Ontwikkeling van skeepvaart... roeiskepe, seilskepe, stoomskepe, tenkskepe...

Ahooi, Madagaskar!

SeilskipNoord, suid, wes, oos...Vaar voor die wind. Hou ín oog in die seil. Hang die seile na die wind. Kry die wind van voor. Maar moet tog nie in iemand se vaarwater beland nie. Ken jy hierdie idiome en hul betekenisse? Dit is maar net ín paar van die uitdrukkings in ons kleurryke taal wat iets van ons seegebonde verlede vertel... van romantiese maar ook gevaarlike tye toe ons voorvaders die sewe oseane getem het om verre lande te ontdek en die wÍreld te bevolk...


Britse seilskip, 1835

BO: ín Britse gevegskip met bollende seile vaar in 1835 ín hawe binne. Van die einde van die 1840s af het stoomkrag daartoe gelei dat vegters ter see minder op windkrag aangewese was.

Krediet: ďHMS Britannia entering Portsmouth harbourĒ deur George Hyde Chambers / ďPublic Domain OldĒ


D

IE geskiedenis van skeepvaart begin in die newels van die oerverlede. Dit was toe die mens geleer het dat hy watermassas in dinge soos uitgeholde boomstompe kon oorsteek. Hy het met sy hande of spane geroei om sy drywende vaartuie te laat voortbeweeg.

REGS: ín Met die hand gemaakte kano van 1908.

Foto (detail): State Historical Society of Iowa / Des Moines IA

Deur die eeue heen het die primitiewe mens sy bootjies stap vir stap verbeter. En uiteindelik het die mense in Europa groot skuite en skepe begin bou. Hiermee het hulle na die res van aardbol gevaar en baie ander mense en nuwe plekke gevind wat voorheen vir hulle totaal onbekend was. Dit het tot groot kolonisasies van verre lande gelei. Ook die Kaap is besetóen dit sou mettertyd die hele aangesig van Suid-Afrika radikaal verander. Alles die gevolg van skeepvaart.

Chinese jonkDie EuropeŽrs was egter lank nie die eerste groot seevaarders nie. Honderde jare voordat hulle die eilande in die Stille Oseaan bereik het, het die PolinesiŽrs met hul primitiewe roeibootjies al lang seereise onderneem. Boonop het die Chinese reeds eeue gelede ín goeie begrip van die vaarkuns gehad. Hul sogenaamde jonke [REGS] lyk vandag nog feitlik net soos diť van duisende jare gelede.

Maar waar is die eerste skepe ter wÍreld dan gebou? Party geleerdes het al aangevoer dat die heel eerste skepe langs die suidooskus van AsiŽ en op die Polinesiese eilande ontwikkel het. ín Ander teorie is dat dit op die Nyl in Egipte was. Dit is moontlik dat die ontwikkeling nagenoeg tegelykertyd in verskillende wÍrelddele gebeur het.

Navorsing dui wel daarop dat die eerste belangrike ontwikkeling van skepe vir die vervoer van mense en goedere aan die ooskus van die Middellandse See plaasgevind het. Die FeniciŽrs was in die antieke tyd die vernaamste seevaarders en skeepsbouers. Hulle het in die Middellandse See rondgevaar en dit selfs verder gewaag om handel te drywe in die wÍreld wat destyds aan hulle bekend was.

Die FeniciŽrs se vaartuie was anders as diť van die ander ou volkere van weleer. Die bote van die ou Egiptenare was byna so breed as wat hulle lank was. Diť van die ou Babiloniťrs en AssiriŽrs was weer eintlik groot, ronde mandjies, wat met klei beplak was. Altwee soorte was moeilik om te hanteer en het geneig om al in die rondte te draai. Hulle was net geskik vir mere en riviere wat baie stil vloei.

Die FeniciŽrs, daarenteen, het ín baie lang en smal boot ontwikkel, wat makliker gestuur kon word en waarmee hulle hulle op die see kon waag. Dit was deels aan hierdie soort skip te danke dat hulle in die antieke tyd sulke lang seereise kon onderneem. Daar word selfs beweer dat die FeniciŽrs tweeduisend jaar voor Vasco da Gama na Tafelbaai gevaar het. Hulle het hul bote met mannekrag laat voortbeweeg deur te roei en deur ín eenvoudige soort seil en mas te gebruik wanneer die wind gunstig was.

Sowat 2500 jaar gelede het die beroemde farao Neko in Egipte regeer, van wie ook in II Konings 23:29 in die Bybel vertel word. Daar is historici wat sÍ dat dit juis hierdie Neko was wat ín aantal skepe beman deur Feniciese matrose uit Egipte op ín ekspedisie rondom Afrika gestuur het. Een skrywer het al selfs ín kleurryke beeld versin van hoe die FeniciŽrs in wat vandag Kaapstad is, voet aan wal kon gesit het: Straks het hulle oor hul reis sit en gesels waar die Parlementsgebou nou staan, ín bok in die Kompanjiestuin geskiet en hul ete op die terrein van die Mount Nelson Hotel genuttig!

Die eerste skepe van die ou Romeine en Grieke was eweneens groot roeibote. Die roeiers was meestal slawe van verskillende rasse wat baie wreed behandel is, omdat menselewens so goedkoop geag is. Die roeibote het wel seile gehad, maar die seil kon net help wanneer die wind in die regte rigting gewaai het.

Roeiskip

BO: Ou roeiskepe met hul slaweroeiers en seile (wat net gebruik kon word as die wind min of meer van agter gewaai het).

Diť soort wreedheid teenoor slaweroeiers het eeue lank voortgeduur. Selfs teen die einde van die sewentiende eeu nog is duisende Hugenote van Frankryk wat dit nie kon regkry om te vlug nie, gedwing om as slawe op die galeie te werk. Elk van die swaar en lomp roeispane van nagenoeg tien meter is deur sowat vier of vyf slawe gehanteer.

Die slawe was blywend vasketting, feitlik nakend en gemartel deur die sambok van die galeimeester wat heen tussen hulle geloop het... totdat hulle te swak was om verder te roei en doodeenvoudig in die see gegooi is. Sů het die dood hulle oplaas genadiglik van ín verskiklike lyding verlos.

M

AAR namate skepe sterker en groter gebou is, het dit steeds moeiliker en naderhand onmoontlik geraak om ín skip met roeispane te laat voortbeweeg. Trouens, daar is ín baie groot verskil tussen die stadige, lomp galeie wat deur die slawe geroei isSeilskip en die sierlike en veel groter seilskepe [ILLUSTRASIE HIERBY] wat in die noordelike lande ontwikkel het, met die Nederlanders, Engelse en Franse aan die voorpunt. Ook die Spanjaarde en Portugese het met hul seilskepe waaghalsige ontdekkingsreise na afgeleŽ lande onderneem.

In die goed geboude nuwe skepe is slegs seile gebruik en geen roeispane nie. ín Ingewikkelde en doeltreffende stelsel van toue en seile met dwarsmaste of raís het toe ontstaan. Die gebruik van die seil het ín ingewikkelde kuns geword. Daar is ten volle gebruik gemaak van die wind, selfs wanneer die skip teen die wind moes vaar. Dit is gedoen deur skuins teen die wind te seil, eers na regs, dan na links en weer na regsóŠl teen die wind op. Die wind tref die seile skuins en die skip vorder so sigsag teen die wind. Die reis duur wel langer, maar op hierdie manier kan die skip, ondanks die teenwind, steeds sy bestemming bereik. Dit sou baie langer geduur het as die skip op ín gunstige wind moes gewag het.

Met die beter skepe tot hul beskikking was die mense nie meer so bang vir die verre en onbekende oseane nie. Die groter seilskepe het



die groot see- en ontdekkingsreise van die 15de en 16de eeu moontlik gemaak. Seereise is selfs heeltemal om die aarde onderneem deur die ekspedisie van die Portugees Ferdinand Magellaan in die betreklik vroeŽ jare van die 1500ís, die Engelsman Francis Drake in 1579 en die Hollander Olivier van Noort in 1598.

Maar al was die tyd van die galeie met hul slaweroeiers aan die verbygaan, is daar ongelukkig nog baie wreedhede gepleeg teenoor die gewone matroos op die seilskepe. Sy lewe was meestal ellendig en die strawwe buite alle verhouding tot die misdaad. Die ergste straf was om gekiehaal te wordóom vasgebind en per tou onder ín skip deurgesleep te word. Indien die arme matroos nie verdrink het nie, was sy liggaam tog so stukkend geskeur deur die verroeste spykers en skerp skulpe aan die boom van die skip dat hy meestal ín pynlike dood gesterf het.

As ons vandag na ín afbeelding van ín outydse seilskip in volle vaart kyk, kan ín mens diť idilliese toneel kwalik vereenselwig met die wreedhede wat hulle destyds op sulke skepe afgespeel het.

  Krediet: NOAA

M

ET die seilskip was die mens ten volle afhanklik van die wind. As dit windstil was, kon hy nie vaar nie, terwyl storms weer sy skip se seile aan flarde kon ruk.  Maar die koms van stoomkrag het dit alles verander. Dit was die volgende groot omwenteling in die geskiedenis van skeepvaart, hoewel dit tog nie so maklik en skielik plaasgevind het nie.

Die eerste "stoomkragvaarder", sover bekend, was die Fransman Denis Papin, wat in 1707 in ín bootjie met sy eie stoommasjien op die Fulda. ín sytak van die rivier Weser, in Wes-Duitsland. gevaar het. Die bootverhuurders langs die Fulda was egter glad nie hiermee gediend nie. Hulle was bang was dat die nuwe uitvindsel hulle van hul bestaan sou beroof en het Papin se koddige bootjie aan flenters geslaan.

Tog het sekere denkende mense begin besef dat stoomskepe ín uitstekende alternatief vir seilskepe behoort  te wees, en in 1736 het ene Jonathan Hulls in Engeland ín patent uitgeneem vir ín soort stoommasjientjie wat ín skip sou laat voortbeweeg. In Frankryk het vier Franse weer die stoommasjien van James Watt (wat teen 1770 die voorganger van die moderne stoomenjin uitgevind het) in ín boot geÔnstalleeer en dit laat vaar. Maar die meeste mense wou aanvanklik glad nie aan die idee van stoombote byt nie en die rykes wou hoegenaamd nie hul geld daarop waag nie.

Dit was eers in 1825 dat die eerste stoomskip (die Enterprise) van Engeland na Kaapstad gevaar het.  Die vaart het 58 dae geduur. Eintlik was die Enterprise ín baster-seilskip, wat in 23 van die 58 dae van seile gebruik gemaak het en nie van stoom nie. Die Enterprise was ín sogenaamde ratte-stoomskip van 464 tonóín logge gevaarte met ratwiele aan weerskante. Die masjiene wat die ratte moes draai, was so groot dat daar geen ruimte oor was vir goedere nie, en die 380 ton steenkool het ook heelwat ruimte in beslag geneem. Daar was darem ín paar passasiers aan boord.

Eers in 1838 het ín regte stoomskip, die Royal William, van Engeland na Amerika gevaar. Stoomskepe was nog die uitsondering, want mense kon steeds nie vat kry aan die vuil steenkoolbrandende gevaartes wat so anders as die mooi, skoon seilskepe was nie. Daar is selfs van die kansel af gepreek dat dit teen die wil van God is om iets te maak wat teen die winde van die hemel vaar.

Tog was daar veral twee dinge wat help sorg het dat meer stoomskepe [soos die een HIERBO] gebou is en die seilskip feitlik heeltemal van die see verdring sou word. In die negentiende eeu was daar naamlik duisende EuropeŽrs wat geen werk in hul eie land kon kry nie en honger gely het.

Hulle het gehoor van die wonderlike Amerika met sy baie moontlikhede, en die skepe soontoe was propvol. Die meeste emigrante was brandarm en kon dit nie bekostig om genoeg kos vir die vaart saam te neem nie. Hoe korter die seevaart dus was, hoe beter. Die stoomskepe was die vinnigste, en rederye het baie geld verdien en steeds meer stoomskepe gebou.

Die tweede gebeurtenis wat die era van die stoomskip verhaas het, was die opening van die Suez-kanaal in 1869. Dit het meegebring dat dit nie meer vir skepe nodig was om die lang reis na IndiŽ om die Kaap te onderneem nie. Seilskepe kon nie deur die kanaal vaar nie, want die wind waai nie altyd nie en ook nie juis presies in die rigting wat vir ín kanaalvaart nodig is nie. Daar is mos ook geen ruimte in die kanaal om sigsag teen die wind op te seil nie.

Nie net is nou meer stoomskepe gebou nie, maar die skepe is steeds verbeter. Selfs die ingenieurs en skeepsbouers wou weliswaar aanvanklik nie glo dat ín skip van yster gebou kon word nie. Yster kan mos nie dryf nie, het hulle aangevoer. Maar eindelik is die wetenskaplike waarheid besef dat ín stuk metaal slegs sink omdat dit swaarder is as die gewig van die hoeveelheid water wat die betrokke stuk metaal verplaas. ín Skip wat hol is en van ysterplate gemaak is, weeg egter minder as die water wat die skip verplaas. Daarom dryf dit.

Die era van die passasierstoomskip was op sigself ín kleurryke tydperk in die geskiedenis van skeepvaartódie Titanic, die Queen Mary en ander was immers stomende legendes van die seeóen baie mense klou vandag steeds vas aan daardie romantiek. Daar is dus nog ín sekere vraag na vaarte met luukse-passasierskepe. Dink maar aan die geroemde Queen Mary 2.

OlietenkskipMaar die oseane word in ons tyd van passasiersvervoer met vinnige vliegtuie eerder oorheers deur goedere- en olietenkskepe [FOTO], sodat ín groot deel van die avontuur van seevaarte verby is. Olie-, diesel- en selfs kernkrag, wat baie skoner is, het ook tot ín groot hoogte die steenkoolverbranders op die skepe vervang.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad