Sedna
Die rooi raaiselwreldjie in
die koue buitewyke van
ons sonnestelsel




Daar is n tyd gelede baie geskryf en gepraat oor die "tiende planeet" wat konsuis in ons sonnestelsel ontdek is. Maar is die piepklein Sedna werklik die naam planeet waardig? Aikna, s baie geleerdes. Tog is hy n baie interessante hemelliggaampie wat steeds n hele aantal tergende geheime met hom saamdra...
    



Sedna se ligging
in die hemelruim.

Foto: NASA


LET WEL:
Hierdie  artikel oor Sedna is laas in die begin van 2005 aangepas. Aan die einde van Julie 2005 is bekend gemaak dat n ander "tiende planeet" konsuis ontdek is. Di is inderdaad groter as Pluto. En met ons verbeterde opsporingsinstrumente kan ons dalk nog talle sulke vondste te wagte wees.
Klik hier vir n nuwe artikel daaroor.


DIE ontdekking van n koue, rooi wreld (kunstenaarsvoorstelling REGS) in die verre buitewyke van die sonnestelsel het sterrekundiges in 2004 baie opgewonde gemaak. Maar die tiende planeet? Nee, sak Sarel, s baie geleerdes. Dog dis wel n planeetagtige voorwerp.

Wat meer s, dit is die grootste homp materie in ons familie van planete wat ontdek is sedert die planeet Pluto in 1930 opgespoor is.

Die afgele voorwerp heet Sedna, na n mitologiese Eskimo-godin wat die seediere sou geskape het (afbeelding LINKS). En hierdie planetoed beweeg in n hoogs eksentrieke baan om die son. Op sy naaste kom hy tot binne 13 duisend miljoen kilometer van die son af (naby waar hy tans is) en dan wentel hy weer tot n verbysterende 130 duisend miljoen kilometer weg900 keer die afstand tussen die aarde en die son. Sedna voltooi een omwenteling om die son in 10.500 aardse jare.

Die mini-planeet, of wat n mens hom ook al noem, is na raming slegs sowat 1.770 kilometer in deursnee. Dit maak hom kleiner as die dwergplaneet Pluto (sowat 2.274 kilometer breed), wat n ook tyd gelede juis in die nuus was omdat sekere geleerdes hom sy status as volwaardige planeet wil ontneem. Hulle reken naamlik Pluto is heeltemal te klein om saam met die ander planete gereken te wordwat nog te s n klein japsnoetjie soos Sedna.

Selfs die aarde se maan (3.476  kilometer in deursnee) is groter as Pluto en Sedna. In vergelyking daarmee is die aarde se grootste deursnee n yslike 12.756  kilometer (kyk vergelykende groottes HIERONDER).

Maar wat Sedna ook nuuswaardig maak, is dat hy met n oppervlaktemperatuur van 240 grade Celsius die koudste bekende plek in die sonnestelsel is. Wetenskaplikes weet nog nie wat sy samestelling is nie, maar raai hy moet omtrent uit eweveel gesteentes as ys bestaan, soos ander verafgele liggame in ons son se familiekring. Dit is ook n ope vraag hoekom Sedna so rooi vertoon (slegs Mars is rooier).

Voorts is eers gedink dat Sedna moontlik sy eie mini-maantjie kan h wat om hom wentel, net soos die maan van Pluto. Sedna beweeg naamlik bitter stadig om sy eie aseen omwenteling in minstens twintig aardse daeen daar is gereken dat dit n maantjie kan wees wat sy rotasiesnelheid so vertraag. Maar volgens nadere inligting wat deur middel van die Hubble-ruimteteleskoop ingewin is, is daar geen maan in sig nie. Waarom Sedna stadiger roteer as die meeste ander mini-planeetjies, of asterodes, bly dus n ander raaisel.

Sedna is deur n span van die Kaliforniese Tegnologiese Instituut  by die Mount Palomar-sterrewag naby San Diego ontdek. Dit is hulle wat hom sy naam gegee het. Maar die sterrekundiges se beheerliggaam, die Internasionale Astronomiese Unie, het die laaste s in die saak gehad en kon hom maklik n ander  naam uit die Griekse of Romeinse mitologie gegee het wat meer by di van ander ruimtelike liggame pas. Tog het die Unie ingestem dat die naam Sedna behou word en dit is vanaf 28 September 2004 van krag.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad

setstats 1