|
Rare
kalant van ’n selakant... die grootste visstorie wat nog ooit vertel
is Ou
Vierpoot
•
Hierdie wonderbaarlike
"vierpotige" oervis
se ontdekker, dr. Marjorie Courtenay-Latimer, is in Mei 2004 op die rype leeftyd van 97 jaar in Oos-Londen oorlede.
Net enkele dae tevore was die selakant
self weer in die nuus toe aangekondig is dat nog drie
van hierdie oervisse in die ondersese canyons aan die Suid-Afrikaanse
noordooskus gevind is.• Volgens ’n verklaring deur die African Coelacanth Ecosystem Programme (Acep) het dit die getal bekende selakante in die see by SA op 25 te staan gebring. Al die nuwe vondste is gedoen met ’n duikbootjie wat spesiaal toegerus is om die verspreiding van selakante in die Groter St. Lucia-vleilandpark te monitor. • Danksy ’n ruim toewysing van R10 miljoen deur die regering word dié uiters skaars "lewende fossiel" deesdae met groot geesdrif "gejag" -- nie om hulle te vang nie, maar vir navorsing. • Maar presies wat se vis is hierdie "Ou Vierpoot" eintlik en waaroor gaan al die opgewondenheid? En wie was dr. Courtenay-Latimer? |
||||
|
Klas: Osteichthyes
LMAL
dog hy's reeds miljoene jare morsdood en gefossileer -- Ou Vierpoot die
selakant, die oer-agtige kalant. Maar daar was hy in lewende lywe, die
blink-blou sensasie uit die diepsee. En om alles te kroon was hy so fris
soos... nou ja, ’n vis!
En
as daar een van hom was, moes daar mos meer wees. ’n Mens sou net moes
soek om sy broers en susters ook te vind... DIE
verhaal begin nog voor die Tweede Wêreldoorlog, in 1938 by Oos-Londen.
Marjorie Courtenay-Latimer, kurator van die stad se museum, het met ene
kapt. Hendrik Goosen van ’n vistreiler ooreengekom dat sy sy vangste kon
deursoek om vreemde visse vir haar museum te vind. Op
’n dag is sy toe weer af see toe om ’n vangs te gaan deurkyk. Kapt.
Goosen het volgens een bron ’n bytmerk aan sy hand gehad -- veroorsaak
deur een van die visse, wat nogal ’n aanmerklike tyd lank bly leef het
nadat hy gevang is, maar toe reeds gevrek het. ``En
daar sien ek hierdie vis met die mooiste blou glinsterende skubbe,'' sou
dr. Courtenay-Latimer (toe reeds in haar negentigs) ’n tyd gelede nog
haar fantastiese belewenis aan ’n joernalis beskryf. Die reuse-vis was
sowat anderhalwe meter lank. Die vonds was, soos dit later genoem is, die
selakant Latimeria chalumnae, waarmee Courtenay-Latimer se naam ook
in die wetenskap verewig is. Meer
as honderd jaar vroeër, in 1836, is die eerste selakant-fossiel geëien,
maar daarna is altyd geglo dat die vis 70 miljoen jaar gelede uitgesterf
het.
Smith
het uiteindelik die gemonteerde vis te sien gekry en hy het dit dadelik as
’n selakant herken. Die wêreld sou daarna die sensasionele nuus hoor
dat ’n dier uit die oertyd "weer lewend geword het''. Daar is selfs
vertel dat dit een van die grootste ontdekkings van die eeu was -- ’n
prestasie soos om ’n lewende dinosourus te vind! Miskien
’n bietjie dik vir ’n daalder, maar die "lewende fossiel'' was
inderdaad merkwaardig. Mense het hom "Old Fourlegs'' (Ou Vierpoot)
begin noem, vanweë sy ekstra, ledemaat-agtige vinne, wat ’n mens nogal
aan pote herinner. Dit was vir sommige kompleet asof hy daarmee uit die
see wou kruip om saam met andere van sy soort die droë land te gaan
bevolk! Hy
is immers ’n oeroue werweldier. Volgens wetenskaplikes kon spesifieke
soorte in sy klas sowat 300 miljoen jaar gelede soms uit die water klim en
buite op die land oorleef.
Daarby
raak selakante dragtig soos baie landdiere en lê hulle nie eiers soos die
meeste gewone visse nie. Uit latere navorsing het geblyk dat die wyfies
tot 26 kleintjies kan dra. Hulle is sowat dertien maande dragtig. Die
visse is meestal snags aktief en kruip bedags in grotte op die seebodem
weg. Hulle het unieke wit merke aan die lyf, waardeur hulle byna soos met
vingerafdrukke individueel uitgeken kan word. Hulle vreet ander visse, wat
hulle as 't ware bespring en daarna na die grotte sleep. HOE
ook al, met die eerste vonds by Oos-Londen was al sulke feite nog nie
bekend nie, en Smith was vasbeslote om ’n tweede, dié slag ongeskonde
selakant vir verdere navorsing te vind. Hy het selfs ’n beloning van
honderd pond aangebied vir wie ook al vir hom nog ’n voorbeeld kon
bring. Maar hy moes veertien jaar lank wag.
Vir
die wetenskaplikes is daar egter nog baie onbeantwoorde vrae omtrent die
selakant. Maar met die ruim hulp van die regering beleef die navorsers
opwindende tye en word steeds meer geleer omtrent Ou Vierpoot. En
die mense aan wie ons die groot vonds van jare gelede te danke het? Smith
is in 1968 dood. Kapt. Hendrik Goosen is oorlede pas ná die vyftigste
herdenking van die ontdekking in 1988. Nou het die geroemde Marjorie
Courtenay-Latimer ook die tydelike met die ewige verwissel -- en is daar
geen oorlewende hooffigure meer oor van die grootste visstorie wat nog
ooit vertel is nie. + Marjorie Courtenay-Latimer • Marjorie Courtenay-Latimer is op 24 Februarie 1907 gebore en in Mei 2004 in die St. Dominic-hospitaal in Oos-Londen oorlede nadat sy 'n week tevore met longontsteking daar opgeneem is. Hierdie wêreldberoemde viskundige het van kleins af van museums gehou en het in Augustus 1931 die kurator van die Oos-Londense Museum geword. Die Rhodes-universiteit het haar in 1971 met 'n eredoktorsgraad vereer. Die Oos-Londense Museum het in 'n verklaring gesê dat sy nog in haar laaste dae in die museum belang gestel het en gereeld oor die selakant deur oorsese rolprentmaatskappye verfilm is. "Sy het talle besoekers ontvang en was 'n ambassadeur vir die stad." |
||||
|
Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |