As die son kon praat...

Die son is die oorsprong van alle lewensenergie op ons planeet. Maar wat sou hierdie wonderlike ster te vertel gehad het as hy sy eie storie kon uitblaker?
 

Die son in X-strale

BO: 地 Geanimeerde beeld van die son in X-strale要an die satelliet Yohkoh.

Krediet: NASA

Y ken my dalk bloot as 地 flikkerende bol vuur aan die hemel, fel en vlammend op die middag, of die nuwe lig in die ooste in die begin van elke dag. Wat jy moontlik nie weet nie, is dat ek die allerverskriklikste waterstofbom is, maar een wat nie na buite uitbars nie omdat dit weens sy hewige aantrekkingskrag gedurig op homself inplof.

En pleks van 地 verwoester, is ek inderdaad die bron van alle stoflike lewe op jou planeet aarde.

Ek is die son. Hitsig. Siedend. Kolkend. Blertsend. In een sekonde spoeg ek meer energie in die ruimte uit as wat die mensdom sedert die begin van die beskawing verbruik het.


Die sonoppervlak
REGS: Die sonoppervlak... 地 siedende inferno.

Animasie geskep uit NASA-foto痴

 

Boonop is ek verantwoordelik vir elke liewe beweging wat jy en al julle mense maak. Selfs die bietjie energie wat jy nou opgebruik om hierdie woorde te lees, het miskien reeds duisende jare gelede in my woeste, chaotiese binneste ontspring...

Ek is dus magtig, maar moet asseblief nooit aan my dink as 地 god nie. Daar was te veel tye in die verlede dat mense my s aanbid het. Hulle het nie begryp dat ek niks anders as 地 instrument in die wonderlike skepping is nie, dat my lig ook maar net help om di Lig in die w靡eld uit te dra.

Wat is ek dan presies? En watter prosesse is aan die werk sodat ek gedurig besig is om al julle sterflinge met my sprankelende energie aan die lewe te hou?

Voor my geboorte, s die wetenskaplikes, was ek slegs 地 kolossale gaswolk. Maar dit was 地 reuse-newel met so 地 ontsettende swaartekrag dat dit op homself ingetuimel het omdat dit so log en groot was.

Die gevolg was 地 onstuimige kernreaksie wat my 殿an die brand gesteek en my 地 son laat word het. Een malende warboel waarin selfs metale soos yster verdamp. En waar alles op 地 verbysterende skaal gebeur.

Ek is byvoorbeeld so reusagtig groot dat ek 1 300 000 aardes sou kon insluk, en my kern is 地 verskriklike vuuroond van 15 000 000 grade Celsius. lemand het al bereken dat net 地 speldekop se stof hier in my binneste warm genoeg is om 地 mens op 地 afstand van meer as 1500 km dood te maak.

Son en aarde vergelykREGS: Die son en die aarde vergelyk... ons planeet is die kolletjie links onder. Die son sou 1.300.000 aardes kon insluk.

Illustrasie: Roberta Polfus/World Book /NASA
 


In my kern word 600 miljoen ton van die ligte gas waterstof elke sekonde tot die gas helium verteer, terwyl vyf miljoen ton waterstof in louter energie omgeskep word. 地 Breukdeeltjie van 地 breukdeeltjie van hierdie energie is bestem om uiteindelik op die aarde te beland. Dit gebeur egter nie in 地 oogwenk nie. Trouens, dis 地 proses van miskien tweehonderd eeue.

Want byna al die stralingsenergie in my kern bestaan uit X-strale, en di ontsnappende strale skiet gedurig kruis en dwars rond soos, s maar, die balle op 地 snoekertafel. Eintlik flits hulle so erg heen en weer dat dit hulle selfs met die snelheid van lig耀owat 300 000 km per sekonde耀owat 20 000 jaar neem om my oppervlak te bereik.

In al hierdie millenniums verander die X-strale geleidelik. Telkens as s 地 straal weggebuig word, word die frekwensie van sy vibrasie effens minder en sy golflengte langer. Mettertyd verander die X-strale in ultraviolet lig en sigbare lig.

Dan洋eteens楊om hulle vry bo uit... en nog 地 bundel van my strale is op pad. Nou kan hulle ongehinderd die nagenoeg 150 miljoen km na die aarde en sy bewoners afl.

DIE blitsige tog aarde toe耀o vinnig soos lig maar kan beweeg妖uur 地 skrale stuk of agt minute, wat 地 totaal onbeduidende tydjie is in vergelyking met die duisende jare wat dit voorafgegaan het.

Maar dis ook een aanhoudende bombardement van lig op lig. Binne enkele dae stort ek byvoorbeeld net soveel hitte en lig oor die aarde uit as wat opgewek sou word indien al die aarde se olie- en steenkoolreserwes en al die hout in die aardse woude verbrand kon word.

En, wat dit nog meer verstommend maak, is dat dit maar net sowat die helfte van 地 duisendmiljoenste deel van my stralingsenergie is wat die aarde bereik!

Tog is dit hier waar my besondere aandeel aan die wonder van die lewe begin. Want in my strale is die brandstof vir ontelbare klein kosfabriekies: die blare van plante.

My lig is die eerste skakel in jul lewensketting deurdat dit die see van groen blare op land en in die waters tref. Dit vervorm die water in die plante, en die koolsuurgas wat die blare uit die lug opneem, tot suikers en stysels waarvan die plante kan lewe.

Mens en dier eet die produkte van die plante. Of mense eet van die diere wat plante gevreet het. Op die ou end word my energie selfs gebruik om die elektriese boodskappe in jou brein oor te dra, om jou spiere te stook sodat jy jou hande en voete kan oplig en beweeg.

Maar hoe kan ek dan so seker wees dat dit juis my, die son, se energie is wat in plante en diere en die mens voortwoeker? Wel, dis mos 地 natuurkundige felt dat energie nie vernietig kan word nie妖at een vorm van energie net in 地 ander vorm daarvan oorgaan. Selfs die hitte wat vrygestel word wanneer jy 地 stuk steenkool in die vuur gooi, was in die oerverlede sonlig wat deur groen plante geabsorbeer Is.

Die proses waarby plante deur sonlig kos maak, word fotosintese genoem. Presies wat behels dit? Om mooi te begryp moet 地 mens iets weet van die wonderstof chlorofil.

Groen blare

BO: 地 Groen, groen weligheid. Fotosintese, die biochemiese proses waarvolgens groen plante en sekere bakterie in staat is om die energie van lig in chemiese energie te omskep, is verantwoordelik vir die produksie van al die aarde se suurstof.

Foto: U.S. Geological Survey


BLARE bestaan uit miljoene selle. As 地 mens een van di onder 地 mikroskoop ondersoek, ontluik 地 uiters klein kompartementjie omhul deur 地 wand van sellulose. Dit is gevul met 地 korrelagtige stof wat sitoplasma genoem word.

In die sitoplasma, tussen talle ander klein deeltjies, is 地 aantal heldergroen ronde korreltjies, bekend as chloroplaste. Di is met chlorofil of bladgroen gevul嵐n pigment of 地 gekleurde chemiese stof. Chlorofil speel 地 uiters belangrike rol in die lewenspatroon op die aarde.

(Terloops, dis ook interessant dat die samestelling van groen chorofil en di van die rooi pigment van bloed, hemoglobien, wonderbaarlik ooreenstem.)

My lig bestaan uit klein deeltjies (partikels) wat fotone genoem word, en in golwe beweeg. Wanneer die lig nou op 地 blaar val, dra die fotone hul energie aan die blaar oor.

Intussen bevat die blaar ook water (deur die plant se wortels opgeneem) en die gas koolstofdioksied of koolsuurgas (wat deur oop huidmondjies die blaar uit die lug binnegesypel het).

Koolsuurgas is 地 verbinding van koolstof en suurstof, net soos water byvoorbeeld uit waterstof en suurstof bestaan. Daar is baie min koolsuurgas in die lug溶ie meer as sowat drie dele per 10 000 nle洋aar dit is genoeg vir die plant.

Wanneer die fotone die chlorofil in die blaar tref, is daar 地 groot beroering in die klein. Die energie breek die molekules van die water en die koolsuurgas op en herrangskik die atome van suurstof, waterstof en koolstof in heeltemal nuwe patrone om suikers en stysels daarvan te vorm.

Boonop is die groot afvalproduk van hierdie vervaardigingsproses nog 地 lewensbelangrike ding in jul w靡eld: die merkwaardige gas suurstof.

S woon mens, dier en plant in 地 onlosmaaklike verhouding saam en bevoordeel hulle mekaar wederkerig. Dit word simbiose genoem. Mens en dier sorg dat die lug met die koolsuurgas 澱esoedel word, want dit is die gas wat hulle uitasem wanneer hulle asemhaal. Die plante verbruik weer daardie koolsuurgas en lewer suiwer suurstof aan mens en dier. 地 Volmaakte kringloop.

In die heelal is daar soveel orde en so 地 harmonieuse plan in alle dinge dat selfs die glans van my妖ie son葉een die wonder daarvan verbleek...

 

Die wonderlike kringloop van
koolsuurgas en suurstof
  

Kyk ook koolstof-kringloop in die Laslappie-afdeling

BENEWENS die vervaardiging van plantaardige kos, sorg fotosintese ook daarvoor dat die aarde se lewensbelangrike suurstofvoorraad gedurig aangevul word. Blare neem koolsuurgas (地 verbinding van koolstof en suurstof) uit die lug op; die koolstof word daaruit onttrek en vry suurstof afgegee.

Suurstof is nodig vir mens en dier se asemhaling, lewende wesens wat op hul beurt weer koolsuurgas uitasem. Ook vir 地 vuur om te brand moet daar suurstof wees容n die produk is eweneens koolsuurgas. Tot die vis in die see neem suurstof deur sy kieue in en borrel koolsuurgas uit.

Dog die heel grootste verskaffer van suurstof op aarde (70 persent daarvan) is nie die bome van die land nie, maar die alge van die see, wat 地 magdom van koolsuurgas uit die lug opneem om te verwerk.

Die wonderlike kringloop van koolsuurgas (wetenskaplike naam: koolstofdioksied) en suurstof beklemtoon maar net weer ons natuur se volmaakte ewewig.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad