Sjokolade
die soete verslawing

Sjokolade... so ryk en lekker! Wat meer s, navorsers reken sjokolade werk op die brein in soos dagga, dog sonder die newe-effekte. Maar waarom is die wreld se miljoene sjokoliste volgens geleerdes dan feitlik sonder uitsondering vroue? En waar kom die wreld eintlik aan hierdie wonderproduk van soete verslawing?

S

OETSMELTENDE heerlikheid. S dink die meeste van ons aan sjokolade. Maar wie sal twee kosbare jare van sy lewe weggooi vir net n paar blokkies van di geil bruin genot?

n "Sjokolis" van  iewers in die Suid-Kaap was n tyd gelede in die nuus toe hy juis dit gedoen het. Hy is vir twee jaar tronk toe gestuur nadat hy R8 se sjokolade in n winkel gesteel en dit onder sy klere versteek het. Die 31-jarige man se talle vorige veroordelings wat met oneerlikheid te doen het, verklaar darem hoekom die landdros hom so kwaai gestraf het.

Maar wat die veroordeelde ook al besiel het (miskien was hy nie werklik sjokolade-behep nie, maar net honger) die feit bly dat hy nie tipies soos n man gehandel het nie. Want sjokoliste is feitlik sonder uitsondering vroue, s wetenskaplikes wat reeds die verskynsel nagevors het.

Die Amerikaanse medikus en skrywer van die boek Chocolate to Morphine, dr. Andrew Weil, s dis waar dat baie mans van sjokolade hou.

Maar, voeg hy by, jy hoor feitlik nooit dat mans s sjokolade laat hulle beter voel nie. By vroue is dit heeltemal anders. "In n geweldige aantal gevalle is daar n skakel met die gemoedstoestand of menstruele siklus."

Ook navorsing aan die Staatsuniversiteit van Kansas in Amerika het getoon dat sjokolade die enigste kossoort is waarna vroue n drang ervaar gedurende menstruasie. Gewone lekkers is dan vir hulle nie goed genoeg niedit moet sjokolade wees.

WAAROM sou juis sjokolade dan so n dwingende begeerte in mense laat ontstaan? Dis sekerlik nie die kafeen daarin nie, want n stafie sjokolade bevat maar n twintigste van die kafeien in n koppie koffie.

Die waarheid is dat sjokolade meer as driehonderd bekende chemiese stowwe bevat en dat wetenskaplikes al lank probeer agterkom watter van hulle vir die aangename gevoel sorg wat sjokolade-eters ervaar.

n Bevinding wat n tyd gelede opslae gemaak het, is dat daar aktiewe bestanddele in sjokolade is wat dieselfde uitwerking op die brein het as dagga. Dit beteken darem nie dat die lekkerny eters soos daggarook bedwelm nie.

Die chemiese stof anandamied in sjokolade wek n soortgelyke gevoel van geluk by gebruikers op, maar sonder die newe-effekte, het navorsers bevind.
Nog n teorie is dat sjokolade daardie stof bevat wat deur die brein afgeskei word wanneer ons smoorverlief is. Dit verklaar waarskynlik waarom mans so graag vroue met di lekkerny bederf. 

 

(Na volgende kolom)

Sjokolade

OF DALK is dit alles net in die gedagtewêreld. Soos een dieetkundige dit stel: "Wanneer jy kramperig en krapperig voel, of sommer terneergedruk, soek jy troos. Jy eet iets wat jy jouself gewoonlik nie veroorloof nie."

Maar hoekom dan sjokolade en nie aarbeie of aartappelskyfies nie?

Nog ’n geleerde reken die sug na sjokolade is bloot aangeleerde gedrag, die gevolg van jare se kondisionering.

"Reg van die begin af is sjokolade ’n beloning,'' sê hy. 

"Dis wat jy kry as jy jou groente eet. En met verloop van tyd word dit l sterkersjokolade is n geskenk, n omkoopmiddel, n spesiale manier om te bederf."

Op die koop toe is dit n komplekse mengsel van n paar honderd geure, in vergelyking met minder as die helfte soveel in byvoorbeeld aarbeie.

Dis dalk hoekom n groep vroue in 1684 ter wille van sjokolade gemoor het. Volgens die dagboek van die Engelsman Thomas Cage het die vroue van die Mexikaanse dorpie Chiapa Real die moord op n sekere biskop gerel. Dit was nadat hy hulle verbied het om tydens kerkdienste sjokolade te drink.

Sy einde was darem soetdie gif waarmee hy die ewigheid ingestuur is, was in n koppie sjokolade.
  
DAARTEENOOR sal sjokoliste seker bly wees om te verneem dat lekkers n mens ook, volgens kenners, langer laat leef.

Amerikaanse navorsers, wat 7 000 graduandi van die Universiteit van Harvard ondervra het, het bevind mense wat lekkers eet, gaan nie so gou dood as die ander nie.

Tot op 95-jarige leeftyd leef die lekkergoed-eters gemiddeld n jaar langer as di wat nie lekkers eet nie. 

Die gunsteling van die lekkergoed-eters is natuurlik sjokolade, en die navorsers meen dat die anti-oksidante in kakao die rede vir n gesonder lewe is.

n Stukkie sjokolade wat 41 g weeg, bevat net soveel anti-oksidante as n glas rooi wyn. Soos met die drink van alkohol moet lekkers egter ook matig geet worddie ideaal is een tot drie keer per maand, s dr. Steven Toovey in die British Medical Journal.

Leer daarom n les oor die nare gevolge van gulsigheid uit die grappie van die krel wat n drywende bottel ter see gevind het. Toe hy dit oopmaak, kom daar n towergees uit wat hom drie wense gee.

Die man vra vir n miljoen rand enwoep!daar l n miljoen rand. Toe vra hy vir n duur Duitse motor enwoep!die duur Duitse motor verskyn hier reg langs hom.

Hierna wens hy dat hy onweerstaanbaar vir alle vroue sal wees. Woep! verander die man in n boks sjokolade.
   

Gee sjokolade jou puisies?

NEE, bog. S skryf n Suid-Afrikaanse vrou, Helen Boardman, wat n klomp inligting as lyste saamgegooi het in n boek wat sy South Africas Top Ten Book noem.

Daar is geen afdoende bewys dat sjokolade puisies veroorsaak nie, skryf syal hou baie tieners hardnekkig vol dat dit wel so is.

Die algemeenste oorsaak van aknee is aktiewer androgene (seksuele hormone wat in die puberteit ontwikkel). Die hormone stimuleer die oliekliere in die vel, wat dan puisies veroorsaak. Spanning is n groot bydraende faktor. 



Sjokolade: waar dit vandaan kom en hoe dit gemaak word
     

n Navorser bekyk n peul aan n kakaoboomREGS: n Navorser bekyk n peul aan n kakaoboom.

 

Foto: Peggy Greb / ARS / USDA

 

SJOKOLADE is deur die gevierde ontdekkingsreisger Christopher Columbus vir die eerste keer na Europa gebring n een van sy epiese reise. Die spesifieke brousel wat hy met  hom saamgebring het, het om die minste te s egter nie veel aftrek in die Ou Wreld gekry nie.

 

Maar die Spaanse avonturier Hernando Cortez het in 1526, n sy verowering van Sentraal-Mexiko, die Spaanse koning klaarblyklik baie gemponeer deur hom n koeldrank uit die Nuwe Wreld aan te biedn troebel konkoksie wat xocolatl ("bitter water")  genoem is.

 

Die bestanddele van daardie geskiedkundige koeldrank was kakao,  kaneel, vanielje, naeltjies, mieliemeel,  brandrissies en natuurlik suiker.

 

Die warm sjokoladedrank wat ons ken, word darem hoeka nie meer op dieselfde manier berei nie, maar Cortez se "resep" sou uiteindelik tog die basis vorm van die enorme sjokoladevervaardigingsbedryf van ons tyd.

 

Kakao en sjokolade word uit die bone van die kakaoboom berei. Gekweekte bome word sowat 7,5 m hoog en is immergroen. Trouens, die bome dra ook die hele jaar deur bloeiseltjies en peule, in verskeie stadiums van rypheid. DIe peule bevat tussen twintig en veertig dik bone wat in n soet, wit pulp l.

 

Bone in n kakaopeulLINKS: Bone in n kakaopeul.

 

Foto: Keith Weller / ARS / USDA

 

Die ryp bone word uit die peule gehaal en ongeveer n week lank in hope of kratte gelaat om te gis en tot ligbruin te verkleur, waarna dit in die son uitgesprei word om uit te droog of kunsmatig ontvog word. Hierna gaan die bone na die fabriek vir roostering,  die verwydering van die doppe en daarna die maling.

 

Ryk sogenaamde kokaobotter word in die maalproses met rollers uit die bone gepers, n vloeistof in n taai-vloeibare toestand, wat by afkoeling verder verdik en dan stol.

 

Kakaobotter vorm die grondslag van alle sjokoladeprodukte, hetsy die lekkergoed of die drank en selfs preparate in die farmaseutiese en kosmetiese bedryf.

   

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad