Middels wat oneerlike sportlui ver bokant hul natuurlike vermons laat presteer

 

Die verbode doepas
in sport

          

  Groeihormone en n spiertier

BO: Droogbevriesde menslike groeihormone in flessies met (INGELAS) n fototjie  van n spiertier, soos daar partymaal na buitengewoon gespierde mans verwys word. Lees in die artikel die afdeling Peptied-hormone oor die hormone wat funksies soos groei en gevoeligheid vir pyn in die menslike liggaam benvloeden hoe sekere atlete hulle ook heimlik gebruik vir meer spierkrag.

Fotos: US Department of Justice & US Department
of Health and Human Services

 

Binne n verbasend kort tydjie verander n enigsins middelmatige atleet as t ware in n superster. Almal word verlei om te glo dis vanwe n strawwe oefen­program wat hy of sy volg. In werklikheid word ver­bode middels gebruik weens die alles oorheersende versugting om beroemd te raak. In hierdie artikel word n vyftal soorte verbode middels bespreek... wat n mens n goeie idee gee van die verskillende onge­wenste opkikkers wat sportadminstrateurs in vandag se wreld grys hare laat kry...

Marion Lois JonesREGS: Voorbeeld van n oortreder wat gebieg het: die atleet Marion Lois Jones (gebore 1975), ook bekend  as Marion Jones-Thompson, n gewese wreldkampioen. Sy het in 2000 drie goue medaljes en twee bronsmedaljes by die Olimpiese Spele in Sydney, Australi, ingepalm, maar later ingestem om alle pryse en medaljes prys te gee wat sy sedert September 2000 gewen het. Die rede: sy het erken dat sy middels gebruik het om beter te vaar.

 

Foto: US Mil. (Amerikaanse departement van verdediging), deel van oorspronklike foto weggesny

 

                                                                                       

K

LAAS DOOI het skielik in n windhond ontpop. Die enigsins middelmatige atleet het binne enkele maande spiere ontwikkel waar daar voorheen slegs jellierige vlees was, en vandag hardloop hy stof in die o van al sy mededingers wat voorheen gereeld hul hakskene vir hom gewys het.

 

Almal dink dis van n strawwe oefenprogram dat Klaas nou so n blink sport-ster geword het. Die waarheid is egter dat hy heimlik met oneerlike dinge besig is.

 

Klaas Dooi het naamlik geswig voor die versoeking om verbode middels te gebruik ten einde hom in Klaas Spiere en Klaas Geswind te verander. Wat hy nie besef nie, is dat sy kierang nie net binnekort gaan braai nie, maar dat die oormaat opkikkers wat hy gebruik tragiese newe-effekte gaan h. Klaas gaan inderdaad sy hele lewe verwoes net vir die bitter kortstondige glorie wat sy skelmstreke hom nou laat smaak.

 

Elke nou en dan hoor ons van di of daardie atleet of ander sportpersoonlikheid wat positief getoets is vir n verbode middel. Dan kan n mens ook maar weet di persoon is diep in die moeilikheid by die betrokke sportowerheid.

 

Ter wille van regverdigheid in sport kan immers nooit toegelaat word dat een mededinger n onregmatige voorsprong bo al die ander verwerf nieen dit nogal weens n woema wat kunsmatig bewerk word deur bedenklike eliksers wat die persoon bo sy of haar natuurlike kragte laat presteer.

 

Daarom is swaar strawwe ook die voorland van diegene wat hulle aan die gebruik van verbode doepas skuldig maak, strawwe wat kan wissel van die wegneem van medaljes of bekers en kwaai boetes tot n lang verbod op enige openbare deelname aan die bepaalde sportsoort.

 

DAAR is verskillende middels wat sportmense s onnatuurlik kan laat uitblink sonder dat hulle dit werklik verdien. Die internasionale liggaam wat verantwoordelik is vir die instandhouding en periodieke hersiening van die lys van verbode middels in sport, staan bekend as WADA (World Anti-Doping Agency). WADA is in 1999 in Lausanne, Switserland, in die lewe geroep danksy n spanpoging onder leiding van die Internasionale Olimpiese Komitee.

 

Die jaarlikse hersiening van WADA se lys is noodsaaklik ten einde tred te hou met nuwe verwikkelinge in die wetenskap en tegnologie. n Middel word op die lys geplaas as dit aan twee van die volgende drie kriteria voldoen:

  Indien dit die potensiaal het om n mens beter te laat presteer;

  as dit moontlik nadelig vir die gesondheid kan wees;

  indien dit die gees van sport skend.

 

In party gevalle kan n atleet om gesondheidsredes wel genoodsaak wees om van die gelyste middels te gebruik. Die atleet kan dan om vrystelling aansoek doen as n dokter bevestig dat die middel vir sy of haar welstand nodig is. Die dokter moet ook verklaar dat daar geen geskikte ongelyste alternatief is nie en dat die gebruik van die middel die atleet nie waffers beter sal laat vaar in die sportsoort(e) waarin hy of sy meeding nie.

 

Buiten dat die gebruik daarvan oneties is, lei middels vir beter sportprestasies ook tot ernstige gesondheidsprobleme by die gebruikers. Dit sluit in die sogenaamde steroed-woede,  n erge aggressie en vyandelikheid wat deur die oormatige gebruik van anaboliese sterode aangebring word. Nog verontrustende nadele is die ontwikkeling van manlike eienskappe by vroue-atlete, hartaanvalle en n grootliks verminderde lewensverwagting. Party van die stowwe is ook verslawend.

 

Maar hoe lyk die middels eintlik wat sportlui nie mag gebruik nie? Die onderstaaande vyftal soorte gee n mens n goeie idee van die ongewenste opkikkers wat hier ter sprake is:

 

Anaboliese androgene steroede

SPIERE, boeta! Dis n wenresep vir groter spiere en krag! Dit is hierdie onskynlik onskadelike belofte wat soveel sportlui voor die gebruik van anaboliese androgene steroede laat swig. Jy weet mos dit gaan jou soveel fut gee dat jy des te harder en langer sal kan oefen om n buitensporig gespierde liggaam te bou.

 

Maar anaboliese androgene steroede (AAS) word nie verniet slegs om mediese redes voorgeskryf nieen kan ernstige newe-effekte h by mense wat dit gebruik. Goed, dit kan n atleet in n heel nuwe klas plaas en rekords vir hom moontlik maak wat hy nooit gedink het hy sou kon opstel nie. Totdat hy op n dag dalk soos n wilde dier raak en waansinnig op sy eie huismense afstorm...

 

AAS is sintetiese weergawes van die geslagshormoon testosteroon wat in groot hoeveelhede by die meeste mans voorkom. Daar is twee tipes AAS, te wete eksogene steroede, wat nie natuurlik deur die liggaam geproduseer kan word nie, en endogene steroede, wat wel natuurlik deur die liggaam geskep kan word.

 

n Sportpersoon word positief vir n endogene stof getoets wanneer bevind word dat sy of haar getoetste monster n verbode bestanddeel bevat waarvan die konsentrasie hor is as wat normaalweg by mense voorkom. Indien die persoon met getuienis kan bewys dat die hor konsentrasie aan siekte of n fisiologiese toestand te wyte is, is die bevinding negatief. Sowel eksogene as endogene sterode is verbode middels.

 

Peptied-hormone

PEPTIED-HORMONE dien as bodes in die liggaam. Hulle dra boodskappe tussen organe wat verskillende liggaamsfunksies stimuleer, funksies soos groei en gevoeligheid vir pyn. Die hormone word deur kliere in die liggaam vervaardig en beweeg in die bloed.

 

Atlete gebruik heimlik bykomende peptied-hormone om die produksie te prikkel van hormone wat natuurlik voorkom, asook om spierkrag te verhoog en die vorming van rooi bloedliggaampies te vermeerder. Die groter hoeveelheid rooi bloedliggaampies verbeter die vermo van die bloed om suurstof te dra en gee die atleet ast ware n tweede asem. Maar weens die hormone se besondere vermo om organe en weefsel te benvloed en liggaamsfunksies te verander, is dit vanselfsprekend dat sulke sportlui in der waarheid met vuur speel.

 

In die mediese wreld is die gebruik van n hormoon van die pankreas, insulien, egter nie net baie nuttig nie, maar dikwels ook lewensreddend. Trouens, suikersiekte is in 1922 onder die knie gebring deur die epiese ontdekking van die geneeskragtige gebruik van n ekstrak van insulien deur die Kanadese dokter Frederick Banting.

 

Stimulante

KOKAEN is een van hullen pynstillende, verdowende stimulant wat uit die kokaplant in Suid- en Sentraal-Amerika vervaardig word. En selfs die wreld se gewildste koeldrankword vertelhet lank gelede n geraamde nege milligram kokaen per glas bevat, maar hierdie bestanddeel is gelukkig in 1903 uit die resep verwyder.

 

Benewens kokaen is daar ook ander stimulante soos adrafinil, modafinil, pemolien en selegilien. Hulle vorm n groep middels wat jou waaksaamheid verskerp en jou liggaamlik opkikker deur jou hartklop en asemhaling te versnel en jou breinfunksies na n hor rat oor te skakel. Hulle werk in op die sentrale senustelsel en stimuleer die gebruiker sowel verstandelik as fisiek.

 

Die gebruik van stimulante deur sportmanne en -vroue word verbied omdat hulle die verstand en liggaam s kunsmatig prikkel dat hulle die sportlui beter laat vaar en hulle daardeur n onregverdige voordeel verkry.

 

Stimulante is nie verbode vir atlete wanneer hulle nie meeding nie, maar op die baan of veld moet hul urine vry daarvan wees of dit moet ten minste binne bepaalde voorgeskrewe perke wees.

 

Beta-2-agoniste

BETA-2-AGONISTE is die ietwat ingewikkelde naam vir middels wat algemeen gebruik word om asma te behandel deur die spiere te laat verslap wat om die lugwe voorkom. Voorbeelde is bambuterolhidrochloried, reproterolhidrochloried en tulobuterolhidrochloried.

 

Hulle is vir sportlui verbode omdat hulle dieselfde effek as di van n stimulant het wanneer hulle deur die mond ingeneem word. Wanneer hulle in die bloedstroom ingespuit word, het hulle boonop anaboliese uitwerkings.

 

Oortredende atlete gebruik Beta-2 om hul spiere te vergroot en hul liggaamsvet te verminder.

 

Sekere van die middels mag wel deur atlete gebruik word indien dit slegs ingeasem word, ten einde byvoorbeeld asma te voorkom of te behandel, of vir asemhalingsprobleme wat met liggaamlike oefening verband hou. Atlete moet egter n doktersbrief verskaf om van die verbod vrygestel te word.

 

Ontwateringsmiddels en ander verbloemende middels

VERBLOEMENDE middels is produkte wat die potensiaal het om die teenwoordigheid van n verbode stof in die urine en in ander monsters te verberg.

 

Die rede waarom hulle self verbied word, l voor die hand. As hulle in staat is om te voorkom dat iets sinisters in die bloed of urine van n oortreder opgespoor word, kom die skelm skotvry tot nadeel van die ander mededingers.

 

Ontwateringsmiddels word egter wel toegelaat, solank die atleet se urinemoster nie die perke wat gestel is, oorskry nie.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad