Stuifmeel

Stokroos

SEM-beeld van stuifmeelkorrel van die prÍriestokroos

BO: As ín mens die skandeer-elektronmikroskopiese beeld van ín stuifmeelkorrel van die prÍriestokroos (Sildalcea malviflora) betrag, hoef dit mos niemand te verbaas dat sů ín paaiboelie jou iets allervreesliks kan laat nies nie!

Krediet: Louisa Howard / Dartmouth Electron Microscope Facility / Public Domain Release
 

Die goue stof van die lewe lyk heel anders onder die elektronmikroskoop...
Stuifmeel
Ė vir elke plant ín ander patroon


  Dit is die baie bekende geel poeier wat soveel rooi neuse veroorsaak... ook nie verbasend as ín mens die groteske vorms van stuifmeelkorrels onder die elektronmikroskoop bekyk nie. Wat ewe interessant is, is dat elke blomdraende plant se stuifmeelkorrels ín unieke patroon het, net soos die vingerafdrukke van ín mens...

 
 





 

S

TUIFMEEL is -- sů is al bereken -- vir omtrent een uit elke veertien mense die geel verpesting. Die titaniese teisteraar van die hooikoorslyers. Wanneer die groendoringbome, die denne of duisende ander blomdraende plante hul poeiers begin strooi, begin daardie arme allergiese mense se groot ellende. Dan loop die dokters se spreekkamers vol van die snuiwers en die proesers.

Dat juis stuifmeel ín mens hooikoors moet gee, is ín jammerlike frats van die natuur. Welbeskou is dit immers goue wolke van lewe. Op die winde gedra vanaf die natuur se baie blomme -- of deur insekte vervoer -- daal dit neer op ander bloeisels vir ín wonderbaarlike huwelik waaruit nuwe plante gebore word.

Nie alle plante plant met stuifmeel voort nie. Maar sonder diť wat dit wel doen, sou ons aardse bestaan baie armer gewees het. Ons sou geen papier gehad het nie, ook nie houtmeubels, katoenklere, bier en wyn nie.

Ons sou boonop tevrede moet gewees het met kosse soos aartappels, uie, piesangs en -- as ons die smaak vir sů iets kon ontwikkel -- mosse, seegras en varings. Dit is plante wat ondergronds of deur spore of andersins vermeerder, maar nie deur stuifmeel nie.

Die wÍreld om ons is werklik propvol stuifmeel. ín Enkele denneboom kan oor ín lewenstyd van vyftig jaar meer as 320 duisend miljoen stuifmeelkorrels voortbring. ín Korrel kan baie klein of groterig wees, na gelang van die soort plant. Party kan dalk met die blote oog gesien word, as jy weet dit is daar, goeie oŽ het en baie fyn kyk. (Maar nie ín vergeet-my-nietjie se stuifmeelkorrel nie. Jy sou byna tienduisend daarvan op ín speldekop kon inpas!)

Die meeste van die stuifmeel wat in die lug gestrooi word, vind nooit hul teiken nie. Dit kan ín meter ver trek of drieduisend kilometer en dan tot rus kom in die grond, waar dit sterf, maar soos fossiele bly voortbestaan.

Die stuifmeelkorrel se feitlik onverwoesbare dop, die eksien genoem, deurstaan eeue der eeue van verskuiwende vastelande, ystydperke, die vorming van seŽ en van bergreekse. Dit is hoekom stuifmeelkenners antieke korrels -- party daarvan uit die babadae van die aarde -- op sulke vreemde plekke soos die onherbergsame Antarktika, seebeddings en woestyne kan soek om te ontleed.

VIR sulke geleerdes is stuifmeel beslis nie net stuifmeel nie. Wat vir ons na ín gelerige poeier lyk, verander byvoorbeeld heeltemal van gedaante wanneer ín mens dit onder die elektronmikroskoop bekyk. Kyk ín mens na fotoís soos diť bo-aan hierdie artikel en die een hieronder, kan jy goed begryp dat sulke "gedrogte" jou neus kan kielie.

REGS: Die bekende blom van die hibiskus en sy vergrote stuifmeelkorrel. Die oorspronklike swart-wit foto van die stuifmeelkorrel is hier geel gekleur vir die effek.

Reeds in 1735 het die Sweedse natuurkundige Carolus Linnaeus (of Von Linnť) stuifmeelkorrels ondersoek en vasgestel het dat stuifmeel spesie-spesifiek is -- dit wil sÍ dat elke plantsoort se stuifmeelkorrels anders lyk.

Die vleiblom, die lelie, die kanferfoelie, die hibiskus, die sydissel, die den, die viooltjie, noem maar op, elkeen se stuifmeelvorm is so eie aan hom soos ín mens se vingerafdrukke.

Maar met die toerusting van daardie tyd kon Linnaeus nie die besonderhede sien wat ons vandag onder die elektronmikroskoop kan waarneem nie. Ewe min kon hy dit op film vaslÍ sodat almal hierdie klein korreltjies se ware aard kon sien.

Die feit dat stuifmeelkorrels so verskil, is vir die wetenskap van groot waarde. Vir die plantkundige beteken dit dat hy twee plante wat feitlik identies lyk, op grond van hul stuif≠meelkorrels kan onderskei. Vir die paleontoloog wat die oerlewe op aarde bestudeer, beteken dit dat hy versteende stuifmeelkorrels kan ondersoek en sodoende kan vasstel watter plantsoorte in die verlede in ín spesifieke gebied gegroei het.

Soos Linnaeus destyds kan ons vandag nog uitroep: "Natura in minimis maxima!" -- die grootsheid van die natuur is in sy kleinste deeltjies.

Maar noudat ons so naby na stuifmeel gekyk het, wat is dit eintlik?

STUIFMEEL ontstaan altyd, soos ons hierbo gesien het, in blomme. Die voortplantingsorgane van ín blomdraende plant maak deel uit van die blom van die plant. Die manlike voortplantingsorgane word meeldrade genoemd, die vroulikes staan bekend as stampers. ín Meeldraad bestaan uit ín helmdraad en ín helmknop. In die helmknoppe ontstaan die stuifmeelkorrels.

Om te kan voortplant moet die stuifmeelkorrels op die een of ander manier by die stamper van ín ander blom of by die stamper van dieselfde blom uitkom. Hierdie oordra van die stuifmeelkorrels word bestuiwing genoem.

Reg in die middel van die meeldrade staan een of meer steeltjies. Hulle vorm deel van die stamper. Die steeltjie word die styl genoem, en op die styl is 'n knoppie wat as die stempel bekend staan. Die stempel is daar om die stuifmeel van die manlike meeldrade op te vang. Aan die onderpunt van die styl is die vrugbeginsel waarin die saadknoppe is.

LINKS: Meeldrade en stamper
  
Foto: PDPHOTO.ORG

Sodra ín stuifmeelkorreltjie op ín ryp stempel beland, ontwikkel die korreltjie 'n stuifmeelbuis wat in die styl afgroei totdat dit die eiersel bereik.

Die punt van die buis bars oop en stel twee spermselle vry. Een van hulle versmelt met die eiersel en vorm ín embrio terwyl die ander een die voedingstowwe vorm waarop die embrio teer.

En sů word die weg gebaan vir die ontwikkeling van 'n nuwe plant of plante.

Bestuiwing vind nie net deur die wind of met behulp van insekte soos bye plaas nie, maar ook deur voŽls, vlermuise en op ander maniere. Trouens, die rol van voŽls in bestuiwing word baiemaal onderskat. Selfs jy, as jy byvoorbeeld tussen ín plaat veldblomme deurloop, kan onbedoeld bestuiwing met jou beweging laat plaasvind sonder dat jy ooit daaraan dink.

Dit spreek vanself dat blomme wat hul stuifmeel deur middel van die wind versprei, geweldig baie stuifmeelkorrels moet produseer om hul teiken-stampers van dieselfde spesie elders te kan vind. Sů vervaardig ín enkele manlike plant van die onkruid Mercurialis annua ín ongelooflike sowat 1250 miljoen stuifmeelkorrels om op die lugstrome voortgedra te word.

Sů kan die goue wolke van die lewe van verskillende soorte plante soms tot rus kom om hele sypaadjies in ín geel kombers te hul... ín duidelike bewys van die natuur se oordadige skilderkwas om die oorlewing van sekere spesies te verseker. As daardie geel goed nou net nie soveel rooi neuse veroorsaak het nie...

Klik hier vir ín groot foto van meeldrade en stamper wat jy op jou drukker kan uitdruk.  (Maak oop in ín nuwe venster.)    Foto: PDHOTO.ORG
  

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad