Hoofopskrif: Terug na die son
Hoe SA ná apartheid sy status herwin het om ’n reus in sport te word

 
Dit gaan weliswaar vandag met sekere sportsoorte beter as met ander, maar samevattend kan ’n mens sę dat Suid-Afrika sy status herwin het om ’n reus in sport te word toe apartheid verkrummel het. Touens, as ’n mens kyk waar ons was en waar ons vandag is, is die veran­derings fenomenaal. Dog ons durf steeds nie op ons louere rus nie...

 

 Oscar Pistorius, Makhaya Ntini en Natalie du Toit

LINKS BO: Oscar Pistorius, ons blitsige paralimpiese atleet met die kunsbene wat deur die węreldmedia die “Blade Runner” genoem word. Net soos ons paralimpiese swemheldin Natalie du Toit (INLASFOTO REGS ONDER) is Oscar ’n verpersoonliking van die krag in Suid-Afrikaanse sport ondanks die tragedies van die verlede. Op die INLASFOTO REGS BO is die Protea-snelbouler Makhaya Ntini… in die apartheidsjare sou krie­ket­talent soos syne maklik verlore gegaan het.

 

Foto van Oscar Pistorius deur Elvar Freyr,
wat dit op hierdie bladsy by flickr op die węreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 2.0 Generic-lisensie, waarkragtens kopiëring, verspreiding en afgeleide werke vergun word mits nodige erkenning gegee word

 

Detail van ’n foto van Natalie du Toit deur “Makeroadssafe”,
wat dit op hierdie bladsy by flickr op die węreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution-Non-Commercial 2.0 Generic-lisensie, waarkragtens kopiëring, verspreiding en afgeleide werke vergun word mits nodige erkenning gegee word en dit nie vir kommersiële doeleindes aangewend word nie

Foto van Makhaya Ntini deur Paddy Briggs,
wat dit by Wikimedia Commons op die węreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released into the public domain”)


 
Artikel op die web geplaas in Mei 2009, hersien einde Junie 2009

 

K

OERANTBERIGTE aan die einde van die apartheidsera weerspieël die somber prentjie van die jarelange isolasie, verstoting en selfs veragting van Suid-Afrika op verskillende terreine—met ’n internasionale sportboikot teen die land as ’n belangrike deel van die verguisingsveldtog.

 

As ’n mens die huidige status van sport in ons land wil bekyk, en wil naspeur hoe dit verander het van net voor en sedert apartheid in die 1990’s afgetakel is, moet ’n mens noodwendig eers teruggaan na daardie droewige tyd.

 

Bronne dui aan hoe volgehoue buitelandse veroordeling oor tientalle jare aan die einde van die 1980’s en reg in die begin van die jare negentig swaar op die gemoed van die Suid-Afrikaanse minderheidsbewind en sy ondersteuners gerus het.

 

Dit het geblyk dat apartheid nie naastenby kon bereik wat voorsien is in die amperse wensdenkery van diegene wat dit oorspronklik geformuleer het nie: die volstrekte skeiding van die verskillende rassegroepe, maar gelyke geleenthede vir elkeen binne sy eie groep. Wat in die praktyk gebeur het, was dat veral die swart gemeenskap, wat verreweg in die meerderheid was, bitter gebuk gegaan het onder al die ongelykheid. En daar was binnelandse onluste.

 

Om sout in die wonde van die ondersteuners van die destydse Suid-Afrikaanse regering te vryf, het aktiviste in die buiteland hulle gedurig aangeveg en boonop geweet hoe om hulle by te kom waar dit die seerste sou maak. Indien ekonomiese druk nie die gewenste uitwerking kon hę nie—het die anti-apartheidslegioen geredeneer—sou die verbod op byvoorbeeld internasionale rugby-deelname wel ’n kragtige wapen kon wees om Suid-Afrika te help dwing om te onderhandel om apartheid af te skaf.

 

Soos Joe Ebrahim, destydse president van die South African Council on Sport (SACOS), in September 1990 te kenne gegee het ondanks aanduidings dat die Suid-Afrikaanse regering toe reeds inskikliker geraak het: Die internasionale sportboikot teen Suid-Afrika bly een van die skerpste instrumente in die sanksie-arsenaal en moet behou word. (Die Burger, 14 September 1990.)

 

Die Londense Times het in Julie 1990 dan ook daarop gewys dat die sportboikot, in teenstelling met ander sanksies, Suid-Afrika se blankes getref het.

 

In hierdie klimaat het die vuisvoos wittes en die veronregte res begin werk aan ’n resep vir veelrassige gelykheid wat Suid-Afrika sou kon terugneem na sy plek in die son—wat natuurlik ook sou beteken dat ons sportlui van alle rasse welkom sou wees in hul regmatige posisies op die sportvelde, atletiekbane en medalje-podiums van die węreld.

Dinge kom op dreef en reeds op 5 Februarie 1991 skryf Die Burger in een van sy opskrifte: SA se sportisolasie aan’t verkrummel.

Maar dit is eers ná die referendum van 1992, waarin Suid-Afrika se blanke kieserskorps hom oorweldigend ten gunste van ’n onderhandelde skikking oor die apartheidskwessie uitspreek, dat die land sonder verset na die internasionale sporttoneel kan terugkeer.

IN dieselfde jaar word Suid-Afrika by die Olimpiese Spele terug verwelkom waar hy meer as dertig jaar lank alle deelname verbied is. In die 10 000-meter-finaal vir vroue in Barcelona, Spanje, eindig Suid-Afrika se blanke Elana Meyer en die swart Ethiopiopiër Derartu Tulu onderskeidelik tweede en eerste—en is hulle saam verheug oor hierdie wonderlike oorwinning vir die vasteland van Afrika.

Verby is die tyd toe die Internasionale Atletiekfederasie in 1984 nie die jong Bloemfonteinertjie Zola Budd se węreldrekordtyd in 5000 meter vir vroue wou erken nie omdat sy ’n Suid-Afrikaner was.

Ondanks probleme lei die politieke onderhandelings in Suid-Afrika uiteindelik tot ’n minsame skikking wat in April 1994 kulmineer in die eerste veelrassige algemene verkiesing in ons land se veelbewoë geskiedenis. Die ANC wen oortuigend, maar daar is ’n regering van nasionale eenheid, met  F.W. de Klerk (gewese president) as een van die adjunk-presidente en Nelson Mandela as die president.

 

Mandela, vernuftige politikus wat hy is, gryp die geleentheid aan tot groter aanvaarding in blanke geledere toe hy die rugby-Springbokke in Junie 1995 in hul eindstryd om die Węreldbeker op Ellispark, Johannesburg, kom ondersteun. Suid-Afrika se afskaffing van apartheid het daartoe gelei dat die land nie net aan die Węreldbekertoernooi kon deelneem nie, maar boonop die eer gegun is om die gasheerland te wees.

 

Suid-Afrika wen die Węreldbeker! Die All Blacks van Nieu-Seeland word met 15-12 in ekstra tyd verslaan, en Mandela verskyn op die veld, geklee in ʼn nommer-6 trui soos die span se kaptein, Francois Pienaar, ʼn wit Afrikaner. Die twee omhels mekaar in ʼn spontane gebaar van rasseversoening wat harte regoor die land laat vermurwe. Soos iemand al geskryf het: “ ʼn Enkele oomblik, en 400 jaar van bitterheid het skielik so kleinlik gelyk.”

 

Sonder die spreekwoordelike meulsteen van apartheid om hul nek het die deure vir Suid-Afrikaanse sportlui oral oopgeswaai.

 

Suid-Afrika, wat in 1963 uit FIFA (die internasionale beheerliggaam vir sokker), geskors is, is eweneens in 1992 hertoegelaat. Sedertdien was daar geen probleme meer met ons rang in die ry van sokkernasies nie. En in ’n wonderlike gebaar om aan sokkergeesdriftiges terug te gee wat hulle soveel jare moes ontbeer, is die aanbieding van die Węreldbekertoernooi vir sokker in 2010 aan Suid-Afrika toegesę.

 

Dit het weliswaar ’n lang tyd nie naastenby so goed met ons Bafana-Bafana op die veld gegaan nie. Daar was byna net soveel afrigters van die span as die getal jare wat verloop het sedert ons hertoelating tot FIFA, en hul spel het in die afgelope jare maar veel te wense oorgelaat.

 

Maar in 2009 maak Bafana-Bafana sy stem dik in die Konfederasie­bekertoernooi, wat as voorspel tot die Węreldbekertoernooi ook in Suid-Afrika aangebied word. Ons nasionale sokkerspan staan sy man en, hoewel hy die betrokke laaste wedstryde nie wen nie, laat hy hom allermins verneder in die halfeindstryd teen Brasilië en in die uitspeelwedstryd om die derde plek teen Spanje. Bafana-Bafana se opgang belowe veel vir die groot kragmetings in 2010.

 

Veral in rugby en krieket gaan dit op die oomblik voor die wind met Suid-Afrika. Die Springbokke het in die Węreldbekertoernooi van 2007 in Frankryk weer geseëvier met ’n oorwinning van 15–6 oor Engeland in die eindstryd. Daarby is ons jaarliks in interessante rugbykragmetings met Australië en Nieu-Seeland gewikkel in die Drienasies-toernooi en op Super-14-vlak (met ons Bulls as die wenspan in 2009). Suid-Afrika het boonop in 2009 die Britse en Ierse rugbytoerspan ontvang, wat as die Leeus bekend staan, en die toetsreeks teen die trots van die Noordelike Halfrond gewen.

 

Ook in sewes-rugby—waar die Internasionale Rugbyraad se Węreldsewereeks lank deur Nieu-Seeland oorheers is—het Suid-Afrika se sewes-Bokke onder die afrigter Paul Treu in 2009 met die lourierkrans weggeloop.

 

Suid-Afrika is in 1970 weens apartheid uit die Internasionale Krieketraad geskors, maar in 1991 hertoegelaat om op 10 November 1991 ons eerste gesanksioneerde wedstryd in jare (en ons eerste internasionale eendagwedstyd ooit) teen Indië in Kalkutta te speel.

 

Dit is interessant dat Suid-Afrika juis deur Indië versoek is om in 2009 die Indiese Premierliga aan te bied, omdat die Indiese regering weens die gevaar van terrorisme hom nie daartoe kon verbind om die veiligheid van die toernooi te waarborg nie. In dié aanbieding het ons met vlieënde vaandels geslaag. Suid-Afrika was in 2003 ook die gasheerland in die Węreldbekertoernooi vir krieket.

 

Die Suid-Afrikaanse Proteas (ons nasionale krieketspan) ry tans op die kruin van die golf—die top-span in internasionale eendagwedstryde en slegs geklop deur Australië as die top-toetsspan. Daar was wel ’n teleurstelling vir ons in die Internasionale Krieketraad se Węreld-Twintig20-toernooi in 2009 in Engeland, toe Suid-Afrika in die een halfeindstryd die knie moes buig voor Pakistan, wat ook die eindstryd gewen het.

 

Met “mindere” sportsoorte soos tennis, hokkie, netbal, tafeltennis ensovoorts gaan dit betreklik goed in die nuwe Suid-Afrika (wat ook nie meer so nuut is nie). Ons swemmers het in een Olimpiese Spele uitgeblink, maar in die jongste een teleurgestel. Maar ons gestremde atlete hou ons land se naam hoog, veral die swemheldin Natalie du Toit en die “Blade Runner” Oscar Pistorius.

 

Een spel wat in die apartheidsjare nie so erg deur die politiek gekniehalter is nie, is gholf. Dit is nie ’n spansport nie, maar mededinging tussen individue waar nasionaliteit dus nie ’n groot faktor is nie.

