Spesiale reeks in ses hoofstukke


 Die aarde se oseane (2)
Die lewe tussen die getye

 

Foto en opskrif: Die lewe tussen die getye

 

Wat op aar­de sou hul hele lewe kon deur­bring in die ge­bied van die eb en die vloed langs die kus, die on­her­berg­same strokie land wat n onder die see­water is en ure later weer hoog en droog l? Niks, s jy? Maak jou reg vir n ver­stom­men­de ont­dek­king...

Seesterre

BO: Seesterre is gulsige roofdiertjies in die tussentyse sone, waar hulle van mossels, slakke en dies meer lewe. Hulle het plat, stervormige liggaampies en is met gryparms toegerus. Op hul beurt word hulle deur onder meer seevols gevreet.

Foto: NOAA
 

Laagwater

Hoogwater


BO en REGS BO: Laagwater... hoogwater... laagwater... hoogwater...  s wissel die gety gedurig aan die kus. En in die smal strokie land wat telkens droog loop net om weer oorstroom te word (die tussentyse sone) word  n verstommende verskeidenheid van seediertjies gehuisves.

S

TEL jou voor jy leef op die tussentyse stranddie wisselvallige strook land tussen die hoog- en die laagwatermerk. Twee maal per dag, weens die maan se aantrekking van die waters van die aarde, word jy deur die inkomende gety oorstroom. Jy is aan die koue, brekende skuim en die sterk trekkrag van die deining blootgestel.

 

Tussen elke oorstroming trek die water terug en jy bly hoog en droog agter, weerloos uitgelewer aan die genade van die skroeiende son en die uitdronde wind.

 

Die tussentyse sone... n mens sou dink dit is n niemandsland. En tog, n ontdekkingsreis tussen die rotspoele en onder die sand in hierdie streek l n uitsonderlik ryke verskeidenheid van plante- en dierelewe bloot. Van die mees aanskoulike en uiters goed toegeruste skepsels in ons oseane maak hul tuiste hier.

Getypoel

Getypoel

 

BO: n Getypoel. Op die foto kan jy dalk nie die vissies en krappies gewaar nie, maar elkeen wat al een by die see bekyk het, sal getuig van die ryke verskeidenheid van lewensvormpies in s n rotsdammetjie.

REGS: Die lewe in n ander getypoel.
 

Foto bo met vergunning van PDPhoto.org; foto regs: NOAA

 

 

Hierdie diere en plante word aan feller teenstellings in die omgewing blootgestel as enige ander fauna of flora op ons planeet.

 

Kwaai storms probeer hulle teen die rotse slinger. Die byvoeging van vars water uit riviere en strome, asook renwater, veroorsaak geweldige skommelings in die soutgehalte van die water. En hulle moet gedurig roofdiere trotseervols gedurende die eb en visse gedurende die vloed.

 

Daar is baie soorte kuslyne: rotsagtig, sanderig, modderig. In elk van di hoogs verskillende omgewings lewe kenmerkende groepe diere. Rotsagtige tussentyse kuslyne verskaf n soliede basis waaraan plante en diere hulle kan vasheg. Sulke bewoners klou of kleef dikwels aan die rotse vas om te keer dat die see hulle meesleur.

 

Sanderige en modderige kuslyne het egter weer n gedurig bewegende basis. Die skepsels wat hier leef, is gewoonlik grawers wat ondergronds skuiling soek.

 

Tipiese bewoners van rotsagtige kuslyne is klipmossels, mossels, akkereendmossels, chitone, seeanemone, seekomkommers, seekastaiings, seesterre, seelelies en rooiaas. Die meeste het die een of ander meganisme om die geweld van die golwe en die trekkrag van die terugtrekkende gety te weerstaan.

 

Sekere seekomkommers, seeanemone, seekastaiings, seesterre en verskillende soorte seegras wat nie die krag van die water kan weerstaan nie, soek in die stil skeure en poele skuiling.

Seeanemoon

BO: n Eensame seeanemoon, weliswaar nie in die tussentyse sone afgeneem nie, maar veel dieper op die seebodem. Tog kom seeanemone algemeen voor op die strook land tussen die getye. Seeanemone, ook seerose genoem, lyk soos blomme, maar hulle is in der waarheid neteldiere.

Foto: Expedition to the Deep Slope / NOAA

Sommige plante en diere voorkom waterverlies deur in klam skeure te skuil of in of onder die seegras te leef. Seesterre en verskillende spesies sandvlooie en wurms is algemene voorbeelde hiervan.

 

Seeplante is altyd goed toegerus om aan oppervlakke te kan kleef. Die onderste gedeelte van die stamme van die groot bruin alge eindig byvoorbeeld in wortelagtige draderisodes genoemwat as aanhegtingsorgane dien.

 

Die wisselende vlakke van getywater akkordeer nie met die vislewe nie, hoewel sommige spesies wel aangetref word waar hulle in rotspoele rondswem of skuiling soek nadat die gety teruggetrek het. Dikkoppe, blennies en klipvisse is tipiese bewoners van rotsagtige tussentyse gebiede.

 

Die diere wat meestal op sanderige en modderige kusstroke aangetref word, is wurms, weekdiere en skaaldiere (soos sandvlooie en isopode) sowel as baie klein bakterie.

 

Die meeste grawe in die sand in deur tonnels f te grawe f te bou waar hulle kan inkruip, en net daarna blokkeer hulle die ingang.

 

Ander diere kruip le tonnels binne wat deur seewurms agtergelaat is. Blennies beskerm hulself dikwels deur by spoelklippies in te kruip waarin daar genoeg water vir hul asemhaling is.

 

Die diere wat op sanderige kusstroke leef, is gewoonlik onsigbaar wanneer die gety teruggetrek het. Maar wanneer die water terugkeer, strek party, soos die merkwaardige buiswurm, die voorste deel van hul liggame uit om n kleurryke waaier te vorm. Dit help met asemhaling en skuif kosdeeltjies aan in die rigting van die dier se bek.

 

Sekere sandbewoners kry kos deur sand te vreet wanneer die gety teruggetrek het en die organiese materiaal wat dit bevat te verteer; ander neem die water in wanneer die gety inkom en filtreer die organiese materiaal daaruit.

 

Ten slotte is daar baie kusdiere wat die probleme van die tussentyse sone heeltemal te bowe kom deur saam met die terugtrekkende gety uit te swem see toe en saam met die inkomende gety terug te keer. Dit gebeur met baie visse en skaaldiere, veral garnale.
 

Ware spinnekoppe

DIE seestrand is waarskynlik die allerlaaste plek waar jy sal droom om spinnekoppe te kry. Tog is daar n paar soorte in die streek tussen die hoog- en laagwatermerk van die see. Nie net hul gedrag en asemhalingstelsel is merkwaardig nie, maar baie van hulle sal glad nie elders kan oorleef nie.

 

Twee spinnekopsoorte kom algemeen voor aan die rotsagtige kuslyne van Suider-Afrika: Desis formidabilis en Amaurobiodes africanus. Altwee soorte bou knus neste uitgevoer met spindrade onder klipmossel-skulpe of in le eendmossel-skulpe. Die neste word stewig aan die rots geanker sodat n lugborrel tydens hoogwater daar vasgevang word.

LINKS: n Tussentyse spinnekop (Desis sp.). Sulke spinnekoppe kan nie onder die water asemhaal nie en moet dus met hoogwater in die lugborrel in hul nes oorleef.

 

Foto deur The Tide Chaser by hierdie skakel op die wreldwye web. Aangesien kopiereg nie daar geis word nie, word met dank en te goeder trou aangeneem dat n skakel na die blog genoegsaam sou wees.

 

In uitsonderlike gevalle gebeur dit dat die spinnekop tydens hoogwater van sy nes en lugborrel afgesny raak. Maar di verstommende wesens kan in hierdie toestande n hele paar uur lank oorleef. n Lagie wasagtige hare om die agterlyf vang n luglagie onder die hare vas waaruit die spinnekop sy suurstof kan kry, en dit help hom oorleef.

 

Spinnekoppe kom snags uit wanneer die gety hoog is en vang dan nagdiertjies soos isopode en amfipode.

 

Pseudo-spinnekoppe

HOEWEL seespinnekoppe ook vier paar lang, dun pote het, is hierdie vreemde wesens glad nie naby verwant aan die spinnekop nie.

 

Seespinnekoppe leef net in die see en hou naby die bodem. Hulle kom op dieptes voor wat wissel van die gebied tussen die getye tot meer as 6 000 m. Verskeie soorte word langs die kus van Suider-Afrika aangetref.

 

Die seespinnekop is gewoonlik net n paar millimeter lank, hoewel van di wat in die diepsee gekry is, al van poot tot poot meer as 50 cm lank was.

SeespinnekopREGS: Groot seespinnekop (Colossendeis gigas) van die diepsee rondom Suid-Afrika.

 

Illustrasie (aangepas) uit Afrikaanse Kinderensiklopedie

 

 

Hulle het n klein koppie met twee paar o, n verlengde monddeel, kloukake en tasorgane. Die merkwaardige klein lyfie het plek vir ses looppote en n bykomende paar pote om eiers te dra.

 

Dit is hierdie lang pote, tesame met die pastelkleure wat die seespinnekoppe dikwels het, en hul tydsame manier van loop wat aan hulle die anderwreldse voorkoms gee.

 

Seespinnekoppe vreet gewoonlik sponse, hidrode en seeanemone. Hulle het een baie besonderse hebbelikheid: die mannetjie dra die eiers rond. Hieruit broei die larwes, wat verskeie kere vervel voordat die volwasse stadium bereik word.

 

SeespinnekopLINKS: Nog n seespinnekop. Ons kan maklik s hierdie soort diertjies is pure pote, want daarmee verrig hulle alles wat vir hul bestaan nodig is. Wat meer s, selfs hul vernaamste inwendige organe is in die pote verberg.

 

Foto: NOAA

 

Klik onder op n skakel om voort te beweeg na
die volgende hoofstuk van jou keuse:

1. Reis na die kelders van die see
2. Die lewe tussen die getye
3. Diere op die bodem van die see
4. Die oop see
5. Rare diere van die donker diepsee
6. Wonderwreld van die wiere
  Lees ook: Die see as beeldhouer

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad van die Mieliestronk-werf