SY: Die glansproduk van

 

die sywurm

’n Sywurm en ’n sykokon bo-op moerbeiblare

 

REGS: ’n Sywurm en ’n sykokon bo-op moerbeiblare.

Sywurms

LINKS: ’n Aantal sywurms doen wat hulle die beste kan doenvreet.

Foto deur Fastily, wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die wÍreldwye web gelisensieer het ingevolge die bepalings van die  Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0-lisensie


Die sywurm is geen ware wurm nie, maar die rusper of larwe van die sywurmmot. En die pragtige en duursame sy wat van sy gespinde drade geweef word, loŽnstraf die naÔewe opvatting dat alle insekte op aarde, buiten miskien die bye, blote peste en die mens se onverbiddelike vyande is . . .


DIS nagenoeg 2 700 v.C. en die Chinese keiserin Si Ling-Shi wandel in haar tuin waarin daar baie moerbeibome groei. Toe, aan een van die bome, gewaar sy ’n rusper wat besig is om ’n blink kokon om homself te weef. En die keiserin pluk die kokon van die boom af.

Volgens ’n ander weergawe van die verhaal het sy in die skaduwee van ’n moerbeiboom sit en tee drink toe ’n kokon in haar koppie val. Hoe ook al, die keiserin bestudeer die kokon en kom agter dat sy ’n lang, dun draadjie, wat verbasend sterk is, daarvan kan afdraai.

 

Oosterse vrou vir wie sy baie belangrik is
BO: Vir vroue van die Ooste draai die lewe dikwels om sy. Dit kan die geskenk aan ’n eersgebore kind, die bruid se versiering of bruidskat en uiteindelik die gestorwene se doodskleed wees.
 

 

Watter pragtige klere kan daar nie gemaak word as materiaal van hierdie draadjies geweef word nie! dink sy.

Si Ling-Shi se man skenk haar hierna sommer ’n hele bos moerbeibome en sy begin met sywurms boer. Spoedig het sy genoeg van die kokonne se sydrade afgewen om die eerste symateriaal te maak.

Sů is systof, volgens die legende, in die Oudheid in Noord-China ontdek, maar geskiedkundiges sal seker nooit kan vasstel presies hoeveel waarheid daarin steek nie. Dit wil egter voorkom of die Chinese die geheim van sy 2.000 jaar lank jaloers bewaar het.

Eers sou slegs die vorstegesin toegelaat gewees het om klere te dra wat van hierdie ryk stof gemaak is. Om hul kuns vir hulself te hou het die Chinese fantastiese stories oor die oorsprong van sy opgedis vir mense wat gevra het waar dit dan vandaan kom.

Die stof het ’n duur luukse geword wat slegs die rykstes kon bekostig. Sedertdien was die sybedryf altyd ’n toonaangewende industrie in China.

Die geheim is, word vertel, uiteindelik aan die EuropeŽrs uitgelap toe twee monnike sywurmeiers in hol kieries uit China gesmokkel het. Teen die negende eeu was die kuns feitlik in die hele Klein-AsiŽ bekend. Dit het na Afrika, Portugal, Spanje en ItaliŽ versprei. Frankryk het in die veertiende eeu sy geproduseer en Engeland in die sestiende eeu.

Sy was eenmaal die mees gesogte kledingstof op aarde, hierdie produk uit die binneste van ’n nederige wurm (wat eintlik geen wurm is nie, maar die larwe van die sywurmmot). Die vervaardiging van nuwe, sintetiese stowwe wat sy op verskeie maniere oortref, het die sybedryf egter ’n geweldige knou toegedien.

Maar die romantiek van sy is steeds gevestig in die keurigste kledingstukke, soos trourokke, waarvan die ''sy en satyn'' selfs in ’n bekende ou liedjie besing word. En die glansende weelde wat die mens uit die produk van ’n onaansienlike insek geskep het, loŽnstraf die opvatting dat alle goggas op aarde, buiten miskien die bye, as ons onverbiddelike vyande beskou moet word.

Omstreeks 100 vC het die Sy-roete ontstaan—'n antieke roete wat China en Europa met mekaar verbind het. Nie net is goedere op die verskillende paaie van die roete vervoer nie, maar ook idees is in die proses uitgeruil. Die Sy-roete het in der waarheid 'n kanaal vir die verspreiding van kennis, kulture en denke tussen die Ooste en Weste geword.
 

Die Sy-roete

Kaart van die Sy-roeteREGS: Die netwerk van handelsweŽ wat Oos en Wes verbind het en as die Sy-roete bekend gestaan het (hoewel nie slegs sy daarlangs vervoer is nie, maar baie ander dinge). Die landweŽ word in rooi aangedui en die seeweŽ (of waterweŽ) in blou.

Kaart deur Ѕan Roze (Wikiality123), wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die web uitgeplaas het en kopiŽring, verspreiding en/of modifikasie vergun ingevolge die bepalings van die GNU Free Documentation License, Weergawe 1.2 of enige latere weergawe wat deur die Free Software Foundation gepubliseer word. Name verafrikaans deur Mieliestronk.com.

DIE Sy-roete—'n 12 800 km lange roete van die Ooste na die Weste—was geen enkele pad nie, maar het plek-plek in verskillende paaie verdeel. By sekere punte het dit ook by ander handelsroetes aangesluit om ’n uitgebreide netwerk van handelsweŽ te vorm wat onderling met mekaar verbind was. Daar was boonop eintlik verskillende roetes oor land en oor die see.

Die roete oor land het by Tsjangan (vandag Xian) in Oos-China begin, die Gansoe-korridor deurkruis—'n vrugbare landgordel aan die Gobi-woestyn—en dan in twee verskillende paaie gevurk om die kante van die Tarim-bekken te volg—'n barre wildernis met hoŽ berge en 'n onherbergsame woestyn daarbinne. Die hele bekken word deur uiterste temperature, skuiwende sandduine en verblindende sandstorms gekenmerk.

Asof die ongenadige omgewing nie genoeg was nie, moes die karavane ook nog rowerbendes die hoof bied.

Met die gevaarlike bekken agter die rug, kon reisigers nou kies of hulle die Karakoramberge na IndiŽ wou oorsteek, of die ruwe Pamirberge na Turkestan.

Op altwee bergreekse, met hul spitse vol ys en sneeu en diep spoelklowe, woed daar ongenadige winde en sneeustorms, en daar is ook sneeustortings. Die pad het dikwels vernou tot weinig meer as 'n smal rotslys teen die afgrond.

Die suidelike roete (oor die Karakoram) het daarna deur Baktra gegaan, 'n belangrike handelsentrum waar goedere van IndiŽ, die Midde-Ooste, Europa, China en MaleisiŽ aangebied is. Die noordelike pad (oor die Pamir) het vervolgens deur Samarkand ge≠loop, in die huidige Oesbekistan, waarna die twee paaie saamgeloop en voortgegaan het oor Iran (toe 'n deel van PersiŽ).

By Ravy (naby die huidige Iranse hoofstad) het die Sy-roete verdeel, met een pad noordwaarts na die Swart See en die ander een na MesopotamiŽ. Van MesopotamiŽ af het die pad gevurk na Turkye en die hawens Tirus en AntiochiŽ aan die Middellandse See, van waar die sygoedere per skip na Rome, VenesiŽ, Genua en Griekeland vervoer is.

As alles goed verloop het, is die reis van Oos na Wes binne drie jaar afgelÍ. Maar nie almal was so gelukkig nie. Soos een reisiger dit beskryf het: “Dit was vir 'n mens onmoontlik om die pad te ken as dit nie vir die dooies se ontbindende beendere was wat vir jou die weg aangewys het nie.”

Namate Šl meer karavane van handelaars op die Sy-roete beweeg het, is wel kastele gebou om hulle te beskerm. Soms het rowers dit egter reggekry om die kastele oor te neem, en dan is niksvermoedende reisigers oorval en van hul kosbare ware beroof. Dit was net die belofte van reuse-winste aan die einde van die pad wat die handel lewend gehou het.

En praat van duur. Die prys van sy in Europa was iets ysliks. Tiberius Nero, wat die keiser van Rome was toe Jesus op aarde gelewe het, het selfs sy mense gewaarsku dat hulle fortuine aan 'n sinlose weefstof verspil.

“In ruil vir nietighede,” het hy gekla, “word ons geld na vreemde lande en selfs na ons vyande gestuur.”

Maar die sy-honger Romeine het hulle min aan sy woorde gesteur, en die handel het bly floreer.

Teen 300 n.C. het Japan sywurms begin teel, met IndiŽ kort op sy hakke. Die kuns van sy-boerdery was egter nog grootliks tot die Ooste beperk, en die prys van sy het hoog gebly.

In die sesde eeu n.C. het die Bisantynse keiser Justinianus twee monnike na China gestuur om te probeer agterkom wat die geheim van sy was. Hulle het die dood getrotseer deur sywurmeiers en moerbeisaadjies in hul hol kieries weg te steek en dit na Konstantinopel terug te smokkel.

Uiteindelik was dit geen geheim meer nie, en die sybedryf het geleidelik na ander lande versprei, waardeur die monopolieŽ van China en PersiŽ beŽindig is.

Kokonne van sywurms word in AntiochiŽ in die Midde-Ooste gekoop om na Frankryk uitgevoer te word (ou foto)

BO: ’n Foto van iets meer as ’n eeu gelede wat straks nog so iets weerspieŽl van die transaksies op die Sy-roete in die Klassieke Oudheid. Kokonne van sywurms word hier in AntiochiŽ in die Midde-Ooste gekoop om na Frankryk uitgevoer te word waar dit tot symateriaal vir gesogte kledingstukke verwerk sal word.

Foto: Histories (“PD Old”)
 

Die metamofose van die sywurm

Eiers Sywurm (die larwe) Papie in sykokon

Sywurm-motte

Die metamofose van die sywurm

DIE sywurmmot (Bombyx mori) ondergaan ’n volledige metamorfose—van eier tot larwe (rusper) tot papie tot mot. Die piepklein eiertjies broei nŠ sowat tien dae uit en die gulsige larwes, wat aanvanklik elk maar sowat 0,6 cm lank is, groei op hul dieet van niks anders nie as moerbeiblare tot ’n lengte van nagenoeg 7,5 cm. NŠ sowat ses weke hou hulle egter op om te vreet en begin hulle hul kokonne spin.

’n Taai draad wat hard word wannneer dit met die lug in aanraking kom, kom uit ’n buis naby die larwe se mond. Die sywurm heg hom aan ’n takkie vas en beweeg sy kop soos ’n syfer 8 totdat hy hom in ’n kokon toegespin het.

Binne-in die kokon verander die ruspe eers in ’n papie en dan in ’n mot. Die volwasse mot maak sy verskyning nŠ ongeveer twee weke in die papiestadium. Die sy wat hom in die kokon omhul, word met speeksel sag gemaak en die nat, verkreukelde mot breek uit die kokon.

NŠ ’n kort rus word ’n maat gevind. Hierdie motte, wat wel vlerke het maar nie kan vlieg nie (stellig weens die inteling oor duisende jare), vreet glad nie. Hulle is net daar om te paar sodat die wyfie haar 300 tot 400 eiers kan lÍ. Hulle vrek gou daarna.


 
Hoe sy deur sywurmboere gewin word
 

OMDAT die motte die kosbare sy beskadig wanneer hulle uit die kokonne breek, laat sywurmboere slegs ’n klompie van hul papies toe om tot motte te ontwikkel sodat hulle weer eiers kan lÍ. Die meeste word doodgemaak, gewoonlik in ’n warm oond.

Om die sy te win, word die sykokonne in kookwater gegooi om die "gom" te versag wat die windings aanmekaar laat kleef. Sů ’n kokon is byna soos ’n bol breiwol. Die punt van die draad word gesoek en die hele draad, wat tot 1,5 km lank kan wees, moet in een stuk afgerol word.

Omdat die individuele drade so uiters fyn is, word die drade van verskeie kokonne saam ontrafel en opgewen. Die gesmelte gom bind hulle saam om ’n dikker, sterker draad te vorm. NŠ verdere prosesse kan die sy verskillende kleure gekleur en tot kledingstof geweef te word.

Dit is interessant dat 45 000 kokonne op die ou end net 1 kg ruwe sy oplewer!  

Sywurms word in uiters beheerde omstandighede geteel. Die eiers, wat in panne of op spesiale papierstroke gelÍ word, word herhaaldelik ondersoek om seker te maak dat hulle nie siektes gekry het nie. Hulle word tot die lente in koelbewaring gehou, wanneer die sywurmboer hulle in 'n broeikas, of inkubator, oorplaas om uit te broei.

Die temperatuur in die plek waar die jong ruspetjies aangehou word, word versigtig beheer, en hulle kry elke paar uur vars blare. Daar word spesiaal gesorg dat insekpeste nie by die sywurmpies uitkom nie. Volwasse ruspes spin hul kokonne in spesiale houtrame met takkies en strooi daarin.

Voorstelling van sywinning in die sewentiende eeu

BO: ’n Voorstelling van sywinning in die sewentiende eeu. Die sydrade word van kokonne afgewen sodat dit tot materiaal geweef kan word.

Detail van illustrasie deur Sydney King,kunstenaar van die Amerikaanse nasionale parkdienste (U.S, National Park Services)

Maar dis nie net sywurms wat sy spin nie, daar is ander motlarwes wat dit ook doen... al is dit tot groot nadeel van sekere plante wat eers lelik deur die larwes verrinneweer word...

Vraatsug van die turskvymot se larwe