 

MAAR natuurlik is daar nog ’n belangrike vraag wat hier beantwoord moet word en dit is hoe daar van owerheidsweë en deur sportbeheerliggame opgetree is om die wanbalanse reg te stel toe apartheid beëindig is. Jare der jare van ongelyke kanse, ongelyke geriewe, ongelyke opleiding, trouens, ’n hele kultuur van ongelykheid sou wel nie oornag ongedaan gemaak kon word nie, maar daar is vinnig stappe gedoen.

 

Verskillende sportbeheerliggame wat in die apartheidstyd saamgestel is, het verenig. In Maart 1992 het die nie-rassige Suid-Afrikaanse Rugby-unie en die “blanke” Suid-Afrikaanse Rugbyraad saamgesmelt en die Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie geword. Desgelyks het die Suid-Afrikaanse Krieketraad en die Suid-Afrikaanse Krieketunie in Junie 1991 hul kragte saamgesnoer in die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, tans bekend as Krieket Suid-Afrika.

 

Vir ons deelname aan die Olimpiese Spele is die beheerliggaam NOCSA (National Olympic Committee of South Africa) eweneens in 1991 saamgestel onder Sam Ramsamy, uitgeweke voorsitter van die South Africa Non-Racial Olympic Committee (SAN-ROC) in die apartheidsjare.

 

Sokker was nog altyd bowenal ’n spel vir hoofsaaklik die swart gemeenskape van Suid-Afrika. Die South African Football Association (SAFA), later die FA of South Africa genoem, is reeds in 1882 gestig, maar is presies honderd jaar later onder sy eerste naam hersaamgestel om die land se verskillende gemeenskappe te verteenwoordig.

 

Ook in ander sportsoorte sou nuwe beheerliggame op hierdie grondslag saamgestel word.

 

Die ANC-regering het voorts ’n minister van sport in sy kabinet wat onder meer moet toesien dat gelyke geleenthede sonder diskriminasie vir alle sportlui geskep word. Die kwotastelsel wat tans deur die regering geďmplementeer word, het nietemin al tot groot omstredenheid gelei. Daarvolgens moet die lede van sportspanne die demografie (bevolkingsamestelling) van Suid-Afrika verteenwoordig.

 

Dit strook nie altyd met die beginsel van meriete nie, hoewel niemand kan sę dat sporthelde soos Makhaya Ntini (krieket) en Bryan Habana (rugby) gekies is om hul land op die sportveld te verteenwoordig bloot omdat hulle “nie-blank” is nie. Tog moet ’n mens byvoeg dat die politieke inmenging met spankeuses al daartoe gelei het dat sommige sportlui oorsee hul heil gaan soek het omdat hulle gemeen het hulle kry nie hier ’n billike kans nie.

 

Bryan HabanaLINKS: Die Springbok-vleuel Bryan Habana, een van die sterre van die Rugby-Węreldbekertoernooi van 2007, wie se agt drieë in die toernooi die rekord van die All Black Jonah Lomu in 1999 geëwenaar het. Hy is tot die Internasionale Rugbyraad seSpeler van die Jaar vir 2007 benoem.

 

Detail van ’n foto deur Axel Bührmann,

wat dit op hierdie bladsy by flickr op die węreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution-Share Alike 2.0 Generic-lisensie, waarkragtens kopiëring, verspreiding en afgeleide werke vergun word mits die nodige erkenning gegee word.
 

Verder is daar verskillende sportontwikkelingsinisiatiewe wat deur instansies en sportlui onderneem word om veral sport onder die jeug in die townships te bevorder.

 

Dit gaan weliswaar vandag met sekere sportsoorte beter as met ander, maar samevattend kan ’n mens sę dat Suid-Afrika sy status herwin het om ’n reus in sport te word toe apartheid verkrummel het. ’n Mens moet egter byvoeg dat ons sekerlik die potensiaal het om nog beter te vaar en die węreld grootliks te verras. Dis immers nie elke land wat ’n veelsydige reënboognasie het waaruit hy sy superfigure in sport kan haal en kan ontwikkel nie. En daar is mos altyd ’n potvol goud aan die onderpunt van ’n reënboog!