Hoe spanningsdruk die hele mens affekteer en verskillende siektes kan veroorsaak

 

Telefoonmeisie vol stres

 
Foto ter illustrasie: U.S. Centers for Disease Control and Prevention

 

Uit die pes van stres

leer ons di les:

vermy wat jou kwes

en te joos met die res!

 


Ter inleiding: Wat stres is en hoe dit sy
slagoffers aftakel

 

Gebreekte potloodFoto van gebreekte potlood: U.S. Centers for Disease Control and Prevention


 

M

ISKIEN trek jou maag gedurig op n knop, omdat jy die druk nie meer kan hanteer nie. Of knabbel jy knaend aan jou vingernaels tot op die nerwe van jou vingerpunte. Op sy ergste pluk jy straks selfs bosse hare uit jou harspan.

 

Dit voel kompleet vir jou of jy jou skryftafel met jou vuis kan vermorsel of n irriterende telefoon by die venster kan uitsmyt of n gat in n deur kan skop van loutere frustrasie. As jy net kon, sou jy soos n klewerige geitjie teen die mure uitgehol het.

 

Maar jy krop op en hou in, want jy is n weerlose slagoffer van die moderne lewe. Jy is n willose dissipel van die stres-draak. Spanningsdruk het jou in n drukgang.

 

S algemeen is stres vandag dat dit die Groot Beproewing van ons tyd genoem word, die vernietiger van geluk en n goeie lewe, selfs die moordenaar van onberekenbare miljoene mense.

 

Trouens, onbehoorlike stres het bes mootlik al baie meer mense in hul graf laat beland as al die oorlo in die mens se geskiedenis. Teen te veel senuspanning is die brose menslike liggaam immers baiemaal omtrent net so min bestand as teen n oormag skadelike kieme in sy interne organe.

Maar presies wat is stres eintlik? Op sy heel eenvoudigste kan n mens dit beskryf as die manier waarop jy voel wanneer druk op jou geplaas word. Matige druk kan produktief wees, jou die motivering gee om iets uit te rig en jou help om dit beter te doen. Die ironie is dus dat stres binne perke n goeie ding is, eintlik noodsaaklik is om die mens te laat presteer en te laat vooruitgaan in die lewe.

Dog te veel druk of langdurige druk kan erg ongesond wees vir die menslike gees en liggaam. In die geneeskunde word hierdie ongesonde stres gedefinieer as n fisieke, chemiese of emosionele ontwikkeling wat spanninge veroorsaak wat tot liggaamlike siektes kan lei.

 

Die Oostenryksgebore Kanadese navorser Hans Selye (1907- 1982), wat aanvanklik die spanningsdruk bestudeer het van laboratoriumdiere wat aan onaangename of skadelike prikkels blootgestel is, het die term stres daarvoor bedink. Selye het sy navorsing later ook na mense uitgebrei. Hy het drie stadiums in die reaksie op stres gedentifiseer:

 

  • Die alarm-stadium: Die liggaam erken die stres en maak gereed vir aksieom f te veg f te vlug. Sodra die bedreiging of stres-verwekker (stressor) geien of besef word, word adrenalien geproduseer om die liggaam teen die bedreiging te beskerm deur onder meer die hartkop en asemhaling te versnel en die bloedsuiker te vermeerder.
  • Die verset-stadium: Die liggaam herstel enige skade wat deur die alarm-reaksie veroorsaak ismaar as die stres voortduur, bly die liggaam op sy hoede en kan dit nie die skade herstel nie.
  • Die uitputting-stadium: By die voortsetting van verset, tree uitputting in en n stres-verwante verstoring kan volg. Uitgerekte blootstelling aan stres put die liggaam se energievoorrade uit en kan selfs tot die dood lei.

Spotprent

Spotprent uit webwerf van: U.S. Department of State

 
Die beheer van stres

DIE teenoorgestelde van stres is ontspanning. Deur in die hitte van die stresvolste oomblikke net n bietjie asem te skep, die bene te rek, miskien in die tuin te gaan stap en die blomme te ruik, of selfs net n bietjie te glimlag, kan wondere verrig vir die afgematte gees.

As die situasie jou so omkrap dat jy op die punt is om jou humeur te verloor, tel tot tienof tot hoeveel ook al nodig is om jou kalmer te maak. 

Paniekbevange hoenderIndien jy voel of jy verdrink in n see van werk, moenie paniekbevange raak (soos die hoender hier langsaan) nie. Word rustig en beplan. Stel vir joun rooster op en werk daarvolgens, maar moenie jou tot satwordens toe verknies as jy nie presies alles gedoen kry soos jy dit wou nie. Praat met jou hoofde of onderwysers as jy rrig nie kan byhou nie. Gesels met jou vriende en geliefdes as iets jou hinder. Moet opkrop nie.

 

Uiteindelik is dit van die uiterste belang dat jy genoeg slaap kry, dat jy gesond eet, dat jy genoeg oefening kry. Kry vir jou n gesonde stokperdjie waarin jy jouself gereeld n bietjie kan verloor. As jy daarvan hou om te skep, skep iets en indien jy dit geniet om lugkastele te bou, droom baie.

 

En, les bes, as jy hulp nodig het, kry dit. Geen sterfling kan die hele wreld alleen op sy wankele skouers dra nie.

 

Die langtermyngevolge van stres

DIE uitputting-stadium wat in stresreaksie wat boontoe in hierdie artikel genoem is, kansoos ook uit die beskrywing daarvan duidelik isuiters nadelige langtermyngevolge vir die streslyer h.

 

Die hele liggaam van n mens word in die stres-reaksie betrek. Die sintuie gewaar die sneller wat die reaksie aan die gang sit, waarna die boodskap van gevaar of angs deur die brein ontvang word. Dan kring dit soos die golfies van n klip in n dam na al die liggaamstelsels uit. Die liggaam en verstand kan tydelike stres goed verwerk, soos waar n mens jou voet instinktief van n warm kool af sal wegruk of straks n rukkie lank hard sal werk om te presteer.

 

Die kinkel in die kabel kom as ons dag vir dag en aanhoudend aan stres blootgestel word. Die stresslyer bly in die hoogste versnelling funksioneergedurig gereed om te veg of te vlug vir daardie meedonlose stresverwekker wat in sy spoor bly trap soos n getroue hond.

 

Maar dit kan nie onbepaald so voortgaan nie. Die eerste wat gaan breek, is die geneties kwesbare kettings in liggaamstelsels of -organe wat die gene van familiekwale huisves. As byvoorbeeld vernoude bloedvate n erflike beproewing in jou familie isen jy boonop n onfikse oorgewig-perfeksionis en fanatieke suksesjagter isloop jy n yslike gevaar om uiteindelik weens beroerte of n hartaanval in die hospitaal te beland of te beswyk.

 

Selfs as die liggaam nog nie so dramaties begin ingee nie, kan dit n mens nog met allerhande tekens waarsku dat jy jou so geweldig ooreis dat jy besig is om jou eie paadjie na die begraafplaas te plavei.

 

Die Engelse praat hiervan as burn-out(die verskynsel van uitbranding). Dit word gekenmerk deur herhaalde hoofpyne, n gevoel van volslae afmatting, slaaploosheid, spierpyne, sweterigheid en kortasemigheid, om maar n paar van die fisieke tekens te noem.

 

Emosioneel kan die uitgebrande persoon vreesbevange wees, knorrig, gerriteerd, liggeraak, huilerig, skreeuerig, buitensporig agterdogtig, kortom sommer erg beklaenswaardig en miserabel. Hy (of sy) voel leeg, die lewe raak vir hom sinloos en hy twyfel aan homself. Sy verstand voel suf, hy vergeet dinge, raak verward. Hy kan hom afsonder van mense en selfs wegkruip.

 

Dat hierdie gevolge van langdurige stres, benewens die genoemde hart- en bloedvatsiektes, volgens die dokters ook tot kwale soos maagsere, depressie en selfs kanker ly, hoef niemand te verbaas nie.

 

Maar kom ons kyk n bietjie na kanker, as een van die stres-verwante siektes, omdat die verband tussen stres en kanker (nog) nie goed gedokumenteerd is nie.

 

Kanker as een van die siektes wat deur
onder meer stres aangestig kan word

OFSKOON daar verskillende oorsake van kanker is, word stres nog dikwels nie as n oorsaak gereken nie, omdat daar volgens sekere medici geen klinkklare bewyse is dat dit n regstreekse verwekker van die siekte is nie. Tog is daar al hoe meer ander navorsers wat reken dat die rol van stres in die ontstaan en verloop van sekere soorte kanker glad nie buite rekening gelaat moet word nie.

Getuienis is immers besig om te akkumuleer dat daar die een of ander skakel moet bestaan tussen stres en hoe sekere soorte kanker ontwikkel en in die liggaam vererger.

S wys van hierdie mediese geleerdes daarop dat, as stres die liggaam se vermo verminder om teen siektes te veg, dit mos vanselfsprekend ook die gestel se vermo moet aantas om kankerselle dood te maak.

 

Soos een hoogleraar dit stel: Ek dink dit is redelik om te s dat stres een van die baie komponente kan wees wat die werking van immuunstelsels verknoei en ons dus meer vatbaar maak vir kanker en die siekte vinniger laat ontwikkel. Maar stres kan net een stukkie van die legkaart weesdie vraag is watter persentasie dit daarvan is. My argument is dat, wat die persentasie ook al is, dit die persentasie is wat ons die meeste kan beheer. Ons kan nie ons gene (erflike faktore) beheer nie, maar ons kan die manier verander waarop ons op stres reageer.

 

  Lees ook Mieliestronk se artikel oor kanker

 



Drie stressors in my eie lewe
en hoe ek dit hanteer

 

DIE leerder wat vir n skooltaak gevra sou word om drie stressors (verwekkers van stres) in sy of haar lewe te identifiseer en te beskryf hoe hy of sy dit hanteer, kan miskien iets soos die volgende skryf:

 

   DRIE duidelike stressors in my lewe is:

1) Geraas

2) Die ekonomiese krisis

3) Die diabetes van my geliefde ouma

 

1) Geraas

LAAT my dit nou maar duidelik stel: ek hou niks van n lawaai nie. Die skielike gebrul van n motorfiets wat in die straat voor my verbyflits, neig om my die spreekwoordelike papalellekoors te laat kry! Klappers op Oujaarsaand is vir my n onding, en donderweer jaag my taks saam met ons gesin se dobermann-pinscher-hond onder die bed in.

 

Die genoemde voorbeelde van my vrees vir geraas klink seker n bietjie absurd, maar die feit bly staan dat ek nie eens hou van n mensemaling waar almal deurmekaar lag en skreeu en kattemaai asof dit die laaste ding is wat hulle ooit op aarde sal doen nie. Maar in my gemeenskap bevind ek my byna daagliks in so n gedrangen betrap ek myself dikwels dat ek soos n styfgespanne snaar deur die geroesemoes wandel.

 

Wat my amperse fobie vir geraas veroorsaak het, sou ek nie reg weet nie. Ons het maar almal ons eie hebbelikhede, en wat vir die een mens n stressor is, is vir die ander een n streling. Hoe ook al, ek het in die afgelope tyd doelbewus geprobeer om liewer nie na plekke van groot drukte te gaan as ek dit kan verhelp nie. Miskien is die geraas-vrees in elk geval sommer n fase en ontgroei ek dit een van die mooi dae.

 

Dan sal ek nie meer so kreun oor n gedreun nie!

 

2) Die ekonomiese krisis

DIE wreldwye ekonomiese krisis maak my nogal angstig, en ek is baie seker ek is maar net een van miljoene. In ons eie huishouding beur ons onder stygende pryse en krimpende geldwaarde en word die muntjies deeglik omgedraai waar ons vroer miskien effens spandabelrig sou gewees het.

 

Boonop hoor n mens oral om jou van mense wat hul werk verloor het of pakkette aanvaar het of nie weet of hulle mre nog n werk sal h nie. Die stres van die grootmense spoel noodwendig oor na ons kinders, en daar is n neerslagtigheid in die lug wat partykeer so dik raak dat dit voel of n mens dit met n mes kan sny.

 

Baie mense kan sulke beproewings glad nie verwerk nie. Hulle doen drastiese dinge soos om te roof, moor, steel of miskien selfs hul eie lewe te neem. Ek sou egter reken ons moet vashou aan die Een Anker wat ons in tye van voor- en tespoed bewaar.

 

Daarom wil ek daarna streef om my vertroue op die Here te plaas in hierdie stresvolle tyd.  In die beskutting van Jesus l in elk geval die genesing van vrees, soos daar in 2 Timoteus 1:7 in die ouer vertaling van die Bybel staan:

 

"Want God het ons nie n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."

 

Ek moet dit glo.

 

3) Die diabetes van my geliefde ouma

MY ouma, wat by ons woon en vir wie ek baie lief is, is n tyd gelede met diabetes mellitus (suikersiekte) gediagnoseer.  Dit is natuurlik n siekte wat verhinder dat die liggaam glukose behoorlik verbruik en opberg, en simptome is onder meer n onlesbare dors, swakheid, gewigsverlies en oormatige urinering. As dit nie behandel word nie, ontwikkel ander komplikasies.

My ouma is n stil mens wat nie maklik kla nie en haar siekte gelate aanvaar, maar die ongesteldheid kan nie anders as om die stresvlakke vir haar en almal om haar te verhoog nie.

Ek weet ek doen nie altyd alles wat ek moet doen om haar moeilike lewe geriefliker te help maak nie (en ook die skuldgevoel is dan stresvol!), maar doen darem by geleentheid my deeltjie.

S hanteer ek en my ander gesinlede my ouma se beproewing met al die liefde wat ons in dikwels spanningsvolle omstandighede kan monster, wel wetende van Wie ons hulp vandaan kom.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad