aandoen.

Toerisme is vandag nie net bes moontlik die węreld se grootste bedryf nie, maar sorg ook vir die grootste vloei van mense oor die oppervlak van die aarde heen. Dit is dus ’n belangrike instrument om verandering op ons planeet teweeg te bring, terwyl party mense dit as een van die mees sigbare manifestasies van globalisering beskou.

Toeriste en die ontwikkeling van toerisme raak feitlik elke land op die aardbol. Reisigers uit anderland beďnvloed gemeenskappe, omgewings en ekonomieë, baiemaal ten goede, maar soms ook op sorgwekkende maniere. Terselfdertyd is toerisme ’n bron van groot pret en genot vir honderde miljoene mense en smee dit bande tussen mense van verskillende węrelddele en kulture.

In die toerismebedryf is daar talle verskillende sektore, wat op die private soveel as die openbare terrein fungeer. Ander bedrywe—soos die vervaardigingsbedryf, boubedryf en die landbou—is ook nou betrokke by die verskaffing van dinge en dienste wat toeriste nodig het.

Ekotoerisme is ’n woord wat vandag baie gebruik word vir reise na natuurgebiede om skaars en pragtige ekosisteme te ervaar. Die belangrikste attraksie is die gehalte en uniekheid van die natuurlike omgewing.

Geskiedenis van die internasionale en Suid-Afrikaanse toerismebedryf

TOERIS” en “toerisme” is vandag alledaagse woorde, maar hulle is interessant genoeg in 1937 die eerste keer gebruik. Dit was deur die ou Volkebond (die internasionale organisasie wat die voorloper van die Verenigde Nasies was) wat daarmee mense aangedui het wat vir langer as 24 uur na die buiteland gegaan het. Die toeriste-verskynsel en die bedryf wat daarmee saamgaan, is egter baie ouer.

Trouens, toerisme is reeds so oud as die bestaan van menslike reise—al word koning George III van Engeland baiemaal as die eerste toeris beskou. Koning George (1738-1820) het naamlik gereeld met vakansie na die kusoord Weymouth uitgewyk wanneer hy nie te gesond gevoel het nie. Tog sou ’n mens selfs die besoek van die koningin van Skeba aan koning Salomo in die Bybelse tyd reeds as toerisme kan beskou.

Om die waarheid te sę, ryk mense het nog altyd na afgeleë węreldddele gereis om indrukwekkende geboue en ander kunswerke te besigtig, nuwe tale te leer of nuwe geregte te proe. In die tyd van die Romeinse Republiek was plekke soos Baiae gesogte kusooorde vir die welgesteldes.

Ook Marco Polo se reise na die Ooste in die dertiende eeu en David Livingstone s’n deur Afrika in die 1900’s is voorbeelde van vroeë toerisme. Die Brit Thomas Cook word deur baie mense as die stigter van inklusiewe toere beskou vanweë sy gebruik van ’n gehuurde trein in 1841 om toeriste van Leicester na Loughborough in Engeland te vervoer. Die sukses van hierdie ekskursie het tot die stigting van die bekende Thomas Cook-reisagentskap gelei.

Die toerismebedryf soos ons dit ken, het egter eers ná die Tweede Węreldoorlog tot stand gekom—as gevolg van verskeie faktore soos verbeterde lewensomstandighede en die ontstaan van gespesialiseerde toeroperateurs wat buitelandse vakansies ook vir gewone mense (en nie net vir die rykes nie) moontlik gemaak het.

Hierdie praktyk het ook uitgekring na Suid-Afrika, waar dit sedert die jare sewentig werklik hoogmode geraak het om Europa te besoek—of die Ooste, die Nuwe Węreld en selfs nader bestemmings soos Mauritius.

In die jare vyftig was die gemiddelde Suid-Afrikaanse blanke gesin uit die binneland nog doodtevrede om vir ’n maand in ’n tent in, sę, Humewood by Port Elizabeth te gaan kampeer. Twintig jaar later was dit nie meer naastenby so respektabel as ’n besoek aan Londen, Switserland, Venesië en die Griekse eilande nie.

Groot rolspelers in die moderne internasionale en Suid-Afrikaanse toerismebedryf en hoe ons land by toerisme baat vind

DIT het spoedig geblyk dat dit nodig was om die breë internasionale toerismebedryf onder een oorkoepelende liggaam saam te snoer. Die Węreld-Toerisme-Organisasie (WTO) is dan ook op 2 Januarie 1975 in die lewe geroep vir die bevordering van toerisme om ekonomiese ontwikkeling, begrip tussen kulture en vreedsame verkeer tussen verskillende nasionaliteite aan te moedig. Die organisasie word deur die Verenigde Nasies ondersteun en sy hoofkantoor is in Madrid, Spanje.

