Ou agtarm en sy verwante 

  

 Seekat en kie.
 

 

Foto: U.S. National Oceanic and Atmospheric Administration


Hulle is koppotige weekdiere, die sogenaamde Cephalopoda, so genoem omdat hulle arms of pote aan die koppenent het. Die seekat, die gewone inkvis en die pylinkvis behoort tot hierdie groep, maar dierkundiges plaas die inkvis en pylinkvis apart omdat hulle tien pleks van agt vangarms het. Ook die nautilus van die tropiese dele van die Indiese Oseaan en Stille Suidsee is n neef van hulle, hoewel hy boonop n uitwen­dige skulp en heelwat meer as tien vangarms het. Al vier hierdie glibberige diere is beslis van die vreemdstes in die see. Hier, in vier afson­derlike brokkies, word van sekere van hul eien­aardighede vertel...

 

Seekat... met spuitkrag deur die se...

  


REGS: n Seekat diep onder op die seebodem.

 

Foto: U.S. National Oceanic and Atmospheric Administration

 

LANK, baie lank voordat die mens ooit daarvan gedroom het om n vliegtuig te maak wat met spuitkrag die lug soos n pyl kan inskiet, het die seekatte se voorvaders al spuitkrag aangewend om deur die seewater te pyl. Hulle gebruik egter nie duur brandstowwe nie, maar seewater wat niks kos niebloot deur die water in te suig en weer uit te skiet en sodoende met n vaart weg te swem.

 

Ook soldate wat n kunsmatige wolk of rookskerm gebruik om hul bewegings vir die vyand onsigbaar te maak, is hoeka deur die seekat voorgespring. As hy voor n indringer wil verdwyn, laat hy eenvoudig n donker inkwolk agter.

 

 

 

LINKS: n Babaseekat.

 

Foto: U.S. National Oceanic and Atmospheric Administration

 

 

 

 




 

 

 

 

Inkvis... verkleurmannetjie se moses

 

VRA enigiemand watter dier die vinnigste van kleur kan verander, en hy sal tien teen antwoord dis n trapsuutjies. In der waarheid kos dit hierdie akkedisagtige kamoefleerdertjie tussen twee en vyftien minute om met sy omgewing saam te smelt. Dit is omdat die opdragte om van kleur te verander as chemikalie in die bloedstroom van die brein af na pigmentselle vervoer word.

 

Daarteenoor kan die inkvis en sy neefs, die pylinkvis en seekat, in minder as n sekonde van kleur verander. Die rede is dat die boodskappe met die senuwees langs beweeg.

 

Inkvis
REGS: n Inkvis... hy lyk soos n seekat, maar die arms is korter.

 

Foto van www.ski.org, met dank (kopiereg nie gemeld)

 

 

Die inkvis l die grootste gedeelte van die dag begrawe onder die sand met net die o en die bokant van die kop en rug wat uitsteek. Hy neem die kleur en patroon van die omringende seebodem aan om onsigbaar te bly. Maar wanneer hy vir kos jag, verander hy gedurig van kleur om soos die plante, rotse, sand en visse te lyk waaroor en waartussen hy swem. Wanneer hulle in skole jag, kan alle lede van die groep hulle gelyktydig vermom.

 

Maar daar is een soort kleurverandering wat niks met kamoeflering te doen het nie. Wanneer twee mannetjies bymekaarkom, klee hulle hulle in sebra-agtige uitrustings van vertikale geelwit en persbruin strepe. Dit lyk of elkeen van hulle wil s: Ek is n mannetjie en ek kan baklei.

 

Navorsing toon egter dat, as die een se gesig bleker is, dit selde tot n bloedige konfrontasie lei. Slegs as altwee se gesigte donker is, spring die twee inkvisse aanmekaar.

 

   

Pylinkvis...te raar om te peil...


 



LINKS: n Pylinkvis... daar is glo yslike reuse in sy geledere.

 

Foto: U.S. National Oceanic and Atmospheric Administration

 

STORIES oor reuse-monsters wat diep onder in die see skuil, het matrose in die verlede eeue lank op hol gejaag. Volgens een geloof sou daar n verskrikking wees wat so enorm groot is dat hy skepe heel kan insluk. So erg is dit beslis nie, maar reuse-pylinkvisse is grt.

 

Baie min is omtrent die reuse-pylinkvisse bekend. Dis omdat hulle so bitter diep in die oseaan lewe. Ons weet egter hul een aartsvyand is die potwalvis wat op hulle jag maak.

 

Drie jong reuse-pylinkvisse is al by Nieu-Seeland in nette gevang en een van 8 m, met vangarms van 4 m, het groot opslae gemaak. Maar dele van vangarms wat op strande oor die wreld heen uitgespoel het, sekeres tot 30 cm dik, dui daarop dat hulle van pylinkvisse met n lengte van by die 20 m kan kom. Watter geweldige dierasies moet hulle nie wees nie!


REGS: n Stompstert-pylinkvis van Hawaii, nog een van die talle soorte pylinkvisse wat die aarde se oseane deurkruis.

 

Foto: M. J. McFall-Ngai & E. G. Ruby, Univerversiteit van Hawaii / Met vergunning verskaf deur U.S. National Scientific Foundation

 

   

Nautilus... beslis nie arm aan arms!

 

 

BO: n Nautilus van die kant gesien.

Foto deur Lee R. Berger,  wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die wreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 2.5-lisensie
  

DIE agt vangarms van n seekat kan jou aan die agt pote van n spinnekop herinnermaar waarmee vergelyk n mens nou n nautilus wat vyftig of meer tentakels kan h?

 

Baie vangarms is ook nie al wat hierdie koppotige weekdier, wat boonop n uitwendige skulp het, n uiters vreemde krel maak nie. Een van die interessantste kenmerke van die nautilus is sy o, wat bestaan uit n bakkie met n paar liggevoelige selle aan die agterkant. Die bakkie het n dun vliesie aan die voorkant, met n gaatjie daarin. Seewater stroom die bakkie binne, en dit dien as n primitiewe soort lens. Hy kan dus net voorwerpe op n vaste afstand raaksien.


REGS: Deursnit van die skulp van n nautilus.

 

Foto deur Chris 73, wat dit op hierdie bladsy in die Wikipedia-ensiklopedie op die wreldwye web geplaas en gelisensieer het ingevolge die Creative Commons Attribution 2.5-lisensie. Kortom, vrye gebruik word vergun mits bron behoorlik erken word en dit slegs versprei word ingevolge n lisensie soortgelyk aan hierdie  een. Amptelike lisensie

 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad