________________________________________________________

 

Coert Steynberg
SA beeldhouer van faam

 

Hy was n monumentale Suid-Afri­kaanse kunstenaar wat vroeg reeds internasionale erkenning ge­kry het. Ondanks sy roem het hy egter altyd beskeie gebly, hierdie forse man wat die meeste van sy beelde uit ruwe graniet gebeitel het. "Mense vergeet so gou," het Coert Steynberg ILLUSTRASIE HIERBY by geleentheid oor sy eie kunswerke ges. Maar sy naam sal bly voort­leef in die skat van beelde en monumente wat hy nagelaat het. En al word sekere van sy werke (soos die Bloedrivier-monument en D.F. Malan-borsbeeld) miskien van­dag anders beoordeel in die veranderde Suid-Afrika, behoort dit geen afbreuk te doen aan die besondere bydrae van die befaamde Steynberg tot die Suid-Afrikaanse kuns nie...

_________________________________________________________

 

BO: Steynberg se ruiterbeeld van genl. Louis Botha, een van sy vroe en bekendste werke. Hy het in 1938 daarmee be­gin, dit in 1942 voltooi en dit is n die Tweede Wreldoorlog opgerig. Die beeld is uit vier ton brons gegietdie eerste keer dat s n massiewe gietery in ons land onderneem is.

 

Foto deur Georgio, wat gebruik vergun op hierdie bladsy in die Franse weergawe van die Wikipedia-ensiklopedie op die wreldwye web ingevolge die GNU-lisensie vir vrye dokumentasie (licence de documentation libre GNU), weergawe 1.2, soos gepubliseer deur die  Free Software Foundation.


OP Trafalgarplein, in die wintertyd se Londen, sit die sielsonge­lukkige jong man met die stukkende skoene. Hy sit met sy hoed langs hom, maar hy kyk nie op nie. "Pavement sitting" noem hulle dit... so vernederend, maar n man moet tog leef.

 

Een n die ander rinkel die muntstukke in die hoed, totdat hy teen skemer opstaan en in sy kamer die trippense, pennies en halfpen­nies gaan tel. Vyftien sjielings... darem genoeg om hom vyftien dae aan die lewe te hou.

 

S totaal wanhopig, in een desperate stadium van sy lewe, was die groot kunstenaar wat later gereken sou word as een van die groot­ste beeldhouers van Suid-Afrika: Coert Steynberg. Hy wat vir ons beeldhoukuns beteken het wat Pierneef vir ons skilderkuns wasn man wie se gevierde monumente n intrinsieke deel van die Suid-Afrikaanse kultuurerfenis sal bly.

 

Steynberg (1905-1982) is aan die Hennopsrivier in die distrik Preto­ria gebore, en vandat hy kon loop, is vertel, het hy na die watervoor op die plaas weggeloop en daar in die klei gesit en peuter. Toe hy vyf was, het sy ouers na n plaas by Bethal getrek, waar hy in n spruit met swart potklei klei-osse gemaak het.

 

As seun kon hy nie dinge koop wat hy graag wou h nie, en die enigste uitweg was toe om dit self te maak. Hy het vir homself n fiets, n kitaar en n viool gebou, asook n klavier, waarop hy sy eer­ste klavierles gehad het. Coert het ook musiek en gedigte geskryf, en selfs n roman.

 

Daarby het hy baie geteken en geskilder totdat hy besluit het dat hy beeldhouer wil word.
 
Steynberg studeer van 1925 tot 1928 aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad waar hy n kunsonderwysersdiploma verwerf. Van 1928 tot 1930 studeer hy aan die Royal College of Art in Londen, waar hy die August Spencer-penning ontvang wat elke vyf jaar aan die beste beeldhoustudent aan die kollege toegeken word.
 
Maar selfs sulke gesogte pennings vul nie honger mae nie, en n sy bedel-dag op Trafalgarplein wend hy hom terneergeslae tot die Suid-Afrikaanse ho kommissaris in Londen om te hoor of hy nie dalk vir sy passasie op n skip terug na Suid-Afrika kan werk nie.
 

Hier word hy meegedeel dat hulle al maande na hom soek omdat hy die wenner van n wedstryd is wat Suid-Afrika-Huis uitgeskryf het en dat hy die prysvyftig pondvoor bekende internasionale kunstenaars weggeraap het.

 

Die gevolg is dat Steynberg in Londen kan aanbly, groot bekend­heid verwerf, onder meer met die Dias-beeld vir Suid-Afrika-Huis, en eers in 1934 weer in Suid-Afrika aankom, waar hy soos n held verwelkom word. Bethal, sy tuisdorp, ontvang hom soos n verlore seun en rel n groot dinee.

 

DIE laat jare dertig tot die sestigerjare is besonder voorspoedige jare vir Steynberg, wat baie opdragte ontvang om gedenktekens en standbeelde van openbare figure in Suid-Afrika te maak.

 

Een van sy vroe en bekendste werke is die meer as 5 m ho ruiter­beeld van genl. Louis Botha, die eerste premier van die Unie van Suid-Afrika, by die Uniegebou in Pretoria. Hy begin in 1938 daar­mee, voltooi dit in 1942 en dit word n die Tweede Wreldoorlog opgerig. Die beeld word uit vier ton brons gegietdie eerste keer dat s n massiewe gietery in ons land onderneem word.

 

In 1939 ontvang Steynberg n goue medalje vir sy ontwerp van n beeld oor Die rol van diamante in Suid-Afrika.

 

Steynberg trou in 1940 met Elisabeth (Betsie) Bosman, wat die be­skeie kunstenaar getrou bystaan in sy volgende 42 veel geroemde jare. Hulle woon in Pretoria, aan die hang van die Magaliesberg. Die egpaar se enigste dogter, Isa, studeer later skilderkuns in Londen aan dieselfde kollege as haar pa.

 

BO: Die Hugenote-monument op Franschhoek. Die beeld van die sentrale figuur is deur Steynberg.

Nog n bekende Steynberg-werk is die Bloedriviermonument in KwaZulu-Nattal, wat hy in 1938 ontwerp, maar wat eers in 1947 onthul word. Die jaar daarna word die Hugenotemonument op Franschhoek ingewyen die beeld van die sentrale figuur is ook van Steynberg.

 

In 1942 word die ontwerp van sekere munte van Frans-Ekwatoriale Afrika aan hom opgedra. Hy ontwerp ook die pronkende springbok van die Suid-Afrikaanse kroon (silwer-vyfsjielingstuk) van 1947 en later. Die springbok-ontwerp is ook later na die goue Krugerrand oorgedra.

 

 

BO: Steynberg se pronkende springbok op n kroon (silwer-vyfsjielingstuk) van 1948 en op n goue Kruggerrand van 1984. Die twee muntstukke is nie volgens hul relatiewe groottes afgebeeld nie.

 

In 1951 hou Steynberg sy eerste eenmansuitstalling. Die volgende jaar word hy tot fellow van die Royal Society of Artists in Brittanje benoem.

 

Pretoria vier in 1955 sy eeufees en n beeldegroep deur Steynberg word onthul. Di groep bestaan uit n ruiterbeeld van die Voortrek­kerleier Andries Pretorius (aan wie Steynberg aan vaderskant ver­want is) en Pretorius se seun pres. Mathinus W. Pretorius, in die tuin voor die Pretoriase stadsaal.

 

Ander bekende werke van die beeldhouer sluit in die reuse-kop van adv. J.G. Strijdom (1972), gewese Suid-Afrikaanse premier, op Strij­domplein, Pretoria, asook verskeie studies van pres. Paul Kruger in graniet.

 

Terwyl hy waarskynlik beter bekend is vir sy groot standbeelde van openbare figure, is Steynberg se klein werkies, soos sy beroemde beeldjie van die dansende Mabalel, nie minder belangrik nie. Onder die baie verskillende materiale waarmee hy werk, is draad, sellak, gekleurde glas en keramiek. In sy latere werke, waarin hy meer tot die abstrakte neig, eksperimenteer hy selfs met byvoorbeeld maas­draad.

 

Die gevierde beeldhouer is tot aan die einde besig met werk aan die Vegkop-monument, asook persoonlike beelde, toe hy in Julie 1982 aan hartversaking in sy Pretoriase huis sterf. Hy word in sy eie beeldetuin begrawe. S kom een van die vrugbaarste kunsloop­bane in Suid-Afrika tot n einde.

 

  Die huidige Coert Steynberg-museum in Bergstraat, Pretoria, was Steynberg se woonhuis en ateljee. Dit bevat ook beeldhou­werke van die kunstenaar.

___________________________________________________

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad

___________________________________________________