Artikel vir Mieliestronk.com nagesien deur prof. dr. Ansie Dippenaar-Schoeman, spesialiswetenskaplike by die Spinnekopnavorsingsentrum van die Landbounavorsingsraad, Pretoria

Praat van 地 ware webblad...
 
Wielvormige spinnerak met opskrif: Ons Wonderlike Webbe

Die spinnerak, die web van die spin­ne­kop, is 地 ver­stom­men­de pre­sta­sie van in­ge­bo­re vin­ding­ryk­heid en teg­niek. Dis te­ge­lyk 地 sein­sta­sie en 地 lief­des­nes, 地 alarm­stel­sel en 地 etens­ta­fel. Maar daar­mee is alles oor ons won­der­like web­be jou nog baie lank nie ver­tel nie...

Foto: John Brandow / Yellowstone / U.S. National Park Service

 

Hangmat-web

BO: Soos ons ondertoe sal sien, kan spinnerakke verskillende vorms h, afhangende van die soort spinnekop wat dit bou. Hier is 地 hangmatweb揺orisontaal gespin tussen die plantegroei om insekte op 地 ander manier te vang as byvoorbeeld in die bekende wawielwebbe in ons tuine. Insekte raak verwar in die doolhof van nie-klewerige drade bokant die hangmat en val dan in die hangmat waar die spinne­kop hulle van onder af gryp en deur die hangmat trek om hulle toe te spin en op te vreet.
 

Foto met spesiale vergunning aan Mieliestronk.com:
Kopiereg
Diane Seddon. Besoek haar webwerf met nog pragfoto痴 by http://www.dseddonphotography.co.uk/main.php
 


Die spinnerak: die heelal van die spinnekop


Spinnekop en webLINKS: Die spinnekop meet hier en pas daar en kort voor lank maak sy of hy 地 web嵐n gesponne mirakel as daar ooit een was. Maar die spinnekop dink net so min hoe om dit te bou as wat jy eers sal dink hoe jy jou vinger van 地 warm plaat moet wegruk. In die ragfyn rak van地 spinnekop word instink op sy alleraanskoulikste verbeeld...

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat dit nie net wyfiespinnekoppe is wat webbe spin, soos mense soms dink nie. Mannetjies spin ook, byvoorbeeld di wat tien maande lank onvolwasse is en dan heeltyd webbe spin. Net wanneer die laaste vervelling verby is, spin party nie meer webbe nie.

 

S

AANS of vroegdag begin die groot gewerskaf in die natuur要an ontelbare spinnekoppe wat soos slawe in hul spinfabrieke sloof.

Hul fantastiese bouwerke kan uiteindelik selfs die mens s地 in die skande steek. Wel, ten minste as jy die beperkings van die spinnekop se breintjie in ag neem.

Regoor die vastelande span die glinsterende sydrade van die hardwerkende spinnekoppe... l dit soos snare oor takke, klippe, grashalms, blare en baiemaal alles tussenin. Hulle gebruik die sy om hul eiers te beskerm. Of as liefdesnessies. Of as telefoondrade, alarmstelsels of om hul prooi mee te vang.

Baie soorte wat snags insekte vang, spin elke aand binne sowat 地 uur 地 nuwe web. Sommige van die dagpersoneel bou weer hul spinnerakke binne dieselfde tyd net voor dagbreek.

Webbe word maklik beskadig, maar spinnekoppe word nie sommerso ontmoedig nie. Stukkende sydrade word vervang deur nuwe drade wat gespin word.

Ragfyn is die sy wat hulle spin inderdaad, maar daarby is dit ook ongelooflik sterk. Party stukke van di voortreklike sygaring is selfs sterker as staal, s kenners, as jy staal tot dieselfde dikte as die sydrade sou uitrek.

Wat meer s, iemand het op 地 keer beweer dat, as sydrade saamgevleg word tot die dikte van 地 potlood, dit n Boeing 747 in sy vlug sou kon stuit. Nie verniet dat sy as een van die sewe groot wonders van die diereryk beskou word nie.

Daar is ook al bereken dat sowat 12 000 van die dunste spinnekop-sydraadjies langs mekaar in 地 sentimeter sal kan inpas. Omdat hulle so dun is, is hulle natuurlik so lig soos spookasems. As so 地 enkele draadjie lank genoeg sou kon wees om reg om die aarde te span, sou dit kwalik 地 kilogram weeg!

Voeg 地 aantal sulke draadjies saam en jy kry van die duursaamste natuurlike vesels denkbaar. Sprinkane en baie ander soorte insekte is die gewone prooi van spinnekoppe, maar muise en selfs slange raak soms verstrik in spinnerakke. Dit wys jou hoe ontsettend sterk daardie spindrade is.

Spinnekop-sy is boonop glo baiemaal beter as di van sywurms. Maar omdat spinnekoppe nie so maklik beheer kan word soos die sedige wurms nie, is die oes van spinnekop-sy nie juis lonend of, trouens, hoegenaamd prakties nie. Omdat die spinnekoppe mekaar baie gou opvreet, moet elkeen byvoorbeeld in 地 aparte hokkie aangehou en afsonderlik gevoed word.

Daar was wel in 1710 地 sekere Fransman wat 地 paar sykouse van spinnekop-sy gemaak het. Maar na berekening is ongeveer 125 000 spinnekoppe nodig om slegs een kilogram sy te lewer. 地 Spinnekop-boerdery moet dus in meer as een opsig 地 nagmerrie wees. Voordat jy nog 地 wins begin maak, is jy miskien ook al hoeka doodgebyt!

Tog is spinnekop-sy van groot waarde in die vervaardiging van vergrootglase vir byvoorbeeld mikroskope, verkykers en afstandmeters om die middelpunt van lense aan te dui.

 

En een navorser in Japan wat glo dekades lank die sterkte van spinnekop-sy bestudeer het, het 地 tyd gelede onthul dat duisende van di sydrade saamgeweef en as vioolsnare gebruik kan word.

 

Dit het die volgende rympie genspireer omtrent 地 violis en sy geliefde:

 

Dat sy kan weet hoe hy haar min,

wil hy vir haar 地 wysie spin.

Maar sy sal van haar wysie raak

as sy moet hoor waarvan hy die vioolsnare maak!

 

     

SPINNEKOP-SY word in sykliere in die agterlyf van die spinnekop vervaardig as 地 vloeistof.
"Melk" verlaat 'n spintepel om tot sy te verhard  Hierdie vloeistof stol en verander in sydraad namate dit uit die spintepels van die spinorgaan getrek word (foto LINKS).

   
  Die molekules rangskik hulself om 地 soliede draad te vorm.

   
 
Die meeste spinnekoppe gebruik hul pote om die sy uit die spintepels te trek.

 

Een spinnekop kan verskillende soorte sy vir verskillende doeleindes vervaardig. S word sy  gebruik as gidsdrade, vir nessies, tydens vervellings, tydens paring, as eiersakkies, vir verspreiding (om as稚 ware soos warmlugballonne of vliers met sy deur die lug te sweef), as kospakkies en vir webbou.

 

Die vraag word nogal dikwels gestel waarom 地 spinnekop dan nie aan aan sy eie web vassit nie. Webbewoners het drie kloue aan hul pote en hierdie kloutjies help met die beweging op die web en verhinder dat hulle vassit. Dan produseer hulle ook olie wat verder help keer dat hulle aan die spinnerak kleef.

 

Die spinnekop se spintepels werk soos mensevingers terwyl hulle die sy wring en draai om in die regte plekke in te pas. Soos reeds genoem, gebruik die meeste spinnekoppe hul pote om die sy uit die spintepels te trek. Sommige spinnekoppe het selfs kammetjies aan hul agterpote waaroor die sy gekam word.

 

Op die koop toe is hulle baie sindelik! Spinnekoppe sal eerder hul eie webbe opvreet as om die omgewing deur spinnerakke te besoedel. Proteen word ook op hierdie manier nuttig hersirkuleer. Die meeste spinnekoppe vreet daagliks hulle ou webbe op.

 

Suid-Afrika het 地 ryk spinnekopfauna en meer as 2000 spesies is al erken. Spinnekoppe kan in twee subordes verdeel word, naamlik Mygalomorphae (vier boeklong- of bobbejaan- en valdeurspinnekoppe) en die Araneomorphae (twee boeklong- of gewone spinnekoppe). Nagenoeg 40 000 spesies is reeds w靡eldwyd beskryf.

 

Argiope australisREGS: Argiope australis... 地 baie bekende tuinspinnekop in Suid-Afrika.

 

Foto met spesiale vergunning aan Mieliestronk.com:
Kopiereg Allen Jones


 

Spinnekoppe kom dan ook in omtrent alle dele van die w靡eld voor. Ons vind hulle van die seevlak tot op ho berge, en van die ewenaar tot 地 paar honderd kilometers van die pole.

 

En al hierdie spinnekoppe kan spin妖is immers waarom hulle spinnekoppe genoem word!

 

Hulle kan verder in twee groepe verdeel word, te wete die webbewoners wat sydrade vindingryk aanwend om kos mee te vang teenoor die vrylewende dwalers wat hul prooi met spoed en beenkrag oorrompel.

 

Di wat spinnerakke aanwend om hul prooi te vang, monteer hul sterk maar ragfyn produkte oral op die grond, in skeure, maar van die webbe word so tussen 30 en 60 cm bokant die grond gebou熔p die vlugvlak van talle skadelike insekte謡at ons opnuut moet laat besef dat ons spinnekoppe nie as vyande nie, maar as bondgenote moet beskou.

 

Die nagenoeg 30 meter sy wat jy in die gemiddelde web sal vind, werk as 稚 ware soos 地 natuurlike stofsuier. Moenie jou hulpvaardige tuinspinnekop die volgende keer weer met 地 klip vermorsel nie!

     

DAAR is 地 byna vanselfsprekende rel sover dit die grootte van spinnerakke aangaan: groot spinnekoppe spin grotes en klein spinnekoppe spin kleineres. Die kleintjies het op stuk van sake minder kos nodig! Maar dan verskil die struktuur van webbe ook nog van spesie tot spesie. Die webspinners bou verskillende soorte webbe:

     


   
  Wawielwebbe

  
 

Wielvormige webREGS: 地 Web van wat in die volksmond 地 wawielweb-spinnekop genoem word.

 

 

Foto: Ed Austin & Herb Jones / Yellowstone / U.S. National Park Service
  

 

ONS eie tuinspinnekoppe laat hulle beslis nie onbetuig onder die minstens vier spinnekop-families wat sogenaamde wawielwebbe spin nie, ofskoon daar in die trope reeds wawielwebbe van tot 5,73 meter in omtrek gemeet is. Daar is seker min van ons wat nog nie die mooi spinnerakke van die wawielweb-spinnekoppe bewonder het nie要eral soggens wanneer die dou soos diamante daarop glinster.

 

地 Wawielweb-spinnekop sit f in die middel van die web f in sy nessie aan die een kant van die web sy prooi en inwag. Dis die trillings van die webdrade wat die spinnekop op 地 gevange slagoffer laat toeslaan, want sy o is maar swak. Die meeste wiel-spinners sal die prooi daarna in 地 doodskleed toespin.

 

地 Band van sydraadjies word met die kloutjies en seta aan die agterpote uit die spinorgaan uitgekam en vinnig om die slagoffer gedraai. Wanneer die slagoffer nie meer beweeg nie, kan die fees begin.  Die spinnekop suig onmeedond sy liggaamsappe uit totdat net die dro dop oorbly.

 

Die web speel ook 地 rol in die webspinners se liefdeslewe. Die mannetjies tokkel aan die speekdrade of skud die web om die wyfie se aandag te trek耀oos wafferse troebadoere wat op die harp speel om ook hul geliefdes se hartsnare te roer.

 


  
  Hangmatwebbe
  

Hangmat-web bedek met dou

REGS: 地 Hangmatweb bedek met dou.

 

Foto met spesiale vergunning aan Mieliestronk.com:
Kopiereg
Diane Seddon. Besoek haar webwerf met nog pragfoto痴 deur hier te klik.

 

 

OOK in ons land is daar talle van di soort spinnekoppe op die velde. Hulle is self so vaal dat 地 mens hulle kwalik raaksien, maar soggens glinster hul met dou belaaide 塗angmatte baie opvallend. Die hangmat, wat van 1 tot 30 cm breed kan wees, word deur 地 doolhof van nie-klewerige sydrade omhoog gehou. Sodra 地 insek in die doolhof beland, raak hy verwar en val uiteindelik in die hangmat. Daar gryp die spinnekop hom van onder, verlam hom, trek hom deur die web, spin hom toe容n verorber hom.

  


Driehoek-web  
 
Driehoekwebbe
 

HIERDIE soort spin slegs 地 stukkie van 地 wielweb in die vorm van 地 driehoek of 地 segment van 地 sirkel (REGS). Die spinnekop hou die draad aan die een hoek met die pote vas. Sodra 地 insek in hierdie driehoekige valstrikkie vasvlieg, los die spinnekop die draad. Die web skiet dan terug en die insek raak daarin verstrik.

 


Koepelweb   
  Koepelwebbe

     
DIE koepelweb-spinnekoppe spin, soos hul naam aandui, ingewikkelde horisontale koepelwebbe (soos die een LINKS). Stewige vertikale webstrukture stut die hoofweb (soos die penne van 地 tent) en help om dwalende loopinsekte onder in die koepel in te stuur. Hier sal die spinnekop hulle gou bydam voordat hulle kan ontsnap.


Uit 地 boek wat in 1935 in die VSA gepubliseer is deur die National Geographic Society

 


 

  Tregterwebbe
   

TREGTERWEB-SPINNEKOPPE se doekvormige webbe sprei uit oor 地 horisontale ronde oppervlak. Die spinnekop wag eenkant in die tregtervormige web (ONDER) dat 地 insek daarin beland en dan begin die maaltyd.

 

Tregterweb

Foto: Fotodatabasis van die Landbounavorsingsraad (ARC-photo database), met vergunning


   

S is spinnekoppe se webbe dan vir hulle die heelal wat hulle self geskep het. Hier weet hulle om te onderskei tussen die trillings van 地 blaar in die wind of die geskarrel van 地 sprinkaan, vlieg of kewer. Maar daarbuite bestaan niks vir hulle nie溶ie ek of jy nie, nie TV-antennes, motors of huise nie, beslis nie die internet of rekenaars nie. Trouens, die hele aarde is totaal buite hul begripsvermo in hul eng en beperkte mikro-kosmos.

 

En in hierdie opsig is die spinnekoppe ook maar presies nes ons mense... ons wat die ware grootheid van die skepping met ons sy eie beperkte verstand nooit waarlik in hierdie bedeling sal kan begryp nie...

 


 


Maar wat is 地 spinnekop eintlik?


 

S

PINNEKOPPE behoort tot die sogenaamde Arthropoda of geleedpotige diere, wat ook insekte, myte, duisendpote, skerpioene en selfs garnale, krewe en krappe insluit.

地 Aantal Spinnekopander minder bekende groepe behoort ook tot hierdie dierestam, wat om die waarheid te s die heel grootste filum in die diereryk vorm. Daar is meer as 900 000 opgetekende geleedpotige spesies, maar waarskynlik nog talle en talle onopgetekendes. Hulle kom feitlik oral op aarde voor.

Die liggame van geleedpotiges bestaan uit segmente wat beweeglik teenoor mekaar is, buiten waar twee of meer van die segmente met mekaar versmelt is. Die liggaam is bedek met 地 huidskelet waarvan chitien die belangrikste bestanddeel is. Hierdie bedekking is plek-plek sterk en onbuigbaar, met delikater, buigsame aansluitings tussenin.

Fossielrekords toon dat reusagtige geleedpotiges met sagte bedekkings耀ee-skerpioene van tot twee meter要roer gelewe het, maar vandag s地 het slegs harde doppe wat in die rel nie groot liggame toelaat nie. Daar is weliswaar krewe wat tot sowat 20 kg kan weeg, maar die landdiertjies word nooit baie groot nie. Hulle moet ook gereeld hul doppe afwerp (vervel) namate hulle groei.

Baie mense dink aan die meeste geleedpotiges bloot as insekte en is dikwels verbaas wanneer hulle hoor dat byvoorbeeld spinnekoppe en skerpioene NIE insekte is nie.

Maar skerpioene en spinnekoppe lyk duidelik heelwat anders as jou tipiese insek. Hulle behoort tot die klas Arachnida, of spinnekopagtiges, wat al die diere insluit wat agt pote het, byvoorbeeld bosluise, myte, hooiwaens, romans, ens. Nege groepe met agt pote kom in Suid-Afrika voor.

Benewens daardie vier pare pote用leks van drie soos by insekte擁s die afsonderlike kop en bors (toraks), soos 地 mens dit by die insekte aantref, by hierdie spinnekopagtiges tot een struktuur versmelt.

Anders as baie soorte insekte het hulle boonop geen vlerke nie. Hulle het ook geen voelhorings nie.

 KnopiespinnekopREGS: 地 Knopiespinnekop (Latrodectus indistinctus)    
op 地 ou possel.   

By die spinnekoppe self is daar nagenoeg 40.000 bekende spesies. Almal het gifkliere, buiten di van die familie Uloboridae. Baie min soorte is egter gevaarlik vir die mens, hoewel daar 地 handjievol spesies is waarvoor ons in Suid-Afrika moet lig loop. Veral met die knopiespinnekop word nie gespeel nie, hoewel 地 mens darem moet byvoeg dat niemand nog hier, sover bekend, in die afgelope veertig, vyftig jaar van 地 knopie se byt dood is nie.

Rooi romanspinnekop

BO: 地 Gediertetjie erger as jou ergste nagmerrie... maar moet darem nie die rooi roman net op sy harige baadjie takseer nie! Hy痴 地 besonder interessante paaiboelie, maar onskadelik, want hulle het geen gifkliere nie.
 

  
Kopiereg: SOUTH AFRICAN TOURISM / SUID-AFRIKAANSE TOERISME

\    

Lewensiklus van die spinnekop

SPINNEKOPPE broei uit eiers en in hul lewensiklus is daar geen larwestadium soos ons dit by baie insekte aantref nie. Die kleintjies verskil slegs in sekere besonderhede van die volwassenes, en elke keer wanneer hulle vervel, raak hulle effens groter en ontwikkel hulle meer eienskappe van die grotes. Spinnekoppies vervel 地 paar keer voordat hulle volgroeinde kalante is謡at dan op hul beurt paar, waarna die wyfies weer eiers l vir 地 nuwe generasie van goggabies.

Ma-spinnekoppe laat gewoonlik nie hul eiers sommer net aan die wind en weer en die ongenade van allerhande roofvyande oor nie. In die rel word die eiers ten minste sorgvuldig in 地 sogenaamde eiersakkie van sy bewaar.

Die hoeveelhede eiers wat gel word, verskil ook baie na gelang van die spesie. S deponeer die wyfies van party soorte net twee eiertjies op 地 keer, ander van 30 tot 35 in 地 jaar en nog ander tot 600 of selfs 800 eiers.

Die ma痴 van die meeste soorte 砺ergeet doodeenvoudig van hul eiersakkie nadat hulle dit gespin het, soos tuinspinnekoppe en ander webspinners wat die sakkie sorgeloos 靡ens naby hul webbe sal ophang en hulle daarna glad nie weer aan hul ontwikkelende kroos sal steur nie. Tog is daar sekere spinnekoppe wat heeltyd oor hul eiersakkie waak of dit selfs gedurig met hulle saamdra.

Klein spinnekoppies kruip meestal op eie houtjie uit die eiersakkie nadat die eiers uitgebroei het, hoewel die ma痴 van party soorte 地 baie gewillige poot bysit en hul kleingoed help ontsnap deur die sakkie stukkend te skeur.

Die wyfies van die wolfspinnekoppe gaan selfs 地 trappie verder. Die ma laat haar kleintjies toe om op haar rug te klim waarna sy hulle 地 hele tyd lank sal rondabba totdat hulle spreekwoordelik op hul eie pootjies kan staan. Wanneer die ma water drink, klim die kleintjies af om ook hul dors te les, maar dan klouter hulle weer vinnig op mamma se rug.

Maar die kleintjies van baie soorte spinnekoppe wat nie sulke versorging geniet nie en dadelik hul eie potjies moet begin krap, volg 地 heel eienaardige metode om van die ma se eiersakkie of nes af weg te kom. Instink dryf hulle om al hoe hor teen plante of pale op te klouter en sodra hulle bo kom, skei hulle 地 vlokkige sy-pluimpie af. Hiermee sweef hulle op die winde soos wafferse mini-valskermtroepe deur die blou hemel用artykeer selfs duisende kilometer ver oor die see熔m op verskillende plekke te land en hul eie lewe as volwaardige spinnekoppe en voortsetters van hul spesie te begin.

   



 

Vir die kleinspan: ken jou spinnekoppe

Vertel vir die rekenaar watter van die items hierbo pas by die beskrywings hieronder容n kyk dan hoe vaar jy met jou antwoorde!


   

Wyfiespinnekop
Mannetjiespinnekop
van dieselfde spesie
Pas uitgebroeide
spinnekoppies
Eiersak
Geen spinnekop nie,
maar 地 krap

Jou punte uit honderd is

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad