|

|
|
In
'n neutedop
Statistieke van die Reënboogland |
|
Geografiese statistieke
|
|
Geografiese koördinate:
|
29
00 S, 24 00 O |
|
Landoppervlakte:
|
1
219 912 vk km
sluit Prins Edward-eilande in (Marion-eiland en Prins Edward-eiland) |
|
Landsgrense:
|
Totaal:
4862 km
Aangrensende buurlande: Botswana 1840 km, Lesotho 909 km,
Mosambiek 491 km, Namibië 967 km, Swaziland 430 km, Zimbabwe 225
km |
|
Kuslyn: |
2798
km |
|
Hoogste en
laagste punte: |
Laagste:
Atlantiese Oseaan 0 m
Hoogste punt: Njesuthi 3408 m |
|
Natuurlike hulpbronne:
|
Goud,
chroom, antimoon, steenkool, ystererts, mangaan, nikkel, fosfate,
tin, uraan, sierdiamante, platinum, koper, vanadium, sout, aardgas |
|
|
Regering van Suid-Afrika
|
|
Hoofstede:
|
Pretoria
(uitvoerend) en Kaapstad (wetgewend). Bloemfontein is die
regsentrum |
|
Nege provinsies:
|
Wes-Kaap,
Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Noordwes, Gauteng,
Mpumalanga, Limpopo |
|
Onafhanklikheid:
|
Op
31 Mei 1910 verenig die Kaapkolonie, Natal, die
Oranjerivierkolonie en Transvaal om die Unie van Suid-Afrika te
vorm -- ’n dominium
of susterstaat van Brittanje in die Britse Gemenebes.
Met die aanvaarding in 1931 van die Statuut van Westminster deur
die Britse parlement word die volle gelykheid van Brittanje en die
dominiums, dus ook Suid-Afrika, erken en word die Statebond, ’n
vereniging van onafhanklike state, gestig.
Suid-Afrika, onder 'n apartheidsregering, word in 1961
'n republiek en tree uit die Statebond |
|
Grondwet:
|
Ná
die afskaffing van apartheid tree 'n nuwe grondwet gegrond op
gelyke, veelrassige deelname in werking. Dit word op 4 Desember
1996 deur die Grondwetlike Hof gesertifiseer en op 10 Desember
1996 deur die destydse pres. Nelson Mandela onderteken. Dit tree
op 3 Februarie 1997 in werking |
|
Regstelsel:
|
Gegrond
op Romeins-Hollandse reg en Engelse gemenereg |
|
Stemreg:
|
Stemreg
ongeag ras, kleur of geslag vir kiesers van 18 jaar en ouer |
|
Uitvoerende gesag:
|
Staats-
en regeringshoof: pres. Kgalema Motlanthe (sedert 25
September 2008)
Kabinet: word deur die president aangestel. |
|
Wetgewende gesag::
|
Tweekamer-parlement
bestaande uit die Nasionale Vergadering (400 setels; lede
word ingevolge 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging vir
vyf jaar gekies) en die Nasionale Raad van Provinsies (90 setels,
10 lede vir vyf jaar verkies deur nege provinsiale wetgewers, met
spesiale magte om streekbelange te beskerm). |
|
Regterlike gesag:
|
Grondwetlike
Hof, Appèlhof, hooggeregshowe, landdroshowe. |
|
|
Huistale
in SA: verdeling volgens die sensus van 2001
|
IsiZulu
23,8% |
IsiXhosa
17,6% |
Afrikaans
13,3% |
Sepedi
9,4% |
Setswana
8,2% |
Engels
8,2% |
|
Sesotho
7,9% |
Xitsonga
4,4% |
SiSwati
2,7% |
Tshivenda
2,3% |
IsiNdebele
1,6% |
Ander
0,5% |
Die
tabel hierbo toon die verdeling van die verskillende taalgroepe in
Suid-Afrika in terme van die persentasie wat elke taal as huistaal
gebruik.
Hoewel
Engels die taal van die handel en
wetenskap en die klaarblyklike "ankertaal" van die regering
is, word dit tuis deur slegs 8,2% van die bevolking gepraat.
Daarteenoor
praat byna 'n kwart van die bevolking IsiZulu as huistaal. Die derde
posisie van Afrikaans is ook insigewend. |
|
Bevolkingsgroei
in SA soos getoon deur sensus van Oktober 2001

Suid-Afrika
se bevolking in sy geheel het gegroei van 40.583.573
in 1996 tot 44.819.778
in 2001. Dit is 'n groei van 10,4%.
Die
grootste toename was in Gauteng ( meer as 20%), gevolg deur die Wes-Kaap
(meer as 14%). Die Oos-Kaap en die Vrystaat se bevolkingstoename was
altwee minder as
3%, terwyl daar in die Noord-Kaap in 2001 minder mense as in 1996 was.
Interne verhuisings van mense van die meer landelike provinsies na die
meer stedelike provinsies kan moontlik hierdie verskille in die
bevolkingsgroei deels verklaar.
Sowat
vier uit elke vyf Suid-Afrikaners (79%) is swart Afrikane.
|
|
Huishoudelike
goedere in werkende toestand volgens die sensus in 2001
|
Radio
73,0% |
Televisie
53,8% |
Rekenaar
8,6% |
|
Yskas
51,2% |
Tuistelefoon
24,4% |
Selfoon
32,3% |
|
|
Klik
hier om terug te keer na die inhoudsblad |