Die WTO versamel inligting oor toerisme en bied tegniese steun en bestuurshulp aan sy baie lidlande en geaffilieerde lede in ’n węreld wat deesdae eintlik baie klein geword het. Dink byvoorbeeld daaraan dat Londen en Johannesburg vandag ’n skamele elf uur per straler van mekaar verwyder is (teenoor ’n paar maande in die ou dae). Lugreise raak boonop ál goedkoper—relatief gesproke—wat meebring dat steeds meer mense buitelandse reise onderneem.

In die Suid-Afrikaanse regering is dit die Departement van Omgewingsake en Toerisme, onder mnr. Marthinus van Schalkwyk as die minister en me. Joyce Mabudafhasi as sy adjunk, wat toerisme in ons land moet bevorder en aangeleenthede daaromtrent moet koördineer.

South African Tourism (SA Toerisme) is die amptelike internasionale bemakingsorganisasie wat Suid-Afrika as ’n toeristebestemming moet aanprys. Die organisasie bemark ons land se natuurskoon, groot verskeidenheid van wilde diere, kaleidoskoop van kulture en erfenisse, buiteluglewe, geleenthede vir sportbeoefening en avontuurtogte, ekotoerisme en konferensiegeriewe. Bemarking word deur middel van internasionale kantore węreldwyd gedoen, byvoorbeeld in Londen, Frankfurt, Amsterdam, Parys, Milaan, Sydney, New York en Tokio.

Daarbenewens is daar ’n kolossale binnelandse netwerk van reisburo’s, busdienste, hotelle, bed-en-ontbyt-herberge, ontspanningsoorde, vakansieplase, wildtuine, vermaaklikheidsentrums en ’n duisternis ander ondernemings wat almal daarop ingestel is om hul eie bepaalde happe of happies uit die enorme Suid-Afrikaanse toerisme-koek te neem.

Toerisme dra 4,6 persent tot die bruto binnelandse produk van Suid-Afrika by, terwyl die bedryf 550 000 mense in diens het. Elke nege toeriste in ons land skep een regstreekse en twee onregstreekse werkgeleenthede.

Maar waarvandaan kom die buitelanders wat SA besoek?

SYFERS wat deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) uitgereik is oor die buitelanders wat ons land in byvoorbeeld ’n maand soos Maart 2005 besoek het, bied ons ’n interessante blik op die teenswoordige Suid-Afrikaanse toerismebedryf.

Altesame 623.978 buitelandse besoekers het in dié maand Suid-Afrika aangedoen. Die grootste getal uit ’n enkele oorsese land (54.437) was uit Brittanje. Tog was daar 426.294 besoekers uit Afrika—mense wat ongelukkig nie die koopkrag het van die relatief ryk Europeërs nie. Volgens ’n waarnemer kom die meeste Afrikane uit buurlande hierheen vir sportbyeenkomste en inkopies en gaan hulle by families tuis, nie in hotelle en dies meer nie.

Die uitdaging is egter nie om hierdie Afrika-stroom te verminder nie, allermins, maar om veel meer toeriste te lok uit die ontwikkelde węreld wat hul dollars en euro’s heel gewillig hier kan kom verkwis!

Die gewildste toeristebestemmings in SA

’N WĘRELD in een land”—só word Suid-Afrika as toeristebestemming dikwels beskryf. Van die Kaapse fynbos en die Karoobossies tot Hoëveldse grasvlaktes en die KwaZulu-Natalse piesangwęreld is daar ’n skouspelagtige uiteenlopendheid in die natuur waarmee beslis nie alle lande kan spog nie. Boonop is ons land se mense van so ’n bonte verskeidenheid van kulture en herkomste dat Suid-Afrikaners as die “reënboognasie” bekend geraak het.

Maar wat sal nou as die heel belangrikste toeristebestemmings in Suid-Afrika beskou word, die attraksies wat feitlik ’n móét in elke toerisme-brosjure is wat oor ons land saamgestel word?

Oor Tafelberg in die Kaap sal niemand twyfel nie. Elkeen se asem moet eenvoudig weggeslaan word deur die uitsigte vanaf die sowat kilometer hoë wagter oor die Moederstad, waarvan die kruin per kalbelkar bereik kan word.

Die Kaap huisves boonop die geskiedkundige Kasteel, wat in 1679 voltooi is in die tyd van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Hier is ook die Victoria & Alfred Waterfront en die węreldberoemde Nasionale Botaniese Tuin Kirstenbosch. Kaappunt en die Wes-Kaapse wingerde is nog gesogte besoekplekke.

En dan is daar natuurlik Robbeneiland, net buite Tafelbaai, waar duisende plaaslike en internasionale toeriste al die ou gevangenis van oud-pres. Nelson Mandela besoek het.

Die pragtige, 220 km lange Tuinroete lę uitgestrek aan die Suid-Afrikaanse suidkus, die hele ent vanaf Mosselbaai tot by die Tsitsikammawoud en die Stormsrivier. Die betreklik nabygeleë volstruisplase en Kangogrotte [REGS] van Oudtshoorn durf ook nie oorgeslaan te word nie.
(Kopiereg: SOUTH AFRICAN TOURISM/SUID-AFRIKAANSE TOERISME)

Teen die ooskus op na KwaZulu-Natal, bereik ons Durban, die speelplek van Suid-Afrika, met sy bedrywige strandfront, riksjas en nog wat. En dan is die wonderlike Drakensberg die getuienis van ’n kataklismiese vulkaniese uitbarsting in lank vergange eeue wat die aangesig van Suid-Afrika onherroeplik verander het.

REGS: Olifant in die Kruger-wildtuin.
(Kopiereg: SOUTH AFRICAN TOURISM/SUID-AFRIKAANSE TOERISME)

   
Verspreid oor Suid-Afrika is daar boonop altesaam sewentien wildtuine, met die Kruger-wildtuin in Mpumalanga en Limpopo die koning van hulle almal. Die Kruger-wildtuin se yslike 19 585 vk. km (die wildtuin is groter as Israel) is onder meer die tuiste van nagenoeg 140 soogdierspesies, 114 soorte reptiele en 450 voëlspesies.

Bergklim, perdry, gholf, hengel, fietsry, staptoere, noem maar op—Suid-Afrika bied omtrent alles wat die buitelug-mens verlang. En vir teaterliefhebbers is daar oorgenoeg opvoerings vir allerhande smake, hetsy Europees of Afrika-georiënteerd. ’n Casino-speelplek soos Sun City in Noordwes het weer ’n ander aanhang.

Die noodsaak van volhoubaarheid en hoe ons toerisme kan bevorder

VOLHOUBARE toerisme kan beskryf word as ’n proses wat ontwikkeling laat plaasvind sonder dat die hulpbronne geskend of uitgeput raak wat daardie ontwikkeling moontlik gemaak het. Daar is byvoorbeeld groot kommer oor die toestand van die Kangogrotte, naby Oudsthoorn, waar baie druipstene oor die jare deur besoekers verniel en selfs verwyder is.

Die inagneming van die onderlinge afhanklikheid tussen toerisme en die omgewing, asook tussen toerisme en kultuurerfenisse, is dus van wesenlike belang waar toerismebeleide ook al geformuleer word.

Daar is geen rede om te vermoed dat Suid-Afrika se gewildheid as ’n toeristebestemming gaan afneem nie, al is ons land ongelukkig nog lank nie onder die voorste toeristelande op aarde nie. Om die waarheid te sę daar is aanduidings dat dit in die toekoms nog van krag tot krag kan gaan en die uitdaging is om dit alles binne ’n volhoubare raamwerk te laat gebeur.

Suid-Afrikaners is beslis ook nie ongeneë om hul vlerke in hierdie bedryf te sprei nie. Só het die Zorgvliet-groep van Stellenbosch in 2005 een van die voorste reisagentskappe in Brittanje oorgeneem om die groep se belange in die internasionale arena uit te brei. Die Zorgvliet-groep bestaan uit onder meer die Zorgvliet-wynlandgoed, die Ka'Ingo-wildplaas in die Limpopo en die Riviera on Vaal Hotel- en Konferensie-oord by Vereeniging. Die Britse reisagentskap wat oorgeneem is, is St. Andrews Travel, wat vereer is as die beste Britse reisagent vir 2005.

Mnr. Mac van der Merwe, besturende direkteur van die Zorgvlietgroep, het ’n interessante siening oor ons vooruitsigte op die gebied van toerisme. Hy het aan die Kaapse koerant Die Burger gesę: “Europeërs het baie opsies, en ons moet die feit aanvaar dat ons die posisie as voorkeurbestemming sal moet verdien. Daar is ’n aantal negatiewe faktore wat ons sal moet verander. Die opvatting oor veiligheid sal verander moet word, asook die ingesteldheid van Suid-Afrikaners teenoor besoekers, en of ons reisprodukte waarde vir geld bied.”

Alle denkende Suid-Afrikaners sal met die toerisme-mense moet saamstem dat ons land eerder vroeër as later sy regmatige plek in die gallery van die węreld se top-toeristebestemmings moet inneem. Mense met blink idees moet net uitspring en werk maak van hul planne.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad