Huise in Suid-Afrika
van die 1600s tot vandag

Huis-illustrasieHuis, paleis, pondok... as n mens die Suid-Afrikaaanse huise van gister, eergister met vandag sn vergelyk, is die verskille in baie opsigte enorm. Die huise van weleer het immers nie eens binnenshuise badkamers en spoeltoilette gehad nie. Boonop was baie van hulle veel armoediger beplan as ons moderne wonings, en op die koop toe dalk donker weens klein venstertjies wat agter hortjies versteek was. Tog was die huis deur alle eeuen geborge toevlug vir die mensegesin onder sy dak. Al is n huis ook hoe arm, hy dek warm, het die ou mense immers ges...

I

N ons land met sy baie verskillende volkere het woonplekke aansienlik verander sedert die eerste Europers in die middel-1600s hier aangekom het om hulle aan Kaap te vestig. Dit is slegs in afgele, landelike gebiede waar sekere matjieshuise van Khoisan-afstammelinge, asook die hutte van talle tradisiegebonde swart mense, vandag nog grotendeels lyk soos hulle drie, vier eeue gelede ook gelyk het.

Maar vir die ontwikkelde segmente van die Suid-Afrikaanse bevolking wat midde-in die brandpunt van die wreldwye tegnologiese vooruitgang staan, ontwerp argitekte vandag huise wat geweldig verskil van die eenvoudige kleihuisies van ons voorsate.

Die verhaal van woonhuisontwikkeling in ons land loop vanselfsprekend hand aan hand met verskillende tydvakke in ons geskiedenis. As n mens op die spoor terugloop, kom jy op baie interessante dinge af...

Die woonplekke van die inheemse volkere wat die eerste Europers in Suid-Afrika in die 1600s hier aangetref het

Khoikhoi-huis van grasmatte en 'n tradisionele Tswana-rondawel   DIE nomadiese San (Boesmans) van weleer het nooit permanente huise gebou nie, maar hulle snags in grotte of onder skuilings van boomtakke tuis gemaak. Die Khoikhoi was eweneens swerwers, en dus was hul hutte lig genoeg om op te rol en saam te dra na die volgende oornagplek. Jong boompies is binnetoe gebuig om n raamwerk met die fatsoen van 'n byekorf te vorm en is met grasmatte bedek. Sulke matjieshuise kan vandag steeds in Namakwaland gesien word.

Die blanke Kapenaars het toe nog nie werklik kontak met hulle gehad nie, maar aan die oostekant van Suid-Afrika het Ngunisprekende swartmense in ronde kliphutte gewoon wat waarskynlik rietdakke gehad het. Tradisionele Zoeloe- en Swazihuise het uit koepelvormige raamwerke van jong boompies beslaan en het grasdakke gehad.

Tradisionele Zoeloewonings deur Pierneef
  
BO: Tradisionele Zoeloewonings deur Pierneef

BO: n Gesin Zoeloes voor twee tradisionele wonings
naby Eshowe, 1913.

Foto: New York State Archives
  


Die huise van die vroe Europese setlaars aan die Kaap

   DIE Fort die Goeie Hoop van Jan van Riebeeck is van klei en klip gebou. Die Nederlandse koloniste het eers binne die fort in skuilings gewoon, maar spoedig het hulle hul eie huise gebou. Sulke huise het uit drie kamers met mure van klei of ru-klip bestaan. Di mure is gemessel met klei wat van seeskulpe gemaak is. Die dakke is met riete gedek.

Selfs tot in 1770 nog was die groot Kaapstad van vandag nog maar net n dorpie, n  skilderagtige plekkie met rietdakhuisies. Die woord "stadsverfraaiing" was nog 'n onbekende begrip. Benewens Kaapstad was daar net die boeredorpies Stellenbosch, die Paarl en Swellendam, en verder was daar plase.

Die Kapenaars het weliswaar van mooi dinge gehou, maar hulle was nie uitspattig nie. Hulle het volstaan met die gewone dinge. n Mens kan begryp dat opgeleide argitekte in di tyd nie nodig was om huise te bou nie. n Gewone timmerman-bouer, of in die buitedistrikte dikwels die boere self, kon immers n goeie huis bou wat goed in sy omgewing sou inpas.

Maar hierdie toestand het gou begin verander. Kaapstad het al hoe meer n internasionale karakter begin aanneem, veral vanwe die koms van troepe uit die Europese lande. Oorlogswolke het naamlik l digter in Europa begin saampak en die toenemende bedreiging is ook in die kolonies weerspiel. Hierdie tyd het vir Kaapstad ook groot ekonomiese voorspoed gebring, en dit het duidelik in die Kapenaars se huise tot uitdrukking gekom. Dit was nou goeie smaak om huise te bou wat anders as di van jou vriende gelyk het.

'n Skraal jong Franse ingenieur, ene Louis Michel Thibault, wat in 1783 hier aangekom het, het ons land se eerste beroepsargitek geword en ywerig meegehelp om die Kaap se hele aangesig te verander. Toe hy in 1815 oorlede is, het Kaapstad reeds n stad geword, vol pragtige, aristokratiese verdiepinghuise en trotse geboue. Pragtige buitehuise het in die omgewing van Kaapstad teen die hange van Tafelberg verrys.

Ons Kaaps-Hollandse boukuns-erfenis uit die dae van die Nederlands Oos-Indiese Kompanjie

Gewelhuis   N BAIE opmerklike kenmerk van die eiesoortige huisboustyl wat aan die Kaap ontwikkel het, was die gewel. Die eerste gewels het as solder- of skaap-boudgewels bekend gestaan. Lig is deur 'n venstertjie in die solder binnegelaat. Die gewels het ook gekeer dat renwater van die dak af op die stoep afdrup, of, in die geval van brande, dat brandende dekriet op mense onder val.

Die gewels het later hor geword. Hulle het gevormde omlystings gekry, wat as holbolgewels bekend geraak het. Op die voorkant van die gewel is figure soos diere, harte, sterre, vrugte en blomme aangebring. Hierdie omlystings, waarskynlik die werk van Oosterse slawe, is later volgens die neo-klassieke styl vervang deur driehoekige pedimente met pleisterwerkkruike aan weerskante daarvan.

Met verloop van tyd is n kombuis reghoekig aan die een punt van die huis en n bykomende kamer aan die ander punt aangebou. Hierdie U-vorm het by die meeste dorpshuise voorgekom. Op die platteland is n enkele vleuel by tye agter in die middel van die huis aangebou sodat die huis 'n T-vorm aangeneem het. Partymaal het die boere 'n derde vleuel dwars oor die punt van die T gebou. Dit het meegebring dat die huis soos n  H gelyk het.

Aangesien brande vinnig in grasdakhuise versprei, het Kapenaars teen die einde van die 1700s platdakhuise gebou wat baiemaal twee verdiepings gehad het. Die Kaaps-Hollandse styl, wat Nederlandse, Duitse en Indonesiese invloede toon,  is tot omstreeks die middel van die 1800s  nagevolg.

Statige ou Kaaps-Hollandse plaaswonings van weleer pryk vandag steeds trots in die Wes-Kaap.

Die eenvoudige hartbeeshuisies op die afgele boereplase

   DIE meeste boere wat in die steeds uitbreidende nedersetting uit die Kaapse omgewing uit weggetrek het (trekboere) se huise was baie eenvoudiger as di van die vermonde mense in die Moederstad en omstreke.

HartbeeshuisHul hartbeeshuisies (paal-en-kleihuise) was n eenvoudige en ongekunstelde bouvorm wat gegrond was op die vorm wat baie swartmense vir hul hutte gebruik het. n Raamwerk van pale is opgerig en jong boomstamme en takke is daartussen gevleg. Sodra dit stewig genoeg was, is die hele huisie met dik lae modder of klei bedek. Sulke huisies of hutte was voordelig deurdat hulle baie gou gebou kon word. Daarteenoor kon die hartbeeshuisies maklik deur insekte verniel word en weens swaar ren ineenstort. [ILLUSTRASIE MET DANK UIT "ALLES OOR SUID-AFRIKA", STRUIK, ISBN 1 86825 676 6.]

(Die benaming hartbeeshuis het in der waarheid niks met die hartbees (dier) te doen nie. Dit is n vervorming van die samevoeging van harub, die Khoi-woord vir biesies, en die Afrikaanse woord biesies self. Uit harub+biesies+huis het dus hartbeeshuis ontstaan.)

Die Voortrekkers het enige boumateriaal gebruik wat hulle in hul omgewing kon vind om hul eerste huise te bou. Die huise was meestal van klip en daar was slegs een vertrek met 'n oop vuurherd aan die een kant. Gate in die mure het as vensters gedien.

Die veranderinge in die Suid-Afrikaanse woningbou nadat die Britte die Kaap oorgeneem het

  KORT n die begin van die 1800's neem die Britte finaal die beheer oor van die Kaap en geleidelik word die onmiskenbare Britse invloed ook in die woningbou in Suid-Afrika ervaar.  George III was destyds die Britse koning, met die gevolg dat die Engelse boustyl Georgiaans genoem is. Toe die koloniste die dubbelverdiepingstyl hier nageboots het, is daarna verwys as Kaaps-Georgiaans.

Die sogenaamde Engelse Regentskapsargitektuur van 1811 tot 1820 stem ooreen met die Georgiaanse styl, maar het baie meer detail. Dit is onder meer gekenmerk deur smee- en gietysterbalkonne en -relings, asook boligte met uitgesnyde houtrame. Gietyster was ook gewild in die lange jare van koningin Victoria se heerskappy (1837 tot 1901), toe sinkdakke ook volop was. [Dit is voorts interessant dat selfs die Pretoriase huis van pres. Paul Kruger van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) in die Britse Victoriaanse styl gebou is -- terwyl die ZAR juis Brittanje in die Anglo-Boereoorlog aangevat het. Die pynlike presiesheid waarmee die huis sover moontlik tot sy oorspronklike voorkoms herstel is, is vandag oral in die huis te sien. Selfs die tapyt in die onthaalvertrek is in 1974 geweef (die een voor dit in 1933) deur dieselfde Londense maatskappy wat vir die oorspronklike een gesorg het.]

In die 1900s het die argitektuur met rasse spronge ontwikkel, in Suid-Afrika en wreldwyd. Laat in die I920s en 1930s het die sogenaamde Art Deco-styl gewild geword. Art Deco, wat in 1925 in Parys bekend gestel is, is gekenmerk deur skerp hoeke, blokvormige patrone, pragtige mosaekvloere van emaljetels, en chroom- en bronsversierings.

Die huise van ons tyd

Moderne huis   MODERNE Suid-Afrikaanse huise in die ontwikkelde woonsektore vertoon so n bonte vermenging van allerhande soorte boustowwe, invloede en style (Spaans, Engels, Kaaps-Hollands, noem maar op) dat daar kwalik ges kan word dat ons nog n kenmerkende styl het. Boonop het stedelike woonstelle, skakelhuise en ander stapelwoonkomplekse die gewone, alleenstaande huise by die duisende vervang.

In die moderne huis val die klem op dienlikheid en gerief. Dink maar aan ons skoon binnenshuise spoeltoilette wat die ongemaklike ou "gemakshuisies" in die agterplase totaal vervang het. Eenvoud van lyn en massa, die weglating van onnodige versiering en funksionele doeltreffendheid kenmerk die wonings van vandag.

Maar dit is die een kant van die prentjie. Suid-Afrikaners ondervind n ernstige huistekort, veral miljoene mense van die histories benadeelde gemeenskappe. Mense trek in hul menigtes uit arm plattelandse gebiede na die stede op soek na werk en hulle moet huise kry. Vandag bou hawelose mense huise van enige denkbare materiaal -- kartonne, planke, sinkplate, stukke plastiek en wat nog alles -- en sulke informele nedersettings is algemeen in die buitewyke van ons stede en groot dorpe.

REGS: Vandag word huise in die swart gemeenskappe met n groot verskeidenheid van materiale gebou, self met modderstene soos di wat hier (elders in Afrika) in n steenfabriek gemaak word. Veral in die plakkersbuurte word enigiets van plastiek en karton tot sinkplate gebruik. Sink kan egter ontsettend warm word onder die Afrika-son en is al n onmenslike materiaal vir Afrika genoem.

Foto: BIGPHOTO.COM / FREE PHOTO
  


 

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad