Jou reisgids vir ín besoek aan die wÍreld
van ín wonderbaarlike stapelvoedsel


RYS-GIDS
 
Foto: Arnold Greenwell / EHP / U.S. National Institutes of Health
 

  
Rys

ín In­teres­san­te kykie na die kos­bare plant wat meer as die helf­te van die aar­de se men­se voed

Rys in die pluimBO: Rys vir die bord  en (LINKS) rys in die pluim.

Foto links: U.S. Department of Agriculture

 

In Augus­tus 2009 is groot ver­wag­tinge stel­lig ge­skep toe be­kend ge­maak is dat Japan­se weten­skap­likes ín nuwe soort rys­plant ont­wik­kel het waar­uit daar ďsnorkelsĒ groei wanneer dit deur oorstromings getref word. In ín vloed groei die plant so vinnig boontoe dat dit nie verdrink nie. Dit moet sekerlik ook goeie nuus vir rysboere in sekere dele van Afrika wees waar rys hoeka ín baie belangrike voedselbron is...


A

LLE vlees is soos gras, lees ons in 1 Petrus 1:24 in die Bybel. Ook in ín wetenskaplike sin kan ons sÍ dat ons ons vleeslike bestaan in ín groot mate aan gras te danke het! Koring, mielies, hawer, sorghum en nog ander kosse behoort immers almal tot die grasfamilie. En natuurlik ook rys. Miskien is rys selfs die oudste van die "grassoorte" wat die mens begin verbou het.

Rys word wel nie in die Bybel genoem nie, maar enkele jare gelede is bekend gemaak dat die oudste behoue geblewe rys wat deur boere gekweek is, in Suid-Korea in die Ooste gevind is. Radioaktiewe dateringsmetodes is gebruik om te bepaal dat 59 gebrande ryskorrels uit die tydperk van 12.000 tot 13.000 jaar voor Christus dateer. Dit is ruim 3000 jaar ouer as ryskorrels wat vroeŽr in China gevind is. Die nuutgevonde ryskorrels is tydens opgrawings ontdek.

Die eerste rys kon dus so lank terug as 15.000 jaar gelede reeds in Oos- en Suid-AsiŽ gekweek gewees het, toe mense hulle in rivierdeltas begin vestig en wilde rys getem het.

Rys as deel van die maalLINKS: Rys as deel van die maal. Smaaklike ete!
  
Foto: Cepolina.com / Freephoto

  
Vandag is rys die stapelvoedsel van meer as die helfte van die menseras. Goed negentig persent van die wÍreld se rys word in AsiŽ geoes en verbruik. Trouens, in dele van AsiŽ word ongeveer 90 tot 180 kg rys per jaar per persoon verorber, teenoor miskien so 3 tot 10 kg per persoon in die meer vermoŽnde sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing.

China (166.000.000 metrieke ton in 2003) is die wÍreld se grootste rysprodusent, gevolg deur IndiÍ (133.513.000 ton) en IndonesiŽ (51.849.200 ton). Die ander sewe van die tien groot produsente is Bangladesj, ViŽtnam, Thailand, Myanmar, die Filippyne, BrasiliŽ en Japan. Die na verhouding klein maar tog belangrike bydrae van die Verenigde State kom veral van state soos Texas, Arkansas, Louisiana, KaliforniŽ, Mississippi en Missouri, asook van die suide van Florida.


Oestyd op Amerikaanse ryslandeóín lugfoto. (Foto van die Amerikaanse departement van landbou)
REGS: Oestyd op Amerikaanse ryslandeóín lugfoto.
  
Foto: USDA / ARS

 
Europese rys is die eerste keer in 1468 in ItaliŽ geoes. Suid-Afrika is geen wafferse rysproduserende land nie. Die eerste proewe met onder meer rys en koring is deur Jan van Riebeeck gedoen kort nadat hy in 1652 in die Kaap aangekom het. Die feit dat die Wes-Kaap vandag ín koringstreek en nie ín ryswÍreld is nie, vertel sy eie verhaal. Vandag word rys weliswaar in die subtropiese ooste van ons land gekweek.

