Soete storie van
Nartjies en ín skil se ďsproeireŽnĒdie sitrus

 


As ek ín stukkie nartjieskil
tussen my vingers buig of knak,

breek uit die klein sproeireŽn

wat geurend om my hand uitsak,

die boorde weer van Swartfoloos

en met die nartjies om my heen

weet ek hoe dat ín vrou kan troos.

ó SproeireŽn, D.J. Opperman

 

Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld
Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com
  

D

LemoenboordIT gebeur elke winterótalle mense loop met loopneuse, waterige oŽ, dik koppe en geswolle kele rond. Want dan is griep en verkoues nogmaals met ons met al hul ongure komplikasies. Honderde werk- en skoolure gaan verlore wanneer die siekstes onder ons in die bed moet bly.

 

Gelukkig is die winter ook die tyd van die jaar wanneer lemoene en nartjies volop is. Sitrusvrugte het ín hoŽ voedingswaarde. Hulle bevat baie minerale en vitamiene, veral vitamien C, wat baie mense as ons beste bondgenoot teen die kwale van die winter beskou.

 

Sitrusvrugte is die vrugte van bome en struike wat tot die familie Rutaceae behoort. Daar is baie soorte, waaronder lemoene, suurlemoene, lemmetjies, nartjies, pienk en wit pomeloís, sitroene, minneolas, mandaryne, tangeloís, koemkwatte, bergamotsitroene en bitterlemoene. ín Mens dink nie so aan hulle nie, maar sitrusvrugte is eintlik bessies. Baie sitrusplante het doringrige takke.

 

Verskillende soorte sitrusvrugteLINKS: Verskillende soorte sitrusvrugte in die dwarste deurgesny.

 

Foto: Scott Bauer / ARS / U.S. Department of Agriculture

 

Die verskillende sitrusse is so naby verwant dat hulle maklik verbaster. Produkte van die kruisings word dan met enting vermenigvuldig.

 

Die meeste sitrusspesies kan nie ryp weerstaan nie, met die gevolg dat hulle in die reÍl slegs in warm klimate gekweek kan word. Die plante se weerstand word egter in ín sekere mate deur enting op geharde onderstokke verhoog, en semi-geharde basters en variŽteite is al ontwikkel.

 

Die lemoen is sonder twyfel die belangrikste kommersiŽle sitrusvrug. Onder Suid-Afrika se belangrikste lemoene is nawels (wat geŽet) en valencias (wat versap word).

 

Goggas wat hulle op sitrusbome tuis maakMaar daar is miljoene sitrusbome van verskillende soorte in Suider-Afrika, wat jaarliks tonne der tonne vrugte vir plaaslike verbruik en die uitvoermark lewer. Belangrike sitrusgebiede is onder meer Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Wes- en Oos-Kaap, asook Zimbabwe, Mosambiek en Swaziland.

 

Sitrusbome is die eerste keer in 1654 in Suid-Afrika geplant, in die tuin van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie. Die bome het van die eiland St. Helena gekom. Jan van Riebeeck het die eerste vrugteósuurlemoeneóop 25 Julie 1661 gepluk.

 

In daardie dae het mense min van die kweek van sitrusbome geweet, en die vrugte was maar klein en bra beteuterd. Sitrusbome aard die beste in warm streke met koel winters, maar geen ryp of wind nie. Maar die Kaapse Skiereiland is juis ín besonder winderige plek.

 

Sitrusbome kom oorspronklik van Suid-AsiŽ. Die Chinese was die eerste wat lemoenbome gekweek het, meer as 4000 jaar gelede. Sowat duisend jaar gelede het Moslem-handelaars sitrusbome na Europa en Noord-Afrika gebring.

 

Laat in die vyftiende eeu is lemoene deur Christopher Columbus na die Nuwe WÍreld gebring, en in die sestiende eeu het Europese setlaars lemoene in Florida en BrasiliŽ begin verbou.

 

Vandag word sitrusvrugte in AustraliŽ, Amerika, Spanje, Portugal, ItaliŽ, Israel en, natuurlik, Suid-Afrika gekweek. Die gemiddelde wÍreldproduksie is om en by 70 miljoen ton.

 

SuurlemoenNARTJIE, lemoen, suurlemoen (REGS) en familie... dis nie so moeilik om te weet wanneer ín vrug ín sitrus is nie. Sny hom net oop en as hy so naastenby soos ín lemoen lyk, kan jy omtrent maar vir seker weet hyís een van die sitrusse.

 

Dwarssnee van ín sitrusvrugDaar is ín sagte skil met ín eetbare binnedeel. Die skil het twee lae: ín gekleurde buitelaag (die flavedo) en ín wit binnelaag (die albedo). Die vlesige binneste bestaan uit ín aantal segmente rondom ín kern. Elke segment bevat klein sakkies sap.

 

Lemoenbome word gewoonlik gekweek van uitloopsels van die verlangde variŽteit wat by kwekerye op saadboompies geŽnt word. Die geŽnte bome word sowat twaalf tot agttien maande later in ín boord oorgeplant.

 

Die eerste lonende oes volg sowat vyf tot ses jaar nadat die lemoenbome geplant is, wat dan nog veertig tot vyftig jaar lank kan aanhou dra. In diť tyd moet hulle gereeld water en kunsmis kry en gespuit word om peste en siektes te bestry.

 

Aangesien lemoene nie ryp word nadat hulle gepluk is nie, word hulle geoes wanneer hulle reg is om geŽet te word. Koue nagte is nodig sodat die vrug volledig kan verkleur.

 

Lemoene word maklik tydens die plukkery gekneus, met die gevolg dat vrugte wat geŽet gaan word, gewoonlik met die hand gepluk word. Vrugte wat ingelÍ of versap sal word, word meganies geoes.

 

Lemoene word nŠ die oes regstreeks per vragmotor na die plaaslike pakhuis gebring. Hulle word eers gewas en dan met ín swamdoder behandel om verrotting te voorkom.

 

Hierna word die vrugte met ín lagie was bedek om die natuurlike laag te vervang wat in die skoonmaakproses verlore gegaan het. Die was verbeter die voorkoms en raklewe van die vrugte.

 

Vervolgens word die lemoene volgens gehalte en grootte gesorteer en in bokse verpak.

 

Lemoene en lemoensapSů word baie van die sitrusvrugte wat in Suid-Afrika gekweek word, dan uitgevoer, maar die bestemming kan ook ín inmaak- of versappingsfabriek weesóof die tuismark en uiteindelik jou vrugtebak!

 

Lemoen-, suurlemoen-, pomelo- en nartjiesap is verfrissende dranke. Boonop is sitrusvrugte ook gewilde medisynes. Daar word gesÍ dat hulle, behalwe dat hulle ín mens help om nie verkoue te kry nie, soos in die begin van hierdie artikel vertel is, ook artritis verlig en goed is vir die gelaatskleur.

 

Maar sitrusvrugte is nie net beroemd vir hul sappe en heerlike, sappige vleis nie, dog ook vir die besondere olie wat van die skille verkry word. Die vrugte, wat oorspronklik uit die Ooste kom, is nou van groot kommersiŽle waarde vir Suid-Afrika...

 

Het jy geweet?

 

ē   VROEň ontdekkingsreisigers het gedurende lang seereise aan ín siekte genaamd skeurbuik gely weens die gebrek aan vitamien C in hul dieet. In 1753 het die Skotse geneesheer James Lind aangetoon dat skeurbuik gekeer kan word deur sitrusvrugte te eet. Die Britse vloot het toe lemmetjiesap (ďlime juiceĒ) aan sy matrose begin uitdeel om hulle gesond te hou. Die matrose is  ďlimeysĒ genoemóín minder vleiende bynaam wat vandag nog soms vir die Engelse gebruik word!

 

Spesiaal: Die enting van sitrusbome

 


Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad