|
Die
kleurryke geskiedenis van ons land in presies duisend woorde Suid-Afrika
duisend!
Die spore van baie geslagte van mense lê spreekwoordelik gesaai oor die Suid-Afrikaanse bodem... van natuurgebonde jagter-versamelaars van millenniums gelede tot by gesofistikeerde rekenaargebruikers soos jy! |
|
ORBLYFSELS
dui daarop dat die "moderne" mens meer as Die
jongste argeologiese navorsing dui daarop dat die voorvaders van die
Suider-Afrikaanse swartmense boere was wat van verder noord op die
vasteland gekom het. Van nagenoeg die eerste of tweede eeu n.C. het hulle
hulle in klein gemeenskappe langs die kus van die teenswoordige
KwaZulu-Natal gevestig. Hulle sou later opwaarts versprei in die
riviervalleie van die streek en nog later tot in die hoër liggende
graslande. Die
eerste Europeërs wat hulle hier gevestig het, kom in 1652 onder leiding
van die Nederlandse kommandeur Jan van Riebeeck na die Kaap. Die
Afrikanerbevolking ("Boere") ontwikkel daarna grotendeels uit
nasate van Nederlandse, Duitse en Franse immigrante. Brittanje
beset die Kaap in 1806 en baie Britse immigrante kom in 1820 na
Suid-Afrika. In
die middel-1820’s heers Shaka, grondlegger van die Zoeloevolk, reeds oor
100 000 mense en het hy ’n leër van 40 000 manskappe. Talle misnoegde
Boere trek van 1836 af noordwaarts onder die Britse gesag uit (die
"Groot Trek") en stig hul eie republieke in die noorde: die
Oranje-Vrijstaat en Zuid-Afrikaansche Republiek of Transvaal. Daar is
verskillende botsings tussen die Boere en die swart volkere, ook die
Zoeloes onder aanvoering van Shaka se moordenaar, Dingane. Die
ontdekking van diamante (1867) en goud (1886) in die noorde lei tot ’n
toestroming van Europeërs, maar intensifiseer die onderwerping van die
swartmense. Die Boere verset hulle teen Britse pogings om hul
onafhanklikheid van hulle weg te neem, dog hulle word in die
Anglo-Boereoorlog (1899-1902) verslaan.
In 1910 verenig die Kaapkolonie, Natal, die Oranjerivierkolonie en
Transvaal om die Unie van Suid-Afrika te vorm—’n dominium of susterstaat van Brittanje in die Britse
Gemenebes. Etlike
honderde lede van Suid-Afrika se opgeleide swart elite stig in 1912 ’n
nasionale organisasie om teen rassediskriminasie beswaar te maak en vir
gelyke behandeling voor die reg te vra. Dit word die South African
Native National Congress genoem, wat in 1923 tot die African National
Congress (ANC) hernoem word. In 1914 tree Suid-Afrika, te midde van groot kritiek binnelands, aan die kant van Brittanje toe tot die Eerste Wêreldoorlog. Rebellerende Afrikaners word vasgevat. Vrese by blanke mynwerkers dat hul
werk aan swartmense gegee kan word, lei in 1922 tot ’n
mynwerkersopstand in Johannesburg, maar dit word deur 20 000 troepe met
artillerie, tenks en bomwerpers onderdruk. Met
die aanvaarding in 1931 van die Statuut van Westminster deur die Britse
parlement word die volle gelykheid van Brittanje en die dominiums, dus
ook Suid-Afrika, erken en word die Statebond, ’n vereniging van
onafhanklike state, gestig. Tydens
die Groot Depressie bevind ’n kommissie in 1931 dat byna ’n derde
van die Afrikaners armlastig is, terwyl min Engelssprekende blankes
onder die broodlyn lewe. Dit lei tot ’n (uiteindelik geslaagde)
veldtog vir die ekonomiese bemagtiging van die Afrikaner—én sy
politieke dominansie. In
die Tweede Wêreldoorlog is daar groot verdeeldheid tussen
Engelssprekendes en baie Afrikaners, veral toe Suid-Afrika troepe stuur
om aan die Britse kant teen Duitsland in Noord-Afrika en Europa te veg.
Reeds in 1938 het Afrikaners die Ossewabrandwag gestig, ’n paramilitêre
organisasie wat ten doel sou hê om "vaderlandsliefde" in te
skerp. Tydens die oorlog word etlike duisende lede van die
Ossewabrandwag weens beweerde ondermynende bedrywighede geïnterneer—ook John Vorster, ’n toekomstige eerste minister. Die
sogenaamde Herenigde Nasionale Party (HNP) wen in 1948 die verkiesing in
Suid-Afrika. Hoewel ’n groot kloof tussen die lewenswyses van swart en
wit van meet af in Suid-Afrika bestaan het, word dit deur die
Nasionaliste in die beleid van afsonderlike ontwikkeling
("apartheid") gereglimenteer. Tot huwelike tussen blank en
gekleurd word verbied en selfs seksuele verhoudings tussen rassegroepe.
Apartheid word egter oor die volgende aantal dekades ál meer deur die wêreldgemeenskap
veroordeel. Die HNP word tot die Nasionale Party (NP) hernoem en sou in
Suid-Afrika regeer tot 1994. Daar is aanvanklik ’n opwellende verset in swart geledere. In Maart 1960 brand die polisie los op swart mans, vroue en kinders wat in Sharpeville betoog teen die nuwe paswette wat die bewegings van swartmense beperk. Altesaam 69 betogers word doodgeskiet. Die ANC word in April verbied, maar daarna word ’n ondergrondse militêre vleuel gevorm. In
Oktober 1960 besluit die Unie se stemgeregtigdes, almal blankes, dat
Suid-Afrika ’n republiek moet word en op 31 Mei 1961 word die land
amptelik die Republiek van Suid-Afrika. Die land onttrek hom ook uit die
Statebond. Maar
in die tweede helfte van die twintigste eeu waai die "winde van
verandering" so fel oor Afrika dat die wêreldmening al hoe sterker
teen kolonialisme draai. Feitlik met elke voormalige Europese kolonie
wat onafhanklik word, verhewig die druk op Suid-Afrika om sy
apartheidsbeleid te laat vaar en die stemreg aan al sy rasse te gee. Die
blanke regering van die Republiek swig in die begin van die laaste
dekade van die twintigste eeu, veral toe die einde van die Koue Oorlog
en die verbrokkeling van die eens magtige Sowjet-Unie die moontlikheid
van ’n Kommunistiese oorname in Suid-Afrika laat vervaag. Die ANC word
deur pres. F.W. de Klerk ontban en Nelson Mandela, ’n voorste
ANC-gevangene, word in Februarie 1990 ná 27 jaar in die gevangenis
vrygelaat. Indringende
samesprekings word hierna gevoer om ’n sterk nuwe grondwet uit te
beitel. Die onderhandelinge dreig plek-plek om te ontspoor, maar die
wedersydse besef dat daar geen vreedsame alternatief vir ’n
onderhandelde ooreenkoms is nie, laat die onderhandelaars vasbyt.
Uiteindelik is daar so minlike skikking dat die Nobelprys vir Vrede in
1993 saam aan Mandela en De Klerk toegeken word. In April 1994 word die eerste vrye
verkiesing in Suid-Afrika gehou. Ná meer as drie eeue van wit
oorheersing word die beheer aan ’n regering van nasionale eenheid
oorgedra. Suid-Afrika word ingedeel in nege provinsies, tans bekend as
Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal,
Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap. Mandela word president en in Mei 1994
ingehuldig. Hy dra in 1999 die presidentskap aan Thabo Mbeki oor. Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad |