Ons nasionale boom, nasionale blom, nasionale vis, nasionale voŽl en nasionale dier
Flora en Fauna: Ons nasionale embleme

Ons nasionale boom
Egte geelhout (Podocarpus latifolius)

GeelhoutboomGEELHOUT, waarvan sulke voortreflike meubels gemaak word, was die feitlik vanselfsprekende keuse toe daar tot ín nasionale boom vir Suid-Afrika besluit moes word. Dit word immers reeds eeue lank plaaslik benut. Dit was byvoorbeeld die belangrikste timmerhout van die eerste Europese pioniers aan die Kaap en is onder meer vir die bou van huise en waens gebruik.

Geelhoutstokkies  
LINKS: Geelhoutstokkies.
  
REGS: 'n Geelhoutboom.
   
Pragtige geelhoutvloere en -plafonne is ín deel van die tradisionele argitektuur onder die meer vermoŽndes in die Suid-Afrikaanse samelewing. Maar toe die stoomtrein destyds sy kronkelweŽ oor ons wye vlaktes oopgetrap het, is geelhout ook met groot sukses as ruwe dwarslÍers (balke onder spoorstawe) ingespan.


Geelhout se vruggies  
LINKS: Die boom se vruggies, wat mettertyd verdroog en afval en elk een pit bevat.

 
Geelhoutbome groei oor ín breŽ gebiedóvan die Soutpansberge en Blouberge van Limpompo suidwaarts deur die klowe van die Drakensberge en teen die Suid-Afrikaanse suidkus langs tot op Tafelberg in die Kaap. Dit kom ook in die tropiese Oos- en Wes-Afrika voor tot by TanzaniŽ en die Kameroen.

Die geelhout, ín stadige groeier, is ín manjifieke boom met ín massiewe stam en wyduitgestrekte kroon. Die waardevolle hout is liggeel met ín gladde grein.
 


Ons nasionale blom
Koningsprotea (Protea cynaroides)

DKoningsproteasIE koningsprotea, ons land se pragtige nasionale blom, word ook die reuse-protea genoem. Dit kom wydverspreid in die suidelike en suidwestelike dele van die Wes-Kaap voor en in die Oos-Kaap tot net oos van Grahamstad.

DIe Proteaceae, ín verstommende groep van sowat 370 bekende spesies, kry juis hul naam van die god Proteus in die Griekse mitologie wat verskillende vorms sou kon aanneem soos dit hom behaag het. Ondanks hul verbasende veelvormigheid het proteas egter beslis beskerming nodig en nagenoeg 120 spesies word as bedreig (verdwynend of uitsterwend) gelys. 

Die indrukwekkende blomkoppe van die koningsprotea is die grootste in die protea-genus en kan tot 30 cm in deursnee wees. Aan die buitekant is talle stywe, gepunte, smal skutblare wat dit ín kelkvorm gee. Die onderste helfte van die skutblare is roomkleurig of geel en raak helderpienk of fluweelrooi in die boonste helfte. Binne-in die kelk is ín massa van wit meeldrade wat almal na die middel toe neig.


Ons nasionale vis
Galjoen
(Dichistius capensis, voorheen geklassifiseer as Coracinus capensis)
 

VIR die Nederlanders van die sestiende en sewentiende eeu was ín galjoen ín groot seilskip met verskeie dekke, ín hoŽ boord en skerp voorstewe wat deur die Spanjaarde gebruik is en wat hulle ín galeon genoem het.

GaljoenVandag ken ons die galjoen eintlik nog net as ín visóín stompvormige seevis wat van een tot sowat vyf kilogram weeg en gewild is by hengelaars. Die rekordgewig is sewe kilogram. Die galjoen se skubbe sit ferm aan die lyf. 

VroeŽr is gemeen dat die vis sy naam regstreeks aan vanmelewe se seilskip ontleen het. Later het taalkundiges egter ín verband gesoek met die Griekse woord galeÍ (vir die pelsdiertjie die wesel), waarvan die naam op ín bepaalde soort vis en daarna op ín bepaalde soort skip in die Middellandse See oorgedra is. Skeepsterme soos galei, galjas, galjoen en galjoot sou hieruit stam.

Die vis die galjoen, wat tot ons nasionale vis verklaar is, kom slegs in die see aan die kus van Suid-Afrika voor. Hy hou meestal in vlak water en word dikwels in ruwe branding (woelige en skuimende golwe aan die seestrand) gevind.

Naby rotse is die galjoen byna heeltemal swart van kleur, terwyl die kleur in sanderige gebiede silwerbrons is. Galjoene vreet meestal rooiaas, mossels en eendmossels.

Beweging

GALJOENE beweeg deur middel van vinne, wat by hulle goed ontwikkel is, met prominente uitsteeksels. In hierdie opsig verskil hulle baie van sekere ander vissoorte, soos die slang-agtige palings of ale, waar die vinne onopmerklik of selfs heeltemal afwesig kan wees.
 
Beweging geskied veelal by wyse van die opeenvolgende sametrekking van die vis se spiersegmente van voor na agter aan elke kant van sy liggaam alternatiewelik, wat die stertvin heen en weer laat swaai.
 
Die galjoen is 'n gewilde hengelvis en so sterk en beweeglik dat hy gewoonlik woes spook wanneer die hengelaar probeer om hom in te katrol.

Asemhaling

DIE galjoen haal, soos die meeste visse en sekere ander waterdiere, asem deur middel van kieue, enkelvoud kieu (ook soms kiewe geskryf, enkelvoud kief). Die kieue is dunwandige organe vol bloedvate aan weerskante van die vis se lyf.
 
Water waarin die lug se suurstof opgelos is, beweeg deur die kieu se dun membrane tot in die bloedstroom van die vis. Terselfdertyd word die afval-koolstofdioksied in die vis se bloed ook deur die kieu-membrane in die water uitgeskei.

Voortplanting

VISSE het verskillende maniere om hul kleintjies in die wÍreld te bring, afhangende van die soort.
 
By vivipare (lewendbarende) visse is daar inwendige bevrugting en skenk die wyfies die lewe aan kleintjies in 'n gevorderde stadium van ontwikkeling. Dit gebeur by byvoorbeeld die haai, die selakant en 'n gewilde akwariumvis soos die guppie.
 
Ovipare visse is diť wat eiers lÍ wat buite die wyfie se liggaam bevrug word. Die wyfie lÍ haar eiers (dit word "kuit" genoem ) in die water en die mannetjie bedek dit met sperma. Vissoorte wat hul eiers in die oop water uitstrooi, doen dit dikwels in ontsaglike hoeveelhede.  In die omgangstaal word van kuitskiet gepraat.

Die galjoen is 'n ovipare (eierlÍende) vis. Galjoene skiet kuit in die somermaande en die kleintjies wat uit die eiers kom, vergader digby die kus tussen die rotse en sanderige plekke. Terwyl galjoene tot 80 cm lank kan word, word seksuele rypheid bereik wanneer hulle nagenoeg 34 cm lank is.


Ons nasionale voŽl
BloukraanvoŽl (Anthropoides paradisia)

Lees ook afsonderlike artikel oor die bloukraanvoŽl: Die verbete stryd vir ons 5c-voŽl

BloukraanHY kom slegs in Suidelike Afrika in die vrye natuur voor, en veral in sekere van ons natuurstreke is hy in sy element: op die kort grasvelde en geploegde landerye van veral die Wes- en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, die Noord-Vrystaat en Gauteng. ín Klein  bevolking woon ook op die Etoshapanne in NamibiŽ.

Hier skarrel die bloukraanvoŽls op hul daaglikse snuffeltogte agter sade, insekte en klein reptiele aan. Hul kenmerkende, betreklik hoŽ ge-"kraaaarrrk" kan wel van ver af gehoor word, maar hulle is gewoonlik bra swygsaam.

Ons elegante, ligte blougrys, nasionale voŽl met sy knopkieriekop en lang, biesierige bene is sowat ín meter hoog. Die voŽls wei dikwels saam-saam in pare of as klein familiegroepe, en die wyfies lÍ hul eiers sommerso in die oopte, baiemaal naby water.

KraanvoŽls is goeie voorbeelde van moderne ouers. Albei geslagte help met die bou van ín nes, asook die uitbroei en grootmaak van kleintjies. Gespikkelde roomkleurige eiers, meestal twee op ín keer, word gewoonlik gelÍ in ín vlak nes wat met stoppels en klein klippies omring is. Die eiers broei binne 33 dae uit. Die kleintjies kan eers nŠ drie maande vlieg, en hul ouers versorg hulle byna ín jaar lank voordat hulle vir hulself kan sorg.

Ongelukkig is ons uitsonderlike bloukraan en sy plaaslike familielede, die lelkraan en die mahem, ook baie hoog op die lys van voŽls wat beskerming nodig het. Die dae is lank verby toe hulle in hul derduisende op ons vlaktes te sien was.


Ons nasionale dier
Springbok (Antidorcas marsupialis)

DIE dier wat selfs sy naam aan Suid-Afrika se rugbytrots gegee het, was vroeŽr die volopste van alle Suid-Afrikaanse boksoorte. Nou is ons springbokke hoofsaaklik beperk tot ín aantal plase en wildtuine. 

VroeŽr dae het groot troppe in dolle vaart oor die Karoo getrek, selfs deur dorpe beweeg en groot skade aangerig. Maar dit was stellig bowenal hierdie boksoort se lekker vleis (en biltong) wat vir sy dramaties kwynende getalle gesorg het.

Die springbok is ín besonder sierlike bok en albei geslagte het horings, hoewel diť van die ramme dikker en growwer is. Die bok is nagenoeg 75 cm hoog en weeg sowat 40 kg. Die rooierige bruin van die rug word deur ín donker streep van die suiwer wit onderkant geskei. Tipies van hierdie spesie is die "pronk" (springerige vertoon) waarvan hy ook sy naam gekry het.

Springbokke is tropdiere wat in die winter in klein troppe beweeg, maar dikwels in die somer in groter getalle saamtrop. Hulle vreet sowel gras as blare en kan sonder drinkwater klaarkom, omdat hulle genoeg vog uit die sappige blare in hul dieet kry. Maar hulle sal wel water suip as dit beskikbaar is.

Springbokke paar die hele jaar deur en die boklammertjies word nŠ ín draagtyd van ses maande gebore.