|
Die
wêreld oor 20 jaar |
|
|
DIS sowat twintig jaar in die toekoms en jou krag is aan die afneem. Nie jou liggaamskrag nie, maar die krag in jou skoen se hak. Om die elektroniese opwekkers in die hak te laai, moet jy net weer ’n slag lekker vinnig om die blok loop Dan
kan die klein rekenaartjie wat jou hele lewe beheer weer optimaal aan
die werk kom. Die
rekenaartjie sit weggesteek in die lyfband om jou middel, met sy
ontsaglike geheue op hardeskywe geberg. Dié skywe is so groot soos
kredietkaarte en sit binne-in jou skouer-kussinkies.
Boonop
is die rekenaar per radio met die Internet verbind, en dit maak van jou
’n volwaardige burger van die sogenaamde wêrelddorpie (“global
village”). Jou
internet-verbinding is egter ewe onopsigtelik. Versteek in ’n
lapelknopie sit ’n piepklein mikrofoontjie wat jou met die res van die
aardbol koppel, en deur spesiale lense voor jou oë sien jy letterlik
die wêreld deur ’n nuwe bril. Dit is aan ’n uiters klein kameratjie
gekoppel wat gedurig die omgewing waarneem waarin jy jou bevind. Grafies voorgestel, sien ons hieronder hoe die “elektroniese jy” van die toekoms funksioneer:
Maar presies hoe werk hierdie verskillende komponente van die volgende revolusie in die rekenaar-eeu waarvan prototipes al in Amerika ontwikkel is? Of
ons dit nou reg begryp of nie, ons gaan ’n tegnologiese omwenteling
tegemoet wat vinniger en ingrypender is as enige wat die mensdom nog
ooit beleef het . . . ••• •• • • • • • • • • GESTEL
byvoorbeeld jy is ’n Gautengse wetenskaplike wat ’n internasionale
konferensie in die Kaap moet bywoon en jy merk ’n bekende tussen die
konferensiegangers op, maar jy kan eenvoudig nie op die persoon se naam
kom nie. ’n
Oogwink later verskyn hierdie inligting aan die onderkant van jou bril:
"Prof. dr. Koos van der Merwe D.Sc., D.Phil., briljante
Suid-Afrikaanse uitgewekene van Hamburg, Duitsland, en ontdekker van die
pil Remiehzla, wat in sommige gevalle Alzheimer kan genees. Getroud met
Gizella Möhr, drie kinders. ’n Geesdriftige teler van herdershonde en
lief vir sy potjie gholf en Chinese kos. Julle het mekaar op 6 Junie
2027 by ’n konferensie in Hongkong ontmoet.'' Die
woorde op die mikroskermpie kan ewe goed gelees word as dié wat op
’n konvensionele rekenaarskerm verskyn.
Of
dalk is jy in Taiwan op ’n sakebesoek, maar jy kan, soos die meeste
van ons, geen stomme woord Chinees praat nie. Tog wil jy die mense met
wie jy gaan sake doen in Chinees groet net om hulle in ’n gemoedelike
stemming te plaas. Al wat jy doen, is om in Afrikaans in die
mikrofoontjie in jou lapelknopie te praat—en deur middel van die
Internet word jou woorde oombliklik in Chinees vertaal. Verbysterend?
Inderdaad. Dit wat geleerdes vandag “draagbare intelligensie” noem,
kan ’n toekoms beteken waarin selfs die Eskimo van Lapland, die
Inboorling van Australië, die Argentyn van Patagonië en die Tibetaan
van Tibet sonder enige probleme hoegenaamd elk in sy eie taal met mekaar
sal kan gesels. Dit
behels ook: • Dat
’n mens oral op aarde oombliklik met wie ook al kontak sal kan maak,
vinniger en makliker as selfs met enige van die kommunikasiemiddele wat
ons vandag gebruik.
Boodskappe sal egter ook gefiltreer kan word, sodat jy nie tydig en
ontydig deur mense met onbenullige dinge lastig geval word nie. • Dit beteken
verder dat, sê maar, die Suid-Afrikaanse reisiger in
Timboektoe in gedurige verbinding met sy makelaar in Johannesburg kan
bly om op die hoogte te bly van die jongste aandelepryse. • Dat
dit onmoontlik sal wees om ’n vreemde stad en selfs in ’n vreemde
land te verdwaal. Die kameratjie aan jou bril sal jou omgewing met die
beelde op satellietfoto’s vergelyk en die stem in jou oor sal jou
sagkens in die regte rigting lei.
'n Mens kan net jou hande saamslaan as jy hoor hoe gesofistikeerd
satellietfoto’s reeds besig is om te word.
Daar
is reeds
’n swerm kommunikasiesatelliete wat in ’n teenoorgestelde
rigting wentel as wat die aarde draai (en dus relatief tot ons planeet
op dieselfde plek in die hemelruim bly). Daar gaan ’n tyd kom, word gesê,
• Verder
beteken “draagbare intelligensie” dat selfs die klere wat By
die hospitaal kan jy dan met behulp van ander gevorderde tegnologiese
middele in ’n japtrap
gesond gemaak word. Die dokter sal byvoorbeeld sogenaamde “nano-robotte’’—mikro-masjientjies—in jou bloedstroom instuur wat die
cholesterol wegkerf wat besig is om jou are te verstop. Dis maar net sekere van die verstommende verwagtinge vir ’n toekoms wat straks nog vreemder dinge kan oplewer as enigiets wat ons ooit in ons wildste drome kon voorsien het. |