Maar elders in Afrika is rysverbouing veel belangriker as by ons. Rys is byvoorbeeld die vernaamste stapelvoedsel op Madagaskar, die Kaap Verdiese Eilande en die Comore, asook in GambiŽ, Guinee, Guinea-Bissau, LiberiŽ, Reunion, Senegal en Sierra Leone. Dit is ín belangrikse kos vir die bevolkings van die Ivoorkus, Egipte, Mali, MauritaniŽ, Niger, NigeriŽ en TanzaniŽ.

Deesdae is daar boonop ín groot belangstelling in die sogenaamde Nerica ("New Rice for Africa"), ín nuwe soort rys wat in Wes-Afrika ontwikkel is. Dit is ín kruising tussen ín antieke, geharde Afrika-ryssoort (Oryza glaberrima) en ín variŽteit van die bekende Asiatiese rys (O. sativa), ín variŽteit wat goeie opbrengste lewer. Nerica, word vertel, is goed bestand teen droogte en plae, lewer groter oeste selfs met min besproeiing en bemesting, en dit het ín hoŽr proteÔeninhoud as ander soorte rys.

ín Mens kan amper sÍ die belangstelling in rys ver-rys tans in Afrika soos nog nooit tevore nie!

En in Augustus 2009 is verdere verwagtinge geskep toe bekend gemaak is dat ín nuwe soort rysplant ontwikkel is wat "snorkels" boontoe stuur wanneer dit deur oorstromings getref word.

Japanse wetenskaplikes het die "snorkel"-gene in rys gevind wat vloede goed kan weerstaan en dit toe oorgedra na rys wat besonder goeie oeste lewer. Die "snorkels" is eintlik hol buise wat vinnig uit die plant se stingellitte boontoe groei om sodoende te verhinder dat die plant verdrink. Wanneer die rysveld oorstroom word, kan die superieure rysplante met tot 25 cm per dag aanwas.

Daar word gemeen dat die nuwe soort rys die produksie aansienlik kan verhoog in AsiŽ en Afrika, waar tot veertig persent van die rysvelde aan gevare soos kitsvloede of diep water onderhewig is.

Rys word meganies geoes

BO: In die ontwikkelde wÍreld.word rys meestal meganies geoes  

Foto: USDA / ARS
         

 Die plant, sy bloeiwyse en die graanvrug  

DIE gewone rysplant (Oryza sativa) is eenjarige grasplant en daarom verwant aan ín aantal van ons belangrikste landbougewasse, onder meer koring, mielies en suikerriet. 

Rys op die ryslandDie plant se stingel loop uit in ín los pluim wat uit vyftig tot vyfhonderd syaartjies bestaan. Hierdie syaartjies is die blomeenhede. Anders as by die meeste ander grasplante, bevat elke syaartjie slegs ín enkele blommetjie. Sů ín blommetjie bestaan uit ín stamper en meeldrade wat deur twee goed ontwikkelde blomkaffies, die lemma en die palea, omsluit word. Die stamper het twee tipiese veervormige stempels, maar daar is ses meeldrade (die meeste ander grassoorte het gewoonlik net drie). Die dekkaffies van die syaar is swak ontwikkel en is as skub-agtige strukture aan die basis van die blomkaffies sigbaar.

Die ryskorrel is ín graanvrug of kariopsis. Hierdie manier van vrugvorming is kenmerkend vir alle lede van die grasfamilie. Die volwasse graanvrug word omsluit deur die lemma en die palea, wat hul groen kleur met rypwording verloor. Hierdie blomkaffies is die sogenaamde doppies wat deur die dorsproses verwyder moet word voordat die graanvrug gepoleer kan word.
BRON VIR TEKS IN PASSASIE HIERBO: KENNIS-ENSIKLOPEDIE

 Verbouing van rys 

WETENSKAPLIKES glo daar is derduisende variŽteite van verboude rys, maar niemand weet presies hoeveel nie. Daar kan basies tussen twee hoofgroepe variŽteite onderskei word: padierys (Eng.: paddy rice), wat in die waterryke laaglande verbou word, en hooglandrys (Eng.: upland rice), wat in hoŽr liggende gebiede voorkom. Die verskille tussen diť twee groepe is nie baie groot nie. Ons kan rys ook in vroeŽ en laat variŽteite klassifiseer.

Hoewel rys goed in warm, vogtige klimate aard, word dit ook elders verbou. Trouens, dit kan vandag omtrent oral gekweek word behalwe in Antartika! Rys word op oorstroomde ryslande en op droŽ lande gekweek, in die tropiese reŽnwoude van Afrika en die droŽ woestyne van die Midde-Ooste, op kusvlaktes en op die Himalaja-gebergte.


Rysplantery (Rekenaarbeeld: Mieliestronk.com)
REGS: Rysplantery in die Ooste... steeds met die hand soos dit reeds vele geslagte lank gedoen word.


Die verbou­ings­me­to­des verskil van­self­spre­kend baie op verskillende plekke. In ín land soos Amerika is dit hoogs ge­me­ga­ni­seerd, maar in die meeste Asi­atie­se lande word rys nog op die tra­di­sio­nele manier gekweek en met die hand geoes. Die lande word geploeg (gewoonlik met eenvoudige ploeŽ wat deur waterbuffels getrek word), bemes (meestal met mis of riool) en die grond gelyk gemaak (deur ín houtstomp daaroor te trek).

Rys kan op twee maniere gevestig word: ůf aanvanklik in saadbeddings waaruit die jong plante later op die landerye uitgeplant word ůf regstreeks op die land gesaai, soos koring.

Die saadbedding-metode word feitlik deurgaans in AsiŽ toegepas. Ryssaad word in saadbeddings aan die groei gekry en die saailinge word nŠ dertig tot vyftig dae met die hand oorgeplant op die ryslande wat met reŽn- of rivierwater oorstroom is
(REGS). In die groeiseisoen word die rys uit kanale besproei of met die hand natgegooi. Die lande word gedreineer voordat die rys geoes word.

Dit duur drie tot ses maande vir ín rysplant om volgroeid te raak, afhangende van die variŽteit en waar dit gekweek word. Rysboere het gemiddeld 2000 liter water nodig om een kilogram rys te produseer.

Uiteindelik word die rys net soos koring geoes en gedors, maar dan moet dit nog gedop word. Dit word ook gepoleer (semels en kiem verwyder), maar het dan ín laer voedingswaarde omdat die vitamine B weggeneem is. Mense wat weinig ander kos te eet kry, kan gevolglik die gebreksiekte beri-beri kry. Hierdie besef het tot ín groter verbruik van bruin rys (waarvan die semels nie verwyder is nie) gelei.

Nogtans het rys ín lae proteÔeninhoud in vergelyking met ander graankosse. Die gevolg is dat sekere wetenskaplikes alles in die stryd werp om voedsamer variŽteite te probeer kweek, selfs deur middel van genetiese manipulasie. Omdat rys arm is aan gluten, kan ín mens boonop nie brood daarvan bak nie, tensy rysmeel met die meel van ander graansoorte gemeng word.

Rysplante (Foto: Amerikaanse departement van landbou) Maar in die Ooste word rys geŽet saam met kosse en souse wat van sojabone gemaak word, wat die nodige elemente tot die dieet toevoeg en gebreksiektes voorkom. 

As rys oornag van die aarde moet verdwyn, sÍ nou maar as gevolg van ín nuwe soort plantsiekte, sal die gevolge skrikwekkender wees as enigiets wat ín mens jou kan voorstel.

Lank lewe die rysplant. Die mensdom is so geweldig afhanklik van hom.

Rysland in Suid-China

BO: ín Rysland in Suid-China.

Foto: George Saxton, NESDIS, NOAA

Klik hier om terug te keer na die inhoudsblad