|
Wondersoete
slaap
Foto: U.S. National
Institutes of Health |
|
Slaap — die mites en die waarheid |
|
ONWAAR: Alle mense het
elke 24 uur agt uur slaap nodig. WAAR: Almal het slaap nodig. Maar daar is inderdaad ’n “regte” hoeveelheid slaap vir elke mens. Party mense kan met vyf uur slaap in ’n nag klaarkom, ander het tien uur nodig, terwyl daar selfs mense is wat al beweer het ’n uur en ’n half is vir hulle genoeg. Stel vas presies wat jou eie slaapbehoefte is. As jy verkwik voel wanneer jy in die oggend opstaan, het jy genoeg slaap gehad. Indien jy egter laat slaap en daarna suf, moeg en neerslagtig voel, was jy tien teen een heeltemal te lank in droomland.
ONWAAR:
Vroue ly meer as slaaploosheid as mans. |
|
Waarom droom jy? •• •• • • • • • • • • |
| DROME is
’n
geestesaktiwiteit terwyl jy slaap. Jy droom om aan die slaap te bly—sodat jou liggaam kans kan kry om ná die dag se bedrywighede te herstel.
Kenners reken dat die volle omvang van drome nog nie begryp word nie. Maar wat hulle wel weet, is dat dit die onderbewuste se manier is om die reste van die dag te verwerk, daardie dinge waaroor jy nie gedink het nie omdat jy te bang daarvoor is of doodeenvoudig te besig was. Dit vestig jou aandag op dinge wat jy ignoreeer. Selfs drome wat betekenisloos en verwarrend lyk, is verbloemde interpretasies van dinge of gebeurtenisse in jou ervaringswêreld. Waaroor sielkundiges dit ook eens is, is dat alle mense droom, maar dit nie altyd onthou nie. Jy kan tot vyf verskillende drome in een nag hê en jou die volgende oggend geen enkele een daarvan herinner nie. |
|
Wat gebeur wanneer jy slaap? |
| NAVORSING
oor die elektriese impulse van die brein toon dat daar twee hoofsoorte
slaap is. Jy verkeer om die beurt in die een stadium en dan in die ander.
Die eerste stadium van slaap word deur ’n laer polsslag en stadiger
breingolwe gekenmerk.
Omtrent negentig minute later gaan jy deur ’n stadium van vinnige oogbeweging (VOB), waartydens jou bloeddruk, polsslag en asemhaling onreëlmatig word. Jy begin draai en krul. Jou oë rol agter jou ooglede. Jy hou op snork. Jy droom. Die brein is net so aktief as wanneer jy wakker is. VOB-slaap hou omtrent tien minute aan, waarna jy weer in nie-VOB-slaap wegsak. |
|
Wat jou slaapposisies alles van jou verraai |
|
HOE ’n mens slaap, kan verklap watter soort mens jy is, beweer sekere mense wat gedragspatrone bestudeer. Ander wetenskaplikes sê weer daar is geen wetenskaplike grond vir die aanname dat daar ’n besliste verband tussen slaapposisies en karakter bestaan nie. Of dit waar is of nie, die ontledings bly interessant. Kyk hieronder of jy jouself in een van die populêre beskrywings kan herken... |
Vry
op die sySó lyk die slaapposisie van ontspanne, goed aangepaste mense. Vredig en rustig verwissel hulle van sy tot sy, sonder om deur iets gejaag te word of hulle in hul eie kokonnetjie te onttrek. |
|
|
Alkant
eendersSulke mense slaap soos dié wat onder “Vry op die sy” beskryf word, met die verskil dat die arms, elmboë, hande, bene, knieë en voete ewe netjies opmekaar lê. Jy streef waarskynlik na ewewigtigheid, ook in jou verhoudings met ander mense, en sal altyd presies wil doen wat ander van jou verwag. |
|
Mense wat die knieë onder die maag intrek en op hul bene slaap, is bes moontlik die stryders en die vegters. Hulle kan nie wag om die slapery verby te kry en op te staan om die lewe weer met durf en daad te pak nie. |
Plat op die
rugSterk van gees en selfversekerd is die mens wat op sy of haar rug slaap. Die aarde kan om jou brand en die storms kan woed, maar jy is die onverstoorde heerser van jou eie wêreld. |
|
|
|
|
|
As jy jou jou snags van kop tot tone in jou komberse toewikkel, is jy kennelik ’n eenkant-mens wat nie maklik met ander mense meng nie. Dis asof jy jou van die wêreld wil onttrek en die uitdagings vrees wat die lewe bied. |