Tarentaal
Die gespikkelde fenomeen van die Afrika-bos

Met sy kaal kop, spikkels en horing op die kop draf hy sy haastige draf agter sade en plantbolle aan. Maar hy is ook lief vir insekte, en bosluise is sy poeding. As jy jou hond luisvry wil hou, s hulle, ontbied n tarentaal!

Numida meleagris meleagris

BO: Kos onder elke bos en nagereg agter elke klippie... tarentale is nie alte kieskeurig oor hul weiveld nie. Waar daar n groenigheidjie en n insekte-doenigheidjie is, sal hulle al pikkende aanstap soos dit propperse lede van die hoenderfamilie betaam (hoewel hulle en ons mak hoenders glo nie juis maats is nie). Hierdie twee gehelmde kalante (Numida meleagris meleagris) wei in die Mpila-kamp van Imfolozi-wildtuin in KwaZulu-Natal.

Foto met spesiale vergunning aan Mieliestronk.com: Francois Dreyer
Sy tarentaal-foto is hier te kry by flickr op die wreldwye web. Besoek ook Francois se indrukwekkende foto-album op flickr by hierdie skakel: http://www.flickr.com/photos/francoisdreyer/

 

Ou gravure van 'n Madagaskar-tarentaal (Numida mitrata,  ook genoem Numida meleagris)

BO: Tarentale is eintlik van Afrika, maar is lankal ook plek-plek elders op aarde geen onbekendes nie.

Gravure uit The American Poulterer's Companion, 1863

I

N DIE storietjie skuins regs hieronder word vertel van n vernuftigtige tarentaalwat n haas, van alle diere, ore aangesit het! Dit is n fabel uit Wes-Afrika en bevat n belangrike les teen oneerlikheid. Jy kan wel ook s dat die tarentaal toe vir die haas kaalkop die waarheid vertel het!

 

Tarentaal wys Haas wies baas
 

TARENTAAL kan dit maar net nie aanvaar dat Haas hom so ingeloop het nie. Hy wat Tarentaal is, het hom oor n boeg gewerk om n goeie oes van eetbare knolle op sy plaas te verseker, en toe kom die luie lummel van n Haas en hy vat Tarentaal se plaas.


Sommer net so!


Haas het naamlik die hoofman van die stat bedrieg. Die hoofman moes skeidsregter speel en besluit wie die ware baas van die plaas is. Maar Haas en sy gesin het vantevore heimlik n voetpad van sy huis af uitgetrap na die landerye waar die knolplante gegroei het. En as gevolg van die voetpad  is Haas toe deur die hoofman as die plaaseienaar aangewys. Die voetpad sou mos bewys dat Haas die eintlike plaasboer is!


Tarentaal, wat altyd na sy plante gevlieg het, het in die proses natuurlik geen spoor nagelaat wat as bewys van sy harde werk en dus van sy eienaarskap van die plaas kon dien nie.


Hierdie fabel uit Wes-Afrika het darem n gelukkige einde vir Tarentaal. Telkens wanneer Haas daarna van die knolle oes, kom Tarentaal aangevlieg en laai die mandjies knolle op sy kop en vlieg summier daarmee weg na sy eie huis. Weer moet die hoofman beslishierdie keer aan wie die baie mandjies knolle dan behoort.


Die hoofman se uitspraak: As iemand in sy lewe al baie mandjies op sy kop gedra het, moet sy kop vanselfsprekend die bewyse daarvan toon. En, ja kyk, Tarentaal het n kaal kop, maar Haas se kop is vol hare. Daarom behoort die knolle alles aan Tarentaal!


Jy kan wel s dat Tarentaal toe vir Haas kaalkop die waarheid vertel het! 

 

 

Die kop van die tarentaalKaalkop? Inderdaad. Die veerlose kop van een van Afrika se interessantste vols is een van sy vernaamste kenmerketesame met  die helm, n eienaardige horingagtige uitsteeksel bo-op die kop. Voorts het hy n fisantagtige voorkoms: n blougrys en witgespikkelde veredos.

Maar die tarentaal is eintlik n verstommend vinnige hardloper en sal eerder vir sy roofvyande weghardloop as om van hulle af weg te vlieg. Dit is dus amper verbasend dat hy sy vlerke en nie sy pote nie gebruik het om die onderduimse haas in die fabel op sy plek te sit.

Hierdie hoendervolwerklik byna so groot soos n hoenderis n tipiese Afrika-vol. n Stuk of sewe spesies kom verspreid oor die hele vasteland van Afrika, op Madagaskar en op ander eilande in die Indiese Oseaan voor.

Die grootste lid van die familie is die 60 cm groot aasvol-tarentaal, Acryllium vulturinum, van die tropiese Oos-Afrika. Daar is egter volkenners wat reken dat Wes-Afrika die tarentaal se oorspronklike hougebied waseinste die plek waar die fabel ontstaan het wat ons in die donkerblou gekleurde raam hierby opgesom het.

In Suid-Afrika kry ons slegs twee soorte. In KwaZulu-Natal tot by die Zambezi tref ons die Zambezi-kuifkop-tarentaal  aan, terwyl ons in verskillende dele van ons land ook n paar ondersoorte van die Madagaskar-tarentaal vind.

Tarentale is in Suid-Afrika gewilde jagvols. Hulle is lief vir boswreld en leef van insekte, sade en plantbolle.

Die twee geslagte se kleure is dieselfde. Trouens, dit is moeilik om die volwasse mannetjies en wyfies van mekaar te onderskei. Die mannetjies is geneig om n growwer kop en groter helm te h, asook dikker belle.

Die roepe wat tarentale maak nadat hulle ouer as twee maande is, kan ook help om die vols se geslag te bepaal. Die wyfie maak n tweelettergrepige geluid wat soos "bak-kwiet", "bak-kwiet" klink, terwyl die mannetjie sn n eenlettergrepige gil is. Opgewonde wyfies gil egter ook.

Die Afrikaanse dertiger-digter Totius het in een van sy bekende gedigte die roep van die tarentaal baie beskrywend met n kruiwawiel se skreeugeluid vergelyk!

Aasvol-tarentaalHoewel hy eintlik van ons wreld is, het die tarentaal ook gemigreer en hom selfs n gewilde huisdier in Amerika en Europa gaan bewys. Plek-plek loop die tarentale daar saam met die hoenders en kalkoene, ofskoon hulle ook weer maklik wild word. Om die waarheid te s, mak tarentale is eintlik maar senuagtige raasbekke en dus word hulle nie in baie lande op groot skaal kommersieel geteel nie. Uitsonderings is lande soos Frankryk, Itali en Belgi, waar met groot getalle geboer word, asook Kanada.

Tarentaaleiers broei binne 26 tot 28 dae uit. Tarentaalboere gebruik hoenderhenne om met die broeiwerk te help, omdat die tarentaalwyfie dikwels haar nes sal verlaat nadat slegs n paar tarentaalkuikens uit die eiers gekruip het. Twintig eiers kan onder n groot hoenderhen geplaas word.

Wit tarentaalVan die drie makgemaakte tarentaal-variteitedie prel-tarentaal, die wit tarentaal en die laventel-tarentaalis die pers-grys prel-tarentaal die algemeenste.

DAAR is n interessante legende oor die naam van ons bekende Madagaskar-tarentaal. Sy wetenskaplike naam is Numida mitrata, maar hy word ook Numida meleagris genoem. Meleager was n figuur in die Griekse miologie en die seun van Oideus. Toe Meleager dood is, was sy suster so bedroef dat sy verander het in n vol waarvan die vere met trane bedrup was. Hierdie vol was die tarentaal.

Vanwe hierdie ou legende en ander beskrywings weet ons verseker dat die tarentaal reeds in ou Griekeland bekend was. Trouens, die ou skrywers beskryf die tarentale so goed dat n mens maklik die verskillende soorte kan herken. Maar n die Romeinse tyd is daar in die Griekse letterkunde baie minder verwysings na hierdie soort vols, wat kan beteken dat hulle baie minder kon geword het of selfs in daardie wrelddeel uitgesterf het.

Dit is einste die Madagaskar-tarentaal wat kort n die Westerlinge se ontdekking van Amerika in die Nuwe Wreld ingevoer is. Die mak tarentale het so goed in daardie geweste geaard dat hulle gou aangeteel en naderhand weer heeltemal wild geword het.

Tarentale word as gesellige vols beskryf. Hulle kom altyd in troppe voor. Hulle word geredelik mak, maar hou van ruimte en n mens moenie probeer om hulle op hok te hou nie. Hulle hou ook nie rrig van hoenders nie en baklei met hulle, word vertel.

In Engels word die tarentaal n guinea-fowl genoem, en dit is waarskynlik geregverdig om af te lei dat dit iets met Guinee in Wes-Afrika te doen het. Die Nederlandse benamings vir die vol is poelepetaat, poelepintade of poelepetane. Dit kom uit die Frans: poule pintade (poule beteken hoender en pintade beteken gespikkeld).

In Afrikaans ken ons ook poelpetaan en poelpetater, maar oor die benaming tarentaal is daar veral n interessante teorie. Die vol sou aanvanklik as die Terra Natal-vol bekend gestaan het (die vol van die land van Natal), wat toe volksetimologies tot tarentaal vervorm is.

Terra Natal ... tarentaal. Die laasgenoemde l mos heelwat lekkerder op die tong!

  Tarentale word ingedeel in die phylum Chordata, subphylum Vertebrata, klas Aves, orde Galliformes, familie Numididae.

Tarentaalvere in die Kaap

BO: Vere van tarentale wat in n Kaapstadse voorstad wild op die oop veldjies tussen die woonhuise rondloop.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad