Grootste dramaturg.... maar party beweer hy was eintlik die grootste letterdief! Kan dit wees?

 

Die raaisellewe van

William Shakespeare

(1564-1616)

 

Ploeg die grote William Shakespeare eintlik met ín ander dramaturg of dramaturge se kalwers? Is al die trompetgeskal rondom hom die grootste literÍre klugspel van die afgelope eeue? Heel waarskynlik darem nie. Dit is geen geheim dat Shakespeare wel dikwels sy temas elders gaan leen het nie, maar die meeste Shakespeare-kenners is dit eens dat hy sy eie, onmiskenbare stempel op sy werke kon afdruk. Tog is daar sekere teenstrydighede in hierdie man se mondering wat steeds tergende vrae in die lug laat hang. Of dit ooit beantwoord sal kan word, is natuurlik ín ander vraag...
   

Shakespeare en Shakespeare... watter een is die regte?
BO: Sal die regte Shakespeare
asseblief opstaan? Ons weet nie eens presies hoe hy gelyk het nie, want daar bestaan verskillende afbeeldings van hom
óen nie een van hulle is gemaak terwyl hy nog gelewe het nie! 
  


B

AIE mense beskou hom as die grootste dramaturg van alle tyeóhierdie veel geroemde Engelse volkskrywer wat nou al sowat vier eeue lank ín unieke plek in die wÍreldliteratuur beklee. Wat meer sÍ, sy voortreflike pennevrugte is vandag selfs gewilder as ooit en word in meer lande opgevoer en gelees as ooit tevore. Boonop doen die moderne rolprent- en televisiebedryf ywerig mee om sy roem te verewig.

Twee van sy byname, wat iets van sy volgelinge se lof en bewondering vertel, is "the Bard'' en die gemeensame "the Swan of Avon" (hy was ín boorling van Stratford-upon-Avon, 'n florerende markdorp in die hartjie van Engeland).

En, inderdaad, in sy blywende en selfs toenemende gewildheid word die profesie van sy tydgenoot Ben Jonson vervul dat hy "nie van ín era nie, maar vir alle tye was".

Hierdie man was William Shakespeare. Omtrent elke mens met ín bietjie geleerdheid weet ten minste van hom. Tog is dit uiters ironies dat ons bloedweinig van hierdie man as persoon af weet.  En die bietjie wat ons wel weet, laat sekere mense ernstig wonder of hy ooit regtig self al daardie wonderlike goed kon geskryf het wat aan hom toegedig word.

Trouens, party mense glo vas dat die werke wat sy naam dra eenvoudig ín ander outeur, of selfs outeurs, můťt gehad het maar om die een of ander rede hul beslag onder die naam van die akteur Shakespeare gekry het (hy was op sy dag ook ín bekende Londense toneelspeler).

Kortom, dat die Shakespeare wat almal so huldig eintlik met ín ander mens of mense se kalwers ploeg en dat al die trompetgeskal rondom hom die grootste letterkundige klugspel van die afgelope eeue is!

Verskillende name is al deur die jare genoem van kunstenaars wat dan konsuis die eintlike skeppers van die Shakespeare-oeuvre sou gewees het. Bewerings het gewissel van die filosoof en skrywer Francis Bacon en die edelman Edward de Vere (die sewentiende graaf van Oxford) tot die dramaturg Christopher Marlowe, om net sekeres te noem.

Maar kan dit rÍrig so wees? Nou ja, seker darem nie sommer nie, reken die meeste Shakespeare-geleerdes. Maar dit bly ín feit dat daar sekere tergende teenstrydighede in William Shakespeare van Stratford se mondering is. Daar word byvoorbeeld gewonder hoe ín man met sy eenvoudige, landelike agtergrond en beperkte skoling die ontsaglike insig, kennis en rypheid kon geopenbaar het wat so oorweldigend uit sy geskrifte spreek.

Die groot probleem lÍ by die feit dat weinig oor sy lewe opgeteken isóof indien daar tog meer amptelike dokumente oor hom was, het hulle nie behoue gebly nie. Hoe ook al, op die karige klompie wat wel bestaanóveral die kerk- en regsdokumenteóis al in hele boekdele voortgeborduur. ín Indrukwekkende profiel is daaruit opgebou en ín mens moet tog aanvaar dat groot dele daarvan waar moet wees.

Om bowendien  te wil beweer dat Shakespeare te "baar" was om "the Bard" te kon gewees is, is om dalk te misken dat genialiteit ook by die gewone burgerstand moontlik is!

Sy kinderdae en huwelik in Stratford

WILLIAM SHAKESPEARE is vermoedelik op  23 April 1564 in Stratford-upon-Avon geboreóvermoedelik, omdat hy wel op 26 April daar in die Holy Trinity Church gedoop is, volgens die gebruik heel moontlik drie dae nŠ sy geboorte.

Sy pa was John Shakespeare, ín handskoenmaker en handelaar in wol, velle en timmerhout, en sy ma was Mary Arden, uit ín familie van belangrike grondbesitters en boere. Volgens die kerkregister was William die derde van agt spruite in die Shakespeare-gesin, van wie drie as kinders dood is.

In William se vroeŽ kinderdae was pa John ín besonder suksesvolle sakeman wat later ook belangrike openbare poste in Stratford beklee het. In die 1570's het dit egter blykbaar minder voor die wind met hom gegaan.

Shakespeare-geboortehuisREGS: Die geboortehuis van Shakespeare in Stratford-upon-Avon. Die linkerdeel van die huis was die woonplek, terwyl William se pa die res van die huis vir sy sakebedrywighede gebruik het.

Waar en hoe William sy skoling ontvang het, berus in ín groot mate op gissings. Geleerdes vermoed dat hy die destyds gerespekteerde Latynse skool (grammar school) in Stratford bygewoon het. Daar is geen dokumente wat dit kan staaf nie, maar Shakespeare se kennis van Latyn en klassieke Grieks sou neig om hierdie teorie te ondersteun.

Hoe lank William op skool was, weet ons ook nie, maar dit moet lank genoeg gewees om ten minste die fondament vir sy merkwaardige skryfvermoŽ te kon gelÍ het. Dit is egter eweneens bekend dat hy nooit enige universiteit besoek het nieóeen van die feite wat steeds die debat oor die ware outeurskap van sy werke brandend hou.

Die volgende opgetekende gebeurtenis in Shakespeare se lewe is sy huwelik met Anne Hathaway op 27 November 1582. William was toe net 18 jaar oud en Anne was 26óen swanger. Hul eerste kind, die dogter Susanna, is op 26 Mei 1583 gebore. Die egpaar het later ín tweeling gehad, Hamnet en Judith, wat die lewenslig op 2 Februarie 1585 aanskou het en in die Holy Trinity gedoop is. Hamnet is op ín jeugdige elf, twaalf jaar oorlede.

Shakespeare in Londen

SEWE jaar lank verdwyn William Shakespeare effektief uit alle argiefstukke om omstreeks 1592 in die hoofstad Londen op te duik. Hy is nou al ín bekende akteur en dramaturg, maar hy het sy gesin in Stratford agtergelaat. Volgens een vertelling het hy Stratford omstreeks 1586 verlaat, nadat sir Thomas Lucy, ín plaaslike vrederegter, hom daarvan beskuldig het dat hy herte uit sy hertekamp gesteel het. Miskien steek daar tog iets in hierdie storie as ín mens kyk na die sprekende karikatuur van sir Thomas as Justice Shallow in Shakespeare se werk The Merry Wives of Windsor.

Dit is natuurlik ook moontlik dat Shakespeare bloot Londen toe gegaan het om werk te kry sodat hy sy gesin kon onderhou. Straks het hy geselskappe van swerwende toneelspelers op sy tuisdorp gesien en het diť beroep vir hom aanloklik gelyk.

Wat die geval ook al was, in 1592 word daar in Londen duidelik na sy persoon verwys wanneer die dramaturg Robert Greene hom in ín rare pamflet bykom. Greene kryt hom uit  as " ín verwaande kraaiÖ wat reken hy kan die bestes ewenaar deur rymlose verse in hoogdrawende taal te skryf".

Baie van Greene se onvergenoegdheid is veroorsaak deur die feit dat Shakespeare, ín akteur, hom aangematig het om aan verhoogstukke te peuter. Akteurs is in daardie dae, om die minste te sÍ, glad nie hoog geag nie. Hul stand het ook geblyk uit die feit dat hulle sleg betaal is, tensy hulle gelukkig genoeg was om die begunstiging (geldelike steun) van 'n edelman te geniet.

Maar Greene se beskuldiging dat Shakespeare die werke van ander dramaturge geleen en hersien het, was geregverdig, want dit was immers die algemene gebruik. Dramas het nie die status as letterkundige eiendom gehad wat hulle vandag geniet nie en, sodra hulle aan die toneelspelers verkoop was, kon die akteurs dit hersien en aanpas soos hulle dit goed gevind het.

Shakespeare het selfs dikwels sy eie dramas herskryf om by die akteurs of die betrokke situasies aan te pas. Hy het ook die temas en toneelstukke van andere vrylik gebruik. Sů het hy byvoorbeeld dikwels Holinshed se Chronicles en Plutarch se Lives as bronne vir sy werke gebruik. Die resultaat was altyd ín doeltreffender stuk werk as die oorspronklike.

Ondanks Greene se wrewel moet Shakespeare groot belofte getoon het. Teen 1594 was hy nie net ín akteur en skrywer vir die toneelgeselskap die Lord Chamberlainís Men nie (wat tot die Kingís Men hernoem is nadat James I die troon in 1603 bestyg het), maar hy was ook ín bestuursvennoot in die onderneming. Die troep het die groot gunsteling geword van ín Londense publiek wat dol oor die teater was.

Die ou Globe Theatre in LondenREGS: Die ou Globe Theatre in Londen. Dit is in 1613 in 'n brand verwoes, maar kort daarna herbou.

As ín akteur was Shakespeare waarskynlik bevoeg, maar nie uitmuntend nie. Sy superieure vernuf as ín dramaturg was natuurlik iets heeltemal anders en daarbenewens was hy klaarblyklik ook ín slimmerige sakeman. In 1599 is die befaamde Globe Theatre gebou, waarvan hy ook ín vennoot was en waar die meeste van sy latere dramas, insluitende sy groot tragedies, die eerste keer opgevoer is.

Sy toenemende welvaart word reeds in 1597 duidelik, wanneer hy New Place, ín groot huis in Stratford, vir sy vrou en dogters koop. Trouens, hy raak so beroemd en welvarend dat hy in 1612 gerieflik in Stratford kan aftree. Hy ontvang daarna besoeke van sy vriende uit Londen.

Sy laaste jare

IN 1611 stel Shakespeare sy testament op waarin hy sy eiendomme aan sy dogter Susanna bemaak (wat in 1607 met ene dr. John Hall getrou het). Aan sy dogter Judith laat hy £300 na en aan sy vrou Anne "my naasbeste bed".

Baie afleidings is al gemaak oor wat die laasgenoemde sou beteken het , maar dit was heel moontlik geen afjak vir sy Anne nie. Regtens sou sy as weduwee immers op vruggebruik kon staatmaak tot haar eie dood, terwyl die "naasbeste bed" maklik diť kon gewees het waarop sy en haar man geslaap het. Die "beste bed" kon die een gewees het wat vir gaste gereserveer is!

In 1613, tydens 'n opvoering van Henry VIII in die Globe, het ín kanon wat vir die verskyning van die koning afgevuur is, die strooidak aan die brand laat raak. Binne ín uur was die teater heeltemal verwoes. Dit is die jaar daarna herbou, hoewel Shakespeare hom toe al aan die teaterlewe onttrek het.

Hy het nietemin baie geld as gevolg van die brand verloor, maar tog welgesteld gebly. Hy het in die oprigting van die nuwe Globe gedeel. ín Paar maande voor die brand het hy ook ín huis as belegging in ín deftige buurt van Londen gekoop.

In April 1616 -- glo op 23 April, op sy verjaardag, dog dalk moet ín mens diť datum maar met ín knippie sout neem -- is die befaamde digter en dramaturg in sy huis aan koors oorlede. Hy is begrawe binne-in die kerk waar hy gedoop is, langs die hoŽ altaar, soos dit die beroemdste burger van Stratford betaam. Op sy grafskrif, wat vermoedelik deur homself geskryf is, vervloek hy enigeen wat dit sal durf waag om sy beendere te versteur. Niemand het in elk geval nog ooit probeer nie!

In hierdie artikel het ons die kollig op Shakespeare se werk as akteur en dramaturg laat val, maar hy word ook geŽer as een van die grootste digters wat Engeland ooit opgelewer het. Sy twee lang gedigte, Venus and Adonis (1593) en The Rape of Lucrece (1594) en sy sonnette, wat in 1609 gepubliseer is, is meesterstukke uit eie reg, maar uiteindelik is Shakespeare se moderne reputasie hoofsaaklik gegrond op die dramas wat hy klaarblyklik geskryf,  gemodifiseer of in samewerking met ander geskep het. Dit is altesaam iets onder die veertig werke.

Met dit alles gesÍ, huiwer die tergende vraag dus steeds op die agtergrond of die man van Stratford wel die groot gees kon gewees het agter die onsterflike skeppings wat nŠ 400 jaar vir ín menigte aanhangers steeds so vars bly as vanoggend se koerant. Miskien doen ons hom ín groot onreg aan deur enigsins daaroor te twyfel. William Shakespeare reik mos darem oor die eeue nŠ ons uit met ín eiesoortige nalatenskap wat waarskynlik nooit in die Westerse beskawing geŽwenaar sal kan word nie.
   


Die dramas van Shakespeare

Shakespeare se drama-oeuvre is een van die grootste nalatenskappe in die wÍreldletterkunde. Dit kan in komedies, historiese dramas en tragedies ingedeel word, wat reeds duisende kere opgevoer is en talle verwerkings en rolprente geÔnspireer het. Beroemde tragedies soos Macbeth en King Lear, tragiese liefdesverhale soos Romeo and Juliet, epiese historiese dramas soos Anthony and Cleopatraódie werke van Shakespeare is toeligtend, ontroerend, komies, hartseer, maar ook tydeloos in hul trefkrag en bowenal vermaaklik. 

Komedies

 

Historiese dramas

 

Tragedies

All's Well That Ends Well
As You Like It
The Comedy of Errors
Cymbeline
Love's Labours Lost
Measure for Measure
The Merry Wives of Windsor
The Merchant of Venice
A Midsummer Night's Dream
Much Ado About Nothing
Pericles, Prince of Tyre
Taming of the Shrew
The Tempest
Troilus and Cressida
Twelfth Night
Two Gentlemen of Verona
Winter's Tale†
  Henry IV, Part I
Henry IV, Part II
Henry V
Henry VI, Part I
Henry VI, Part II
Henry VI, Part III
Henry VIII
King John
Richard II
Richard III
  Antony and Cleopatra
Coriolanus
Hamlet
Julius Caesar
King Lear
Macbeth
Othello
Romeo and Juliet
Timon of Athens
Titus Andronicus


Romeo en Juliet

BO: Romeo en Juliet... Shakespeare se jong verliefdes volgens ín ou skildery deur sir Frank Dicksee.

Sekere belangrike datums

23 April 1564 Shakespeare se tradisionele geboortedatum
27 Nov. 1582 Trou met Anne Hathaway
ca. 1590 Verlaat Stratford om in Londen te gaan werk
1594 Toneelgeselskap The Chamberlains Men gestig
1596 Shakespeare is Londen se toonaangewende dramaturg
1599 Globe Theatre word in Londen gebou
1600-1608 Tydperk van Shakespeare se groot tragiese dramas
1603 Sy troep word hernoem tot The Kings Men en tree dikwels voor James I op
1612 Tree af in Stratford
1613 Globe Theatre in 'n brand verwoes
23 April 1616 Beweerde sterfdatum van Shakespeare

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad