Skuimende stroomvertellings en watervalle keer hom nie...Spring-spring huis toe!

Die sonderlinge lewe van die Atlantiese salm

REGS: Skuimende stroomvertellings en watervalle in riviere kan hom nie keer as hy vanuit die see terugkeer na sy geboorteplek om op sy beurt daar ín nuwe geslag salms te verwek nie.

 

Foto: U.S. Fish & Wildlife Service

 

In sy verbete stryd om terug te keer na die waters waar hy gebore is, trotseer die volhardende Atlantiese salm woelige stroomversnellings en watervalleóparty van hulle meer as 3 m hoog. In hierdie vroeŽ stadium van sy trek is die vis ín toonbeeld van gesondheid en lewenslus. Maar wanneer hy later weer van die broeiplek af na die see teruggaan, sal hy slegs ín patetiese skadu van sy ou self wees. Lees nou meer oor die buitengewone lewensloop van die salm...

    


Teks uit Huisgenoot se Ons Wonderlike WÍreld

Grafika-kompilasie deur Mieliestronk.com

Atlantiese salm I N die Middeleeue en daarna het die riviere van Europa van die salms gewemel. In Skotland was hierdie soort visse so volop dat diensknegte gekla het omdat hulle te veel daarvan moes eet.

 

ín Brief wat in die 1600ís geskryf is, bevat die volgende eienaardige mededeling: ''Die burgemeesters hier is genoodsaak om weer ín antieke wet toe te pas wat alle meesters gelas om geen dienskneg of vakleerling te dwing om meer as drie keer per week salm te eet nie.''

 

ín Mens kan vandag kwalik dink dat daar ín tyd kon gewees het toe enige lekker soort eetvis so volop was dat mense moeg geword het om dit te eet, wat nog te sÍ die salm. Hy staan immers bekend as die koning van die visse en is vandag een van die mees bedreigde visse ter wÍreld. Maar kom ons verken ín bietjie sy besondere wÍreld en geheimsinnige gewoontes en kyk na die redes waarom sy getalle so drasties afgeneem het.

 

Salms kan in twee hoofgroepe ingedeel word: die salms van die Atlantiese Oseaan (genus Salmo) en diť van die Stille Oseaan (genus Oncorhynchus). Slegs een spesie, die Atlantiese salm Salmo salar, word in die Atlantiese Oseaan (noord) aangetref. Hy is eintlik nader familie van die forel as van die salm van die Stille Oseaan.

 

Ses spesies word in die Stille Oseaan gevind. Salmbevolkings in ingeslote binnelandse watermassas is in ín paar lande in die Suidelike Halfrond, soos Nieu-Seeland, gevestig. In Suid-Afrika word die kabeljou en geelbek ook soms salms genoem, maar hulle is natuurlik nie ware salms nie.

 

Die groot verskil tussen die salms van die Atlantiese en Stille Oesaan is, benewens natuurlik wat hul hougebied aanbetref, dat eersgenoemde dikwels die broeityd oorleef en selfs weer en weer na hul geboorteriviere terugkeer om dan opnuut te broei. Al die soorte van die Stille Oseaan beleef net een broeityd en vrek kort daarna.

 

Kom ons bekyk die lewensiklus van die Atlantiese salm...

 

Lewensloop van die Atlantiese salm

 

ELKE jaar in die laat herfs of winter begin die salmwyfies hul neste in die vlak gruisbeddings van koel, suurstofryke, onbesoedelde spruite en riviere bou. Die wyfie maak ín holte in die gruis deur met haar stert te fladder sodat die klippies losspoel. Sy lÍ dan haar eiers in die holte en een of meer mannetjies volg haar en laat sperma op die eiers. Die wyfie swem dan ín kort entjie en begin nog ín nes grawe.

 

Die losgespoelde klippies van die tweede nes land op die eerste en vorm ín beskermende bedekking daar bo-op. Nou lÍ die wyfie eiers in die tweede nes en diť word ook bevrug.

 

EiersDie broeityd kan twee weke duur, waartydens elke wyfie tussen 5 000 en 30 000 eiers lÍ. Hierna dryf die uitgeputte ouers rivier af see toe (later word meer oor hulle vertel).

 

Tussen 5 en 21 weke nŠ bevrugting, afhangende van faktore soos die watertemperatuur, ontwikkel die eiers tot larwes. Elk van die twee en ín halwe sentimeter lange larwes het ín dooiersak en word ín maand of twee lank deur hierdie ďkosblikĒ onderhou voordat dit in die liggaam geabsorbeer word.

 

Die larwes kruip tussen die klippies in die nes weg. 

 

ďFryĒMaar sodra die dooiersak verdwyn het, kom hulle te voorskyn en begin self jag. Die ontwikkelende salmpies vreet insektelarwes, wurms en ander klein diertjies.

 

ďParrĒNŠ sowat ín jaar kry die opgeskote, sowat 10 cm lange ďadolessenteĒ die vis-ekwivalent van rooi hakskene. Eers is hulle bruinerig, met kolle aan die sy, maar mettertyd ontwikkel donker vertikale stroke aan die sy om kamoeflering te verskaf. Hulle vreet klein waterdiertjies soos varswater-garnale, insekte en slakke.

 

In riviere waarin daar baie kos is, kan die jong salms nŠ slegs een jaar na die see toe migreer, maar dis gewoonlik drie jaar. In party riviere kan dit ín volle agt jaar duur voordat hulle met hul reis see toe begin. Teen diť tyd is hulle al ín goeie 12 tot 20 cm lank.

 

Terwyl die jong salms in skole rivier af swem, begin die merke wat hulle gehad het, vervaag. Namate hulle die see nader, pas hul liggame by die sout water aan en kry hulle ín manjifieke silwerige kleed. In die see swem hulle na ryk weivelde waar hulle gulsig vreet en groot en vet raak.

 

In die see... ín manjifieke silwerige kleedSommige lÍ verstommende afstande af. Daar is byvoorbeeld diť van Europese riviere wat die Atlantiese Oseaan oorsteek om in die Straat van Davis tussen Kanada en Groenland te wei. Salms van Noord-Amerika wei ook hier, en ín belangrike visbedryf het in die gebied ontstaan.

 

Die weidingstyd in die see wissel. Party is nŠ slegs een jaar gereed om vir die broeityd terug te keer na die rivier waarin hulle die eerste lewenslig aanskou het. Ander vertoef vier of vyf jaar in die see en raak baie groter en swaarder as die eersgenoemdes.

 

Presies hoe die salms hul pad oor honderde, soms selfs duisende kilometers deur die see terugvind, is ín raaisel. Dis moontlik dat hulle met behulp van die aarde se magneetveld navigeer. Sodra hulle eers by die kus is, ruik hulle waarskynlik hul pad terug na hul tuisrivier.

 

Atlantiese salms begin hul broeivaarte in verskillende tye van die jaar in verskillende riviere, hoewel dit meestal in die vroeŽ herfs gebeur. Hulle versamel dikwels in groot getalle in riviermondings en wag vir hoogwater om hulle in die rivier op te spoel.

 

In goeie omstandighede swem hulle vinnig, bedags sowel as snags, en kan hulle elke 24 uur 40 km aflÍ. Die instink om die broeigebied te bereik, is verbasend. Die visse spring selfs teen hoŽ watervalle op om hul doel te bereik. Trouens, die woord ''salm'' is afgelei van die Latynse woord vir spring.

 

Sou hulle val met die springslag, probeer hulle maar net weer en weer, totdat hulle slaag. Waar riviere opgedam is, word dikwels ín reeks ''trappe'' genaamd ''vis-lere'' gebou om die salms in staat te stel om oor die damwal te kom. Maar dit kan uitputtend wees om hierdie ''lere'' uit ter klim en baie salms vrek ongelukkig in die proses.

 

Tydens hul reis rus hulle plek-plek in mere in die rivier om hul kragte te herwin. Salms hou op vreet sodra hulle stroom op begin swem het en lewe nou van die opgegaarde vet in hul liggame. Hulle verloor die helfte van hul gewig Vreemd genoeg word salms wel af en toe met kunsvlieŽ tydens hul broeivaarte gevangóín ware prestasie vir ín vlieg-hengelaar!

 

Uiteindelik bereik die visse die gebied waar hulle uitgebroei het en die proses van eiers lÍ en bevrugting kan oplaas begin. Wat ons by die vraag bring wat met die salms gebeur sodra die broeityd verby is. Die uitgeputte, swak salms dryf, stert eerste, see toeóbaie anders as die robuuste kalante wat allerhande versperrings getrotseer het om teen die stroom op te swem.

Die vleis aan hul liggame wat eenmaal so ferm en rooi was, het waterig en bleek geword. Die vel met sy eens metaalagtige glans is nou dofbruin of -geel en by baie van hulle is dit met rooi of swart kolle ontsier. Talle van hierdie salms vrek nou weens uitputting of siektes.

Maar verbasend baie bereik tog weer die see, waar hulle gou herstel en weer begin vreet. Hierdie salms keer vir ín tweede broeityd terug na die rivier, gewoonlik binne ín jaar. Party kanniedode lÍ hierdie jaarlikse reise drie of selfs vier keer af.

 

Alle soorte salms se voortbestaan word bedreig. Die visbevolkings is uitgedun weens te veel vangste, die besoedeling van riviere en die bou van damme wat keer dat hulle rivier op kan swem na hul broeiplekke.

 

Salms op die markLINKS: Salms te koop aangebied. Dis ín baie gesogte soort kos.

 

Foto: NOAA

 

Eenmaal is gehoop dat genoeg salms in spesiale viskwekerye gekweek sou kon word, maar diť soort visse is blykbaar baie swakker as die wildes en vrek by die hope voordat hulle volwasse is. Tensy streng beheermaatreŽls teen vangste ingestel en die riviere van die Noordelike Halfrond skoongemaak word, word gevrees dat die salm nog by die lys van die wÍreld se uitgestorwe diere gevoeg sal word.

 

Het jy geweet?

 

ē   Die salm doen dinge net mooi andersom as die varswaterpaling: die salm gaan van die see af na die riviere om aan te teel, maar die paling van die riviere af na die see toe.

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad